RSG

Monitor

News AF ↓ 4397 avsnitt

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za

Skapare

RSG

Kategori

News

Poddens webbplats

www.rsg.co.za

Senaste avsnittet

12 okt 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,8 iOS snart

Avsnitt

Monitor: Waarskuwings van versengende hitte en droogte weens sterk El Niño 07.09.2026

7 September 2026: President Cyril Ramaphosa doen 'n beroep op integriteit in die polisiediens. SAAI waarsku dat boere hulle produksieplanne en insetbegrotings noukeurig moet hersien vir 'n sterk El Niño wat voorlê. Die DA en ANC loop volgens 'n IPSOS-peiling kop-aan-kop in die meeste metropole.

Monitor: ANC eis dat OVK kandidaat-benoemingstelsel ondersoek word 04.09.2026

4 September 2026: Opposisiepartye stel hulle saak in die president se aansoek om die onafhanklike Artikel 89-paneel se verslag op hersiening te laat neem. Die ANC eis dat die aanlyn-kandidaatbenoemingstelsel dringend ondersoek word, terwyl die OVK geen verdere toegewings gaan maak nie. Die wewenaar van 'n bemanningslid van die SAS Manthathisi het drie jaar later stééds talle onbeantwoorde vrae.

Monitor: Geen verbyvlug voor derde toets teen All Blacks 03.09.2026

3 September 2026: President Cyril Ramaphosa se regsverteenwoordiger, advokaat Wim Trengove, beskryf die Artikel 89-afsettingskomitee as 'n politieke spel. Meer as 140 000 kandidate gooi hulle name in die verkiesingshoed. Die SAS Manthathisi-duikboot is terug in die water drie jaar ná die tragiese voorval in Kommetjie toe drie bemanningslede dood is. Daar sal nie ‘n verbyvlug wees vir die derde toe...

Monitor: Boer laai lammers wat keelaf gesny is, by polisiekantoor af 02.09.2026

2 September 2026: Suid Afrikaners se ervaring is dat moord aan die toeneem is, al is dit teenstrydig met die polisie se misdaadstatistiek. Die Departement van Basiese Onderwys beoog nuwe regulasies om die kommunikasie tussen onderwysers en leerlinge op platforms soos WhatsApp te reguleer. ‘n Moedelose boer van Steynsrus in die Vrystaat laai die karkasse van minstens 20 lammers wat keelaf gesny is,...

Monitor: Motoriste moet weer hoes vir brandstof 01.09.2026

1 September 2026: Motoriste dok weer op by die pomp. 'n Sakeman word op R200 000 borgtog vrygelaat na sy verskyning in die hof in verband met die Tembisa Hospitaal-bedrogsaak. 'n Ad hoc-komitee word in die Wes-Kaapse wetgewer op die been gebring om geweldsmisdaad te ondersoek.

Monitor: ANC-lid in warm water oor KI-video 31.08.2026

31 Augustus 2026: 'n ANC-lid word by die Verkiesingskommissie verkla in verband met 'n kunsmatige intelligensie-gegenereerde video. Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, berispe Johannesburg se burgemeester, Dada Morera. Die PAC waarsku mense om nie vir Helen Zille van die DA te stem nie.

Monitor: Kommer oor dwelm-vervaardigingsfasiliteite in Limpopo 28.08.2026

28 Augustus 2026: Die polisie is bekommerd oor die baie onwettige dwelmvervaardigingsfasiliteite wat sedert 2020 op plase in Limpopo ontdek is. Die Appèlhof in Bloemfontein sal dalk binnekort 'n verreikende beslissing oor welsynstoelaes lewer, wat die regering 'n ekstra R100 miljard per jaar uit die sak sal jaag. Boere word gemaan om kunsmatige intelligensie te benut.

Monitor: Dodelike oorstromings in Nepal 27.08.2026

27 Augustus 2026: Die Speaker van die Nasionale Vergadering oorleef 'n mosie van wantroue. Premier Foods en vakbonde probeer 'n alternatief vind vir die sluiting van sy Tulbagh-fabriek. Die jongste oor die dodelike oorstromings in Nepal.

Monitor: Merkbare styging in maselgevalle 26.08.2026

26 Augustus 2026: Bankbedrog styg met 19%. 'n Merkbare styging in masels landwyd. Die storm duur voort om die kop van die DA-woordvoerder oor Finansies, dr. Mark Burke.

Monitor: Verbruikerskommissie gaan telebemarkers vasvat 25.08.2026

25 Augustus 2026: Die Nasionale Verbruikerskommissie gaan telebemarkers vasvat. Wetenskaplikes waarsku dat vanjaar se El Niño-verskynsel die sterkste in menseheugenis kan wees. Noordwes span nou hommeltuie in om brande te bestry.

Monitor: ANC stel verkiesingsmanifes bekend, met klem op dienslewering en skoon regering 24.08.2026

24 Augustus 2026: Die Wes-Kaapse polisiekommisaris, luitenant-generaal Sizakhele Dyantyi, besoek Knysna ná die moord op drie ANC-lede. Die ANC onthul sy verkiesingsmanifes, met die klem op dienslewering en skoon regering. Die bokslegende Zolani Tete sal Saterdag te ruste gelê word tydens 'n gedenkdiens by die KuGompu-stadsaal in die Oos-Kaap.

Monitor: Fase 3 van vennootskap tussen regering en besighede wil 1 miljoen werksgeleenthede skep teen 2030 21.08.2026

21 Augustus 2026: Die Madlanga-kommissie kritiseer die sakeman Stuart Scharnick weens bewerings dat hy 'n joernalis geintimideer het. Fase Drie van president Cyril Ramaphosa se vennootskap tussen die regering en groot besighede word bekendgestel, met die doelwit van een miljoen werksgeleenthede teen 2030. Die bestuurshoof van die FW de Klerk-stigting, Christo van der Rheede, lewer kommentaar op So...

Monitor: Personeeltekort by Meesterskantoor in Jhb lei tot vertragings 20.08.2026

20 Augustus 2026: Groot personeeltekorte by die Meesterskantoor in Johannesburg vertraag die afhandeling van boedels met maande. Die afsettingskomitee gaan 'n regsmening inwin ná 'n brief van die president oor die aanstelling van die komitee se getuienisleier. Die minister van kommunikasie verduidelik hoekom die SAUK se versoek afgekeur is vir bykomende befondsing vir die dekking van die plaaslike...

Monitor: Opposisiepartye eis DA-LP se kop 19.08.2026

19 Augustus 2026: Opposisiepartye eis DA-LP Mark Burke se kop, nadat die maatskappy wat hy gestig het, vir beweerde valutabeheeroortredings ondersoek word. Die regering wil sy maandlikse toewysing van gratis basiese elektrisiteit aan arm huishoudings vermeerder. 'n Regsstryd ontwikkel om 'n afsonderlike munisipaliteit vir die groter Harrismith-gebied in die Vrystaat te vestig.

Monitor: Kommer NSFAS se skuld 18.08.2026

18 Augustus 2026: Kommer oor die reusebedrae wat NSFAS aan universiteite en studente skuld. President Ramaphosa wil sy SAOG-voorsitterskap gebruik om streekshandel en -samewerking te verbeter. Die Silwerskermfees wys dat die rolprentbedryf herstel en mense weer terugkeer teaters toe.

Monitor: SAOG-beraad begin in Durban 17.08.2026

17 Augustus 2026: Staatshoofde kom in Durban aan vir die 46ste beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkeling-gemeenskap. Die SAKP maak sy verkiesingsmanifes onafhanklik bekend. Die Amerikaanse senaat verleng AGOA vir 'n verdere twee jaar - ons praat oor die implikasies vir Suid-Afrika.

Monitor: Donkieslag en -handel onder vergrootglas 14.08.2026

14 Augustus 2026: Talle vrae oor die omstandighede wat gelei het tot die dood van 14 onwettige mynwerkers buite Rustenburg. Donkiehandel en regulasies oor die slag van dié diere onder die vergrootglas. Linkse Demokrate wen veld in die VSA - ons praat met 'n ontleder oor hoekom dit al hoe meer die geval is.

Monitor: SA in vyfde plek in wêreld met die hoogste alkoholverbruik 13.08.2026

13 Augustus 2026: Kritiek op nuwe wetgewing teen onwettige mynbouaktiwiteite. Die polisie sê nog inhegtenisnemings kan volg in die moord op twee polisiebeamptes in Reiger Park aan die Oos-Rand. SA is vyfde op ‘n wêreldlys van lande met die hoogste alkoholverbruik - kan nuwe belasting op alkohol Suid-Afrikaners oorreed om minder te drink.

Monitor: Weermag se operasies op Kaapse Vlakte en in Gauteng sukkel weens gebrek aan geld 12.08.2026

12 Augustus 2026: Die Weermag se Operasie Prosper op die Kaapse Vlakte en Gauteng struikel glo, weens 'n gebrek aan geld. Reddingswerk gaan voort in Colombië, waar duisende mense in die puin vasgekeer is ná Maandag se groot aardbewing. In Suid-Afrika is daar planne om minderjariges teen sosiale media te beskerm.

Monitor: Nóg ontwrigtende sneeu in dele van Oos-Kaap en KwaZulu-Natal verwag 11.08.2026

11 Augustus 2026: ‘n Voormalige skoolhoof in die Oos-Kaap verwelkom die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit om Julius Malema weens crimen iniuria te vervolg. Nóg ontwrigtende sneeu word vir dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voorspel. Mense word gewaarsku om versigtig in die sneeu en ysweer te bestuur.

Monitor: Onsekerheid oor toekoms van werknemers by Premier Foods se inmaakvrugte-aanleg op Tulbagh 10.08.2026

10 Augustus 2026: Die regering gaan sy pogings verskerp om bendegeweld in Reigerpark en Westbury in Gauteng hok te slaan. Die polisie ondersoek drie massaskietvoorvalle in Kaapstad, wat 11 lewens geëis het. Landbou-organisasies vra vir 'n dringende vergadering met Premier Foods oor die sluiting van sy Tulbagh-inmaakfabriek. Die president vra mans en seuns om vroue teen geweld en misdaad te beskerm...

Monitor: Afleggings dreig by twee groot media-organisasies 07.08.2026

7 Augustus 2026: Afleggings dreig by twee groot media-organisasies - ons vra wat die impak op joernalistiek sal wees. Duisende aansoeke vir skoolplasings in Gauteng is binne enkele dae ontvang. 'n Openbare deelnameproses begin oor die voorgestelde minimumloon vir 2027.

Monitor: Diplomaat in moeilikheid oor Zuma se Indië-besoek 06.08.2026

6 Augustus 2026: 'n Diplomaat op die rooi tapyt oor oudpresident Zuma se besoek aan Indië. 'n Moslemvrou se vuurwapenlisensie afgekeur oor haar hoofbedekking. 'n Poging om stemlokale meer toeganklik te maak vir mense met gestremdhede.

Monitor: Ingrypende veranderinge aan MK-party se leierstruktuur 05.08.2026

5 Augustus 2026: Die president van die MK-party, Jacob Zuma, kondig ingrypende veranderinge in sy leierstruktuur aan. Hoekom presteer sommige munisipaliteite soveel beter as ander? Ons praat met die FW de Klerk-stigting oor hulle rapport vir plaaslike regerings. Alles wat jy moet weet oor die nuwe 10 jaar-rybewys.

Monitor: Departement van Militêre Veterane in groot gemors 04.08.2026

4 Augustus 2026: Ons bespreek die groot gemors waarin die Departement van Militêre Veterane hom bevind, en bring terugvoer op luisteraars se vrae. Kritiek teen die lankverwagte Nasionale Raad teen Geslagsgeweld en Vrouemoord. Die OVK is veral tevrede met die aantal jongmense wat registreer vir die verkiesing.

Lyssna på podden Monitor i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden