RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za
Var kan du lyssna?
Poddar i appen Replaio Radio Kommer snartPoddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar
Avsnitt
Spektrum 23 April 2025 23.04.2025 52:11
Laer ekonomiese groei word vir Suid-Afrika voorspel te midde van die tariefoorlog. Die griepseisoen is vroeër hier as verwag. Sneeu word vir die Drakensberg voorspel.
Spektrum 22 April 2025 22.04.2025 52:57
Die Hooggeregshof hoor 'n dringende aansoek aan om die BTW-verhoging te verhoed. Die gemeenskap van Kleinfontein ontken dat hy nóg 'n Orania wil skep. Reaksie op bewerings dat president Cyril Ramaphosa 'n Afrikaanse man as ambassadeur tot die VSA wil aanstel.
Spektrum 21 April 2025 21.04.2025 49:52
Wie was Pous Franciskus? Ons praat met 'n leier van die Roomse kerk. 'n Politieke ontleder bespreek die beweerde kortlys vir Suid-Afrika se ambassadeur na die VSA. President Trump dreig om befondsing aan Amerikaanse universiteite verder te sny.
Spektrum 17 April 2025 16.04.2025 51:29
Ons kyk na die moordsaak wat geopen is ná die dood van 'n gevangene by die Mangaung Korrektiewe-sentrum in Bloemfontein. Die DA lê kriminele klagte teen die Minister van Menselike Nedersettings, Thembi Simelane, ná haar beweerde betrokkenheid by korrupsie. Owerhede maan motoriste om veilig te wees oor die langnaweek.
Spektrum 16 April 2025 16.04.2025 47:56
Die gesloer met die polisieondersoek na die beweerde verkragting van 'n sewejarige meisie van Matatiele is in die kollig. Die MRK is bekommerd oor die veiligheid van studente op universiteitskampusse. Afriforum oorweeg dit om die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, privaat te vervolg.
Spektrum 15 April 2025 15.04.2025 51:16
Reaksie op die aanstelling van Mcebisi Jonas as Suid-Afrika se spesiale gesant vir die VSA. Navorsing wys damprook maak tieners meer verslaaf as nikotien. Hamas oorweeg 'n voorstel vir 'n skietstaking in die Gasastrook.
Spektrum 14 April 2025 14.04.2025 50:58
Aandelemarkte in Asië en Europa begin kop optel. Padveiligheid is onder die vergrootglas soos die Paasnaweek nader kruip. Die SAOU sê die regering se beplande vroeë aftredepakkette aan staatsdienswerknemers kan die onderwyssektor knou. Inwoners van Centurion is warm onder die kraag oor die voortslepende kragonderbrekings.
Spektrum 11 April 2025 11.04.2025 51:02
Ons kry reaksie by politieke partye wat reeds met die ANC oor onder meer die begroting vergader het. Talle onderwysers is geskors weens seksuele wangedrag teenoor leerlinge. Die prys van vis is in die kollig, soos Paasnaweek nader kom.
Spektrum 10 April 2025 10.04.2025 50:09
Markte reageer positief op die opheffing van die Trump-tariewe vir 90 dae, maar 'n ekonoom sê dis nie die einde nie. Die hoofsweep van die Umkhonto we Sizwe-party, Mzwanele Manyi, se voorstel vir die bekamping van werkloosheid het omtrent die tonge los. Johannesburg se kragverskaffer, City Power, verloor R20-miljoen in een week weens onwettige kragverbindings en vandalisme.
Spektrum 9 April 2025 09.04.2025 51:40
Markte wêreldwyd verswak steeds weens die impak van die Trump-tariewe op verskeie lande. Intussen verbeter Suid-Afrika se buitelandse beleggersvertroue. Dis dag twee van die regering se Polisieberaad in Gauteng, en COSATU sê hy soek doelgerigte resultate. TikTok moet Suid-Afrika se inhoudskeppers betaal, eis die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi. Nuwe wetgewing wat di...
Spektrum 8 April 2025 08.04.2025 53:40
Die regering se Polisieberaad begin in Gauteng, met 'n sterk fokus op polisiëring te midde van begrotingstekorte. Die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde is op die randjie van ineenstorting. Die toekoms van die Regering van Nasionale Eenheid hang steeds in die weegskaal.
Spektrum 7 April 2025 07.04.2025 54:23
Die Vryheidsfront Plus se daar moet ernstig gedink word oor die toekoms van die RNE. Ons praat met 'n ontleder oor die jongste verwikkelinge. ’n Afrika-kinderberaad in Johannesburg plaas die klem op kinderregte in lig van die G20-beraad later vanjaar. Daar is nou meer vrae as antwoorde oor die George-gebouramp in Mei verlede jaar, wat die lewens van 34 mense geëis het.
Spektrum 4 April 2025 04.04.2025 48:53
'n Peiling wys Suid-Afrikaners is skepties oor die samewerking binne die RNE. Kritiek teen konsepregulasies wat die private veiligheidsbedryf se gebruik van vuurwapens wil beperk. Die Suid-Koreaanse president, Yoon Suk Yeol, is uit die kussings gelig. Die George-gebouramp is onder die vergrootglas in die parlement.
Spektrum 3 April 2025 03.04.2025 48:56
Ons kry reaksie by onder meer die landbou- en sakesektor ná die aanvaarding van die nasionale begroting. Suid-Afrika word swaar getref deur die VSA se sogenaamde bevrydingstariewe. Driehonderd-en-twintig humanitêre werkers van die Verenigde Nasies se Agentskap vir Palestynse Vlugtelinge het reeds in die oorlog in Gasa gesterf. Geslagsgebaseerde geweld en moord op vroue moet tot 'n nasionale ramp v...
Spektrum 2 April 2025 02.04.2025 47:15
'n Taakspan van addisionele polisiebeamptes is na die Oos-Kaap ontplooi om die ondersoek na die verkragting van 'n sewejarige meisie te verskerp. 'n Hoogs-aansteeklike nuwe variant van a-pokke is reeds in sewe Afrikalande aangemeld. Spanning bou wêreldwyd in afwagting op die Amerikaanse president, Donald Trump, se aankondiging oor tariewe. Die hoof van Ernstige en Geweldsmisdade in die Wes-Kaap on...
Spektrum 1 April 2025 01.04.2025 52:49
Nog geen ooreenkoms bereik tussen die DA en die ANC oor die begroting. Die departement van samewerkende regering maak R1,4-miljard rand beskikbaar aan sekere munisipaliteite vir rampbestuur. Meer as 8 000 Suid-Afrikaners doen aansoek vir asiel in die VSA.
Spektrum 31 Maart 2025 31.03.2025 49:30
Die ANC neem sy buitelandse beleid onder die loep, en fokus op plaaslike diensleweringskwessies tydens 'n vergadering van sy Nasionale Uitvoerende Komitee. Ons kry duidelikheid oor hoe die byna R1-miljard rand se rampbestuurfondse aan die onderskeie provinsies toegewys sal word. Die DA sê hy is positief dat 'n ooreenkoms oor die voorgestelde begroting bereik sal word. Arrive Alive waarsku teen die...
Spektrum 28 Maart 2025 28.03.2025 45:26
Die parlement word gevra om die digitale migrasie-projek, te ondersoek. Die regering wil nuwe lewe in die Poskantoor blaas. Die hof dwing Gauteng se gesondheidsdepartement om die agterstand in kankerbehandeling uit te wis. Suid-Afrika se waterkrisis is onder die vergrootglas by 'n indaba in Midrand.
Spektrum 27 Maart 2025 27.03.2025 49:31
Eskom kry toestemming om 'n vaste bedrag op huishoudings se sonkragstelsels te hef. Die Westdene-dam busramp word vandag, 40 jaar later, herdenk. Die Vaaldam is 107% vol.
Spektrum 26 Maart 2025 26.03.2025 50:28
Eenheid ses van die Kusile-kragstasie is uiteindelik aan die nasionale kragnetwerk gekoppel, maar is die kool die sous werd? Magalies Water sê hy is bekommerd oor MIV-medikasie in die Roodeplaatsdam. Internasioanle klimaatdialoë gaan voort, ondanks die VSA se afwesigheid by vanjaar se G20-omgewingswerksgroep.
Spektrum 25 Maart 2025 25.03.2025 50:05
Die ANC se voormalige woordvoerder, Pule Mabe, verskyn in die hof op aanklagte van bedrog. Kruisondervraging van die staat se sleutelgetuie in die Joslin Smith-verhoor duur voort. Gevangenes kla oor die gehalte van maaltye ná die implementering van Korrektiewe Dienste se nuwe, koste-effektiewe maaltydplan.
Spektrum 24 March 2025 24.03.2025 53:05
Spanning bou te midde van beweerde grondgrype in Fort Jackson in die Oos-Kaap. Burgerregtegroepe sê die pos van adjunk openbare beskermer moet dringend gevul word. Die hoogeregshowe in Johannesburg en Pretoria kan nie nuwe sake aanhoor nie weens oorvol hofrolle. Ses mense in hegtenis geneem in verband met die naweek se bloedbad in Shoshanguve.
Spektrum 21 Maart 2025 21.03.2025 49:46
Ons praat met 'n kenner oor Suid-Afrika se menseregte-uitdagings. Reaksie op die Reserwebank se onveranderde repokoers. Hoe lyk die toekoms van die IVP vandag, op sy 50ste herdenking?
Spektrum 20 Maart 2025 20.03.2025 47:02
Vandag is D-dag vir SASSA-begunstigdes om hulle goue kaarte te vervang. Ons praat met SASSA oor probleme landwyd. Ons praat met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie oor kinderhandel te midde van erge armoede. Is Suid-Afrika gereed vir 'n rentekoersverlaging? Alle oë is op die Reserwebank.
Spektrum 19 Maart 2025 19.03.2025 49:47
Die kruisondervraging van Lourentia Lombaard duur voort in die saak van die vermiste Joslin Smith. Die DA eis antwoorde by die koalisieregering in Tshwane oor 'n multimiljoenrand tender, wat glo verbind is met die metro se onderburgemeester. Meer oor die geskiedkundige vredesamesprekings tussen leiers van die Demokratiese Republiek die Kongo en Rwanda. LP’s kla oor die lugversorging in die tentstr...
Liknande poddar
Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden