uk

Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ Епізодів: 736

Kry die nuus soos dit breek.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.kosmos.com.na

Автор

Kosmos 94.1

Категорія

News

Сайт подкасту

www.kosmos.com.na

Останній епізод

18 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Noorde-boere verheug oor BKS-inperkings-verslappings 28.09.2026

Boere in die Noorde van die land sê hulle is verheug met die verslapping van bek-en-klouseer-inperkings wat nou in werking is. Boere noord van die rooilyn kan nou weer hul diere tussen plase in die omgewing beweeg met vleis-verkope wat ook weer toegelaat word. Die vervoer van gesplete-hoef diere en hul vleis van gebiede suid van die rooilyn na gebiede in die noordelike kommunale gebied bly egter s...

Amerika se ambassadeur by die VN sê Iran onderhandel nie “te goeder trou” nie 28.09.2026

In nuus van oorsee: Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Mike Waltz, beskuldig Iran dat hy te kwader trou onderhandel. President Donald Trump verwerp Teheran se jongste voorstel om die Straat van Hormoes binne ʼn week te heropen en kern-onderhandelings te hervat in ruil daarvoor dat Amerika sy vloot se versperring van Iranse hawens ophef. Die sewe maande oue konflik het die vervoer van o...

Ramaphosa veroordeel naweek se massaskietvoorvalle 28.09.2026

Die Suid Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die naweek se massa-skietvoorvalle in die land veroordeel. Sewentien mense is by 'n taverne in Wedela aan die Wes-Rand doodgeskiet, terwyl tien mense oor die naweek in Lwandle, Kaapstad, doodgeskiet is. Intussen is elf mense verlede week in 'n massa-skietvoorval by 'n huis in die KwaMakhutha-woonbuurt in Durban dood. Tydens 'n toespraak gister in G...

Rugby: Erasmus maak geen verskonings vir die nederlaag teen die Wallabies nie 28.09.2026

Springbok-afrigter Rassie Erasmus het geweier om verskonings te maak vir hul nederlaag van 42-38 teen die Wallabies gister in Perth. Die Bokke was teen rustyd met 24-17 agter en ná 63 minute met 42-17 agter, voordat 'n laat herlewing hulle binne vier punte van hul teenstanders gebring het. Dit was egter nie genoeg nie, ten spyte daarvan dat Australië in die laaste elf minute vier spelers weens gee...

SA Departement van Landbou waarsku teen hondsdolheid-sterftes 28.09.2026

Die Suid Afrikaanse departement van landbou vra inwoners om te help met die stryd teen hondsdolheid deur verantwoordelike troeteldier-besit, in-ent-ing en vinnige optrede ná moontlike besmetting. Die land gedenk Wêreldhondsdolheidsdag onder die tema "Sterker Saam". Die woordvoerder Prince Mtsweni sê 15 mense is sedert Januarie aan hondsdolheid dood. Hy sê 115 laboratorium-bevestigde gevalle by die...

Motocross: 6de been van MX-kampionskappe in Swakop 'n sukses 28.09.2026

Motocross: Swakopmund was die afgelope naweek die gasheer vir die sesde been van die MX-kampionskappe. Nagoeg 50 ryers het in klasse, wat wissel van 50cc to veterane en King of the Dirt, deelgeneem. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was daar en doen verslag:

NamPol vra publiek om dadelik vermiste persone aan te meld 28.09.2026

Die Namibiese Polisie doen 'n beroep op die publiek om vermiste persone onmiddellik aan te meld en sê daar is geen verpligte wagtydperk om 'n verslag amptelik in te dien nie. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê dat vinnige aanmelding noodsaaklik is, veral wanneer minderjariges of onbekende persone betrokke is. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

Minister Theofelus vra vir geduld met BKS-inperkings-verslappings 28.09.2026

Intussen waarsku die minister van inligting- en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, dat hoewel daar geen verdere BKS-infeksies aangemeld is nie, boere en die res van die land nie nou te gerus moet wees nie. Sy het met die nasionale uitsaaier gepraat en sê die siekte kan ook deur die beweging van mense – op hul skoene, klere, en motors – en vee-voer versprei. Theofelus vra klein-skaalse boere,...

NLU verwelkom BKS-inperkings-verslappings 28.09.2026

Die Namibiese Landbou Unie sê hy verwelkom die gedeeltelike verslapping van die bek-en-klouseer handel- en vervoer inperkings wat verlede week landwyd ingestel is. Die ministerie van landbou sê voorlopige opsporing en inspeksies dui daarop dat die uitbraak steeds tot die //Kharas-streek beperk is, sonder enige bewyse van verspreiding noord van die veeartsenykundige kordonheining. Beeste wat van di...

DA vra debat oor GBV-polisieringsmislukkings 28.09.2026

Die DA het 'n debat in die Parlement vir Dinsdag verkry oor die vootslepende geweldsmisdaadkrisis in Ekurhuleni. Dit volg op die ontdekking van 'n vrou se liggaam Saterdag in Tembisa-Suid, wat die totaal van vroue wat die afgelope twee maande in die gebied vermoor is, op tien te staan bring. Khathuthselo Rasilingwane van die DA sê die party sal ook daarop aandring dat senior polisieleiers en die E...

CoW: Kry swaarvoertuig-toegangspermitte voor 1 Oktober sperdatum 28.09.2026

Die Stad Windhoek doen 'n beroep op swaarvoertuigoperateurs om hul toegangspermitte te bekom voordat streng kameramonitering en -afdwinging op Donderdag 1 Oktober begin. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya het beklemtoon dat aansoekvorms en kaarte van beperkte gebiede op die munisipale webwerf beskikbaar is, en waarsku bestuurders dat die tyd min raak om te voldoen voordat boetes uitgereik word aan o...

27 dood in twee skietvoorvalle by sjebiens in SA 27.09.2026

Die polisie in Gauteng is op soek na agt onbekende gewapende mans ná 'n dodelike skietvoorval Saterdagaand by 'n sjebien in Wedela-Uitbreiding 3, in die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit. Altesaam 17 mense is doodgeskiet en 15 gewond. Kliënte het binne en buite die sjebien gekuier toe die verdagtes opgedaag en op die mense buite losgebrand het. Hulle het daarna die sjebien binnegegaan en voortgegaan...

Ietermagô-ghoeroe wen internasionale toekenning 27.09.2026

Die stigter van die Pangolin Conservation and Research Foundation, Kelsey Prediger, het die Rising Conservation Leader-toekenning by Brookfield Zoo Chicago se 23ste jaarlikse leierskapstoekennings gewen. Die toekenning vereer haar werk om Namibiese ietermagôs saam met plaaslike gemeenskappe en internasionale vennote te beskerm. Prediger is aan die woord:

Misa maan teen lukrake plasings oor vermiste persone 27.09.2026

Die organisasie, Missing in Southern Africa, waarsku teen die toenemende plasing van ongetoetste inligting oor vermiste persone op sosiale media en boodskap-platforms. Die organisasie sê wanneer inligting geplaas word sonder om dit met familie en die polisie te koördineer, kan dit verwarring veroorsaak, ondersoeke vertraag en druk op families en die polisiebeamptes plaas. Misa-woordvoerder, Priya...

Sokker: Banyana het Olimpiese Spele in visier 27.09.2026

Die afrigter van Banyana Banyana, Desiree Ellis, sê kwalifisering vir die Olimpiese Spele van 2028 in Los Angeles is 'n prioriteit nadat Suid-Afrika die 2027-Fifa-Wêreldbeker vir vroue en die 2026-Afrikabeker vir vroue misgeloop het. Ellis het haar span aangekondig vir die wedstryde teen Madagaskar wat op 9 en 13 Oktober in Bloemfontein plaasvind. Sy sê Banyana sal na die derde ronde deurdring as...

Groot verkeersknope by Komatipoort 27.09.2026

Die Grensbestuursowerheid en Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê meer as 1 800 vragmotors is in ʼn enkele dag by die Lebombo-grenspos in Komatipoort, Mpumalanga, verwerk. Dit word toegeskryf aan ʼn voortslepende opeenhoping. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê hulle werk saam met Mosambiekse owerhede en ander rolspelers om die deurgang van verkeer te verbeter terwyl grens- en doeanebeheer...

NLU verlig oor beperkte voorkoms van BKS 27.09.2026

Die Namibië Landbou-unie sê hulle is bly dat 'n rits roetine-ondersoeke na bek-en-klouseer landwyd van Dinsdag tot Vrydag bevestig het dat die uitbreking tot 'n besmette area in die //Kharas-streek beperk is. Altesaam 199 beeste is getoets, waarvan net 17 positief was. NLU-president Thinus Pretorius het meer:

Karasburg bly spilpunt van bek-en-klouseer 27.09.2026

Die uitbreking is steeds tot die //Kharas-streek beperk en streng moniteringsmaatreëls bly van krag, het Mubita verseker:

Karasburg bly spilpunt van bek-en-klouseer 27.09.2026

Vier beeste op die plaas in die Karasburg-distrik waar daar Woensdag 'n bek-en-klou-uitbreking bevestig is, is na Otjozondjupa vervoer, het die minister in die presidensie en die adjunk landbouminister, Charles Mubita, Saterdag tydens 'n mediakonferensie by Staatshuis gesê. Naspeurbaarheid het onmiddellik begin, het hy gesê:

Die nuus om 13:00 26.09.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Beperkte polisiehulpbronne kan stropers laat kanse vat 26.09.2026

Rickus Spangenberg, stigter van die K9-eenheid teen stropery, sê nasionale padblokkades vir bek-en-klouseer sal help om vleissmokkelary te bekamp, maar waarsku dat beperkte polisiehulpbronne grondpaaie kwesbaar laat vir stropery. Spangenberg doen 'n beroep op wetstoepassers om saam te werk met private teenstropery-eenhede en plaaslike plaasveiligheidsnetwerke om sekondêre roetes doeltreffend af te...

Waarnemende polisieminister besoek Ekurhuleni, spilpunt van moorde 26.09.2026

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het ʼn oorsigbesoek aan Ekurhuleni gebring om die polisie se gereedheid en vermoë op stasievlak te bepaal. Hy het die polisiekantore in Kemptonpark en Tembisa besoek en gefokus op geslagsgeweld, vrouemoord en ondersteuning aan slagoffers. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê Cachalia het ná die onlangse ontdekking van tien liggam...

BoN hou dinkskrum oor petroleumproduksie 26.09.2026

Die Bank van Namibië het sy 2026 Jaarlikse Simposium aangebied wat gefokus was op die voorbereiding van die nasionale ekonomie vir die komende petroleumproduksiefase. Met die fokus op plaaslike vaardigheidsbou, regulatoriese raamwerke en plaaslike deelname, het leiers beklemtoon dat voorbereidings voor olie-ontdekkings van kritieke belang is om te verseker dat petroleumontdekkings tasbare ekonomie...

Als in orde Krugerwildtuin ná brand 26.09.2026

SANParke sê geriewe by die Krugerwildtuin in Limpopo is steeds werking ná 'n brand by die Letaba-ruskamp. Die brand het Vrydag twee toeriste-eenhede geraak, maar personeel en veldwagters het daarin geslaag om dit te beheer voordat dit kon versprei. JP Louw van SANParke sê die wildtuinwinkel, vulstasie, olifantmuseum en kampontvangs bly soos gewoonlik oop:

Saftu vra Ramaphosa om Masemola-skorsing op te hef 26.09.2026

Die vakverbond Saftu vra president Cyril Ramaphosa om die voorkomende skorsing van die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, op te hef. Die aanklagte teen Masemola oor die SAPD-tender aan Medicare24 is Dinsdag in die Pretoriase landdroshof teruggetrek nadat die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging bevind het daar is geen redelike vooruitsig vir ʼn suksesvolle vervolging nie. Saftu-w...

Слухайте подкаст Nuus у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали