RSG

Naweekaktueel

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.

Yazar

RSG

Kategori

Society

Podcast web sitesi

www.rsg.co.za

Son bölüm

11 Tem 2026

Nereden dinlenir?

Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakında

Podcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol

Google Play'den indir Ücretsiz yükle Android 5 Mn+ indirme · 4,8 puan iOS yakında

Bölümler

Motorrubriek: Batterye 11.07.2026

Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief oor batterye.

Naweekaktueel: Interpol, SAPD neem Zimbabwiese man in hegtenis vir moord op vrou, twee dogters in Engeland 11.07.2026

11 Julie 2026: Uitleweringsprosedures begin ná die inhegtenisneming in Johannesburg van die 45-jarige Ndodana Tshuma, 'n verdagte in die moord op sy vrou en twee kinders in die Verenigde Koninkryk. Die families van 21 jeugdiges wat in Junie 2022 by die Enyobeni Taverne oorlede is, eis die streng vervolging van die mense wat in die geregtelike doodsondersoek geimpliseer word. Die Amerikaanse presid...

Motorrubriek 4 Julie 2026 04.07.2026

Wessel Pretorius bespreek Junie 2026 se voertuigverkope.

Naweekaktueel: Hoe vaar die RNE? 04.07.2026

4 Julie 2026: Die Regering van Nasionale Eenheid het vandeesweek sy tweede bestaansjaar gevier - ons praat oor die belangrike wetgewingsbesluite wat geneem is, en vra hoe die RNE vaar? Amerika vier vandag sy 250ste bestaansjaar - President Trump sê die VSA het homself weer ten volle as wêreldleier bewys, maar is Amerika meer verdeeld as ooit? Ons praat met oudBok Corne Krige oor die stryd tussen d...

Motorrubriek: Wat van foute met tweedehandese voertuie? 27.06.2026

Wessel Pretorius praat oor wat die Wet op Verbruikersbeskerming sê oor wie verantwoordelik is vir foute wanneer 'n gebruikte voertuig gekoop word.

Naweekaktueel: Waar lê balans tussen immigrasiewette en mensregte? 27.06.2026

27 Junie 2026: Waar lê die balans tussen die toepassing van immigrasiewette en die beskerming van menseregte? Vandag is Wêreld Doofblind-dag - ons praat oor die uitdagings en tegnologiese vordering wat reeds gemaak is. Ons bespreek Bafana Bafana se reg-of-weg wedstryd môreaand teen Kanada.

Motorrubriek: Suzuki Across 20.06.2026

Wessel Pretorius toetsry 'n Suzuki Across.

Naweekaktueel: Kenners sê VSA is die groot verloorder in stryd teen Iran 20.06.2026

20 Junie 2026: Die Verkiesingskommissie vra die jeug om vir die November-verkiesings te registreer. Kenners sê Amerika het as die groot verloorder uit die stryd teen Iran gestap. Ons bring hulde aan Pa's, en Udo Carelse sê wat dit vir hom beteken om 'n Pa te wees.

Motorrubriek: Suzuki Grand Vitara 13.06.2026

Wessel Pretorius toetsry 'n Suzuki Grand Vitara.

Naweekaktueel: Aanlyn-sportweddenskappe neem toe 13.06.2026

13 Junie 2026: Reaksie op die president se hofaansoek om die afsettingskomitee se werk vir eers te staak. Aanlynweddenskappe op sportwedstryde neem toe, terwyl die sokkerwêreldbeker-koors hoog loop. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloediens vier sy 25ste bestaansjaar.

Motorrubriek: Hoeveel voertuie is in Mei verkoop? 06.06.2026

Wessel Pretorius bespreek Mei se voertuigverkope.

Naweekaktueel: Johannesburg stort miljoene liter se onverwerkte riool in riviere 06.06.2026

6 Junie 2026: Die kanse op 'n vredeskikking in die Midde-Ooste lyk skraal. Johannesburg stort miljoene liter se onverwerkte riool in riviere. Die Blitsbokke skraap deur na die kwarteindstryd in Bordeaux. Die Bulls en Stormers tree oorsee aan vir die VRK-halfeindstryde.

Motorrubriek: JMC Vigus 30.05.2026

Wessel Pretorius toetsry ‘n JMC Vigus dubbelkajuit-bakkie.

Naweekaktueel: Vrede wink steeds nie tussen Amerika en Iran 30.05.2026

30 Mei 2026: 'n Vredesooreenkoms is steeds nie tussen Amerika en Iran bereik nie. 'n Nuwe boek onthul hoe onwettige goud deur 'n netwerk van private raffinaderye gesmokkel en gewas word. Die Krugerwildtuin vier sy 100ste bestaansjaar.

Motorrubriek: Changan Hunter 23.05.2026

Wessel Pretorius toetsry ‘n Changan Hunter-dubbelkajuitbakkie.

Naweekaktueel: Twee toeriste sterf in die Krugerwildtuin 23.05.2026

23 Mei 2026: Twee toeriste sterf in die Krugerwildtuin. “Agter elke misdaadstatistiek is 'n getraumatiseerde slagoffer, 'n bedroefde familie en 'n gemeenskap wat in vrees leef,” sê die waarnemende minister van polisie, professor Firoz Cachalia. Die parlemêntere proses om president Cyril Ramaphosa in 'n staat van beskuldiging te plaas, kan maande lank sloer. Die Shackbuilder, Quinton Adams, beteken...

Motorrubriek: BYD Dolphin Surf Dynamic 16.05.2026

Wessel Pretorius toetsry die vol-elektriese BYD Dolphin Surf Dynamic.

Naweekaktueel: Meer as 100 000 dakloos in Kaapstad 16.05.2026

16 Mei 2026: Meer as 100 000 mense dakloos in Kaapstad ná die stormweer. 'n Hartroerende storie van desperaatheid en hoop in die Baviaanskloof. 'n Verpleegster praat oor die uitdagings van haar beroep.

Naweekaktueel 9 Mei 2026 09.05.2026

Alle oë is op die parlement om die proses te begin om president Cyril Ramaphosa moontlik in 'n staat van beskuldiging te plaas. Die Nasionale Waterkrisisplan is nog steeds nie bekend nie, en ons bring hulde aan alle ma's.

Motorrubriek 2 Mei 2026 02.05.2026

Wessel Pretorius toetsry 'n nuwe Chinese sportnutsvoertuig.

Naweekaktueel 2 Mei 2026 02.05.2026

Bykans die helfte van Suid-Afrikaanse kiesers bly dalk weg van die stembus - en sommige politieke partye besef dit. Honderde munisipale amptenare in die visier oor finansiële ongerymdhede. Inwoners van die Noord-Kaap sê hulle moes geliefdes aan die dood afstaan weens ambulanse wat nie betyds opdaag nie.

Motorrubriek 25 April 2026 25.04.2026

Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.

Naweekaktueel 25 April 2026 25.04.2026

Vrae oor die groot aantal verwerpte eise van die Padongelukkefonds. 'n Super El Niño dalk later vanjaar Suid-Afrika se voorland - 'n klimatoloog verduidelik. 'n Lewenstoekenning aan die veteraanakteur Tobie Cronjé.

Motorrubriek 18 April 2026 18.04.2026

Wessel Pretorius toetsry die BYD Shark 6 dubbelkajuitbakkie.

Naweekaktueel 18 April 2026 18.04.2026

Is die Straat van Hormuz oop of nie? Trump sê ja. maar Iran sê nee. Vuurwapenverwante misdaad bly in die kollig te midde van voortslepende bloedvergieting op die Kaape Vlakte. Ons praat met die uittredende Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter.

Naweekaktueel podcast'ini Replaio'da dinle

Radyo ve podcast'ler tek uygulamada - ücretsiz, kayıt gerektirmez. Bugün yükle ve lansmanı kaçırma

Google Play'den indir

Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır