uk

Carin Conradie

Bybelstories in Afrikaans

Kids AF ↓ Епізодів: 336

Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie,  vertel Bybelstories in Afrikaans.  Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak. Geniet die Woord!

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.buzzsprout.com

Автор

Carin Conradie

Категорія

Kids

Сайт подкасту

www.buzzsprout.com

Останній епізод

8 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Stories uit Kanaän 14: Gideon en die Midianiete 01.09.2023

In Rigters 7 en 8 lees ons die ongelooflike verhaal hoe God 300 manne gebruik het om 'n leër van ongeveer 135000 Midianiete op loop te laat sit.   God het selfs 'n droom vir een Midianiet gestuur daaroor. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 13: God kies self Gideon se soldate 24.08.2023

In Rigters 6 en 7 lees ons hoe Gideon seker wou maak God wil hom gebruik.  God was geduldig en het die tekens vir hom gegee wat Hy gevra het.  God het ook self die  soldate uitgekies wat aanvanklik sou gaan saam veg teen die Midianiete en ander volke uit die ooste. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 12: God roep vir Gideon as die vyfde rigter 18.08.2023

In Rigters 6 begin lees ons die storie van Gideon.  Hierdie is maar die eerste van die storie toe die Engel van die Here vir Gideon by sy wegkruip-parskuip gaan kuier het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän: Debora, die vierde rigter 11.08.2023

Debora, 'n regter en profetes, was die vierde rigter van Israel.  Barak was die krygsman, maar hierdie keer het die Here die vyand in 'n vrou se hand oorgegee.  Ons lees hiervan in Rigters 4 en 5. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 10: Die tweede en derde rigters, Ehud en Samgar 04.08.2023

In Rigters 3 lees ons van die werk wat God deur die rigters Ehud en Samgar gedoen het om Israel van die onderdrukkers te bevry. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 9: God stuur die rigter, Otniël 28.07.2023

Die boek Rigters bevat die stories van die tien rigters wat God gestuur het om die Israeliete te red.  Hierdie storie gaan oor die aanloop daarvan, en die eerste rigter, Otniël. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 8: Josua neem afskeid 21.07.2023

In Josua 22 - 24 lees ons van die laaste dinge wat Josua gedoen het voor hy op die ouderdom van 110 jaar gesterf het.  In hierdie gedeelte kom ook die baie bekende frase voor:  Ek en my huis, ons sal die Here dien. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän: Die land Kanaän word verdeel 14.07.2023

In Josua 11 - 21 lees ons van nog oorloë en hoe God die land verdeel het.  Die land was nog nie heel verower nie, maar die verdeling is wel voor die Here in Silo deur loting gedoen. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 6: Die dag wat die son stil gaan staan het 07.07.2023

In Josua 10 word vertel van die ongelooflike lang geveg in die ongelooflike lang dag!  God het die geveg vir die Israeliete gevoer met selfs die natuurelemente! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 5: Die Gibeoniete 29.06.2023

Hierdie stukkie geskiedenis uit Josua 9 leer ons hoe die slim Gibeoniete die Israeliete 'n streep getrek het.   Die probleem was dat die volk nie die Here se raad gevra het nie, maar gekyk het na padkos en ou klere... Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 4: Israel en die stad Ai 22.06.2023

Akan het vir homself aandenkings uit Jerigo gevat en daarmee die dood oor ses en dertig mense en sy hele gesin gebring.  God eis gehoorsaamheid van sy kinders, soos ons lees in Josua 7 en 8. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 3: Jerigo se mure val plat 16.06.2023

In Josua 6 lees ons die merkwaardige verhaal van hoe God Jerigo se dik, sterk, klipmure laat inmekaar tuimel het.  Hy red net 'n prostituut en haar familie uit die stad; omdat sy 'n goeie daad aan twee Israeliete bewys het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 2: Die Jordaan se water gaan staan 09.06.2023

Josua 3 vertel hoe die Israeliete deur die Jordaanrivier getrek het op droë grond!  Net soos by die Rietsee 40 jaar vantevore!   Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanäan 1: Ragab en die rooi tou 01.06.2023

Ons nuwe reeks is gebeure in die land Kanaän.  Hierdie storie is die heel eerste een uit Josua 1 en 2.  Die verkenners het by Ragab uitgekom.  In die storie word van drie beloftes gepraat. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie 13: Moses se laaste tydjie op aarde 25.05.2023

Deuteronomium bestaan hoofsaaklik uit 'n lang toespraak van Moses voor sy dood.  Dit is wat ons in hierdie storie wou vasvat. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie 12: Israel word getel 19.05.2023

In Numeri 26 - 36 word Israel getel kort voor hulle in Kanaän ingaan.  Daar is ook 'n uiteensetting van al die plekke waar die Israeliete kamp opgeslaan het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie 11: Moses se laaste oorlog 12.05.2023

In Numeri 25 en 31 lees ons 'n baie hartseer storie van Israel wat deur Bileam se toedoen vir Baal-Peor aanbid het.    Is daar vir ons iets om hieruit te leer? Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie 10: Bileam en sy donkie 09.05.2023

Numeri vertel ons van Balak, Bileam en die pratende donkie.  Maar Bileam word op baie plekke in die res van die Bybel ook genoem - selfs in Openbaring.  In die ander boeke sien ons selfs meer van Bileam se hart as in Numeri.  Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie no 9: Koning Sihon en koning Og 20.04.2023

Op 'n hele paar plekke in die Bybel word daar gepraat van koning Sihon en koning Og.  Hierdie storie probeer iets vertel van hulle en hoe God die volk help besluit het waarheen om te trek en teen wie om te veg. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie 8: Slange en ander moeilikheid 14.04.2023

Numeri 20 en 21 vertel van Aäron se dood,  'n amper geveg met Edom, 'n geveg met Arad en die storie van die giftige slange! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie 7: Nog 'n keer water uit 'n rots 30.03.2023

Numeri 20 vertel ons die verhaal van Moses wat by die Meriba waters die rots geslaan het in plaas van daarmee gepraat.  Dit het hom Kanaän gekos! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie 6: Tweehonderd en vyftig kom in opstand 24.03.2023

Numeri15 vertel van klossies aan die klere.  Numeri 16 het die aardige storie van Korag, Datan en Abiram se opstand.  Numeri 17 vertel van Aäron se kierie wat bloesels gedra het.   In alles sien ons God se heiligheid, maar ook sy genade wanneer Hy die volk spaar wanneer Moses en Aäron vir hulle intree. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Wetboeke storie 5: Twaalf manne gaan kyk hoe lyk Kanaän 17.03.2023

In Numeri 13 en 14 word beskryf hoe die land Kanaän verken is en hoe die Israeliete in opstand gekom het teen God . Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

4. Wetboeke storie 4: Mirjam word melaats 09.03.2023

In Numeri 12 lees ons van Mirjam wat melaats word en weer genees  is. Epos adres:  cconradie55@gmail.com Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

3. Wetboeke storie 3: 'n Maand van vleis eet 02.03.2023

Numeri 11 vertel van die vuur van Tabera, die sewentig leiers wat vir Moses begin help het en die groot kwartel-etery.    Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Слухайте подкаст Bybelstories in Afrikaans у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали