RSG
Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Skrywers en boeke 15 Mei 2024 15.05.2024 48:45
Ilse Salzwedel bring hulde aan prof. Maritha Snyman, kinderboekskrywer, akademikus en voormalige uitgewershoof, wat onlangs oorlede is. Vier voormalige studente/kollegas (Drr. Nandi Lessing-Venter en Marieta Nel, Samantha Miller en Anzil Kulsen) gesels oor Maritha se werk en menswees. Johan Myburg gesels oor die voordele van hardop voorlees vir kinders, ‘n leeslys vir twintigplussers wat deur ‘n I...
Skrywers en boeke 8 Mei 2024 08.05.2024 49:12
Ilse Salzwedel gesels met Portchie oor sy outobiografie, VAN TWEELING TOT TRAFALGAR SQUARE. Die skrywer en joernalis, Alita Steenkamp, is op 1 Mei oorlede – luister na ‘n onderhoud wat in 2023 met haar gedoen is oor haar skrywersloopbaan en boeke. In sy bydrae gesels Johan Myburg oor ‘n nuwe boek uit die pen van die Johannesburgse skrywer Nic Mohlongo. Hy vertel ook meer oor Isabelle Hammad, wie s...
Skrywers en boeke 1 Mei 2024 01.05.2024 48:58
Nathan Trantraal gesels oor sy skryfwerk, en vertel meer oor DIE MAN WAT DIE KINNES VANG, sy jongste grafiese roman wat pas verskyn het. Hy praat ook oor die belangrike plek van Kaaps in die Afrikaanse letterkunde. Daar is meer inligting oor die Vryeweekblad Boekefees wat van 10 tot 12 Mei in Cullinan plaasvind, en die Afrikaanse skrywers wat vanjaar se Exclusive Books Homebru-lys gehaal het. Joha...
Skrywers en boeke 24 April 2024 24.04.2024 51:20
Ilse Salzwedel gesels met Irma Venter oor AL WAT TEL. Rachelle Greeff vertel meer oor haar biografie van Phoebe Gerwel, PHOEBE: ‘N LEWE SAAM MET JAKES GERWEL. Johan Myburg vertel van die nuwe Latyns-Amerikaanse letterkundige oplewing wat gelei word deur vroueskrywers, Salman Rushdie se outobiografie KNIFE: MEDITATIONS AFTER AN ATTEMPTED MURDER, en stel ons voor aan die Australiese misdaadskrywer G...
Skrywers en boeke 17 April 2024 17.04.2024 50:10
Jeanette Ferreira vertel vir Ilse Salzwedel van die storie agter haar jongste roman, DIE MELKWEG EN DIE MISKRUIER. In Johan Myburg se internasionale insetsel kan jy meer uitvind oor Meta, die sosiale mediaplatform, se beweerde plan om ‘n bekende uitgewery te koop om hulle kunsmatige intelligensie-toepassing ‘n hupstoot te gee. Johan het ook vir jou nuus oor die kortlyste vir die International Book...
Skrywers en boeke 10 April 2024 10.04.2024 51:39
Ilse Salzwedel gesels met Marina Auer, ‘n nuwe stem in Suid-Afrikaanse misdaadfiksie, oor haar roman DOUBLE EDGED. Theo Kemp vertel waarna lesers kan uitsien by vanjaar se Suidoosterfees-boekprogram. In sy internasionale bydrae vertel Johan Myburg hoe beroepswedders reeds spekuleer oor vanjaar se Nobelpryswenner. Hy bring ook hulde aan Maryse Condé, en vertel meer oor die Windham Campbellprys vir...
Skrywers en boeke 3 April 2024 03.04.2024 46:23
Ilse Salzwedel gesels met Chanette Paul oor ANONIEM, haar vyftigste roman wat pas verskyn het. Stefaans Coetzee, wat onlangs aangewys is as Netwerk24 se smaakmaker van die jaar vir die boekbedryf, gesels oor sy liefde vir boeke en hoe dit sy lewe verander het. In sy internasionale bydrae vertel Johan Myburg meer oor die kortlyste vir die Dublin- en Aspen-letterkundepryse, en ‘n nuwe roman wat oors...
Skrywers en boeke 27 Maart 2024 27.03.2024 54:59
Ilse Salzwedel gesels met Zirk van den Bergh oor sy jongste roman HEMEL EN AARDE EN ONS. Resensent Francois Bekker deel sy indrukke van STILTES EN STEMME, saamgestel deur prof. Willie Burger, wat handel oor die werk van Karel Schoeman, en Lize Albertyn-Du Toit se tweede roman, DUIFELING. Johan Myburg vertel in sy internasionale insetsel onder andere meer oor die kortlys van die Dylan Thomasprys, ...
Skrywers en boeke 20 Maart 2024 20.03.2024 43:33
Ilse Salzwedel gesels met Sidney Gilroy oor sy jongste spanningsroman BLOEDSOMER. Die wenners van LAPA se jeugromanwedstryd, Fanie Viljoen, en die drie naaswenners, Zelda Bezuidenhout, Jacolet van den Bergh en Annerle Barnard, vertel meer oor hulle wenboeke. In sy internasionale bydrae het Johan Myburg nuus oor die International Bookerprys vir vertaalde werk se langlys, ‘n gesogte Nederlandse let...
Skrywers en boeke 13 Maart 2024 13.03.2024 45:53
Ilse Salzwedel gesels met die digter, skrywer, akademikus en resensent, Joan Hambidge, oor haar jongste roman, STASIES. Jy kan ook luister na ‘n argiefopname van 1974 waarin Elisabeth Eybers van haar eie gedigte voorlees. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg oor die langlys vir die Britse Women’s Prize for Fiction, en ‘n nuwe roman uit die pen van Gabriel García Márquez, tien jaar na sy...
Skrywers en boeke 6 Maart 2024 06.03.2024 51:00
Charmaine Africa se meesleurende en aangrypende memoir, AMMA, is ‘n boek wat jy nie sommer sal vergeet nie. Sy gesels daaroor met Ilse Salzwedel. In ‘n kykie na ‘n Afrikaanse skrywer uit die verlede, kan jy luister na ‘n gedeelte van ‘n 2016-onderhoud met Abraham de Vries, meester van die kortverhaal. In Johan Myburg se internasionale bydraes is daar iets oor FOURTEEN DAYS, ‘n roman wat in New Yo...
Skrywers en boeke 28 Februarie 2024 28.02.2024 51:27
Ilse Salzwedel gesels met die wêreldbekende profileerder, dr. Micki Pistorius, oor die heruitgawe van haar boek oor reeksmoordenaars, CATCH ME A KILLER. Daar is internasionale boekenuus, onder andere ‘n boek oor klimaatsverandering deur die Suid-Afrikaner Adam Welz. wat oorsee baie aandag trek. Die kinderboekskrywer David Walliams kom Suid-Afrika toe, en Tsitsi Dangarembga se eerste roman word in...
Skrywers en boeke 21 Februarie 2024 21.02.2024 53:35
Ilse Salzwedel gesels met Anoeschka von Meck oor haar nuwe roman, TWA DIE TYDLOPER, en SARIE se boekeredakteur Phyllis Green deel haar indrukke van die roman. Gys Visser, hoof van NB Uitgewers se regsdienste, verduidelik hoekom ‘n onlangse hooggeregshoofuitspraak dit voortaan soveel makliker en vinniger sal maak om mense te vervolg wat elektroniese weergawes van boeke onwettig versprei en aflaai....
Skrywers en boeke 14 Februarie 2024 14.02.2024 50:06
Kristel Loots, gewilde skrywer van verhoudingsromans, gesels met Ilse Salzwedel oor die liefde, en of moderne vroue steeds oor romantiese liefde wil lees. Elna van der Merwe gesels oor die Stilbaai-boekefees wat van 23 tot 25 Februarie gehou word. Johan Myburg gesels oor die wenners van die Neropryse, ‘n Japanese roman wat gedeeltelik met die hulp van ChatGPT geskryf is, en vier nuwe Engelse verta...
Skrywers en boeke 7 Februarie 2024 07.02.2024 50:25
Ilse Salzwedel stel jou voor aan Gaireyah Fredericks, skrywer van EEN VOET INNIE KABR, 'n Afrikaapse kortverhaalbundel, polsend met Kaaps-Maleise invloede. Ilse gesels ook met die bekende kinderboekskrywer, Jaco Jacobs, oor die belangrikheid van lees vir kinders, en oor ‘n paar nuwe benoemings vir sy boeke. Annelien van Basten van Skryfnet vertel meer oor die skryfkursusse wat Skryfnet in die volg...
Skrywers en boeke 31 Januarie 2024 31.01.2024 56:50
Justin Fox vertel vir Ilse Salzwedel meer oor PLACE: SOUTH AFRICAN LITERARY JOURNEYS, sy literêre reisboek oor die plekke wat nege prominente Suid-Afrikaanse skrywers se skryfwerk beïnvloed het. Onder hulle is J.M. Coetzee, Dalene Matthee, Eugene Marais en Deneys Reitz. Theo Kemp van die Jakes Gerwel-stigting vertel wat hulle alles vir vanjaar beplan. Vir die 90e herdenking van die geboortedag van...
Skrywers en boeke 24 Januarie 2024 24.01.2024 41:09
Ilse Salzwedel se gas is Irma du Plessis, dogter van wyle Koos du Plessis, die sanger en liedjieskrywer. Irma is die samesteller van ERFDEEL: VERSAMELDE WERKE VAN KOOS DU PLESSIS, wat onlangs heruitgegee is. Johan Myburg gesels oor die langlys van die Dublin-letterkundeprys, en stel ons voor aan die wenner van die T.S. Eliotprys vir poësie, Jason Allen-Paisant. Johan vertel meer oor die teisterin...
Skrywers en Boeke 17 Januarie 2024 17.01.2024 48:42
Ilse Salzwedel se gas is Marita van der Vyver, skrywer van 30 boeke, wat kinderboeke, jeugboeke en romans soos GRIET SKRYF ‘n SPROKIE, WEGKOMKANS en LAASTE KANS insluit. Hulle kyk terug op Marita se loopbaan wat oor meer as 40 jaar strek. Johan Myburg gesels oor die kortlys vir die Rathbone Foliopryse en het nog ‘n lys internasionale boeke waarna lesers kan uitsien. Daar is selfs ‘n roman uit die...
Skrywers en boeke 10 Januarie 2024 10.01.2024 51:37
Ilse Salzwedel gesels met oud-joernalis, skrywer, biograaf en uitgewer Petrovna Metelerkamp, wat onlangs 80 jaar oud geword het, oor haar interessante loopbaan en pad met boeke. Johan Myburg vertel watter bekendes in die boekwêreld vanjaar weer ingesluit is in die lys Nuwejaarvererings van die Britse koningshuis. Hy vertel ook meer oor BOUND TO VIOLENCE, ʼn roman van die Malinese skrywer Yambo Ouol...
Skrywers en boeke 3 Januarie 2024 03.01.2024 53:56
In die laaste oorsigtelike gesprek oor 2023 se boekhoogtepunte, gesels Ilse Salzwedel met Jonathan Amid, boekresensent en manuskripontwikkelaar. Jonathan het ‘n wonderlike lys boeke, wat romans, jeugboeke, misdaadfiksie en ook Engelse boeke deur verskeie Suid-Afrikaanse skrywers insluit. Hou gerus ‘n pen en papier byderhand – daar is beslis iets vir almal se smaak.
Skrywers en boeke 27 Desember 2023 27.12.2023 44:50
Ilse Salzwedel kuier vanaand saam met Deon Meyer. Hulle gesels onder andere oor sy jongste roman LEO, en Deon speel ook drie van sy gunstelingliedjies voor. Johan Myburg vertel meer oor drie historiese romans uit die pen van bekende internasionale skrywers: Joyce Carol Oates se BUTCHER, Paul Theroux se BURMA SAHIB en Colm Tóibín se LONG ISLAND.
Skrywers en boeke 20 Desember 2023 20.12.2023 53:07
Ilse Salzwedel gesels met Nataniël oor sy jongste bundel verhale HELP, HELP! Hy vertel ook meer oor sy betrokkenheid by sy Franse broerskind se oulike kinderboek VYF VERLORE VERE. Johan Myburg is ook weer op sy pos met nuus uit die internasionale letterkundewêreld.
Skrywers en boeke 13 Desember 2023 13.12.2023 50:22
Francois Bekker, ‘n resensent van Pretoria, gesels met Ilse Salzwedel oor boeke wat hy vanjaar geniet het. Hy maak ‘n hele paar interessante aanbevelings, wat ook goeie nie-fiksie insluit. In sy internasionale insetsels gesels Johan Myburg oor ‘n lys aanbevelings vir internasionale misdaadromans, en hy kyk terug op 2023 en die boeke wat die groot literêre pryse verower het.
Skrywers en boeke 6 Desember 2023 06.12.2023 52:10
In hierdie week se Skrywers en Boeke kan jy luister na 3 onderhoude wat by die Festival Voor Het Afrikaans in Den Haag, Nederland opgeneem is. Johan Myburg bespreek o.a. die Bookerpryswenner en vertel meer van die Britse kinderboek wat as ‘n boekwinkelgroep se boek van die jaar aangewys is.
Skrywers en boeke 29 November 2023 29.11.2023 52:12
Wium van Zyl gesels met Ilse Salzwedel oor sy vertaling van die klassieke werk 1001 Nagte . Alita Steenkamp, ‘n joernalis, vertel van die jeugroman, DEUR DIE VUUR . In Johan Myburg se internasionale bydrae het hy nuus oor ‘n bekroning vir komediant Bob Mortimer se roman THE SATSUMA COMPLEX, en die finaliste van die nuwe Nero-romanpryse. Johan vertel ook meer oor die baie bekende Britse skrywer, A...
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали