RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za
Var kan du lyssna?
Poddar i appen Replaio Radio Kommer snartPoddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar
Avsnitt
Spektrum 28 Mei 2025 28.05.2025 52:33
Kritiek op die president se antwoord oor nie-rassigheid. Israel se bondgenote spreek hulle sterk uit teen die land se militêre optrede in Gaza. Rayno Nel, die wêreld se sterkste man, praat oor sy toekomsplanne.
Spektrum 27 Mei 2025 27.05.2025 50:13
Die oorsaak van 'n busongeluk buite Durban wat drie lewens geeis het, is bekend. Die skuldiges in die Joshlin Smith-ontvoeringsaak se vonnisoplegging begin in die Wes-Kaap. Die Suid-Afrikaanse akteur, Presley Chweneyagae, wat die titelrol in die rolprent, Tsotsi, vertolk het, sterf in die ouderdom van 40 jaar.
Spektrum 26 Mei 2025 26.05.2025 46:50
Die witskrif oor plaaslike munisipaliteite is onder die loep - ons praat met 'n kenner oor die sleutelkwessies. Steeds talle onsekerhede oor die Suid-Afrikaanse soldate in die DRK se terugkeer. Arabiese en Europese lande vergader in Spanje om vrede in Gasa, en 'n tweestaat-oplossing, te bevorder.
Spektrum 23 Mei 2025 23.05.2025 53:46
Ons ontleed die jongste kwartaallikse misdaadstatistiek. 'n Kenner verduidelik watter voordele Elon Musk se Starlink vir Suid-Afrika inhou. Louis Massyn, wat oor twee weke sy 50ste Comrades-medalje wil loshardloop, kry sy eie wegspring-groep.
Spektrum 22 Mei 2025 22.05.2025 53:44
Kort nadat geweld op die Kaapse Vlakte in die Amerikaanse Withuis te sprake gekom het, vra gemeenskapsleiers vir 'n Kommissie van Ondersoek na wapengeweld in die gebied. Die Nasionale Tesourie het 'n bykomende R7,5-miljard oor die mediumtermyn aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens toegeken om staatsinkomste in te vorder. Afriforum wend hom tot die hof om wetgewing ten opsigte van grondonteiening o...
Spektrum 21 Mei 2025 21.05.2025 54:58
Politieke partye en ekonome deel hulle verwagtinge vir die derde begroting. President Cyril Ramaphosa vergader later vandag met sy Amerikaanse eweknie Donald Trump. Eskom sê daar is tans genoeg elektrisiteitkapasiteit om die netwerk in die wintermaande te onderhou.
Spektrum 20 Mei 2025 20.05.2025 53:26
Die Suid-Afrikaanse regeringsafvaardiging vind hulle voete in die VSA op die vooraand van 'n geskiedkundige vergadering met die Amerikaanse president. Politieke partye gee hulle mening oor môre se begroting. Rhyno Nel is die eerste Suid-Afrikaner om die titel van die wêreld se sterkste man in te palm.
Spektrum 19 Mei 2025 19.05.2025 54:16
Wye bespiegeling oor presies hoe president Cyril Ramaphosa se besoek aan sy Amerikaanse eweknie, Donald Trump, sal afloop. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy sal aansoek doen dat die Nigeriese pastoor, Timothy Omotoso, in die nabye toekoms aan Suid-Afrika uitgelewer word. Die voortgesette stropery van aasvoëls in Suid-Afrika kan lei tot 'n toename in die oordrag van siektes tussen wilde diere en...
Spektrum 16 Mei 2025 16.05.2025 49:28
Die minister van landbou is positief dat die handelsverhouding tussen Suid-Afrika en Amerika versterk kan word. SANRAL het bewerings weerlê dat spoedbeperkings verlaag gaan word. Die Suid-Afrikaanse wolmark is steeds onder druk. Kosstalletjies by Nampo maak goeie geld.
Spektrum 15 Mei 2025 15.05.2025 51:27
R7,3-Miljard - dis hoeveel die SAUK nodig het om sy openbare mandaat te befonds. Oekraïne se minister van buitelandse sake pleit by die land se bondgenote om druk op Moskou te plaas om die beplande vredesonderhandelings by te woon. Adjunkpresident Paul Mashitile besoek NAMPO, en grondonteiening is in die kollig.
Spektrum 14 Mei 2025 14.05.2025 52:03
Die SAUK-raad word geloof vir sy pogings om die finansiële situasie by die openbare uitsaaier te stabiliseer. Die Minister van Elektrisiteit bly positief oor die vooruitsigte vir die winter, ondanks die huidige beurtkrag. By die Nampo Oesdag in Bothaville bespreek ons die effek van Amerikaanse handelstariewe op kommersiële landbou, en hoe ware transformasie in die landboubedryf bewerkstellig kan w...
Spektrum 13 Mei 2025 13.05.2025 49:24
Die werkloosheidskoers styg met een persent in die eerste kwartaal van 2025. President Cyril Ramaphosa werp lig op wie nou eintlik vlugtelinge is, en hoekom hy dink Amerika word leuens gevoer. Die Staat beplan om te appelleer teen die Timothy Omotoso-uitspraak. By die NAMPO-Oesdag praat ons met 'n ekonoom oor die uitwerking van die politieke- en ekonomiese landskap op landbou.
Spektrum 12 Mei 2025 12.05.2025 42:35
‘n Groep wit Suid-Afrikaners wat deur Amerika as vlugtelinge beskou word, kom in dié land aan. Die binneverhoor oor die sogenaamde asbesdak-bedrogsaak word in Bloemfontein uitgestel. Die Indiese kolwer, Virat Kohli, kondig sy uittrede uit toetskrieket aan.
Spektrum 9 Mei 2025 09.05.2025 51:14
Vonnisverrigtinge in die Joshlin Smith-ontvoeringsaak is uitgestel. 'n Versoek dat leefstyloudits op regters gedoen moet word. Reaksie op die verkiesing van Pous Leo die veertiende.
Spektrum 8 Mei 2025 08.05.2025 54:16
Die Valke maak hulle jonsgte misdaadvoorkomingsprestasies bekend. Die Hooggeregshof in Pretoria herbevestig dat die ANC se kaderontplooiingsbeleid nie ongrondwetlik is nie. NSFAS sê hy sal ’n besluit, om in sekere gevalle befondsing vir studente se behuising te staak, hersien.
Spektrum 7 Mei 2025 07.05.2025 49:28
Die hofuitspraak dat die ondertekening van die wet op nasionale gesondheidsversekering op hersiening geneem mag word, word uit verskeie oorde verwelkom. Die verval van Johannesburg is in die kollig in aanloop tot die burgemeester se stadsrede. Kardinale vergader om 'n nuwe pous te verkies. Adjunkpresident Paul Mashatile se BBP-lyfwagte, wat by 'n beweerde aanrandingsvoorval betrokke was, is ná 'n...
Spektrum 6 Mei 2025 06.05.2025 52:02
Die DA en die Minister van Arbeid pak mekaar in die hof oor die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming. 'n Gedenkdiens word vir die oorlede polisiekonstabels gehou. Die George-gebouramp word 'n jaar later herdenk. 'n Bewaringsgroep vra jagters om nie ammunisie wat lood bevat, te gebruik nie.
Spektrum 5 Mei 2025 05.05.2025 54:56
Eskom sê die kans op beurtkrag in die winter is skraal. Die meeste Suid-Afrikaanse soldate in die DRK sal teen einde Mei terug op eie bodem wees. Israel beplan om sy offensief in Gasa uit te brei.
Spektrum 2 Mei 2025 02.05.2025 46:10
Uitspraak in die veelbesproke Joshlin Smith-hofsaak word in Saldanha aan die Kaapse Weskus gelewer. Is 'n resessie en geldelike ramp Suid-Afrika se voorland? Die MK Party spog met sy vierde oorwinning in 'n munisipale tussenverkiesing in KwaZulu-Natal.
Spektrum 1 Mei 2025 01.05.2025 52:42
Werkersdag word landwyd gevier met 'n sterk klem op swart bemagtiging en die jeug. 44 Ethiopiërs word uit 'n huis in Sandton, Johannesburg, gered. Wye reaksie op die regering se besluit om 'n kommissie van ondersoek aan te stel in verband met apartheidsgruweldade.
Spektrum 30 April 2025 30.04.2025 47:11
Die DA vra die hof om te besin oor watter magte die Minister van Indiensneming en Arbeid het om rigiede rassekwotas af te dwing. Die onttrekking van soldate uit die Demokratiese Republiek die Kongo het begin. Slotbetoeë in die opspraakwekkende Joshlin Smith ontvoering- en mensehandelsaak gaan voort.
Spektrum 29 April 2025 29.04.2025 52:17
Slotbetoë word gelewer in die saak oor die verdwyning van die sesjarige Joshlin Smith van Middelpos in Saldanhabaai. Ons kry die jongste nuus oor hoe brandbestrydingsoperasies in die Tafelberg Nasionale Park en omliggende gebiede in Kaapstad vorder. Afriforum gaan kriminele klagte teen senior amptenare van die ANC en EFF indien, nadat 'n Oos-Kaapse skoolhoof valslik van verkragting beskuldig is.
Spektrum 28 April 2025 28.04.2025 53:04
Minstens 198 huishoudings moet vlug voor die vlamme op Tafelberg. Moet Suid-Afrika se grondwet verander om 'n regering van nasionale eenheid 'n lewensvatbare opsie te maak? Kanadese gaan na die stembus te midde van 'n versuurde verhouding met sy buurland, Amerika.
Spektrum 25 April 2025 25.04.2025 51:03
Nóg sluise word by die Vaaldam oopgemaak, wat die gevaar van oorstromings rivier-af verder vergroot. 'n Top polisie-afvaardiging besoek Eldoradopark in Johannesburg oor misdaad in die buurt. Die Wêreld Natuurfonds is bekommerd oor planne om fosfaat in die Weskus Nasionale Park te myn.
Spektrum 24 April 2025 24.04.2025 52:36
Verskeie politieke partye beskou die skrapping van die beplande BTW-verhoging as 'n oorwinning vir belastingbetalers. Die misbruik van polisievoertuie is in die kollig. Oekraïne wil sy diplomatieke bande met Suid-Afrika versterk.
Liknande poddar
Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden