uk

RSG

Spektrum

News AF ↓ Епізодів: 2552

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

News

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

29 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Spektrum 1 Maart 2021 01.03.2021

Die DA-leier beskryf koerantberigte dat hy bereid is om saam met die ANC te werk, as misleidend. Vooruitsigte vir die heropening van die Lily-myn in Mpumalanga word vir eers op die lange baan geskuif. Minstens 18 mense is die afgelope naweek doodgeskiet en sowat 'n duisend in hegtenis geneem tydens betogings in Mianmar in Suid-Oos Asië.

Spektrum 26 Februarie 2021 26.02.2021

Die land se swak waterinfrastruktuur kom onder die vergrootglas, en die nasionale departement van waterwese en sanitasie reageer op die waterprobleme in die Vaalrivier. Die DA in Kimberley sê daar is vooruitgang met hulle waterprobleme, en die Menseregtekommissie ondersoek rioolstorting in damme en riviere in Pretoria. Rolspelers in die onderwysbedryf is verheug dat onderwysers van April af ingeën...

Spektrum 25 Februarie 2021 25.02.2021

Die landbou-, onderwys- en toerismesektore sê hulle sê oor die begroting. ‘n Kenner meen die benadering tot wiskunde- en wetenskaponderrig in Suid-Afrika moet drasties verander. Die DA sê die jongste renosterstroperystatistiek is skokkend. Ons praat oor die ringnekpapegaai, 'n gunsteling troeteldier wat nou inheemse voëlspesies in Suid-Afrika bedreig. Die FAK het 'n interessante projek op kerkplei...

Spektrum 24 Februarie 2021 24.02.2021

Die DA sê die burgemeester van Metsimaholo-munisipaliteit in Sasolburg moet verwyder word. Verskeie Oos-Kaapse stede en dorpe kry nuwe name. Nog 'n getuie weier om voor die Staatskapingskommissie te getuig. Ekonome gee hulle verwagtinge vir vandag se begrotingsrede.

Spektrum 23 Februarie 2021 23.02.2021

Suid-Afrikaanse se werkloosheidskoers styg. Reynhardt Buys van Port Elizabeth is die nasionale toppresteerder in die 2020 matriekeindeksamen. Die Departement van Arbeid het aanpassings van die nuwe inkomstedrumpel gepubliseer. Die SAUK maak sy 2019/20 jaarverslag bekend.

Spektrum 22 Februarie 2021 22.02.2021

Meer as 15,000 gesondheidswerkers is reeds met d-e Covid-19 entstof ingeënt. Kunstenaars versoek die regering om teaters te heropen. Daar is groot afwagting op die 2020 matriekeindeksamen se uitslae. 'n Suid-Afrikaner vertel uit Texas in die VSA van die koue wat dié staat getref het.

Spektrum 19 Februarie 2021 19.02.2021

Die jongste misdaadstatistiek wys 'n toename in moord en verkragting. Onlangse studies wys dat die Pfizer-BioNTech-entstof doeltreffend is in die voorkoming van ernstige vorms van Covid-19. Die multimiljoen randse asbesdakoudit-korrupsiesaak is na die hooggeregshof in Bloemfontein oorgeplaas. 'n Slaagsyfer van 98,07% vir matriekleerlinge in private skole.

Spektrum 18 Februarie 2021 18.02.2021

Die DA sê swak infrastruktuur veroorsaak waterprobleme in Kimberley. Intussen is daar daagliks klagtes van inwoners van die Ugu Distriksmunisipaliteit oor die feit dat die krane droog is. 'n Navorsingstudie deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens wys dat baie meer Suid-Afrikaners reeds Covid-19 gehad het as wat die amptelike statistiek aandui. 'n Sprinkaanplaag is steeds besig om groot skade...

Spektrum 17 Februarie 2021 17.02.2021

Suid-Afrika se inentingsproses teen Covid-19 het begin. Die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie het sy bevindinge oor die stort van rou riool in die Vaalrivier, bekend gestel. Die departement van omgewingsake ondersoek die sterk swaelreuk wat oor gedeeltes van Gauteng hang. Die hof bekragtig 'n skikkingsooreenkoms tussen Eskom en Nersa oor die styging van kragtariewe.

Spektrum 16 Februarie 2021 16.02.2021

Nog 'n styging in die brandstofprys word voorspel. Eskom sê daar sal van April af minder beurtkrag wees. Fase 1 proewe van 'n nuwe Covid-19-entstof begin vandeesmaand by die Universiteit van Kaapstad. Die Dierebeskermingsvereniging in Swellendam red 'n vrou van 'n agtpotige onwelkom gas.

Spektrum 15 Februarie 2021 15.02.2021

Skole heropen landwyd. Daar is 'n uitbreking van Ebola in Guinee. Oudpresident Jacob Zuma het besluit om nie voor die Staatskapingskommissie te verskyn nie. Umalusi het die bekendmaking van die 2020 matriekuitslae goedgekeur.

Spektrum 12 Februarie 2021 12.02.2021

Verskeie rolspelers in die landbougemeenskap sê hulle is nie tevrede met die president se staatsrede nie. Die besturende direksielid van die teaterbystandsfonds, Liz Meiring, sê die uitvoerende kunste is nie vir die president 'n prioritieit nie. Renosterstropery het in 2020 met 33% afgeneem. En die kortlyste vir sekere kategorieë van die Oscarbenoemings is bekendgemaak.

Spektrum 11 Februarie 2021 11.02.2021

Die Vaaldam se sluise word oopgemaak. Grootskaalse korrupsie lê die omgewingsbewaringsdepartement- en liggame in KwaZulu-Natal lam. Die ANC in die Tshwane Metro het strafregtelike klagte gelê teen twee DA-raadslede. Wetenskaplikes het 'n nuwe subspesie verkleurmannetjie ontdek.

Spektrum 10 Februarie 2021 10.02.2021

Die landbousektor is geskok dat loonverhogings deurgedruk word in swak ekonomiese tye. Die regering oorweeg dit om die AstraZeneca-entstof uit te ruil of te verkoop. Ons bespreek die Staatsrede wat môreaand plaasvind. Nedbank ontken bewerings van betrokkenheid by staatskaping.

Spektrum 9 Februarie 2021 09.02.2021

Vrae hang nog in die lug oor die vervaldatum van die AstraZeneca-entstof wat Suid-Afrika aangekoop het. Skole heropen volgende week vir die meerderheid leerders - FEDSAS sê hulle is al lankal gereed hiervoor. Baie van die land se grootste damme het reeds die 100% vlak verbygesteek.

Spektrum 8 Februarie 2021 08.02.2021

Ons kry reaksie op die regering se besluit om die beskikbaarstelling van die AstraZeneca-entstof tydelik te staak. Ons praat met kenners oor watter opsies daar is wat betref die gebruik van ander Covid-19-entstowwe. Suid Afrika se werkloosheidskoers word al groter - wat beteken dit in die langtermyn?

Spektrum 5 Februarie 2021 05.02.2021

Eskom sê hy is genoodsaak om opwekkingseenhede af te skakel, gedeeltelik weens nat steenkool. Die EFF-leier, Julius Malema, sê sy besoek aan die voormalige president, Jacob Zuma, op Nkandla in KwaZulu-Natal is in die land se belang. Graan SA sê die 2021 Nampo-oesdag word beplan vir Augustus by Bothaville in die Vrystaat. Ons vind meer uit van die nuutgestigde Fonds teen Geslagsgebaseerde Geweld, e...

Spektrum 4 Februarie 2021 04.02.2021

Ontleders kritiseer die ANC omdat die party nie optree teen Jacob Zuma nie. Ons kry reaksie op bewerings op sosiale media dat oudpresident PW Botha, nes Zuma, nie voor 'n kommissie van ondersoek wou verskyn nie. 'n Suid-Afrikaner in Wes-Australië vertel van hulle ervaring van 'n verwoestende brand wat daar woed.

Spektrum 3 Februarie 2021 03.02.2021

Die BBC in Brittanje onthul menseregtevergrype wat die Chinese owerhede na bewering teen die Moslem Uighur-gemeenskap pleeg, maar 'n kenner sê die bewerings word dalk oordryf. Adjunk-hoofregter Raymond Zondo se voorneme om oudpresident Jacob Zuma strafregtelik aan te kla, word verwelkom. Daar is net 'n week oor vir die publiek om kommentaar te lewer op die onteieningswetsontwerp. Die organisasie t...

Spektrum 2 Februarie 2021 02.02.2021

Daar is kommer dat Covid-19-entstowwe dalk in die hande van boewe kan beland Die prys van brandstof skiet die hoogte in. Die verslapping van die drankverbod en aandklokreël word verwelkom.

Spektrum 1 Februarie 2021 01.02.2021

'n Verslag van die waghondorganisasie, Corruption Watch, dui op korrupsie met die tydelike werkgewer/werknemer hulpskema wat tydens die Covid-19-pandemie ingestel is Oudpresident Jacob Zuma sê hy sal eerder tronk toe gaan as om weer voor die Staatskapingskommissie te verskyn. Mianmar in Suid-Oos Asië is op 'n mespunt ná 'n oënskynlike militêre staatsgreep en die arrestasie van verskeie regeringsle...

Spektrum 29 Januarie 2021 29.01.2021

Dokters is woedend oor SAHPRA se regulasies oor die menslike gebruik van Ivermektien, maar die reguleringsowerheid verdedig sy besluit. Ons hoor wat by die Zondo-kommissie gebeur. Die Boer-teater weier om die handoek in te gooi weens inperkingsregulasies. Die metaalwerkersunie, Numsa, en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kajuitpersoneel, SACCA, se dringende aansoek in die Arbeidshof teen SAL se n...

Spektrum 28 Januarie 2021 28.01.2021

Suid-Afrika se plek op die korrupsie-persepsie-indeks bly onveranderd, maar korrupsiewaghonde waarsku teen korrupsie-kultuur. Die hooggeregshof bepaal dat die voormalige presdident, Jacob Zuma, voor die kommissie van ondersoek na staatskaping moet verskyn. Afriforum hou by sy voorneme om die hooggeregshof te nader oor die beskikbaarheid van Ivermektien vir menslike gebruik. Die munisipaliteit van...

Spektrum 27 Januarie 2021 27.01.2021

Nóg wydverspreide reën is op pad. Noord-Kaapse veeboere gevra om hulle vee teen slenkdalkoors in te ent. Die nuusagentskap A.N.A bevestig dat hulle betaling van die Staatsveiligheidsagentskap ontvang het.

Spektrum 26 Januarie 2021 26.01.2021

Storm Eloise se skade word bereken. 'n Kenner verduidelik hoe die Amerikaanse reisverbod Suid-Afrikaners raak. En, 143 satelliete word die ruimte ingestuur.

Слухайте подкаст Spektrum у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали