RSG Dokumentêr
RSG
Where to listen?
Podcasts in the app
Replaio Radio →
Coming soon
Podcasts are coming to the app soon - install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
MUSIEK IN DIE ARE: GESLAGTE VAN PAPIER-MUSIEK deur Carla Mackenzie 09.07.2026 22:22
Die Papier Family Band se musiek vertel die verhaal van familie, erfenis en die unieke ritmes wat al geslagte lank deel vorm van Suid-Afrika se musikale geskiedenis. Sedert 1932 weerklink die klanke van die Papier-familie deur Franschhoek se strate. Vandag speel hulle nie net vir hulle gemeenskap nie, maar ook op wêreldverhoë. Hierdie is die verhaal van 'n familie wie se musiek hulle va...
’N PADDA IS ‘N DING WAT SPRING, OF NIE? deur Kobus Rudolph 02.07.2026 27:09
Hoekom kry mens paddas in jou huis? Kan ‘n padda muurklim? Hoekom verdrink paddas as hulle amfibieërs is? Kry mens vratjies van paddas? Is paddas giftig? Reën dit paddas as daar dan so baie paddas is wanneer dit reën? Hoekom kwaak ‘n padda? Hoe lank slaap ‘n padda in die winter? Waar bly paddas? Prof. Louis du Preez van die Departement Dierkunde aan die Noordwes-Universiteit doen al vir langer as...
WAT LAG JY? deur Ina Strydom 26.03.2026 23:18
Humor is so oud soos die berge – en deel van die menslike bestaan. Daar is ook talle genres van humor, en dit word in talle vorme aangebied. Verskeie kenners praat oor lag en humor: waarvoor en hoekom lag mense; wat gebeur in die brein as ‘n mens lag; en hoe word humor deur die tydsgees beïnvloed.
IN DIE SKADU VAN VERSLAWING deur Jaco de Waal 19.03.2026 26:56
Verslawing begin nie altyd met ’n groot besluit nie. Soms begin dit stil, en voor jy dit besef, het dit jou hele lewe oorgeneem. Jaco de Waal kyk na wat werklik gebeur wanneer iemand verslaaf raak – van die brein se reaksie tot die emosionele en persoonlike stories daaragter. Ons hoor van kenners, mense in herstel en families wat saam die pad stap.
O, VLOEK! OM TE SWETS OF NIE? deur Esté de Klerk 12.03.2026 25:59
Is jy ‘n chroniese vloeker? Vloek jy nét wanneer jy tussen jou vriende is, en glad nie wanneer jy by jou ma is nie? Swets jy meestal in Afrikaans, of in Engels? Wat bewys die navorsing hieroor? Wat is die kraswoord wat Suid-Afrikaners die meeste gebruik? Gebruik mense vloekwoorde in verskillende sosiale omstandighede om ‘n identiteit aan te neem? Wat presies gebeur in jou brein...
VRYLOOP: IS DIT WAARLIK “VRY”? deur Martelize Brink 05.03.2026 25:32
Jy koop vryloop, of te wel “free range”-produkte, want jy wil die gesondste moontlike produk eet, of jy gee om vir die lewenskwaliteit van die dier en hulle welsyn. Maar, weet jy wat daardie etiket op die produk waarlik aandui? Beteken vryloop altyd gelukkige diere wat vrylik beweeg? Indien dit wel die geval is, is die diere waarlik gesonder? Is dit gesonder vir jou as verbruiker? Hoe pas hierdie...
DIE SOEKTOG NA LUITENANT MULLER MEIRING SE RATEL deur Kobus Rudolph 26.02.2026 27:06
Honderd en vyf oudsoldate en ouddienspligtes het in 2018 na Angola gereis op die ou paaie van slagvelde en gevegte. Dié toer is aangebied deur 61 Gemeganiseerde Bataljon se Militêre Veteranevereniging. Baie van die mans wroeg al vir jare oor die hartseer en pyn wat hulle as jong seuns ervaar het. Skaars 18 en 19 jaar oud, en hulle moes gaan veg, die dood in die oë staar en ‘n vyand doodmaak. Nog ‘...
ROGER SEDRES WÊRELDKLAS-SPORTFOTOGRAAF SONDER AANSIT deur Haidee Muller-Isaacs 19.02.2026 28:52
Met verskeie Olimpiese Spele en ander internasionale sportbyeenkomste agter die blad, het Roger baie belangrike oomblikke in Suid-Afrikaanse sportgeskiedenis vasgevang. Hy is tans Span SA se amptelike sportfotograaf. Roger het ikoniese foto’s geneem van Suid-Afrikaanse sportsterre soos Chad le Clos en Wayde van Niekerk by die Olimpiese Spele en ander groot sportbyeenkomste. In 2025 het hy die Spor...
HET ONS NOG GROEN VINGERS? deur Tharien Oosthuizen 05.02.2026 26:16
Het jy geweet die krag van groen vingers lê nie net in wat ons kan kweek nie, maar in hoe die praktyk van tuinmaak ons psige voed. Om ’n tuin te beplan, plante te versorg, en te sien hoe saadjies lewe bring, het ’n terapeutiese waarde wat fokus, rus en emosionele stabiliteit bevorder. Tharien Oosthuizrn kry ook praktiese wenke vir tuinmaak in beperkte ruimtes, en hoor wat die waarde van plaaslike...
AGTER DIE MUSIEK: VAN SKOUSPEL TOT GROOT deur Wihann Nel 29.01.2026 22:41
Van Huisgenoot Skouspel se glansdae tot Afrikaans is Groot se twee naweke van uitverkoopte vertonings – hierdie dokumentêr neem jou op ’n klankgedrewe reis deur die ontwikkeling van Afrikaanse musiekkonserte in Suid-Afrika. Wihann Nel ondersoek hoe hierdie groot produksies nie net kunstenaars se loopbane gevorm het nie, maar ook ’n hele kultuur van saamwees, trots en emosie met Afrikaanse musiek g...
REUSE WAT REKORDS LAAT SPAT deur Flip Loots 22.01.2026 28:05
Die prestasies van entrepreneur Billy Cowley en haarkapper André Green het hulle elk twee Guinness Book of Records laat behaal. Billy het eers 420 g Marmite binne een uur geëet, en toe ‘n kar vol kankerstrikkies geplak. André het eers binne 24 uur die meeste vroue se hare gesny, en toe onderwater die meeste vroue se hare binne een uur gesny.
OOM HANNES COETZEE: LEPEL EN SNAAR deur Johan Rademan 15.01.2026 26:48
Oom Hannes Coetzee het die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp met sy unieke optel-en-knyp kitaarspeelstyl. Hy het in Amerika selfs meestersklasse aangebied by 'n glykitaar-byeenkoms. Die unieke lepel-en-snaar metode is ongekend in die wêreld. Wat min mense egter weet is dat hy ongeletterd is en nie kan lees of skryf nie. Hierdie program is 'n laaste poging van RSG om iets te verewig u...
ADAM EN JAKES: GESPREKSGENOTE IN EN OOR AFRIKAANS deur Heindrich Wyngaard 08.01.2026 26:09
Die digter-filosoof, Adam Small, en die letterkundige en UWK-rektor, Jakes Gerwel, se rolle as Afrikaanse ikone word in hierdie dokumentêre program belig. Die stemme van onder andere digter Antjie Krog, teoloog Allan Boesak en musikant Frazer Barry word gehoor.
DIE BAAI SE HONDEMAN deur Mariska Spoormaker 01.01.2026 23:46
Dis eintlik jammer dat honde nie kan praat nie, want as dít die geval was, sou Port Elizabeth se honde jou alles van Johnson Ndlakuza, hulle pamperlanger, kan vertel. Hy gee al nagenoeg 50 jaar lank baie Baaise honde alles wat hulle nodig het om pure perfekte hond van toonnael tot tand te lyk. En dis ook nie sommer enigiemand wat al diep in sy sewentigs soos 'n entrepreneur in 'n noodsituasie sal...
STYL SONDER 'N HAP UIT JOU BEURSIE deur Sue Pyler-Slabbert 25.09.2025 26:57
Jy sal veel eerder 'n motor tweedehands aanskaf as wat jy enige iets anders sommer sal koop, maar hier is 'n wêreld wat jou twee keer sal laat dink. Thrifting of snuffelkoop is 'n florerende, globale verskynsel met 'n mark ter waarde van miljarde, gedryf deur die begeerte na bekostigbare, unieke items, 'n verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid en 'n kulturele verskuiwing weg van kitsmode. Thrifti...
CHRISTO VAN DER RHEEDE: GOEDGEMAAK OP GOEDVERWACHT deur Haidee Muller-Isaacs 18.09.2025 25:57
Christo van der Rheede is gebore op Goedverwacht, anderkant Piketberg in die Wes-Kaap. Desjare was hy eers ‘n musiekonderwyser en later skoolhoof. Toe beland hy by die Stigting vir Bemagtiging Deur Afrikaans (SBA) as uitvoerende hoof. Later het Christo homself geanker as sleutelfiguur in Suid-Afrika se landbougemeenskap as bestuurshoof van AgriSA, waar hy agt jaar lank betrokke was. Deesdae is hy...
EK MIS MY KIND deur Esté de Klerk 11.09.2025 26:47
Ouervervreemding is die ergste vorm van emosionele kindermishandeling wat toegepas kan word, omdat die kind - wat doelbewus deur sy een ouer van sy ander ouer vervreem word - tot só ‘n mate geïndoktroneer word, dat hy of sy gevoelens van haat teenoor die teikenouer begin koester. In die meeste gevalle is hierdie gevoelens ongegrond. Die kort- en langtermyn impak op die kind wat vervreem word, kan...
LAURIKA: LIED VAN ’N LEWE deur Jacqui January 04.09.2025 25:21
’n Dokumentêre program oor die lewe en werk van Laurika Rauch. Van “Kinders van die Wind” tot die hartklop van die land, volg ons haar reis deur musiek, herinnering en menswees. Dis ’n eerbetoon aan ’n ikoon, wat nie net gesing het nie, maar ons laat voel het.
MATIES-RUGBY 150: ‘N NALATENSKAP WAT INSPIREER deur Jody Hendricks 28.08.2025 25:44
Die bekende Maties-rugbyklub is vanjaar 150 jaar oud - ’n beduidende mylpaal in Suid-Afrika se rugbygeskiedenis. Sedert die klub se ontstaan in 1875 met ’n wedstryd op Die Braak (gespeel met ’n ronde bal) het die klub gegroei tot een van die mees gedugte instellings in die geskiedenis van die spel.
Bonuspotgooi: DORP VAN DROME, DORP VAN SAAMWERK 21.08.2025 28:34
Tydens die maak van JEFFREYSBAAI: DORP VAN DROME, DORP VAN SAAMWERK het Ilse Salzwedel ook gaan inloer by die Jbay Recycling Project, ‘n nie-regeringsorganisasie wat daarop gemik is om die omgewing rommelvry te hou. Hulle doen dit op ‘n manier wat ook die kinders van Jeffreysbaai bemagtig. Die kinders kry “moolah” in ruil vir alle herwinbare rommel wat hulle insamel. Die “moolah” kan dan by die pr...
DORP VAN DROME, DORP VAN SAAMWERK deur Ilse Salzwedel 21.08.2025 27:15
Jeffreysbaai is een van die die top-10 branderry-bestemmings ter wêreld, maar ‘n bankrot munisipaliteit het byna veroorsaak dat toeriste die dorp begin vermy het. Toe spring die inwoners self in... Deesdae is dit weer een van die drie gewildste kusdorpe in die land, en ‘n model vir goeie samewerking tussen inwoners en die plaaslike munisipaliteit.
DURBANVILLE 200: VAN PAMPOENKRAAL TOT DURBANVILLE deur Johan Rademan 14.08.2025 28:00
Durbanville is ‘n landelike dorpie, skaars 25 km van Kaapstad af, wat al die Suiwelboer van die Jaar, Die Graanboer van die Jaar en driemalige Generaal Smutstrofee neffens die betonoerwoud verower het. Die kerk en skool het, soos in baie Suid-Afrikaanse dorpe, ‘n groot rol gespeel in die vorming van die gemeenskappe. In 2026 is dit die 200-tal vir die Durbanville NG gemeente. Die 200ste bestaansja...
VAN POOL TOT POOL: ARKTIESE EN ANTARKTIESE SEE-YS deur Martelize Brink 07.08.2025 25:42
See-ys is vir die oseaan se ekostelsel soos grond vir die woud. Wanneer seewater koud genoeg word om te vries, verdryf dit sout, wat veroorsaak dat kanale in die ys vorm. Alge groei binne hierdie kanale, en vorm ‘n integrale basis van die voedselketting. Satellietdata-opnames van see-ys het in 1978 begin. Dit wys groot veranderinge oor die afgelope paar dekades. Watter rol speel see-ys in seestrom...
MARIA’S MANOR: DIE KUNS EN LEWE VAN PORTCHIE deur Carla MacKenzie 31.07.2025 23:27
Hy is die seun van ‘n groenteboer van die Vrystaat. Sy opgang in die kunswêreld is opspraakwekkend. Carla McKenzie vind uit hoekom Portchie se kuns tot soveel mense spreek. Sy kunswerke is 'n handelsmerk van helder kleure, vorms, fietse, hoenders en blou bome. Die vleulklavier, beelde en skilderye skep ‘n alomteenwoordigheid van vrede in Maria’s Manor. Portchie vier vanjaar 35 jaar as skilder.
AGTER GESLOTE DEURE deur Heindrich Wyngaard 24.07.2025 24:54
Die pandemie van geslagsgeweld in Suid-Afrika word in hierdie dokumentêr deur Heindrich Wyngaard ondersoek. Hy stel ’n aantal vroue aan die woord – ’n politieke wetenskaplike, aktiviste, ’n regsgeleerde, ’n sangeres en ’n oorlewende van GBV. Die joernalis, Julian Jansen, skrywer van Die moord op Deveney Nel, neem ook deel. Heindrich waarsku dat van die ver...
About the podcast
'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Author
RSG
Category
Podcast website
Language
AF
Episodes
354
Latest episode
9 Tem 2026
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.