RSG

Rand en sent

Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za

Skapare

RSG

Kategori

Business

Poddens webbplats

www.rsg.co.za

Senaste avsnittet

27 sep 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,8 iOS snart

Avsnitt

Rand en sent 28.07.2018

In die tweede gesprek in 'n reeks oor aftrede, gee 'n finansiële kenner wenke aan enkellopende vroue en enkelma's. 'n Arbeidsregkenner praat oor die moets en moenies wanneer jy jou CV opstel. En 'n entrepreneur gesels oor die regte manier om sosiale media in jou sake-onderneming te gebruik.

Rand en sent 21.07.2018

In die eerste gesprek in 'n kort reeks oor aftrede, word gekyk na vroue, veral getroude vroue of vroue in verhoudings. 'n Kenner oor entrepreneurskap praat oor geleenthede wat 'n gebrek aan hulpbronne aan entrepreneurs bied, asook maniere waarop sake-eienaars 'n bydrae tot omgewingsbewaring kan maak.

Rand en sent 14.07.2018

'n Finansiële kenner gee sewe stappe tot finansiële vryheid, al trek die ekonomie swaar. En 'n jong entrepreneur deel sy wenke vir die bou van 'n suksesvolle sake-onderneming.

Rand en sent 07.07.2018

'n Eiendomsagent sê waarna jy moet oplet wanneer jy huis koop, veral by die teken van die koopkonrak. 'n Arbeidsregkenner waarsku teen die gevare van afleggingspakkette, en 'n finansiële kenner praat oor aftredebeplanning.

Rand en sent 30.06.2018

'n Entrepreneur vertel van 'n simboliese staptog en 'n aanlynplatform, wat deel is van 'n projek om jong entrepreneurs te bereik en te help ontwikkel. 'n Prokureur praat oor die rol van tegnologie in die regsberoep. 'n Finansiële kenner gee inligting oor 'n nuwe standard waarmee die koste van aftredeprodukte vergelyk kan word.

Rand en sent 23.06.2018

Kenners bespreek verskansingsfondse, die grootste foute wat vroue met hulle geldsake maak, en 'n navraag oor hoe belasting gate in die verdienste op ons spaargeld vreet.

Rand en sent 16.06.2018

Suzaan Steyn het wenke om krag en energie in die koue wintermaande te bespaar. Vrae oor registrasie by die werkloosheidsverskeringsfonds, en beleggings word ook beantwoord.

Rand en sent 09.06.2018

Suid-Afrika het laaste geëindig in 'n onlangse internasionale studie oor finansiële geletterheid, wat die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling in 30 lande gedoen het. Hoe raak dit ons, en wat kan ons daaromtrent doen? Suzaan Steyn kyk ook na die grootste risiko's wanneer jy nie jou privaatheid aanlyn beskerm nie, en hoe jy dit kan beperk. En 'n entrepreneur deel haar geld- en spa...

Rand en sent 02.06.2018

'n Belastingspesialis bespreek die belastingimplikasies van 'n stokvelspaarrekening. 'n Arbeidsregkenner vertel wie wanneer kan eis vir werkloosheidsversekering. En 'n prokureur het raad vir wanneer 'n gewese eggenoot jou geld skuld.

Rand en sent 26.05.2018

'n Jong entrepreneur wat benoemings ontvang het as vrou van die jaar en verskilmaker van die jaar, vertel van die moeilike pad wat sy moes stap om haar eie onderneming te begin. Sy deel ook wenke met voornemende sake-eienaars. En 'n sakekenner praat oor skuld en klein- en mediumsakeondernemings.

Rand en sent 19.05.2018

'n Luisteraar deel haar elektrisiteitsbesparingswenke. 'n Skuldkenner verduidelik wat verbruikers moet weet voordat hulle om krediet aansoek doen. En in die laaste van 'n reeks gesprekke oor versekering, praat 'n makelaar oor amptenare- en direkteureversekering, iets wat jou raak indien jy 'n lid van 'n skoolbeheerliggaam is of die van 'n woonstelkompleks.

Rand en sent 12.05.2018

Mediesefondspremies is van jou grootste maandelikse uitgawes. Jy moet egter mooi dink voordat jy sommer net alle mediese dekking staak in 'n poging om te bespaar. 'n Kenner gee 'n lys van mediese produkte wat jy nog kan kanselleer, en dit wat jy tot elke prys moet behou. In 'n reeks praatjies oor versekering, praat 'n makelaar oor produkversekering en wie dit almal behoort te hê, en 'n belastingke...

Rand en sent 05.05.2018

'n Luisteraar deel haar ervaring met spaar met 'n stokvel. 'n Kenner kyk na risikoversekering, ook bekend as ongeskiktheidsdekking. En jy kan weer luister na 'n gesprek oor die voor- en nadele van die skep van 'n trust.

Rand en sent 28.04.2018

Deesdae hoor 'n mens van al hoe meer mense wat stokvelle gebruik om te spaar, selfs jong kinders. 'n Kenner verduidelik hoe om een te stig en te bestuur, en hoe jy dit ten beste kan benut. 'n Luisteraar deel haar ervaring met die eis van werkloosheidsversekering ná haar man se dood, en 'n versekeringsmakelaar gee agtergrond oor marine- en vragversekering en hoe selfs die kleinste eenmansake-ondern...

Rand en sent 21.04.2018

'n Belastingkundige beantwoord 'n luisteraarsvraag oor die skielike verhoging in belasting op sy maandelikse inkomste. 'n Versekeringsmakelaar praat oor kuberversekering en hoe dit Jan Alleman raak. En wat is die regte manier om jou geldsake binne 'n vaste verhouding of huwelik te bestuur?

Rand en sent 14.04.2018

'n Kenner bespreek die noodsaaklikheid van versekering wanneer jy jou eiendom of 'n deel daarvan op AIRBNB uitverhuur. 'n Skuldberader verduidelik wat die regte maniere is om te spaar, en 'n belastingkenner lwerp lig op die probleme wat huiskopers ondervind nadat die nuwe BTW-koers van 15% op 1 April in werking getree het.

Rand en sent 07.04.2018

Skuld in verhoudings: Hoe herken jy dit, voorkom jy dit, en hanteer jy dit indien jou maat in die skuld is? Werknemers se finansiële welstand het 'n groot invloed op 'n onderneming. 'n Kenner van aandeelbeleggings verduidelik weer na aanleiding van 'n luisteraarsvraag wat aktiewe en passiewe beleggings behels.

Rand en sent 31.03.2018

'n Kundige in finansiële bestuur verduidelik hoe jy etlike miljoene rande kan spaar op motoruitgawes. 'n Versekeraar praat oor die krisis wat die droogte ook vir privaat individue se versekering veroorsaak. En dis die vierde en laaste gesprek in die kort reeks met wenke om entrepreneurs te help met voorbereiding voordat hulle 'n onderneming begin.

Rand en sent 24.03.2018

Bitcoin-koors het die wêreld behoorlik beet. 'n Kenner reageer op 'n luisteraar se navraag oor die en ander kripto-geldeenhede. Daar is raad om jou kinders die waarde van geld en spaar te leer, en die derde praatjie in 'n kort reeks om entrepeneurs te help met die regte voorbereiding voordat hulle 'n eie onderneming begin.

Rand en sent 17.03.2018

Finansiële geletterheid was vanjaar hoog op die agenda by die Wêreld Ekonomieseforum se beraad in Switserland. Dit, sáám met kritiese denke en emosionele veerkragtigheid, word deesdae beskou as een van die belangrikste eienskappe waaroor jy moet beskik om in die toekoms werk te kry. 'n Kundige verduidelik wat dit behels en hoe jy jou kinders finansiëel slimmer kan maak.

Rand en sent 10.03.2018

Daar is ongeveer R40 miljard rand se onopgeëisde voordele in voorsienings- en pensioenfondse. Hoe seker is jy daarvan dat van hierdie geld nie ook aan jou behoort nie? Kenners kyk ook na verbruikers se regte wanneer dit by skuld kom, en dis die begin van 'n kort reeks oor hoe voornemende entrepreneurs 'n sakeplan opgestel kan kry.

Rand en sent 03.03.2018

As jy die bedrag wat jy elke maand op jou huisverband betaal, jaarliks vergroot met dieselfde persentasie as jou salarisverhoging, kan jy ongeveer 50% aan rente spaar, en natuurlik jou huislening baie vinniger afbetaal.

Rand en sent 24.02.2018

'n Verbruikerskonsultant gee wenke oor hoe om die regte bank vir jou te kies waar jy goeie diens sal kry, jou geld veilig is en waar jy die meeste op bankfooie kan spaar. 'n Kundige deel ook interessante navorsing oor die verwantskap tussen jou gesondheid en jou geldsake en daar is nuus oor minimumlone vir 2018.

Rand en sent 17.02.2018

'n Ekonoom verduidelik hoe jy met aandele kan begin “speel”; 'n luisteraar vertel van 'n aandeleklub wat hy saam met 'n paar vriende gestig het; en daar is nuus oor aanlynbeleggings en hoe jy aandele aanlyn koop.

Rand en sent 10.02.2018

'n Kenner van lojaliteitsprogramme verduidelik hoe dit werk, en hoe jy die beste waarde vir jou geld daaruit kan kry. En 'n sakekenner verduidelik hoekom konsessies of franchises so goed vaar al trek die ekonomie noustrop.

Lyssna på podden Rand en sent i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden