RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Wat maak van jou 'n goeie huurder? 11.09.2020 10:43
Zabeth Venter vertel vir Sue Pyler wat van iemand 'n goeie huurder maak, en vertel hoe die grendeltyd jou status as huurder beïnvloed.
Boogmusiek 10.09.2020 8:08
Dr. Stephanie Vos vertel vir Sue Pyler van die boogmusiek van die amaXhosa.
Naaldwerk uit die Groot Karoo 10.09.2020 7:24
Sarita Swart vertel vir Sue Pyler van die handgemaakte naaldwerkprodukte van 'n groep vroue in die Groot Karoo.
Lees Lisa bring hoop vir gebroke kinders 10.09.2020 11:58
Marilie van der Merwe se loopbaan as onderwyser het 10 jaar gelede op Clanwilliam begin. Dit is waar sy haar trouman, 'n teeboer, ontmoet en later twee dogtertjies ryker geword het. Sy het aan die begin van 2019 die onderwys verlaat om voltyds kinderboeke te skryf, en sy het dit LEES LISA gedoop, vernoem na haar jongste. Sy vertel vir Haidee Muller van haar hart vir gebroke kinders, en hoe sy hull...
Laaste Kaapse Impressionis word 80 09.09.2020 12:11
Ons vier vandag die 80ste verjaarsdag van Conrad Theys, die laaste lewende kunstenaar wat tot die groep, die Kaapse Impressioniste, behoort. Op dieselfde dag, 9 September 1873, is merkwaardig genoeg, die pionier van die Kaapse Impressioniste, Pieter Wenning, gebore. Hy het van Den Haag op 'n jong ouderdom na Suid-Afrika gekom, omdat hy simpatiek in 'n opstand vir die werkers in die Nederlande was,...
Elizabeth Otto wonder steeds oor haar seun se skietdood 09.09.2020 11:08
Elizabeth Otto se 30-jarige seun het twee jaar gelede, op sy suster se verjaarsdag, in 'n verbyry-skietvoorval in Kuilsrivier gesterf. Tot vandag toe weet die familie nie die hoekom dit gebeur het nie, en niemand is ooit vasgetrek nie. Haidee Muller gesels met haar oor daardie noodlottige dag, en oor kinders wat nie met hulle ouers praat as daar fout is nie.
Kindernoodlyn 09.09.2020 15:37
Danie van Loggerenberg gesels met Sue Pyler oor kinderbeskerming, en die noodlyn wat hy bedryf.
Shannyn Coetzee sit gestrand, maar nie stil nie 08.09.2020 16:34
Soveel mense, soveel menings. 'n Mens kan ook sê: Soveel mense, soveel gewoontes. Johan Rademan gesels met 'n jong Suid-Afrikaner, Shannyn Coetzee, wat langer as 'n dekade op skepe gewerk het, en van plan was om op Richard Branson se skip se nooiensvaart as SPA-bestuurder uit Amerika te vaar. Toe slaan die virus die wêreld, en nou sit sy gestrand, maar nie stil nie.
Ontmoet Kate, Oos-Kaapse aasvoëlvrou 08.09.2020 10:18
Die afgelope Saterdag was dit Wêreld-aasvoëldag. Mariska Spoormaker het in die Oos-Kaap op 'n oudskoolhoof en boervrou afgekom, wat al jare lank beseerde aasvoëls onder haar vlerk neem en rehabiliteer. Haar naam is Kate Webster, en Mariska wou by haar weet waar alles begin het.
Moderne slawerny 08.09.2020 8:35
Abraham Daniels van Stronger2gether vertel vir Sue Pyler van moderne slawerny in die landboubedryf.
Graaff-Reinet 07.09.2020 12:45
Jack Van Niekerk vertel vir Sue Pyler van Graaff-Reinett as 'n toerismebestemming.
Pieter Pienaar se fietsrydae 07.09.2020 14:55
Pieter Pienaar het in die goue jare van die Bellville-fietsryklub sewe jaar lank in die presidentstoel gesit. Hy vertel vir Johan Rademan van die klomp broers wat deelgeneem het aan fietsry in daardie jare, en die name wat een of twee strate van mekaar af gebly het. Die Tour de France word ook bespreek.
Huisverbeterings en versekering 07.09.2020 10:37
Wynand van Vuuren vertel vir Sue Pyler wat die versekeringsimplikasies van huisverbeterings is.
P.H. Nortjé se jeugverhaal op RSG 04.09.2020 13:31
Wanneer jy dalk weer deur die Baviaanskloof ry, sal jy met ander oë na die omgewing kyk, want op 7 September begin RSG se nuwe vervolgverhaal, Die Wildedruif val deur P.H. Nortje, wat in hierdie wêreld ontvou. Die historiese jeugverhaal is gegrond op die groot vloed wat in 1916 plaasgevind het. Die skrywer is ook bekend vir boeke soos Pennie se vuur, Die Groen Ghoen, Donkerwater, In voetpad se klo...
Swellendam 04.09.2020 7:10
Fleur van Eeden vertel vir Sue Pyler van Swellendam as toerismebestemming.
Vetplantbewaring in die Karoo 04.09.2020 12:56
Francois van der Merwe vertel vir Sue Pyler van vetplantbewaring in die Karoo en die Leslie Hill Sukkulente Karoo Trust, wat 25 jaar oud is.
Prostaatprobleme by troeteldiere 03.09.2020 10:02
Veearts dr. Ingrid de Wet vertel vir Fritz Klaaste van kwale by reuns en mannetjiekatte.
Pasop vir dié Moeder van Miljoene! 03.09.2020 9:55
By De Vlugt, 'n piepklein gemeenskappie langs die Prins Alfredpas in die Suid-Kaap, kan jy jouself op 'n hele paar plekke in die Moeder van Miljoene vasloop. Dit is 'n vetplant met die pragtigste oranje kandelaarblom, maar Ursula Peter van Die Skoolhuisie het al minstens 5,000 van hierdie Moeders van Miljoene oor 'n gebied van ongeveer 20,5 hektaar uitgeroei. Mariska Spoormaker wou by haar weet ho...
Honde teen stropery 03.09.2020 7:49
SANParke se hoofdoel is om ons natuurerfenis vir die nageslag te bewaar. Dis 'n massiewe taak, en dis hier waar die organisasie se ereveldwagters 'n groot bydrae lewer. Die manne en vroue, saam met hulle gesinne, skenk hulle tyd, vaardighede en bronne onvoorwaardelik. Jacqui January gesels met een van die lede van die Nasionale Raad van die Veldwagter oor 'n projek waar honde opgelei word om strop...
Plantpotte van mis 02.09.2020 8:29
Riana Appel vertel vir Sue Pyler van bio-afbreekbare plantpotte, wat sy van beesmis en Knysna-olifantmis vervaardig.
Dirk Warries se seestories 02.09.2020 11:40
Dirk Warries was 28 jaar lank in die vloot, waarvan 18 jaar op see was. Hy was daar toe die President Kruger en die Tafelberg in 1982 gebots het. Haidee Muller het hom op Kuilsrivier opgespoor om oor sy ervarings op see te gesels.
Aasvoëls 02.09.2020 8:49
Andre Botha vertel vir Sue Pyler van Zoeloeland se bedreigde roofvoëls en Wêreld Aasvoëlbewustheidsweek.
Makrolletjies 01.09.2020 7:36
Roenel en Renier Swart vertel vir Sue Pyler van makrolletjies (of macarons) as ‘n kleurvolle bederf vir die lente.
Rottangmandjies 01.09.2020 6:23
Caren Marais gesels met Sue Pyler oor rottangmandjies wat die Marais-familie van die Paarl reeds sedert 1945 vleg. Met die derde generasie in die onderneming het die style en gebruike van die mandjies verander in pas met die tye.
Bome van die jaar 01.09.2020 12:04
Izak van der Merwe gesels met Sue Pyler oor die bome van die jaar, en hoe die lys van bome vir die volgende paar jaar aangepas is.
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали