RSG

Rand en sent

Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za

Skapare

RSG

Kategori

Business

Poddens webbplats

www.rsg.co.za

Senaste avsnittet

27 sep 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,8 iOS snart

Avsnitt

Rand en sent 5 Desember 2021 05.12.2021

Athina Jansen praat met die eienaar van The Locker SA, Junay Lange, oor hoe sy haar besigheid begin het en finansies bestuur. Sy deel ook wenke hoe jy kan begroot en spaar.

Rand en sent 28 November 2021 28.11.2021

Athina Jansen praat met die eienaar van Styling Perfect Events, Elmarie Daniels, oor hoe sy haar besigheid begin het en haar finansies bestuur. Stefan Du Toit ‘n aktuariële analis praat oor sakeversekering.

Rand en sent 21 November 2021 21.11.2021

Athina Jansen praat met Nazlee Mustapha wat haar eie besigheid begin het. Sy gee raad oor hoe om jou finansies beter te bestuur.

Rand en sent 14 November 2021 14.11.2021

Athina Jansen praat met ‘n geoktrooieerde rekenmeester oor hoe om jou finansies beter te bestuur. En Blanche Skaal, wat finansiële bestuur studeer het en by ‘n bank werk, gee wenke oor hoe om te spaar.

Rand en sent 7 November 2021 07.11.2021

Athina Jansen praat met Marise Bester van Allan Gray oor hoe om die regte finansiële adviseur te kies. Gerhard Papenfus, NEASA se bestuurshoof, vertel van opwindende projekte waarby ondernemings betrokke kan raak om werk te skep.

Rand en sent 31 Oktober 2021 31.10.2021

Athina Jansen praat met entrepreneurs wat wenke gee oor hoe om jou geld te bestuur tydens ‘n pandemie. Sy hoor ook by bestuurders van besighede hoe tegnologie voordelig kan wees, en hoe belangrik dit is dat Suid-Afrikaners plaaslike besighede moet ondersteun.

Rand en sent 24 Oktober 2021 24.10.2021

Graig-Lee Smith hoor hoe jy jou klein onderneming se deure kan oophou, en hoe om jou besigheid te bemark.

Rand en sent 17 Oktober 2021 17.10.2021

Graig-Lee Smith hoor by Ronvin Fransman hoe om 'n klein onderneming te begin. Hy maak ook ‘n Kaapse draai by skoonheidstegnikus Lena de Lange.

Rand en sent 10 Oktober 2021 10.10.2021

Finansiële beplanner Jurie De Kock vertel wat jy moet doen wanneer jy jou eerste motor koop. Graig-Lee Smith loer in by die bekende kunstenaar, Reggie Peace, en hoor hoe hy sy finansies bestuur.

Rand en sent 3 Oktober 2021 03.10.2021

Graig-Lee Smith praat met finansiële kenner Ruth Carr oor hoe jy jou geld beter kan bestuur, en hoe Millenniërs met hulle geld werk. Wesley van der Westhuizen, ‘n vryskutwerker en musiekkunstenaar, verduidelik hoe hy moes leer om sy geld te spaar en reg te gebruik tydens die pandemie.

Rand en sent 26 September 2021 26.09.2021

Edward Phillips van Edusence vertel hoe subtiel bemarking gebruik word om verbruikers te oortuig om duur items te koop wat hulle nie nodig het nie. Hy verduidelik hoe belangrik dit is dat jy ‘n plan moet het vir jou finansies, en binne jou perke moet lewe. Leonie O’Connel van Momentum Wellness Practice gesels oor geldbestuur en beleggings, en hoe jy dit moet aanpak. Sy moedig vroue aan om meer ver...

Rand en sent 19 September 2021 19.09.2021

Maureen Plaatjies van Hangberg in Houtbaai vertel van hulle projek waar plastieksakke en ou T-hemde gebruik word om kleurvolle handsakke te hekel. Danie Bezuidenhout van Bizstarters kyk na die grootste foute wat entrepreneurs maak, en gee raad oor hoe om dit reg te stel. Madelein Hendricks gesels oor The Vent, ‘n aanlynplatform wat sy en drie vriendinne geskep het, waar vroue hulle harte kan uitst...

Rand en sent 12 September 2021 12.09.2021

Danie Bezuidenhout van Bizstarters vertel wat jy nodig het om jou eie besigheid te begin, en moedig entrepreneurs aan om die regte advies in te win. Pieter Senekal van Senfin Business Services praat oor die gevaarligte waarop jy moet let wanneer jy op soek is na ‘n boekhouer. Hy gee ook wenke vir wanneer jy jou eie boekhoubesigheid wil begin.

Rand en sent 5 September 2021 05.09.2021

Ebeth van Heerden, die hoof van kleinhandelbesigheid by Schroders, praat oor die navorsing wat haar maatskappy gedoen om uit te vind hoe Covid-19 en ander faktore die besluite van beleggers beïnvloed het. Leonie O'Connel van Momentum Financial Wellness Practice vertel van ‘n opname wat gedoen is met Suid Afrikaanse vroue om uit te vind hoe die pandemie hulle geraak het.

Rand en sent 29 Augustus 2021 29.08.2021

Edward Phillips van Edusence vertel hoe wiskunde jou kan help om finansiële konsepte te verstaan, en hoekom dit so belangrik is om basiese wiskundige begrippe baas te raak as jy beter finansiële besluite wil neem. Willem Gous van The Human Entrepeneur praat oor hoe ons entrepreneurs kan ondersteun sodat hulle volhoubare en winsgewende besighede kan bou, en sodoende werksgeleenthede kan skep.

Rand en sent 22 Augustus 2021 22.08.2021

Edward Phillips van Edusence praat oor die belangrikheid van ‘n begroting, en hoe iets so klein soos ‘n inkopielys jou kan help om beter finansiële besluite te neem. Willem Gous van The Human Entrepeneur verduidelik hoe om entrepreneurs te ondersteun sodat hulle volhoubare besighede kan bou, en sodoende werksgeleenthede skep.

Rand en sent 15 Augustus 2021 15.08.2021

Carla Oberholzer van Debtsafe het raad as jy sukkel om jou skuld te betaal. Lizette Volkwyn, ‘n lewensafrigter, vertel hoe om te oorleef as jy vasgevang in ’n werk wat jy haat, en hoe jy jou persepsie kan verander.

Rand en sent 8 Augustus 2021 08.08.2021

Pieter de Wet van Bodytec in Queenswood in Pretoria gesels oor die verskillende vorms van sosiale media wat hulle vir bemarking gebruik. Chanri Theron en Robert Meuleman van Amplio Fitness and Nutrition praat oor die goeie kliëntediens, en hoe jy die regte mense identifiseer vir jou besigheid. Pieter Senekal van Senfin Business Services gee wenke oor hoe jy ‘n goeie boekhouer kan vind, en die vers...

Rand en sent 1 Augustus 2021 01.08.2021

Pieter de Wet van Bodytec in Queenswood in Pretoria verduidelik hoe dit moontlik is om met slegs 20 minute per week beter spiere te bou, en die voordele wat dit vir klante inhou. Chanri Theron en Robert Meuleman van Amplio Fitness and Nutrition gesels oor aanvullings, diëte en hoe ‘n gesonde leefstyl begin deur klein treetjies te neem.

Rand en sent 25 Julie 2021 25.07.2021

Peter Senekal van Sendin Business Services gesels oor die belangrikheid van ‘n gekwalifiseerde boekhouer, en hoekom jy jou finansiële fondasie vir jou besigheid van die begin af moet reg bou om sodoende jouself van groot uitgawes te red op ‘n latere stadium. Carla Oberholzer van Debtsafe gesels oor skuldbestuur, en verduidelik hoekom jy eers jou skuld onder beheer moet kry om jou pad na finansiële...

Rand en sent 18 Julie 2021 18.07.2021

Lizette Volkwyn, meesterlewensafrigter en menslike leuenverklikker, gesels oor bestuurders wat onnodige druk op werkers plaas, en gee raad oor hoe jy dit kan hanteer deur net jou perspektief te verander. Arehan Brand van Smartlink Marketing praat oor die verskillende vorme van digitale bemarking en wat ons kan doen om besighede te ondersteun. Die skrywer, Johannes Bertus de Villiers, gesels oor pe...

Rand en sent 11 Julie 2021 11.07.2021

Mandy-Leigh Gold van Maison de Leo, ‘n luukse gastehuis in Pretoria, gesels oor die ontstaan van haar besigheid, die ondersteuning van haar man wat gehelp het om haar droom te bewaarheid, en wat dit eintlik beteken om die eienaar van ‘n gastehuis te wees. Elizabeth Petersen van Libby’s Pride Wyn gesels oor die frustrasies en hartseer wat die verbod op alkohol vir haar as wynprodusent veroorsaak. S...

Rand en sent 4 Julie 2021 04.07.2021

Carla Oberhlozer van Debtsafe verduidelik die proses om ‘n begroting op te stel, en sy sêmense moet op die uitkyk vir bemarkingsfoefies sodat hulle nie om die bos gelei word nie. Charles Geel van Charles Geel en Vennote gesels oor die in duplum-reël, en moedig verbruikers aan om eerlik te wees oor hulle finansiële situasie en om roekelose skuld te vermy. Ian Scott van Momentum Beleggings waarsku t...

Rand en sent 27 Junie 2021 27.06.2021

Charles Geel van Charles Geel en Vennote praat oor die rol van die Nasionale Kredietreguleerder, en wat die Nasionale Kredietwet vir verbruikers beteken. Hy verduidelik hoe die wet roekelose skuld probeer beperk, en watter verligting skuldberading aan verbruikers bied. Richus Nel, 'n finansiële adviseur by PSG Wealth, gesels oor die rol van ‘n finansiële adviseur en die span kundiges wat raad gee...

Rand en sent 20 Junie 2021 20.06.2021

Charles Geel van Charles Geel en Vennote praat oor skuldberading en verduidelik hoekom jy nie skuldberading kan kanselleer of van plan verander, as jy reeds met die proses begin het nie. André Kotzé van Ellipsis Consulting gesels oor die Wet op Kubermisdade, en verduidelik hoekom ons nie paniekbevange moet raak oor die wet nie, maar waarsku dat jy sekere beginsels moet toepas om jouself te beskerm...

Lyssna på podden Rand en sent i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden