RSG

Rand en sent

Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za

Skapare

RSG

Kategori

Business

Poddens webbplats

www.rsg.co.za

Senaste avsnittet

27 sep 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,8 iOS snart

Avsnitt

Rand en sent 19.01.2019

'n Finansiële beplanner praat oor die noodsaaklikheid van 'n mediese fonds nadat hy self onverwags in die hospital beland het. En in die derde in 'n reeks van ses gesprekke oor finansiële geletterdheid, val die klem op hoe jy jou geld bestee.

Rand en sent 12.01.2019

'n Finansiële beplanner kyk na drie verskilende maniere om 'n motor te koop en daarvoor te betaal. In die tweede in 'n reeks van ses gesprekke oor finansiële geletterdheid val die klem op finansiële risiko's.

Rand en sent 05.01.2019

In die eerste gesprek in 'n reeks van ses oor finansiële geletterdheid, kyk twee kenners na die betekenis van die term en hoe ons dit deel van ons alledaagse lewe kan maak. 'n Kenner gee ook nóg maniere om jou geld en persoonlike sake in die nuwe jaar suksesvol op dreef te kry, en te hou.

Rand en sent 29.12.2018

'n Skuldkenner en entrepreneur, wat ook 'n motiveringspreker en finansiële kenner is, gee raad, en 'n model waarvolgens ons ons geldsake vir die nuwe jaar kan beplan.

Rand en sent 22.12.2018

'n Finansiële kenner kyk holisties na spaar en beleggings, en verduidelik hoe jou omstandighede en persoonlikheid jou beleggingskeuses behoort te bepaal. Twee kenners praat oor die vier “geldpersoonlikhede”, hoe jy joune kan vasstel, en hoe dit jou geldsake beïnvloed.

Rand en sent 15.12.2018

'n Skuldkenner deel sy idees vir 'n goedkoper Kersfees. 'n Versekeraar verduidelik hoe jy moet verseker wanneer jy jou huis vir die vakansieseisoen uitverhuur. En 'n koskenner het wenke vir smaaklike, maar ekonomiese etes tydens die feesseisoen.

Rand en sent 08.12.2018

'n Finansiële beplanner het wenke oor buitelandse beleggings terwyl die Suid-Afrikaanse ekonomie sukkel. 'n Kenner praat oor reisversekering indien 'n opwindende oorsese reis die feestyd op jou wag. Die AA gee besparingswenke indien jy die vakansie iewers heen ry, of jou karavaan, boot en sleepwa sleep.

Rand en sent 01.12.2018

'n Verbruikerskenner gee wenke om jou jaarlikse bonus sinvol te gebruik. 'n Arbeidsregskenner praat oor die nuwe minimumlone. En 'n versekeraar verduidelik wat jy moet weet van huisversekering voordat jy met vakansie gaan.

Rand en sent 24.11.2018

'n Finansiële beplanner het raad oor hoe en waar om te spaar en te belê in die huidige ekonomiese klimaa, ook maniere waarop jy jou kinders kan leer spaar. 'n Entrepreneur en mentor verduidelik hoe leerders en studente die vakansieseisoen ekstra geld kan verdien.

Rand en sent 17.11.2018

Swartvrydag en Kubermaandag het onlangs van Amerika na Suid-Afrika oorgewaai. 'n Skuldberader gee die voor- en nadele van die groot afslagdae en hoe jy dit reg kan benader om te verhoed dat jy te veel op onnodige winskopies uitgee. En 'n finansiële beplanner praat oor buitelandse beleggings terwyl plaaslike markte sukkel.

Rand en sent 10.11.2018

'n Kenner praat oor lojalteitsprogramme, en 'n entrepreneur verduidelik hoe sy sosiale media gebruik om haar sakebedrywighede te adverteer en haar beeld skoon te hou. Sy waarsku ook teen die gevare wanneer jy dit verkeerd gebruik.

Rand en sent 03.11.2018

'n Finansiële beplanner vertel van seminare en praatjies wat hy tydens 'n onlangse besoek aan die buiteland bygewoon het, en hoe dit op Suid-Afrika betrekking het. 'n Prokureur kyk na ondersteuning vir jong entrepreneurs - foute wat dikwels gemaak word en hoe om dit te vermy. En 'n wynkenner praat oor wynbeleggings.

Rand en sent 27.10.2018

Oktober is Nasionale Vervoermaand, en ons hoor hoe jy jou denke oor vervoer kan verander om meer te spaar. 'n Finansiële beplanner bespreek die drie mees algemene vrae wat hy van kliënte kry. En 'n kenner beantwoord 'n luisteraarsvraag oor beursverhandelde fondse.

Rand en sent 20.10.2018

Wat doen jy as jy hier teen middel Oktober besef jy het nie genoeg geld gespaar vir die Desembervakansie en Kersfees nie? En hoe kan tieners en jongmense hulle sosiale mediaplatvorms bestuur om seker te maak dat dit nie eendag teen hulle tel wanneer hulle vir 'n droomwerk aansoek doen nie?

Rand en sent 13.10.2018

31 Oktober is vir baie Suid-Afrikaners D-dag vir belastingopgawes. Suzaan Steyn gee inligting oor e-opgawes, en hoe jy dit self maklik kan gebruik. 'n Prokureur praat oor risiko's vir jong entrepreneurs en hoe om dit te vermy. En 'n skuldkenner het geldlesse vir kinders.

Rand en sent 06.10.2018

Met die swak ekonomie het baie Suid-Afrikaners skaars geld om deur die maand te kom, wat nog te sê spaar. 'n Behoorlik opgestelde begroting is jou beste gids deur enige finansiële storm. 'n Ekonoom verduidelik stap vir stap hoe 'n mens dit doen. 'n Kenner praat ook oor klein- en medium sake-ondernemings wat noustrop trek.

Rand en sent 29.09.2018

Kenners gee wenke om op kruideniersware en brandstof te bespaar. 'n Finansiële beplanner deel die tien belangrikste lesse oor finansies wat hy glo elke ouer hulle kinders moet leer.

Rand en sent 22.09.2018

'n Beleggingskonsultant praat oor bateklasse en hoe jy dit as beleggingsinstrument gebruik. 'n Versekeraar verduidelik hoe om jouself te beskerm wanneer jy jou privaat-versekerde voertuig vir 'n werkopdrag moet gebruik. 'n Finansiële beplanner gee die ses belangrikste finansiële produkte vir elke jong gesin.

Rand en sent 15.09.2018

Soveel as 70% van motors op die land se paaie is nie verseker nie, waarskynlik omdat verbruikers wil spaar. Dit kan 'n voertuigeienaar egter baie duur te staan kom. 'n Versekeraar praat hieroor en gee wenke oor hoe om op motorversekering te bespaar. 'n Verbruikerspesialis verduidelik ook waarom die inligting op etikette op kosprodukte en klere belangrik is, en hoekom jy dit moet lees voordat jy ie...

Rand en sent 08.09.2018

'n Beleggingskonsultant praat oor buitelandse beleggings. 'n Skuldkenner waarsku teen skuld om jou alledaagse uitgawes soos kos, brandstof en skoolgeld te dek. Wanneer kuberplakkers jou domeinnaam kaap: hoekom dit skadelik is, en hoe jy jouself daarteen kan beskerm.

Rand en sent 01.09.2018

Suzaan Steyn se gaste kyk onder meer na die spaargewoontes van sogenaamde “geheime miljoenêrs”, en hoe om ontslae te raak van irriterende bemarkings-e-posse. 'n Verbruikerspesialis het ook spaarwenke vir die lente en komende somer.

Rand en sent 25.08.2018

'n Verbruikerspesialis kyk na die vyf grootste foute wat verbruikers maak, en ook die vyf belangrike dinge wat ons reg doen. 'n Skuldkenner praat oor roekelose geldleenpraktyke, en die vereistes wat die nasionale kredietreguleerder in April ingestel het vir mense wat onder skuldberading gaan. En 'n beleggingskonsultant verduidelik die voordele van e-filing.

Rand en sent 18.08.2018

'n Verbruikerspesialis kyk na die jongste verbruikersneigings, en wat dit beteken. 'n Finansiële adviseur beklemtoon die noodsaaklikheid van lewensdekking vir jong ouers. En wat is die moets en moenies wanneer jy regsadvies wil inwin om dalk 'n bietjie daarop te kan spaar.

Rand en sent 11.08.2018

In die laaste gesprek in 'n reeks oor aftrede, kyk 'n finansiële kenner na die grootste foute wat mense maak, en veral die rol wat ons verhouding met geld hierin speel. 'n Arbeidsregkenner klaar verwarring op oor permanente en sogenaamde tydelike kontrakte. En 'n prokureur verduidelik wat gedoen moet word wanneer volmag verval as jy nie meer in staat is om self besluite oor jou finansies te neem n...

Rand en sent 04.08.2018

'n Entrepreneur vertel hoe hy 'n onderneming bou uit sy liefde vir die plaaslewe. In die reeks oor aftrede, praat 'n finansiële kenner oor gesondheidsorg en hoe jy voorsiening moet maak vir wanneer jy nie meer jou eie geldsake kan hanteer nie. En 'n entrepreneur deel sy ervaring van die gebruik van sosiale media, en hoe dit sy onderneming beïnvloed.

Lyssna på podden Rand en sent i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden