uk

Carin Conradie

Bybelstories in Afrikaans

Kids AF ↓ Епізодів: 336

Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie,  vertel Bybelstories in Afrikaans.  Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak. Geniet die Woord!

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.buzzsprout.com

Автор

Carin Conradie

Категорія

Kids

Сайт подкасту

www.buzzsprout.com

Останній епізод

8 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Stories uit Kanaän 39: Dawid word drie keer van Saul gered 05.04.2024

In 1 Sameul 19 gebruik God eers vir Jonatan, toe vir Mikal en toe sy Gees om vir Dawid van Saul te red. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 38: Dawid ontmoet Saul se familie 28.03.2024

Jonatan het Dawid ontmoet en dadelik lief geword vir hom.  Mikal was lief vir Dawid.  Maar hulle pa, Saul, het Dawid gehaat.  Ons lees dit in 1 Sameul 18. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 37: Dawid en Goliat 21.03.2024

In 1 Sameul 17 lees ons die bekende, maar afgryslike storie van Dawid en Goliat.  Goliat was groot, maar God is groter! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 36: Sameul salf vir Dawid as koning 15.03.2024

In 1 Sameul 16 vra God  vir Sameul om 'n nuwe koning vir Israel te gaan salf.  Dawid word gesalf en land deur sy musiek in die paleis van Saul. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 35: Die Here verwerp Saul as koning 07.03.2024

In 1 Sameul 15 lees ons hoe Saul net die helte van God se opdrag uitgevoer het.  Die het hom sy koningskap gekos! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 34: Saul en die Filistyne 06.03.2024

Saul het sy eerste groot fout as koning gemaak toe hy 'n offer gebring het wat Sameul moes bring.  Jonatan help daai dag dat hulle die Filistyne 'n slag kon toedien.  1 Sameul 13 en 14. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 33: Saul se eerste geveg as koning 22.02.2024

Saul en die volk het opgetrek teen die koning van Ammon.  Daar was oorwinning en Saul word bevestig as koning.  Ons lees dit in 1 Sameul 11 en 12. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 32: Saul word Israel se eerste koning 15.02.2024

Israel het vir Sameul vir 'n koning gevra.  In 1 Sameul 8 - 10 lees ons hoe God vir Sameul gewys het dat Saul die koning gaan word. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 31: God verlos Israel by Mispa 08.02.2024

God het baie maniere gebruik om Israel te antwoord as hulle met egtheid na Hom roep.  In hierdie storie gebruik Hy donderweer!  Dit lees ons in 1 Sameul 7. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 30: God se verbondsark word gesteel 07.02.2024

In 1 Sameul 4 - 7 lees ons die baie hartseer storie van baie sterftes en die wegvoer van die verbondsark uit Israel.  Ons hoor weer hoe heilig God is in hierdie storie. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 29: God praat met Sameul 25.01.2024

God het besluit om vir Eli, Hofni en Pinehas te straf, omdat hulle nie gedoen het wat Hy gevra het nie.  Hy roep na die jong Sameul en hy hoor die eerste keer God se stem.  Ons lees dit in 1 Sameul 2 en 3. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 28: Die geboorte van Sameul 18.01.2024

Ons begin nou stories vertel uit die boek 1 Sameul.  Hier in hoofstuk een en twee leer ons vir Elkana, Hanna en Sameul ken. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 27: Rut en Boas trou 12.01.2024

Ons lees van Rut en Boas se troue in Rut 3 en 4.  Boas was 'n losser in Elimelek se familie wat sy lossingsreg uitgeoefen en vir Rut en Naomi begin sorg het.  Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 26: Rut ontmoet vir Boas 14.12.2023

In Rut 2 word vertel hoe Rut gaan koring optel het op Boas se land - die persoon wat juis haar losser kon word. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 25: Naomi en Elimelek gaan na Moab 16.11.2023

Ons begin nou met die boek Rut.  In die eerste storie word vertel hoe Rut deel geword het van 'n Israelitiese gesin. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 24: Vrouens vir die Benjaminiete 09.11.2023

Nadat die Benjaminiete feitlik almal uitgeroei is, en net 600 oor was, het die res van Israel besef dat die stam gaan uitsterf as die mans nie vrouens kry om mee te trou nie.  Hierdie storie uit Rigters 21 handel oor die soektog na 600 vrouens. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 23: 'n Leviet en sy byvrou 03.11.2023

'n Leviet gaan soek sy byvrou wat weggeloop het terug.   Boewe vermoor haar en dit veroorsaak 'n hewige oorlog in Israel.   In Rigters 19 en 20 lees ons hierdie afgryslike verhaal en besef maar net weer dat die mens Jesus Christus se redding en verlossing nodig het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 22: Miga en sy afgode 26.10.2023

In die storie lees ons van Miga wat sy eie godsdiens gemaak het, en van Dan wat self grond gevat het.  Beide het gebeur in 'n tyd, wat "elkeen gedoen het wat reg is in sy eie oë".   Die storie word beskryf in Rigters 17 en 18.  Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 21: Simson en die Filistyne se tempel 19.10.2023

Simson is as gevangene na die tempel van Dagon geneem, sodat hy die mense kon vermaak. Daardie dag slaan hy egter sy grootste slag teen die Filistyne toe hy die tempel op homself en hulle almal omtrek.  Dit lees ons in Rigters 16> Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 20: Simson en Delila 12.10.2023

Rigters 16 vertel vir ons die bekende hartseer verhaal van Simson en Delila.  Dit bly ondenkbaar hoekom die rigter hom so kon laat verlei.  Tog laat die storie ons diep dink. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 19: Simson vang jakkalse 05.10.2023

In Rigters 15 lees ons hoe Simson ernstig begin veg het, man alleen, teen die Filistyne.  Eienaardige stories en ook wonderwerke! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 18: Simson se troue 28.09.2023

Simson het 'n Filistynse meisie gekies met wie hy wou trou.  Hoewel sy ouers dit nie goedgekeur het nie,  was dit 'n plan van die Here af.  Ons lees die storie in Rigters 14. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 17: Simson word gebore 21.09.2023

Ons begin die stories van die rigter Simson.  In hierdie storie uit Rigters 13, word vertel van die Engel van die Here wat aan Manoag se vrou verskyn het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 16: Ses rigters op 'n ry 14.09.2023

Rigters 10 tot 12 vertel ons van 6 rigters wat in Israel regeer het.  Van vyf weet ons nie veel nie, maar die storie van Jefta is tog opgeteken. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Stories uit Kanaän 15: Abimelek, die nie-rigter 07.09.2023

Abimelek was een van Gideon se baie seuns.  Hy wou die leier van Israel wees en het dit op 'n baie slinkse manier reggekry.   Tog het God die laaste sê gehad. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

Слухайте подкаст Bybelstories in Afrikaans у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали