uk

RSG

Skrywers en Boeke

Tv AF ↓ Епізодів: 741

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

Tv

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

14 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Skrywers en boeke 30 Oktober 2024 30.10.2024

‘n Huldigingsprogram oor die lewe en werk van prof. Hans du Plessis - digter, skrywer en akademikus. Hy is op 25 Okt 2024 oorlede. Die eerste gedeelte van die program bevat ‘n dokumentêr (DIE STORIEVERTELLER VAN DIE MOOIRIVIER) wat Ina Strydom in 2018 oor Du Plessis se werk saamgestel het. In die tweede gedeelte bring oud-studente, skrywers, voormalige kollegas, familie en vriende aan hom hulde. D...

Skrywers en boeke 23 Oktober 2024 23.10.2024

AJ Opperman onthou die lewe en werk van Dalene Matthee, wie se geboortedag ons vandeesweek herdenk. Ilse Salzwedel gesels met Helené Coetzee van Kaapstad oor twee van haar geliefkoosde boekplekke: die Mothercity Bookclub, en Kaapstad se Silent Bookclub. In Johan Myburg se internasionale nuus vertel hy waarom die pas aangewese Nobelpryswenner, Han Kang, geweier het om ‘n perskonferensie te hou oor...

Skrywers en boeke 16 Oktober 2024 16.10.2024

Ilse Salzwedel gesels met Kevin van Wyk, skrywer van CHRIS VAN WYK: IRASCIBLE GENIUS, ‘n biografie oor sy bekende skrywerspa. Johan Myburg stel ons voor aan Han Kang, vanjaar se wenner van die Nobelprys vir Letterkunde, en vertel ook meer oor Alan Hollinghurst se nuwe roman OUR EVENINGS. Daar is meer oor die wenners van vanjaar se ATKV-Kinderboektoekennings, en Christina Simelane vertel van haar d...

Skrywers en boeke 9 Oktober 2024 09.10.2024

Martin Steyn gesels oor sy nuwe roman, DONKER WATER, wat handel oor polisieduikers en hulle belangrike werk. Jonathan Amid gesels oor twee romans deur Barbara Boswell en Siphiwe Gloria Ndlovu. In Johan Myburg se internasionale insetsels kan jy meer uitvind oor Shehan Karunatilaka, ‘n Bookerpryswenner van Sri Lanka wat einde Oktober deelneem aan die BookBedonnerd-fees op Richmond in die Karoo. Joha...

Skrywers en boeke 2 Oktober 2024 02.10.2024

Die wenners van die jaarlikse AVBOB-poësiekompetisie is onlangs aangekondig. Salvia Ockhuis, wenner van die Afrikaanse afdeling, gesels oor haar pad met woorde. Adriaan Bester, hoofbestuurder van korporatiewe aangeleenthede by AVBOB, vertel meer oor die brûe wat hierdie groep met woorde en boeke bou. AJ Opperman gesels oor die digter DJ Opperman. Johan Myburg deel in sy internasionale insetsels nu...

Skrywers en boeke 25 September 2024 25.09.2024

Prof. Willie Burger vertel hoekom Ingrid Winterbach se jongste roman hom so betower. Ons praat oor die gewaarwordinge wat groot romans – soos groot kunswerke – by lesers ontlok. AJ Opperman vertel meer oor Olga Kirsch, wat vandeesweek 100 jaar gelede gebore is. Jy kan ook luister na ‘n kort argiefgesprek waarin Egonne Roth gesels oor haar biografie oor Kirsch, getiteld ‘N LEWE IN GEDIGTE. Johan My...

Skrywers en boeke 18 September 2024 18.09.2024

Die digter, skrywer, dramaturg en skilder, Breyten Breytenbach, het op 16 September sy 85e verjaarsdag gevier. Ons vier dit deur te luister na die eerste deel van Johan Rademan se bekroonde dokumentêre program ‘N ANDER SKAKERING. (Dit is ter viering van Breyten se 80e verjaarsdag saamgestel.)  Prof. Willie Burger gesels met ons oor lesersindrukke en literêre kritiek en die waarde daarvan. Johan My...

Skrywers en boeke 11 September 2024 11.09.2024

Dibi Breytenbach gesels oor haar nuwe roman HEKS. Johan Myburg praat oor die langlys vir die Britse Baillie Gifford-prys, en EDENGLASSIE, die wenner van die Queensland-letterkundeprys. Antjie Krog is verlede week vereer met ‘n ere-doktorsgraad, en prof. Willie Burger van die UP vertel hoekom sy departement haar genomineer het.

Skrywers en boeke 4 September 2024 04.09.2024

SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor die volgende boeke: Die onsigbare deur PJO Jonker; As klippe kon praat deur Connie Luyt; Foto’s en fairylights deur AnMari do Carmio;  Kinderlê deur Lynthia Julius; Prune like a pro deur Anton Roux en SAPPI Tree spotting-reeks; Prescription: Ice Cream deur Allister McAlpine; Wake up, this is Joburg deur Tanya Zack en Mark Lewis; Wat sê Bettina? de...

Skrywers en boeke 28 Augustrus 2024 28.08.2024

Die skrywer, Abraham (Braam) de Vries, is op 23 Augustus 2024oorlede. Prof. Willie Burger praat oor Braam die mens en skrywer. Jy kan ook luister na ‘n uittreksel uit ‘n 1997-onderhoud wat Daniel Hugo met Braam gevoer het. Die resensent. Jonathan Amid, gesels oor ‘n klompie gunstelingboeke: Rudie van Rensburg se GEBOOIE, Ingrid Winterbach se ONRUS OP STEYNSRUS, Elizabeth Wasserman se DIE NEGE LEWE...

Skrywers en boeke 21 Augustus 2024 21.08.2024

Hoor hoe groot Karel Schoeman se bydrae tot die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse boekewêreld was, wanneer prof. Willie Burger gesels oor STILTES EN STEMME, ‘n huldigingsbundel oor die werk van Schoeman. Johan Myburg gesels oor ‘n interessante toekomsbiblioteekprojek waarby die skrywer, Tommy Orange, ook nou betrek is, die kortlys van die Dayton Vredesprys en ‘n hernieude belangstelling in liefdesverh...

Skrywers en boeke 14 Augustus 2024 14.08.2024

Deborah Steinmair, Vrye Weekblad se boekeredakteur, gesels oor vier boeke wat sy baie geniet het: GEBOOIE (Rudie van Rensburg), ONRUS OP STEYNSHOOP (Ingrid Winterbach), A SHORT LIFE (Nicky Greenwall) en WEGKRUIPER (Christelle Wessels). AJ Opperman vertel van Annesu de Vos, wat onlangs 60 geword het, en jy kan luister na ‘n kort onderhoud met haar uit 1980. In Johan Myburg se internasionale insetse...

Skrywers en boeke 7 Augustus 2024 07.08.2024

Luister na ‘n heruitsending van Ina Stydom se 2018-dokumentêr, ‘N GELEEFDE LEWE, ter viering van John Miles se 86e verjaarsdag. Daar is nuus oor die finaliste vir die 2024 kykNET-Rapport-boekpryse, Booker-langlys en die wenner van Australië se Miles Franklinprys. Johan Myburg bring ook hulde aan die Ierse skrywer, Edna O’Brien, wat verlede week oorlede is.

Skrywers en boeke 31 Julie 2024 31.07.2024

Francois Bekker, ‘n resensent, bespreek Dana Snyman se outobiografiese boek, SEUN; Albert Blake se JOPIE FOURIE: ‘N BESINNING; en Riëtte Rust se DIE GESKENK. Ilse Salzwedel gesels met Madelein Rust oor haar roman, BESSIE SE HANGKASBIBLIOTEEK. Johan Myburg gesels oor drie nuwe internasionale romans (IN THE BLINK OF AN EYE deur Jo Callaghan, Martin MacInnes se IN ASCENSION en Claire Messud se THIS S...

Bonuspotgooi: Fanie Viljoen oor Karel Schoeman 24.07.2024

Tydens die onlangse Vrystaat Kunstefees het die skrywer, Fanie Viljoen, gesels oor sy besonderse vriendskap met die kluisenaarskrywer, Karel Schoeman. In Skrywers en Boeke van 24 Julie 2024 is ‘n gedeelte van die gesprek uitgesaai, maar na versoeke van verskeie luisteraars het Fanie ingestem dat die res van sy gesprek oor Karel Schoeman ook beskikbaar gestel mag word. Hierdie is die volledige gesp...

Skrywers en boeke 24 Julie 2024 24.07.2024

Wie was Karel Schoeman werklik? In ‘n geredigeerde gedeelte van sy aanbieding, AANKOMS, AFSKEID en VERTREK: MY VRIENDSKAP MET KAREL SCHOEMAN, belig die skrywer Fanie Viljoen ‘n ander kant van Schoeman. Johan Myburg vertel meer oor Irvin Welsh se nuwe roman RESOLUTION, en gesels oor Christopher Marlowe, ‘n Engelse digter wat in dieselfde jaar as William Shakespeare gebore is. Johan het ook nuus oor...

Skrywers en boeke 17 Julie 2024 17.07.2024

Die skrywer, Audrey Blignaut, is op 6 Julie 1916 gebore. Ons stap terug op haar spore. Jy kan luister na ‘n argiefopname van Bettie Kemp se program, DAAR'S INK IN ONS ARE, oor Blignaut en haar dogter Marie Heese. Die joernalis, AJ Opperman, vertel ook meer oor Audrey en haar groot bydrae tot die Afrikaanse boekwêreld.

Skrywers en boeke 10 Julie 2024 10.07.2024

Ilse Salzwedel gesels met Helena Hugo, een van die mense wat al jare lank sorg vir radiodramas en vervolgverhale op RSG. Het jy geweet sy het al 87 boeke geskryf? Ilse gesels ook met Henda Olivier oor haar tweede boek, ONDER WATER, ‘n roman in die huishoudelike noir genre wat lesers behoorlik aan die gons het. Johan Myburg vertel van die jongste verwikkeling in die polemiek oor die Indiese skrywer...

Skrywers en boeke 3 Julie 2024 03.07.2024

Ilse Salzwedel vertel meer oor die kortlys en wenner van die UJ-prys. Johan Myburg, vanjaar se Innibos-feesdigter, lees die gedig voor wat hy in opdrag van die fees geskryf het. Johan het ook ‘n bydrae oor Iris Murdoch, en nuus oor Karin Slaughter se nuwe roman WHY WE LIED, asook haar betrokkenheid by ‘n veldtog om VSA-biblioteke se deure oop te hou. Ons kyk terug in die letterkunde-geskiedenis me...

Skrywers en boeke 26 Junie 2024 26.06.2024

Corlia Fourie en Annelize van Rooyen gesels oor hulle reisbundel DRAAIE, SWAAIE EN AFDWAALPAAIE waarin 46 skrywers oor hulle eie reise (met kinkels!) skryf. Annemarie van der Walt van die Innibos-kunstefees vertel waarna boekliefhebbers die volgende paar dae kan uitsien. Kerneels Breytenbach gesels oor twee internasionale boeke wat hy kan aanbeveel (KAIROS, die Booker International-wenner, en PARA...

Skrywers en boeke 19 Junie 2024 19.06.2024

Ilse Salzwedel gesels met Hettie Scholtz, een van die staatmakers in die Afrikaanse uitgewersbedryf – eers as uitgewer, later as boekjoernalis en vir die laaste dekade as die sameroeper van die KykNET/Rapportboekpryse, die belangrikste Afrikaanse letterkundepryse. Hettie was vir jare aan die hoof van HAUM-Literêr en was die stigter-eienaar van Quellerie Uitgewers. Skrywers soos Marlene van Niekerk...

Skrywers en boeke 12 Junie 2024 12.06.2024

NP Van Wyk Louw is op 11 Junie 1906 gebore, en op 18 Junie 1970 oorlede. Ter herdenking hiervan kan jy luister na ‘n argiefopname oor sy lewe en werk. Dis in 2006 saamgestel deur Daniël Hugo, en bevat baie interessante inligting oor die digter. Ilse Salzwedel gesels met die geskiedkundige en skrywer, Karen Horn, oor haar boek. PRISONERS OF JAN SMUTS - ITALIAN PRISONERS OF WAR IN SOUTH AFRICA IN WW...

Skrywers en boeke 5 Junie 2024 05.06.2024

Jy het seker al die naam Rumi iewers raakgelees, maar wie was hierdie digter en filosoof wat ook al die Shakespeare van die Midde-Ooste genoem is? Ilse Salzwedel gesels met dr. Dietlof van den Bergh, wat ‘n keur van Rumi se werk in Afrikaans vertaal het. Die joernalis, AJ Opperman, vertel waar sy belangstelling in skrywers en boeke ontstaan het, en gesels oor sy gunstelinge. Johan Myburg het nuus...

Skrywers en boeke 29 Mei 2024 29.05.2024

Ilse Salzwedel gesels met Karl Kemp oor ‘n fassinerende nie-fiksie boek met die titel WHY WE KILL: MOB JUSTICE AND THE NEW VIGILANTISM IN SOUTH AFRICA. Hierin probeer Kemp, wat ‘n Meestersgraad in Internasionale Reg het, ‘n verklaring vind vir die toename in geweld in Suid-Afrika. Johan Myburg stel ons voor aan Jenny Erpenbeck wie se boek, KAIROS, verlede week met die International Bookerprys bekr...

Skrywers en boeke 22 Mei 2024 22.05.2024

Ilse Salzwedel gesels met Theresa Papenfus oor haar aangrypende biografiese boek, SING MAMMA SING! Dit handel oor die siekte en dood van haar jongste seun, Braam. Die boek is egter allesbehalwe ‘n klaaglied vir Braam, en bevat heelwat humor, staaltjies uit haar seuns se kleintyd en lieflike prosa oor lewensvreugde, vasbyt en genade. Johan Myburg bring hulde aan Alice Munroe, voormalige Nobelpryswe...

Слухайте подкаст Skrywers en Boeke у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали