Spitstyd
RSG
Where to listen?
Podcasts in the app
Replaio Radio →
Coming soon
Podcasts are coming to the app soon - install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Help: Gereformeerde Skool Dirk Postma 09.06.2026 12:03
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. Gereformeerde Skool Dirk Postma is n onafhanklike skool in die hartjie van die Moot (Pretoria) wat deur ouers uit die plaaslike gemeenskap gestig is. Die destydse droom om ‘n eie reformatoriese skool te begin, waar leerlinge Bybelse onderrig en -opvoeding deur roepingsgetroue onderwysers kon ontvang,...
Advies binne jou konteks: Jou reis na sukses met Momentum (Deel 2) 09.06.2026 9:34
Die lesse wat jou ouers jou oor geld geleer het, was vir ’n ander soort finansiële wêreld ontwerp. Hoe moet spaar vir aftrede vandag lyk? Ons praat hieroor met Therese Havenga van Momentum Savings.
Almal en nog wat: Reinet Koornhof 04.06.2026 13:53
Willem Pelser gesels met Reinet Koornhof in Valparaiso in Chili oor haar wêreldwye avonture.
Kuns met kontant: Coenraad Rall (Deel 1) 03.06.2026 8:36
Hy is een van die mees gerespekteerde pianiste en musikale begeleiers in Suid-Afrika. Coenraad Rall is die man agter die klavier vir van Suid-Afrika se grootste kunstenaars. Hy is veral bekend vir sy jarelange pad saam met Amanda Strydom. Hoe bou ’n mens oor dekades ’n loopbaan in die kunste? Hoe oorleef ’n musikant finansieel in ’n wêreld van onsekere inkomste, feeste, produksies en applous wat n...
RSG Help: Lighthouse Kinderhuis, Rustenburg 02.06.2026 8:02
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. Lighthouse bied 'n plek van veiligheid aan kwesbare kinders. Hulle sorg tans vir 25 kinders tussen die ouderdomme van 1 maand en 12 jaar. https://lighthousekids.co.za/
Kuns met kontant: Vinette Ebrahim (Deel 2) 27.05.2026 8:18
Vyf dekades lank vertel sy al stories wat Suid-Afrikaners laat lag, huil, dink… en onthou. Van die verhoog in Kaapstad as jong skoolmeisie, tot televisie- en filmrolle wat haar een van die land se mees geliefde en gerespekteerde aktrises gemaak het - Vinette Ebrahim se loopbaan is veel meer as net ’n lys rolle. Dit is die verhaal van deursettingsvermoë, waardigheid, oorlewing en ’n liefde vir die...
RSG Help: SA Gidshondvereniging Alumni 26.05.2026 10:51
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. Die alumni-gemeenskap van die SA Gidshondvereniging bestaan uit honderde hanteerders en hulle hoogs opgeleide hulphonde. Hierdie netwerk verteenwoordig suksesvolle vennootskappe regoor Suid-Afrika, wat individue met siggestremdhede, outisme-ondersteuning of fisiese mobiliteitsbehoeftes die onafhank...
Advies binne jou konteks: Jou reis na sukses met Momentum (Deel 1) 26.05.2026 9:59
Momentum wil jou help verstaan wat deur jou groepversekering se werknemersvoordele gedek word as jou inkomste opdroog – en is dit genoeg om jou lewenstandaard te beskerm? Werknemervoordele kan baie waardevol wees, maar slegs as werknemers verstaan watter beskerming dit bied. Lynette Uys, ‘n finansiële afrigter by Momentum, verduidelik.
Almal en nog wat: Choral Celebration Network Foundation 21.05.2026 12:12
Alta Maré van die Choral Celebration Network Foundation praat oor haar passie vir kore.
Kuns met kontant: Vinette Ebrahim (Deel 1) 20.05.2026 8:21
Vyf dekades lank vertel sy al stories wat Suid-Afrikaners laat lag, huil, dink… en onthou. Van die verhoog in Kaapstad as jong skoolmeisie, tot televisie- en filmrolle wat haar een van die land se mees geliefde en gerespekteerde aktrises gemaak het - Vinette Ebrahim se loopbaan is veel meer as net ’n lys rolle. Dit is die verhaal van deursettingsvermoë, waardigheid, oorlewing en ’n liefde vir die...
RSG Help: Family Support for Schizophrenia 19.05.2026 13:34
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. Family Support for Schizophrenia is 'n gesinsondersteuningsgroep, wat emosionele en praktiese inligting en ondersteuning bied aan die familielede en versorgers van mense wat met skisofrenie leef. Hulle bestaan al langer as 40 jaar, en het waardevolle kennis en netwerke opgebou op die gebied van geest...
Gerrie McPretorius in Skotland 15.05.2026 13:47
Wêreldreisiger Gerrie Pretorius gesels vanuit Edinburgh oor die ryk die geskiedenis van dié stad, lyke steel en whisky.
Almal en nog wat 14 Mei 2026 14.05.2026 14:11
Willem Pelser gesels met Franciske Venter, ’n gestremde swemmer en atleet.
Kuns met kontant 13 Mei 2026 13.05.2026 9:36
Ná byna 200 onderhoude met van Suid-Afrika se bekendste name, draai Kuns met Kontant die mikrofoon om. In ’n unieke rondetafelgesprek sluit Willem Pelser en regisseur Carla Mackenzie by Henco Kruger aan. Hulle deel hulle herinneringe, verrassings en persoonlike insigte ná jare se gesprekke oor sukses, mislukking, risiko, skuld, rykdom en die lewe self. Watter gaste het hulle die meeste geraak? Wat...
RSG Help 12 Mei 2026 12.05.2026 14:07
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. (Start Well Stigting)
Almal en nog wat 7 Mei 2026 07.05.2026 15:49
Marietjie du Plessis het 30 jaar se ervaring van valskermspring en vertoonspronge. Sy deel haar wye kennis met Willem Pelser.
Kuns met kontant 6 Mei 2026 06.05.2026 8:15
Ná byna 200 onderhoude met van Suid-Afrika se bekendste name, draai Kuns met Kontant die mikrofoon om. In ’n unieke rondetafelgesprek sluit Willem Pelser en regisseur Carla Mackenzie by Henco Kruger aan. Hulle deel hulle herinneringe, verrassings en persoonlike insigte ná jare se gesprekke oor sukses, mislukking, risiko, skuld, rykdom en die lewe self. Watter gaste het hulle die meeste geraak? Wat...
RSG Help 5 Mei 2026 05.05.2026 10:27
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. (Frontier Fire Assist)
Almal en nog wat 30 April 2026 30.04.2026 12:27
Willem Pelser praat met arbeidsterapeut Riekie Stroebel.
Kuns met kontant 29 April 2026 29.04.2026 7:47
Deel 2: Hy het begin as ’n klubpro en PGA-afrigter met ’n kamera in sy hand. Vandag volg miljoene mense wêreldwyd sy reis op die gholfbaan. Rick Shiels het homself gevestig as een van die invloedrykste stemme in moderne gholf, waar hy nie net die spel speel nie, maar dit ook op ’n toeganklike en vermaaklike manier verduidelik. In hierdie spesiale onderhoud gesels ons nie net oor gholf nie, maar oo...
RSG Help 28 April 2026 28.04.2026 12:08
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. (25:40)
Almal en nog wat 23 April 2026 23.04.2026 11:46
Willem Pelser praat met Judith de Beer-Rojas wat vir die Verenigde Nasies in Switserland werk.
Kuns met kontant 22 April 2026 22.04.2026 9:36
Ons bring hulde aan ’n besondere mens en kunstenaar, Johnny Davids, wat verlede week in die jong ouderdom van 48 oorlede is. In Oktober 2024 het hy Henco Kruger gesels met die vrystelling van sy memoire, Boytjie, ’n boek waarin hy die wêreld die geleentheid gegee het om sy storie, in sy eie woorde, te leer ken. Gewoonlik fokus ons op die finansiële stories van ons gaste, maar die gedeeltes van daa...
Die lewe in die Midde-Ooste 21.04.2026 6:16
Johannette Pelser, wat in Saoedi-Arabië werk, vertel van haar ervaring om tydens die militêre omstuimigheid in die Midde-Ooste te woon.
RSG Help 21 April 2026 21.04.2026 10:02
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. (Autism Care Foundation)
About the podcast
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!
Author
RSG
Category
Podcast website
Language
AF
Episodes
969
Latest episode
10 Tem 2026
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.