uk

RSG

Spektrum

News AF ↓ Епізодів: 2552

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

News

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

29 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Spektrum 11 Mei 2021 11.05.2021

Onderhandelinge oor salarisverhogings in die staatsdiens duur voort. Twee polisielede van Klerksdorp is ontslaan nadat hulle hulle afdelingshoof valslik van rassisme beskuldig het. Die drukgroep, Action Society, versoek dat die nasionale register van seksoortreders openbaar gemaak moet word. 'n Nuwe brug oor die Zambesi-rivier kan handel tussen Botswana en Zambië bevorder.

Spektrum 10 Mei 2021 10.05.2021

Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, sê die Vrystaat ondervind 'n derde vlaag van Covid-19-infeksies. Suid-Soedan se president het die land se parlement ontbind. Boere in die Oos-Kaap sê hoewel hulle die afgelope naweek se reën verwelkom, is veel meer nodig om weer op die been te kom. Die Universiteit van die Vrystaat gaan 'n Akademie vir veeltaligheid stig.

Spektrum 7 Mei 2021 07.05.2021

Inwoners in die Struisbaai-gebied aan die Kaapse suidkus is besig met opruimingswerk na gister se stormskade. Die ANC se spesiale nasionale uitvoerende komitee-vergadering vind die naweek plaas - ons kyk na die doel van die vergadering en wat ons kan verwag. Intussen het die ANC Jeugliga die binnegevegte in die party veroordeel. Daar is opnuut vrese dat 'n derde golf Covid-19-gevalle binnekort del...

Spektrum 6 Mei 2021 06.05.2021

Ace Magashule se skorsing en sy daaropvolgende optrede, kom onder die loep. Hewige storms het oorstromings veroorsaak in Struisbaai en naburige gebiede. Die bestuurder van 'n sekuriteitsvoertuig wat onlangs aangeval is, kry nou doodsdreigemente. Hoe hanteer ons die Covid-19-krisis in Indië op 'n diplomatieke manier om ons eie burgers te beskerm?

Spektrum 5 Mei 2021 05.05.2021

Die opsystaan-beginsel in die ANC verg al hoe slimmer voetwerk van sommige top leiers in die party. Die DA beskryf die burgemeester van Johannesburg, Geoffrey Makhubo, se openingsrede as 'n verbeeldingsvlug. Ongure stormweer word in die Wes-Kaap verwag.

Spektrum 4 Mei 2021 04.05.2021

ANC-president Cyril Ramaphosa konsolideer glo sy magsposisie binne die party, maar daar is tekens dat leiers wat van korrupsie beskuldig word, hulle dalk sal verset. Nog uiteenlopende reaksie op die hoëvlak paneel se verslag oor luiperds, leeus, olifante en renosters. Slaggate rig nie net skade aan voertuie nie, dit kan ook lewens eis.

Spektrum 3 Mei 2021 03.05.2021

Verskeie vername voormalige MK-lede sê die voormalige ANC-leier van Noordwes, Supra Mahumapelo, word onregverdig behandel. 'n Video van 'n mislukte aanval op 'n sekuriteitsvoertuig in Pretoria maak wêreldwyd opslae. Nuwe voorgestelde regulasies oor onder meer geblikte leeujag word verwelkom, maar skep glo ook verwarring en ongelukkigheid.

Spektrum 30 April 2021 30.04.2021

Die ANC se twee promimente opsystaanrebelle trek heelwat aandag. President Cyril Ramaphosa kry lof vir sy besluit om voor die Zondokomissie te verskyn. En Dag Zero sluip nader vir inwoners van Gqeberha in die Oos-Kaap.

Spektrum 29 April 2021 29.04.2021

Die voormalige premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, is vir vyf jaar deur die party geskors. Dis egter onduidelik of hy die skorsing sal aanvaar of betwis. Ons praat met Vrystaat Landbou oor planne om die onwettige instroming van Lesothoburgers oor die grens in die Klaarwatergebied in die kiem te smoor. RSG se stasiehoof, Magdaleen Krüger, tree af na 32 jaar by die SAUK.

Spektrum 28 April 2021 28.04.2021

President Cyril Ramaphosa verskyn vir die eerste keer voor die Staatskapingskommissie. Die registrasievereistes van die 24 Kubaanse ingenieurs word vandag op hoëvlak bespreek. Die regering vra die publiek se insette oor salarisonderhandelings in die staatsdiens.

Spektrum 27 April 2021 27.04.2021

President Cyril Ramaphosa lewer sy Vryheidsdagtoespraak in Botshabelo in die Vrystaat, waar inwoners ook dreig om 'n stokkie te steek voor vandag se vieringe. Die uitbetaling van enige geld uit die Departement van Toerisme se ekwiteitsfonds is deur die hof belet. Die DA sê die regering moet oop kaarte speel oor die KARPOWER kragskepe. President Ramaphosa verskyn more voor die Staatskapingskommissi...

Spektrum 26 April 2021 26.04.2021

Gesondheidswerkers word eersdaags weer met die Johnson & Johnson-entstof ingeënt. Regsaksie word ingestel teen die regering oor die Kubaanse ingenieurs wat na die land se waterstelsels gaan kyk. 'n Brandbestrydingsmaatskappy sê die Charlotte Maxeke-hospitaal het nie 'n brandplan gehad nie. Suid-Afrikaanse missieltegnologie beland in Saoedi-Arabië se hande.

Spektrum 23 April 2021 23.04.2021

SAAI en NEASA onderteken 'n vennootskapsooreenkoms om boere met arbeidskwessies by te staan. Die Lugverkeer- en Navigasiediens oorweeg afleggings weens erge finansiële probleme. 'n Groep boere stap van die Oos-Kaap af na die Uniegebou in Pretoria om bewustheid oor plaasmoorde te skep.

Spektrum 22 April 2021 22.04.2021

Die ANC in Noordwes skors die voormalige premier en huidige voorsitter van die party in die provinsie, Supra Mahumapelo. Ons hoor of Wêreld-aardedag hoegenaamd trefkrag het. Kritiek teen die regterpresident van die Wes-Kaap, John Hlophe, wat deelneem aan onderhoude vir hooggeregshofposisies, ten spyte daarvan dat hy skuldig bevind is aan wangedrag.

Spektrum 21 April 2021 21.04.2021

Vrae word gevra oor die gebruik van Kubaanse ingenieurs om waterstelsels te herstel. Opruimingswerk is in Kaapstad onderweg nadat die brand onder beheer gebring is. Intussen is wilde diere wat van die vlamme af weggevlug het, in woongebiede opgemerk. Die wapenvervaardiger Denel beloof glo om werknemers se salarisse vir April te betaal.

Spektrum 20 April 2021 20.04.2021

Weerstoestande is vandag gunstig vir die brandbestrydingspogings in Kaapstad. Die parlement se oorsigrol kom weer onder bespreking ná sy versuim om staatskaping te keer. Rand Water sê die staking môre deur lede van SANWU sal nie waterverskaffing beïnvloed nie. En ons onthou RSG-omroeper Ian Wessels wat gister oorlede is.

Spektrum 19 April 2021 19.04.2021

Een verdagte is in hegtenis geneem in verband met die brande in Kaapstad. Ons het die jongste nuus oor die brandbestrydingspogings. Vier mans verskyn in die landdroshof in Piet Retief in verband met 'n skietery op 'n plaas verlede week. Die Sisonke-inentingsveldtog word hervat.

Spektrum 16 April 2021 16.04.2021

Wat steek agter die ANC se sekretarisgeneraal se vergaderings met voormalige ANC leiers oor sy moontlike skorsing? Ons vind meer uit oor die skorsing van die DA se Wes-Kaapse partyleier, Bonginkosi Madikizela. Die nuwe hoofveldwagter van die Krugerwildtuin deel haar planne met ons. Die kollig val weer op boeliegedrag.

Spektrum 15 April 2021 15.04.2021

EFF leier Julius Malema se rol in onderhoude by die Regterlike Dienstekommissie word bevraagteken. Die gemeenskap van Piet Retief vra vir kalmte ná 'n geweldadige voorval op 'n plaas in die gebied. Ons kyk na die nuwe bevelstruktuur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.

Spektrum 14 April 2021 14.04.2021

Johnson & Johson inentings in Suid-Afrika word vir eers gestaak. Handelstoestande verbeter. Die omstrede Ace Magashule wek opnuut opspraak. Al hoe meer aasvoëls word vir tradisionele medisyne gebruik.

Spektrum 13 April 2021 13.04.2021

Vrae oor die regering se ooreenkomste met farmaseutiese maatskappye vir die verkryging van miljoene dosisse entstof. Blind SA gaan hof toe oor kopiereg-wetgewing. Ramadaan begin om middernag.

Spektrum 12 April 2021 12.04.2021

Hewige reaksie ná die moord op 'n boer wat voorheen in 'n plaasaanval verlam is. Gerda Steyn laat spat 'n 25-jaar oue marathon-rekord. Vandag, presies 60 jaar gelede, het 'n Rus die eerste mens geword wat 'n suksesvolle rit na die ruimte onderneem het.

Spektrum 9 April 2021 09.04.2021

'n Vierde springkaanplaag is besig om uit te broei in die Noord-Kaap. Kiesers trek hulle kruisies in die presidentsverkiesing in Djibouti. Die Inklusiewe Samelewingsinstituut stel 'n gemengde kiesstelsel vir die land voor, wat weer vir kiesafdelings voorsiening sal maak. Die DAK-Netwerk hou 'n protesaksie op die hoofkampus van die Universiteit Stellenbosch teen dié instelling se taalbeleid, wat hu...

Spektrum 8 April 2021 08.04.2021

Die name van parlementslede wat op die ad hoc-komitee sal dien oor die lot van die Openbare Beskermer, is bekendgemaak. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns sê dit is kommerwekkend dat Afrikaans se waarde klaarblyklik deur die Universiteit Stellenbosch gering geskat word. Egipte en Soedan blameer Ethiopië vir die voortslepende dooiepunt in samesprekings oor die bou van die Renaissanc...

Spektrum 7 April 2021 07.04.2021

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het die afgelope boekjaar meer geld ingesamel as wat hulle verwag het. Dokters mag Ivermektien nou op eie diskresie voorskryf ingevolge 'n bevel van die hof - ons kry duidelikheid oor die saak en hoe dit jou raak. Die plaaslike lugvaartbedryf trek nog swaar weens die Covid19-pandemie. Die Verkiesingskommissie werk hard aan reëlings vir vanjaar se plaaslike regerin...

Слухайте подкаст Spektrum у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали