Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.kosmos.com.na
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Lamola se VSA-betrekkinge krap partye om 08.10.2026 0:21
AfriForum sê die nege kleiner partye in die regering van nasionale eenheid behoort formeel beswaar te maak teen die wyse waarop die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, die betrekkinge met die VSA hanteer. Ernst van Zyl van die organisasie sê Lamola se onlangse opmerkings oor die Amerikaanse ambassadeur en sy teenwoordigheid by 'n geleentheid van die Democratic So...
13:00 Hoofnuus 08.10.2026 5:00
Kry die nuus soos dit breek.
Ramaphosa vra blywende vrede en bestendigheid in Suid-Soedan 08.10.2026 0:19
President Cyril Ramaphosa beklemtoon die belangrikheid om die hersiene ooreenkoms oor die resolusie van die konflik in Suid-Soedan ten volle na te kom om die vredesproses te bevorder. Hy het met Suid-Soedan se president Salva Kiir Mayardit beraadslaag wat op ʼn werksbesoek in Suid-Afrika is. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die ontmoeting het die belangrikheid van volgehoue streeksbe...
LPM se Ndala sê gesonde debat is noodsaaklik vir demokrasie 08.10.2026 0:33
LPM-jeugleier Duminga Ndala sê onlangse spanning in die parlement spruit uit operasionele tekortkominge eerder as debatvoering. Sy sê gesonde debat is noodsaaklik vir demokrasie. Ndala het LP's en die speaker versoek om ego's opsy te sit en nasionale belang te prioritiseer, en bygevoeg dat die parlement kompromie en konsensus benodig om te funksioneer. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
12:00 Nuus 08.10.2026 3:35
Kry die nuus soos dit breek.
Napha: Uitvoere van bergsebras na VSA goeie nuus 08.10.2026 0:31
Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging sê die goedkeuring deur die VSA se Fish and Wildlife Service van die invoer van Kaapse bergsebras uit Suid-Afrika, beklemtoon die groeiende internasionale erkenning van volhoubare jag as 'n geldige bewaringsinstrument. Kristin Maritz van Napha wys daarop dat, hoewel Namibië se Hartmann-bergsebras reeds kragtens CITES-reëls na die VSA uitgevoer kan word...
Gekleurde water in Rehoboth weens seisoenale invloeie en mangaan 08.10.2026 0:37
NamWater se hoofbedryfsbeampte, Andries Kok, sê seisoenale dam-invloeie en ander chemiese reaksies tydens sy suiwerings-proses het die onlangse bruin en geel kraanwater in Rehoboth veroorsaak. Kok het verduidelik dat natuurlik voorkomende mangaan aan die onderkant van die dam tydens seisoenale veranderinge met die boonste watervlakke meng.
IPPR bekommerd oor regering se nuwe verkrygingsregulasies 08.10.2026 0:38
Nuwe regerings-verkrygingsregulasies wek kommer by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing. Die instituut voer aan dat die veranderinge, wat op 4 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer is, openbare verkryging meer kwesbaar kan maak vir politieke druk en korrupsie. Die IPPR se Frederico Links het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê dat die veranderinge onverwags gekom. Links sê dit lyk of d...
September-inflasie styg tot 5,4% 08.10.2026 0:40
Die Namibiese Statistiekagentskap se jongste inflasiesyfers toon dat die jaarlikse hoof-inflasiekoers vir September op 5,4 persent te staan gekom het, vergeleke met 3,5 persent in September verlede jaar. Op 'n maandelikse grondslag is die inflasiekoers op 0,4 persent aangeteken, vergeleke met 0,6 persent die vorige maand. Die statistiekagentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, sê dis veral in die...
WGO maak vordering met Ebola-nasporing in DRK 08.10.2026 0:25
Die WGO se direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus sê daar is, tot op datum, 8 665 bevestigde gevalle van die Ebola-virus aangeteken. 4 178 mense is reeds aan die virus-siekte dood. Daar ‘n merkbare afname in infeksies in sommige gebied in die Demokratiese Republiek van die Kongo gesien word terwyl die siekte, in ander areas, steeds verder versprei. Hy sê dat verbeterde kontak-opsporing daartoe bydr...
Sterker samewerking nodig om land se energiesekerheid te beskerm 08.10.2026 0:29
Die spesiale adviseur van die verdedigings-minister, Hilma Nicanor, vra sterker samewerking om die land se energiesekerheid te beskerm, namate internasionale politieke spanning en nuwe tegnologieë wêreldwyd voorsieningskettings ontwrig. Nicanor het by 'n Unam-Stellenbosch-energiekonferensie gepraat en sê dat veranderende realiteite 'n strategiese heroorweging vereis om kritieke energiebronne te ve...
Trump herhaal omstrede LA- en San Diego-aanval-opmerkings 08.10.2026 0:14
President Donald Trump van Amerika het sy opmerking herhaal dat die Iran-oorlog nodig was om te verhoed dat Teheran stede soos Los Angeles of San Diego in ʼn kernaanval vernietig. Dit is ten spyte daarvan dat Amerikaanse intelligensie-agentskappe verlede jaar verklaar het dat Iran sy pogings om kernwapens te bou, meer as twee dekades tevore laat vaar het. Los Angeles en San Diego het albei belangri...
Gautengse Onderwys-LUR veroordeel moord op twee leerders in Alexandra 08.10.2026 0:22
Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, veroordeel die dood van twee leerders in Alexandra en sê skoolkinders se dood deur geweld is baie kommerwekkend. Die slagoffers is ʼn graad 12-leerder van Minerva Secondary School en ʼn graad 9-leerder van Alexandra High School. Volgens voorlopige berigte is die leerders in Alfred Nzo-straat, oorkant die Madala Hostel doodgeskiet. Maile se woordvoerder, O...
SAners kry nuwe hulpmiddel om ongewenste bemarking te stop 08.10.2026 0:21
Die Suid Afrikaanse Nasionale Verbruikerskommissie het 'n gratis nasionale register bekendgestel waar verbruikers kan aandui as hul nie direkte bemarkingsboodskappe wil ontvang nie. Kommissaris Hardin Ratshisusu het op 'n nuuskonferensie gesê verbruikers kan regstreekse bemarkers vooraf blok, terwyl bemarkers verbruikers gereeld van hulle lys moet verwyder. Ratshisusu voeg by dit sal geleidelik in...
Nuwe Duitse ambassadeur wil bande tussen Namibië en Duitsland versterk 08.10.2026 0:26
Die nuwe Duitse ambassadeur in Namibië, Thomas Wimmer, sê hy sal sy amps-termyn gebruik om verder die bande tussen die twee lande te versterk. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag die geloofsbriewe van Wimmer en agt ander nuut-aangestelde ambassadeurs en hoë kommissarisse na Namibië hier in Windhoek ontvang. Wimmer sê hy wil veral daarop fokus om samewerking op die gebiede van ontwikkel...
Ramaphosa: Covid-19 beklemtoon behoefte aan plaaslike gesondheidsektor-vervaardiging 08.10.2026 0:22
Die Suid Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, sê die Covid-19-pandemie het die behoefte uitgelig om Suid-Afrika se plaaslike wetenskaplike, tegnologiese en farmaseutiese vervaardigingsvermoë te versterk. Ramaphosa het op die bekendstelling van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad se FuturePharma-fasiliteit in Tshwane gepraat. Hy sê groter plaaslike produksievermoë is noodsaaklik om geso...
Nandi-Ndaitwah ontvang geloofsbriewe nuwe ambassadeurs en hoë kommissarisse 08.10.2026 0:34
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag die geloofsbriewe van nege nuut aangewese ambassadeurs en hoë kommissarisse in Namibië ontvang. Die diplomate verteenwoordig Nigerië, Duitsland, Turkye, Soedan, die Filippyne, Panama, Mali, Griekeland en Pakistan. Mirco se adjunkdirekteur vir Europese sake, Valombola Kalomoh, het die diplomatieke mylpaal uitgelig en sê dit sal Namibië se internasionale...
DA: Landelike gemeenskappe het vinniger optrede en beter hulpbronne nodig 08.10.2026 0:19
Die DA sê landelike gemeenskappe het vinniger polisie-optrede en beter hulpbronne nodig om misdaad in boerderygebiede te bekamp. Dit volg na die moord op Hannetjie van Zyl naby Ottosdal in Noordwes. Die party voer aan dit het die polisie ongeveer 'n uur geneem het om die toneel te bereik na Van Zyl by die ingang na haar plaas aangeval is. Carin Visser van die DA doen 'n beroep op beter polisiehulp...
Amupanda vra vir regterlike hervormings 08.10.2026 0:36
Die AR-leier, Job Amupanda, het in die parlement 'n beroep gedoen op regterlike hervormings, insluitend die instelling van 'n konstitusionele hof, 'n suidelike afdeling van die hoërhof in Oranjemund, en termynbeperkings vir die regstelsel oorweeg.
Aksie-belaaide Saterdag beloof by Itumba Enduro 08.10.2026 0:30
Die Itumba Enduro bring Saterdag aksie vol adrenalien na die suidelike buitewyke van Windhoek. Pieter van Helsdingen, ondervoorsitter van die Enduro-klub, het met Motor Media Namibia oor die naweek se geleentheid gesels. Hy het ook belangstellendes uitgenooi om die dag te kom geniet, die Enduro-ryers persoonlik te ontmoet en meer oor die sport te wete te kom.
984 studente vang graad by vandag se Unam lente-gradeplegtigheid 08.10.2026 0:34
Unam hou vandag sy lente-gradeplegtigheid, waartydens 984 studente hul kwalifikasies sal ontvang. Unam-woordvoerder Simon Namesho het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die plegtigheid deel vorm van 'n rekordgetal van 5 326 gegradueerdes vir 2026, die hoogste syfer in die universiteit se geskiedenis. Dit verteenwoordig 'n toename van 23 persent sedert 2022 en 'n styging van 11 persent vergeleke met ver...
Voormalige Eskom-woordvoerder, Khulu Phasiwe op 52 oorlede 08.10.2026 0:21
Eskom bring hulde aan sy voormalige nasionale woordvoerder, Khulu Phasiwe, wat in die ouderdom van 52 gesterf het. Hy was ten tye van sy dood die hoof van Korporatiewe Sake en Kommunikasie by Lugverkeer- en Navigasie-dienste. Hy het voorheen as senior kommunikasie-raadgewer en later as nasionale woordvoerder van Eskom gedien. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, het haar medelye aan Phasiwe se gesin,...
Zaamwani: Diere in BKS-gebiede se toegang tot water verbeter 08.10.2026 0:37
Landbouminister Inge Zaamwani sê maatreëls word ingestel om te verseker dat vee, in gebiede wat deur bek-en-klouseer geraak word, toegang tot water het. Sy sê die regering probeer met dié stap die beweging van diere tussen waterpunte beperk en om kontak tussen verskeie kuddes te vermy. Zaamwani het in die parlement gepraat: Inge Zaamwani Donderdag
06:00 Nuus 08.10.2026 4:29
Kry die nuus soos dit breek.
WGO vra Rusland vir meer inligting oor laboratorium-sterfte 08.10.2026 0:38
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die Russiese regering gevra vir meer inligting oor die dood van 'n werknemer by 'n Siberiese pesnavorsingseenheid. Dit sluit in besonderhede oor die laboratoriumtoetse wat op haar gedoen is, het die WGO se direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus in 'n media-inligtingsessie gesê. Die organisasie het Rusland ook gevra vir meer besonderhede oor die openbare gesondhe...
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали