RSG

Rand en sent

Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za

Skapare

RSG

Kategori

Business

Poddens webbplats

www.rsg.co.za

Senaste avsnittet

27 sep 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,8 iOS snart

Avsnitt

Rand en sent 13 Junie 2021 13.06.2021

Charles Geel van Charles Geel en Vennote gesels oor skuldberading, en verduidelik hoe die proses werk en hoekom nie almal daarvoor kwalifiseer nie. Leana Burger, 'n prokureur by Burger Potgieter Prokureurs, gesels oor die moets en die moenie wanneer jy skei, en die stigma wat aan geskeide vroue en enkelma’s kleef.

Rand en sent 6 Junie 2021 06.06.2021

Richus Nel, ‘n finansiële adviseur van PSG Wealth, verduidelik die finansiële implikasies wanneer jy skei, wetgewing en hoe dit selfs jou aftrede raak. Leana Burger, ‘n prokureur by Burger Potgieter Prokureurs, praat oor die noodsaaklikheid van ‘n huwelikskontrak en die belangrikheid van mediasie.

Rand en sent 30 Mei 2021 30.05.2021

Richus Nel, 'n geakkrediteerde finansiële adviseur van PSG Wealth, gesels oor onsekerheid en emosies tydens Covid-19, hoe dit jou beleggings raak en wat jy kan doen om jou emosies te beheer en die regte besluite oor jou beleggings te neem. Ian Scott, hoof van vaste rentedraende instrumente by Momentum, veruidelik hoe jy oorsese beleggings moet kies, en raai aan dat jy kundiges raadpleeg vir finans...

Rand en sent 23 Mei 2021 23.05.2021

Leonard Willemse van Mazars in Kaapstad gesels oor die verskillende soorte belasting, en raai jou aan dat jy jou belasting in orde kry, want Jan Taks sál jou vind. Omelia Hartzenberg van die Agentskap vir Regering- pensioenadministrasie in die Wes-Kaap gesels oor die dokumentasie wat nodig as ‘n lid van die fonds skei, en raai lede aan om professionele hulp te gebruik wanneer hulle skei. Anton Kot...

Rand en sent 16 Mei 2021 16.05.2021

Arehan Brand van Smartlink Marketing in Kaapstad, Daniël Malherbe van Lumico in Stellenbosch en Madelein Hendriks van Madness Design Studios in Johannesburg gesels oor inhoudsbemarking, hoe dit aangewend kan word om jou besigheid meer sigbaar te maak op die internet, en die belangrikheid van video's in bemarking.

Rand en sent 9 Mei 2021 09.05.2021

Arehan Brand van Smartlink Marketing in Kaapstad, Daniël Malherbe van Lumico in Stellenbosch en Madelein Hendriks van Madness Design Studios in Johannesburg praat oor die belangrikheid van ‘n webtuiste wat werk, en watter verskil dit maak as besighede die pryse van hulle produkte of dienste ook adverteer.

Rand en sent 2 Mei 2021 02.05.2021

Arehan Brand van Smartlink Marketing in Kaapstad, Daniël Malherbe van Lumico in Stellenbosch en Madelein Hendriks van Madness Design Studios in Johannesburg praat oor aanlynbemarking, die verskillende soorte aanlynbemarking en die verskillende platforms wat beskikbaar is. Hulle deel ook die mees algemene foute wat besighede maak, en hoekom dit jou duur te staan kom as jy dit ignoreer.

Rand en sent 25 April 2021 25.04.2021

Veronica Prinsloo van UCTech Security praat oor die belangrikheid van goeie diens, en hoe hulle aangepas het met Covid-19. Sy deel ook haar passie vir goeie klantediens en vertel hoekom sy glo dat elke klant welkom moet voel in hulle winkel. Regine le Roux van Reputation Matters deel haar kennis oor waardes in 'n  besigheid, en verduidelik hoe jy die regte waardes vir jou onderneming kan kies.

Rand en sent 18 April 2021 18.04.2021

Olivia Sambo praat met Carla Oberholzer van Debtsafe oor die belangrikheid van ‘n begroting en ‘n inkopielys. Sy gee praktiese wenke oor hoe jy kan bespaar wanneer jy kos gaan koop. Veronica Prinsloo van Utech Security deel haar kennis oor sekuriteitstelsels en verduidelik waarop jy moet let  wanneer jy so ‘n stelsel wil laat installeer.

Rand en sent 11 April 2021 11.04.2021

Omelia Hartzenberg praat oor die egskeidingsreël-verandering, en hoe dit lede van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare raak. Sy gesels oor die belangrikheid van die regte dokumentasie en die drie stipulasies wat jy in jou dokumente moet maak. Sy deel ook waardevolle wenke wat jou kan help as jy die lid of gade is wat geraak word deur ’n egskeiding.

Rand en sent 4 April 2021 04.04.2021

Omelia Hartzenberg praat oor lewensertifikate wat die Pensioenfonds vir Staatsamptenare elke jaar uitreik aan sekere pensioenarisse. Sy kyk ook na verskeie kwessies wat verwarring by lede veroorsaak, en verduidelik wat die regte prosedures is.

Rand en sent 28 Maart 2021 28.03.2021

Omelia Hartzenberg praat oor die verskillende stelsels van die regering wat aan mekaar verbind is om inligting te verifieër. Carla Oberholzer van Debtsafe werp meer lig op romantiese bedrog, en waarsku teen skurke op sosiale media wat jou met mooi woorde vlei net om van jou geld te beroof.

Rand en sent 21 Maart 2021 21.03.2021

Omelia Hartzenberg praat oor die implikasies wat belasting vir pensioenarisse van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare inhou. Sy gee raad oor wat jou te doen staan as jy dalk in die moeilikheid is by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, en hoe jy kan voorkom om ‘n stelletjie af te trap met die diens.

Rand en sent 14 Maart 2021 14.03.2021

Omelia Hartzenberg praat oor bedrog by die Pensioenfonds vir Staatsamptenare. Sy gee wenke hoe jy bedrog kan aanmeld, en gee die versekering dat jy anoniem sal bly, want die oproepe gaan na ‘n onafhanklike derdeparty wat sake sonder inmenging kan ondersoek.

Rand en sent 7 Maart 2021 07.03.2021

Die fokus is op die belangrikheid van nominasie vir lede en pensioenarisse van die Pensioenfonds van Staatsamptenare. Omelia Hartzenberg bespreek hoe dit jou familie raak, en in watter omstandighede veranderinge op die vorm aangebring kan word wanneer die lid afgesterf het.

Rand en sent 28 Februarie 2021 28.02.2021

Omelia Harzenberg van die agentskap vir die regering se pensioenadmininstrasie praat oor vervroegde aftrede teenoor normale aftrede. Sy identifiseer van die redes hoekom uitbetalings nie geskied nie, en van die redes sal jou verras. En sy gee 'n lys van dokumente wat nodig is, en punte waarop jy moet let voordat jy dit inhandig.

Rand en sent 21 Februarie 2021 21.02.2021

Omelia Harzenberg van die Agentskap vir die regering se pensioenadmininstrasie praat oor onopgeëiste voordele. Sy doen ‘n beroep op die publiek om na vore te kom indien hulle nie uitstaande geld van die fonds geëis het nie. Sy noem ook die belangrike punte wat kommunikasie tussen lede en die fonds belemmer.

Rand en sent 14 Februarie 2021 14.02.2021

Omelia Harzenberg van die Agentskap vir die regering se pensioen-admininstrasie praat oor die verskil tussen bedanking en aftrede. Sy neem jou stapsgewys deur die berekeninge wat SARS doen wanneer jy bedank of wanneer jy aftree, en verduidelik die voordele waarvoor jy in annmerking kom wanneer jy aftree.

Rand en sent 7 Februarie 2021 07.02.2021

Omelia Harzenberg van die agentskap vir die regering se pensioen-admininstrasie weer aan die woord. Sy praat oor gadepensioen, en wat lede kan doen om te verseker dat hulle gades wel die lewenslange maandelikse pensioen kan kry indien die lid sterf. Veronica Prinsloo van UC Tech Security in Pretoria noem belangrike punte waarop jy moet let wanneer jy veiligheidskameras installeer, en watter vrae j...

Rand en sent 31 Januarie 2021 31.01.2021

Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare praat oor een van die grootste redes wat lei tot vertragings, en moedig paartjies aan om openhartig te wees met mekaar oor hulle geldsake. Eric Jordaan, finansiële adviseur by Crue Invest het raad oor hoe om jou finansiële doelwitte te bereik deur die regte boustene te gebruik.

Rand en sent 24 Januarie 2021 24.01.2021

Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare praat oor die kinderpensioene wat in Junie 2018 in werking getree het. Sy identifiseer die struikelblokke, en verduidelik watter dokumentasie nodig is om hiervoor aansoek te doen. Sy ‘n beroep op lede van die fonds om ten alle tye hulle kontakbesondherhede op datum te hou, want dit kan help dat uitbetaling vinniger geskied.

Rand en sent 17 Januarie 2021 17.01.2021

Regine le Roux van Reputation Matters vertel watter uitwerking Covid-19 op haar besigheid gehad het, en hoe hulle die krisis tot voordeel omskep het deur hulle dienste meer aanlyn te bemark. Sanel Roux van die aanlynwinkel, Petalje Blomme, gesels oor die uitwerking wat kreatiwiteit en blomme op haar kliënte het, en hoe die inperking nuwe lewe in haar besigheid geblaas het. Willie Cloete, 'n privaa...

Rand en sent 10 Januarie 2021 10.01.2021

Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

Rand en sent 3 Januarie 2021 03.01.2021

Olivia Sambo praat met Johannes de Villiers, skrywer van Blydskap en kalmte in die malle gejaag, oor jou emosies wanneer jy jouself in ‘n moeilike finansiële situasie bevind, en hoe om dit te hanteer sodat jy weer opnuut kan begin. Carla Oberholzer van Debtsafe vertel hoe jy finansiële stres kan hanteer en weer op die been kan kom. En Willie Cloete, 'n privaatsjef van Pretoria, sê eenvoudige kos i...

Rand en sent 27 Desember 2020 27.12.2020

Olivia Sambo hoor by Carla Oberholzer van Debtsafe hoe om onnodige uitgawes te snoei en ‘n nuwe blaadjie om te slaan vir die nuwe jaar. Eric Jordaan van Crue Invest moedig luisteraars aan om nie moedeloos te word as jy te veel skuld het nie, maar om jou skuld stap-vir-stap te pak. Johannes de Villiers moedig ons aan om vorentoe te kyk en nie te fokus op ons probleme nie. En Willie Cloete deel sy w...

Lyssna på podden Rand en sent i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden