RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Spektrum 6 April 2021 06.04.2021 54:40
Die UDM vra dat 'n tussentydse regering oorneem by die ANC weens dreigende onrus. Nog 'n minister word daarvan beskuldig dat hulle omkoopgeld aanvaar het. Ons kyk na die Paasnaweek se verkeerstatistiek. Ekonomiese groeivooruitsigte tuis en wêreldwyd bly positief.
Spektrum 5 April 2021 05.04.2021 55:45
'n Boer van Trichardt in Mpumalanga skenk grond aan die gemeenskap van Holfontein, wat jare lank onwettig op die plaas woon. Die Two Oceans Akwarium vra dat inwoners aan die Kaapse kus op die uitkyk moet wees vir seeskilpaaie, wat moontlik kan uitspoel op die strande. Die stryd oor dienslewering tussen die Kgetlengrivier plaaslike munisipaliteit en besorgde inwoners draai weer in die hof.
Spektrum 1 April 2021 01.04.2021 48:05
Die ouditeurgeneraal se verslag word as sorgwekkend beskryf. Ons kyk na die vernaamste newe-effekte van Eskom se voorgenome tariefverhoging van 15%. Die Khoisan Tradisionele Leierskapswet tree vandag in werking.
Spektrum 31 Maart 2021 31.03.2021 45:53
Die Amerikaanse regering verklaar die ISIS-ektremistegroep in Mosambiek as 'n buitelandse terroriste-organisasie. Ons kry reaksie en praat in die algemeen oor hoe die konflik die streek raak. Verkeersowerhede gaan hommeltuie, supervinnige voertuie en lyfkameras inspan om wet en orde oor die langnaweek te handhaaf.
Spektrum 30 Maart 2021 30.03.2021 48:19
Daar was 'n geringe toename in indiensneming in die laaste kwartaal van 2020. Spanne in die Kaapstad hawe en Waterkant is besig om duisende dooie visse uit die hawe te verwyder.
Spektrum 29 Maart 2021 29.03.2021 47:34
President Cyril Ramaphosa word by die Staatskapingskommissie daarvan beskudig dat hy met Eskom se interne sake ingemeng het. Die Verenigde Nasies se konvensie op Migrerende Spesies sê dit is duidliker as ooit dat daar strenger maatreëls moet wees om olifante te beskerm. Die beraad van die ANC se nasionale uitvoerende komitee ontaard in wanorde en besluiteloosheid.
Spektrum 26 Maart 2021 26.03.2021 47:44
Oudpresident Jacob Zuma kap terug nadat die Zondo-kommissie die Konstitusionele Hof vra om hom tot twee jaar tronkstraf te vonnis. Ons praat hieroor met 'n voormalige regter van die Konstitusionele Hof, en ook oor die woordetwis tussen adjunkhoofregter Raymond Zondo en advokaat Dali Mpofu. 'n Watertandraaisel hang oor tekens van olifante op Dyer-eiland in Gansbaai.
Spektrum 25 Maart 2021 25.03.2021 46:34
Die Konstitusionele Hof moet beslis of oudpresident Jacob Zuma tronkstraf opgelê moet word. Die ontslape MK-veteraan, Cecyl Esau, kry 'n spesiale provinsiale begrafnis. Prof. Salim Abdool Karim tree uit as medevoorsitter van die ministeriële Covid-19-advieskomitee. Plaasaanvalle in Noordwes neem skerp toe.
Spektrum 24 Maart 2021 24.03.2021 46:09
Verbruikersprysinflasie sak terug tot onder die Reserwebank se inflasieteiken. Navorsing wys Eskom en SASOL voldoen nie aan die Parys Klimaatsooreenkoms nie. Ons praat met 'n regskenner oor die woelinge by die Zondo-kommissie. Vandag is Wêreld TB-bewusmakingsdag.
Spektrum 23 Maart 2021 23.03.2021 46:06
Ons praat met 'n bokslegende oor die afsterwe van Jimmy Abbot. Die parlementêre ad hoc-komitee begin met sittings oor grondonteiening sonder vergoeding. Die Defend-Our-Democracy-veldtog vra dat Suid-Afrikaners oranje dra wanneer oudpresident Zuma se saak Donderdag in die hooggeregshof aangehoor word.
Spektrum 21 Maart 2021 22.03.2021 45:04
Die ANC in Noordwes is gereed om 'n provinsiale verkiesingskonferensie te hou. UNISA begin Vrydag met virtuele lesings. Opposisiepartye kritiseer die vertragings met die restourasie van die Bloemfontein Stadsaal. Op Internasionale Waterdag fokus ons op watersekerheid in Suid-Afrika.
Spektrum 19 Maart 2021 19.03.2021 48:21
Kommer oor die stadige pas waarteen Covid-19-inentings plaasvind. Die Voortrekkermonument, die Erfenisstigting en die FAK het 'n samewerkingsooreenkoms gesluit. Sitrusuitvoere sal na verwagting vir die derde agtereenvolgende jaar 'n rekordvlak haal. Kragskepe sal teen volgende jaar aan die kragnetwerk gekoppel wees.
Spektrum 18 Maart 2021 18.03.2021 50:53
Daar is 'n tydelike tekort aan tamaties in Suid-Afrika. Die onlangse reën het groot skade aan die rosyntjie-oes aangerig. Koning Goodwill Zwelithini word by 'n gedenkdiens vereer. Die Fugard-teater in Kaapstad het sy deure permanent gesluit.
Spektrum 17 Maart 2021 17.03.2021 47:20
Boere en 'n taxi-vereniging sluit paaie in en om Ficksburg in die Vrystaat. Daar gaan na olie, helium en aardgas gesoek word in die Oos-Vrystaat en Kwazulu-Natal. Nuwe Bybelse geskrifte en ander artefakte is by die Dooie See gevind.
Spektrum 16 Maart 2021 16.03.2021 47:45
Boere in die Wes-Kaap verwag 'n bogemiddelde appel- en peeroes. Verskeie rolspelers sal binnekort mondelinge voorleggings aan die parlement lewer oor grondonteiening sonder vergoeding. Meer as 100 munisipaliteite landswyd funksioneer met ongefinansierde begrotings. Die jongste Afrimat konstruksieindeks is bekendgestel.
Spektrum 15 Maart 2021 15.03.2021 45:27
Studente betoog by verskeie tersiêre instellings oor befondsingskwessies. Duduzane Zuma wil die volgende president van Suid-Afrika wees. Die WNNR bevind dat daar in 2020 meer as 850 uur se beurtkrag was. Vandag 'n jaar gelede het die regering 'n ramptoestand in die land afgekondig, weens die Covid-19-pandemie.
Spektrum 12 Maart 2021 12.03.2021 46:45
Medelye stroom in ná die dood van Zoeloe-koning Goodwil Zwelethini. Studente betoog steeds oor studentegelde en toelatingsfooie. Politieke rolspelers loop deesdae oudpresident Jacob Zuma se drumpel deur by sy woning in Nkandla - ons vra wat al die besoeke beteken.
Spektrum 11 Maart 2021 11.03.2021 51:26
Die skietdood van Mthokozisi Ntumba aan die hand van die polisie word ondersoek. Die Universiteit van die Witwatersrand dat die kwessie van studentebefondsing, landwyd 'n groot probleem is. Ons vra waarom die polisie steeds hardhandig optree teen studente-betogers. 'n Nuwe maatskappy word bekendgestel wat dorpe sal help om selfonderhoudend te wees.
Spektrum 10 Maart 2021 10.03.2021 46:57
Wits-Universiteit se studente-finansiering onder die vergrootglas. Vrystaat Landbou moedig inwoners aan om eise in te stel by die Padongelukkefonds. 'n Universiteit in Amerika kry hond se gedagtes.
Spektrum 9 Maart 2021 09.03.2021 49:46
SANEF is bekommerd oor die beweerde spioenasie op joernaliste. Nog 'n uitbreking van varkpes in Noordwes. Die onderwyser wie se dood deur 'n slaggaat veroorsaak is, se vriendin praat. 'n K1ouefront gaan swaar reën en sterk wind na die Kaap bring.
Spektrum 8 Maart 2021 08.03.2021 50:25
'n Getuie voor die Staatskapingskommissie oorleef 'n sluipmoordaanval. 'n Hewige ANC-bekgeveg woed op sosiale media oor die Openbare Beskermer. Optrede word beplan ná nóg 'n sterfte op die Oos-Vrystaat se vrot paaie.
Spektrum 5 Maart 2021 05.03.2021 48:00
Hoofregter Mogoeng Mogoeng is weer in die nuus oor sy Israel-uitlatings. Sal hy om verskoning vra noudat hy opdrag gegee is om dit te doen? Trillian Capital het glo gespog dat hulle die regering se kontantkrane wyd kan oopdraai. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê daar is geen konflik van belange nie nadat hulle geld van Steinhoff aanvaar het om die ondersoek na Markus Jooste en kie te voltooi. Die...
Spektrum 4 Maart 2021 04.03.2021 51:43
Politieke partye vra dat die regering dringend 'n spesialiseenheid teen plaasaanvalle op die been bring. 'n Onbekende aantal krokodille word steeds van 'n kommersiële krokodilplaas die Breëriviervallei vermis. Die Weermag-unie reageer op die opdrag dat mediese personeel in die Weermag nie die Covid-19-entstof mag kry nie. Kom daar nog 'n vuurwapenamnestieperiode?
Spektrum 3 Maart 2021 03.03.2021 48:00
President Cyril Ramaphosa kan nie in hierdie stadium gedwing word om op die voormalige Eskombaas, Brian Molefe, se aantygings te reageer nie. Staatsdiensvakbonde vra groot salarisverhogings. Ses kinderboeke van die gewilde Dr. Seuss word verban.
Spektrum 2 Maart 2021 02.03.2021 47:35
Staatsdiensvakbonde vra groot salarisverhogings. Die voorgestelde nuwe grondhof ontlok uiteenlopende reaksie. Die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro is skepties oor Port Elizabeth se nuwe naam.
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали