RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Humorerfenis 24.09.2020 9:38
Derick Hayward gesels met Martelize Brink oor humor as deel van ons erfenis.
Honde wat kou 23.09.2020 9:06
Hondegedragskenner en -afrigter Werner Roos vertel vir Martelize Brink waarom honde aan meubels, skoene en ander dinge kou, en wat jy daaraan kan doen.
Die beste croissants in die wêreld 22.09.2020 13:38
Wilhelm Liebenberg en Melanie Badenhorst gesels met Martelize Brink oor Coco Safar in Seepunt, Kaapstad, se croissants wat as van die beste ter wêreld aangewys is.
Enneagram 22.09.2020 11:46
Suzette Fischer vertel vir Martelize Brink hoe die Enneagram jou insig gee in persoonlikheidstipes
Kelvin se plante 21.09.2020 13:35
Kelvin Antonie van Kelvin's Plants is 'n plaaswerkerskind wat sy liefde vir plante in 'n vetplantonderneming omskep het op die Waterkloofplaas buite Wellington, waar hy al 16 jaar lank werk. Hy het by sy grootouers grootgeword en het Oupa Kallie, wat tot waatlemoene kon kweek, se groenvingers geërf. Hy vertel sy kleurryke storie aan Haidee Muller.
Word 'n wynmaker 21.09.2020 13:45
Rianie Strydom vertel vir Martelize Brink hoe jy 'n wynmaker kan word.
Laerskool Kabega leer kinders herwin 21.09.2020 9:08
Adele Botha gesels met Martelize Brink oor Laerskool Kabega se veelbekroonde herwinningsprojekte.
Isicathamiya 18.09.2020 8:09
Dr. Stephanie Vos gesels met Gustav Greyling oor isicathamiya, 'n Zulu a cappella ensemblestyl wat ontwikkel het onder Zulu migrante werkers, en veral bekend geword het deur die musiek van Ladismith Black Mambazo.
Barberton 18.09.2020 7:09
Astrid Christianson en Andrea Els vertel vir Gustav Greyling van BaRberton as 'n toerismebestemming.
Protes oor seltoring by skool 18.09.2020 12:19
Prokureur Braam Botha vertel vir Gustav Greyling waarom mense betoog teen die oprigting van 'n selfoontoring op 'n skoolterrein.
RSG en Ukhozi FM se Erfenismaand - Deel 4 17.09.2020 7:58
Siya van RSG se susterstasie Ukhozi FM se 12 2 3 Cafe-program, gesels met Martelize Brink oor Afrikaanse woorde. Dit is deel van 'n kultuurskakeling tussen RSG en die isiZulu-radiostasie in Erfenismaand.
Russe het Boerekrygers help ontsnap 17.09.2020 9:39
Nico Moolman, bekende geskiedskrywer, vertel vir Mariska Spoormaker hoe die Russe vyf Boerekrygers tydens die Anglo-Boereoorlog uit Britse gevangenisskap help ontsnap het toe die skip, wat hulle na Ceylon geneem het, in die hawe van Colombo anker laat sak het.
Boer en Rus 17.09.2020 8:21
Baie van die ouer Suid-Afrikaners het grootgeword met waarskuwings teen die Russe en die Rooi Gevaar. Tog het dìt sommige Suid-Afrikaners nie verhinder om hegte vriendskapbande met Russe te smee nie. Wessel Oosthuizen, gevierde sportfotograaf, vertel vir Mariska Spoormaker hoe dit gebeur het dat hy bykans 30 jaar gelede hegte vriende met verskeie Russe geword het.
RSG en Ukhozi FM se Erfenismaand - Deel 3 16.09.2020 9:38
Selby en Siya van RSG se susterstasie Ukhozi FM se 12 2 3 Cafe-program, gesels met Martelize Brink oor Afrikaanse woorde. Dit is deel van 'n kultuurskakeling tussen RSG en die isiZulu-radiostasie in Erfenismaand.
Die inperking kon Alex Nagel nie onderkry nie 16.09.2020 7:45
'n Jong entrepreneur, Alex Nagel, het, nadat hy sy werk verloor het,saam met sy niggie 'n ateljee geopen, en op 'n kreatiewe wyse sy vaardighede ingespan om 'n multi-dissiplinêre oefen- en ontspanningsvorm te ontwerp. Hy was 'n vermaaklikheidsbestuurder by 'n groot skeepsredery voordat Covid-19 hom gestrand gelaat het. Johan Rademan het met hom gesels.
'n Kremetartboom in die Swartland?!? 16.09.2020 10:01
Corne Pretorius vertel vir Martelize Brink van 'n kremetartboom in die Swartland. Die boom groei op Riebeek-Wes in die Riebeekvallei Tuinsentrum se Boomhuis.
RSG en Ukhozi FM se Erfenismaand - Deel 2 15.09.2020 8:03
Selby en Siya van RSG se susterstasie Ukhozi FM se 12 2 3 Cafe-program, gesels met Martelize Brink oor Afrikaanse woorde. Dit is deel van 'n kultuurskakeling tussen RSG en die isiZulu-radiostasie in Erfenismaand.
Slim Hasie-projek 15.09.2020 7:03
Nicolette van den Heever vertel vir Martelize Brink van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe se Slim Hasie-projek op Loxton in die Karoo.
Orkas val bote aan 15.09.2020 9:20
Maryke Musson gesels met Martelize Brink oor die verskyning van orkas wat bote aanval aan die kus van Portugal en Spanje.
Veiligheidsitplekke vir jong kinders 15.09.2020 8:27
Mohammed Kaka gesels met Martelize Brink oor kinderpassasiers se veiligheid in motors en die rol wat veiligheidsitplekke hierin speel.
RSG en Ukhozi FM se Erfenismaand - Deel 1 14.09.2020 9:12
Selby van RSG se susterstasie Ukhozi FM se 12 2 3 Cafe-program, gesels met Martelize Brink oor Afrikaanse woorde. Dit is deel van 'n kultuurskakeling tussen RSG en die isiZulu-radiostasie in Erfenismaand.
Wegholbrande in VSA 14.09.2020 7:13
Die VSA gaan tans gebuk onder geweldige brande. Wegholbrande in die twee Amerikaanse deelstate, Oregon en Kalifornië, saai groot verwoesting. Hoe voel dit om die brande naby aan jou te hê? Hennie Maas praat met Jan van Rooyen, 'n inwoner van Brookings in Oregon.
Selfoonbedrog 14.09.2020 16:52
Jan Vermeulen van MyBroadband gesels met Martelize Brink oor selfoonbedrog.
Hoe weet jy wanneer iemand van Namakwaland is? 11.09.2020 8:57
Namakwaland is 'n droë, ruwe, meedoënlose landskap, maar een keer 'n jaar verander dit in 'n blommeprag. Vanjaar het die streek haar mooiste bont blomrok in agt jaar aangetrek! Namakwalanders van heinde en verre raak liries, en die verlange is erg. Jacqui January gesels met Jade Ewers, 'n Namakwalander in murg en been, wat deesdae in Kaapstad werk. Jade het oor Namakwaland begin dig ná 'n uiters k...
Jeug Jazzfees 11.09.2020 8:06
Wesley Rustin vertel vir Sue Pyler hoe Kunstekaap vanjaar die Jeug Jazzfees aanpak.
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали