Waldo Krugell

Die ekonomie minuut

Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.

Yazar

Waldo Krugell

Kategori

Business

Podcast web sitesi

www.ekonomieblog.me

Son bölüm

10 Tem 2026

Nereden dinlenir?

Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakında

Podcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol

Google Play'den indir Ücretsiz yükle Android 5 Mn+ indirme · 4,8 puan iOS yakında

Bölümler

Ekonome se voorspellings 10.07.2026

Die ou grappie is dat ekonome voorspellings maak om weervoorspellers beter te laat voel, maar al is ons gereeld verkeerd hou ons aan probeer. The Economist tydksrif is ʼn redelike gesaghebbende bron wat uitsprake maak oor politiek, die markte en die ekonomie. Hulle het onlangs hulle akkuraatheid in oënskou geneem en die resulaat is interessant.

Die prys van 'n rugbykaartjie 07.07.2026

Verlede Saterdag het die Springbokke teen Engeland uitgedraf voor 'n stampvol Ellispark. Maar die Dinsdag vantevore was daardie stadion op koers om half leeg te wees. Kaartjies het by R950 begin, verkope was traag, en ondersteuners het die somme gemaak: 'n gesin van vier, as jy vervoer en 'n boereworsrol bytel, het teen die vyfduisend rand gestaar. Toe swig SA Rugby. Hulle het die goed...

Hoë frekwensie aanwysers 03.07.2026

Die draai van die maand het twee hoë frekewensie aanwysers van hoe dit met die ekonomie gaan: ‘naankopebestuurdersindeks en voertuigverkope.

Skade aan die handelsmerk 30.06.2026

Daar is baie te sê oor vandag se beplande grootskaalse betogings teen ongedokumenteerde immigrante. Een ding wat ekonome verseker weet is dat markte nie hou vangrootskaalse betogings nie. Daar is maar altyd ʼn kans vir geweld, skade en lewensverlies en dit is sleg vir beleggersentiment. As almal bekommerd is en endie dag by die huis bly is dit ook ʼn dag se verlore besigheid.

Verbruikers trek swaar 26.06.2026

Die afgelope week was daar ʼn paar aanwysers wat kommer wek. Dit wys dat brandstofprysskokke gevolge het.

Die informele sektor gaan informeel bly 23.06.2026

Elke dorp en stad het hulle — die stalletjies met iets te ete, spazawinkels, en haarsalonne. Klein besighede wat gesinne aan die gang hou. Die regering het groot planne virhulle: om 11,000 ondernemings geformaliseer, 26,000 te ondersteun, en R215 miljoen te gee in toerustingtoelaes. Maar 'n nuwe Wêreldbank-studie, gebaseer op 75 van hierdie mikro-ondernemings, stel 'n skerp vraag oor of en...

Die goeie nuus episode 19.06.2026

As alles volgens plan verloop teken die VSA en Iran vandag die 60 dae vredesooreenkoms en die Straat van Hormuz word weer oopgemaak. Dan val die olieprys en brandstofpryse en so is ons amper terug in die goeie ou dae van Februariemaand. Maar is dit so eenvoudig?

Die toekoms behoort aan jongmense... 16.06.2026

...wat weet hoe om AI goed te gebruik.

Verbruiksbesteding skuif 12.06.2026

Hoewel die verlaging van die dieselprys verlede week ʼn bietjie verligting bied vir sommige huishoudings en sektore moet mens nie onderskat dat die gevolge April en Meimaand se brandstofprysskokke nog vir ʼn tydlank met ons gaan wees nie. Ekonome se groot bekommernis is dat dit tot meer algemene prysstygings sal lei en rentekoerse verder verhoog kan word. Dit sit huishoudings verder onder druk, maar...

Die toekoms van geld is digitaal 08.06.2026

Ek was onlangs deel van ʼn span veldwerkers wat met dagloners en straatkosverkopers gesels het. Ons het ook ʼn fotograaf op die span gehad en een van die skote wat hy wou kry is ʼn handvol kleingeld. Groot was ons verbasing dat kontant baie skaars is en die kiosk met kota’s langs die groot pad in die nywerheidsgebied verkies dat jy met jou kaart of foon betaal. Dit gaan natuurlik oor die misdaadgevar...

Sakevertroue val 05.06.2026

Ek het in die vorige episode vertel dat ABSA en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se aankopebestuurdersindeks het in Mei-maand met 1,8 punte verswak, maar is steeds net-net in uitbreidende terrein. Intussen is RMB en die Buro sesakevertroue-indeks vir die tweede kwartaal bekend gemaak en dit is ongelukkig ʼn ander storie.

Aanwysers 02.06.2026

Die draai van die maand bring nuwe aanwysers en dié is aan die positewe kant. Die nuus van ‘n langer skietstilstand tussen die VSA en Iran het die ru-olieprys die naweek laat afneem to amper $90 per vat, maar onsekerheid rondom die ooreenkoms het dit daarna weer effens laat toeneem tot rondom $93 per vat. Dit is hopelik die begin van goeie nuus.

Die repokoers styg 29.05.2026

Die Reserwebank se Monetêre beleidskomittee het gistermiddag die repokoers met 25 basispunteverhoog. Jou huisverband en motorfinansiering gaan nou meer kos.

Moody's is positief oor ons 26.05.2026

In Suid-Afrika is ons so gewoond om bekommerd te wees oor ekonomiese vooruitsigte dat ek half verbaas was to die kredietgraderingsagentskap Moody’s hulle vooruitsig virSuid-Afrika verander het van stabiel na positief. Mens wil vra of hulle seker is.

Ekonomie in alles 22.05.2026

Ek het al baie gepraat oor die impak van die oorlog tussen due VSA, Israel en Iran op die Suid-Afrikaanse ekonomie, en ons almal hou asem op vir die komende week serepokoersbesluit, maar daar is ook ander interessante ekonomie stories.

Olie en rentekoerse knyptang 19.05.2026

Een week na my aanwysers episode en dinge lyk so bietjie meer onseker. Olie verhandel nou nader aan $110 per vat en die rand is nader aan die R16,60 omgewing. Die JSE endie goudprys is laer.

Die aanwysers en die repokoersbesluit later die maand 12.05.2026

Luister na hoekom ek dink hulle nog een keer die repo onveranderd moet los.

Stadiger groei in Sjina 08.05.2026

Sjina het onlangs hulle ekonomiese groeiteiken vir die jaar aangekondig en vir die eerste keer in jare is dit laer as 5%. Sjina is ons enkele grootste uitvoerbestemming virhoofsaaklik mynbou- en landbouprodukte en as die wêreld se fabriek stadiger groei het dit gevolge vir ons uitvoer en ekonomiese groei.

Olie en die brandstofprys 05.05.2026

Die week se brandstofprysverhogings is ʼn skok vir insetkoste en huishoudings se begrotings. Die groter bekommernis is dat 'n verlengde sluiting van die Straat van Hormuz nog nie ingeprys is nie.

Wat word van top-presteerders? 04.05.2026

Spesifiek internasionale olimpiade medalje wenners in Wiskunde, Fisika en Rekenaarwetenskap? Hulle kans om 'n miljardêr te wees is 1500x beter as die gewone ou!

Groei sou genoeg wees 28.04.2026

Vryheidsdag lei elke jaar tot nadenke onder die kommentariaat. Een artikel vra gister, Is dit hoe bevryding veronderstel was om te lyk? Dit maak die argunment datongelykheid, werkloosheid en mislukte dienslewering is ʼn vorm van strukturele geweld wat mense se waardigheid wegkalwe. Wat ek mis is die belangrike punt datSuid-Afrika se ekonomie het sedert 1994 te stadig gegroei vir bevryding.

Die inflasiekoers styg 'n bietjie in Maart 24.04.2026

Statistieke Suid-Afrika het die afgelope week Maartmaand se inflasiesyfers bekend gemaak. Dit is nie onvanpas om dit te beskryf as die stilte voor die storm nie.

Nog olie, die markte 21.04.2026

Amper twee weke nadat ʼn skietstilstand tussen die VSA en Iran aangekondig is, bly die uitkomste en die gevolge vir die ekonomie onduidelik.

Vibesession, inflasie en die olieprys 14.04.2026

Daar word op die oomblik baie gesê oor die skietstilstand en die VSA se onderhandelinge met Iran. Ek los dit vir die kundiges. Wat ons redelik seker weet is dat dieolieprys nie gaan daal voor skepe nie vrylik deur die Sraat van Hormuz kan vaar nie. ʼn Blokkade skep die soort druk wat die Amerikaners sal laat onderhandel, en Iran besef dit.

Werk-van-die-huis-af kan help 07.04.2026

Onlangse brandstofprysverhogings laat weer ’n ou maar belangrike vraag ontstaan: as meer mense wat van die huis af kán werk, dit vir ’n deel van die week doen, hoeveelverskil kan dit maak? Die antwoord is dat dit ’n betekenisvolle verskil kan maak, veral vir mense wat gereeld pendel, hoewel dit nie ’n volkome oplossing vir hoër brandstofkoste is nie.

Die ekonomie minuut podcast'ini Replaio'da dinle

Radyo ve podcast'ler tek uygulamada - ücretsiz, kayıt gerektirmez. Bugün yükle ve lansmanı kaçırma

Google Play'den indir

Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır