RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za
Var kan du lyssna?
Poddar i appen Replaio Radio Kommer snartPoddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar
Avsnitt
Monitor: Groot daling in petrolprys verwag 27.11.2026 46:47
27 November 2026: Munisipale rade moet vandag hulle eerste sittings hou om provinsiale ingryping te vermy. 'n Groot daling in die petrolprys word vir volgende week voorspel. Uitspraak voorbehou in Afriforum se hofsaak oor 'n skikkingsooreenkoms ná Nersa se kragtariefflater.
Monitor: Kommer oor El Niño-impak op kleinskaalse vissers 26.11.2026 42:01
26 November 2026: Die nasionale polisiekommisaris gryp in om die tekort aan verkragtingtoetsstelle te pak. Kommer oor El Niño se impak op kleinskaalse vissers. Die voorverhoor van beskuldigdes in die Jagersfontein-slikramp tot volgende jaar uitgestel.
Monitor: Is dit finaal dat DA in Johannesburg en Tshwane se opposisiebanke sal sit? 25.11.2026 46:09
25 November 2026: Die MRK sê oorvol klaskamers en onveilige sanitasiegeriewe kelder basiese onderrig. Die TEARS-stigting vra die president om sy beloftes oor die bekamping van geslagsgeweld gestand te doen. Is dit 'n uitgemaakte saak dat die DA in die opposisiebanke in Johannesburg en die Tshwane Metrorade sal sit? Ons praat met die leier van die party.
Monitor: Kenners waarsku dat ESKOM alle tekens toon van ‘n doodspiraal 24.11.2026 47:48
24 November 2026: Die verkiesing van Johannesburg se ampsdraers uitgestel tot Vrydag. 'n Samewerkingsooreenkoms tussen die ANC, MKP, ActionSA, EFF en IVP in alle plaaslike regeringsrade waar die partye verteenwoordig is. Kenners waarsku dat ESKOM alle tekens toon van ‘n doodspiraal.
Monitor: Continental Tyres dalk weg uit Gqeberha 23.11.2026 48:12
23 November 2026: Continental Tyres oorweeg dit om produksie by sy Gqeberha-aanleg te staak. Die DA paai die ANC met 'n sogenaamde bestendigheidsraamwerk. 'n Nuwe pil kan 'n deurbraak in die behandeling van pankreaskanker meebring.
Monitor: Het Helen Zille die aftog geblaas? 20.11.2026 46:51
20 November 2026: Ons praat met die teen-bendegroep, PAGAD, oor sy strategie in Kaapstad. Die ANC, ActionSA, die EFF en die MK-Party skuif al hoe nader aan koalisievorming, terwyl Helen Zille volgens berigte die aftog blaas. Paspoortaansoeke is nou sonder afspraak by banke beskikbaar.
Monitor: Sal Reserwebank rentekoers verhoog? 19.11.2026 48:18
18 November 2026: Hoë brandstofpryse stoot inflasie op tot die hoogste vlak in meer as 2 jaar. Sal die Reserwebank torring aan sy uitleenkoers? Wat behels die polisie se nuwe Herstel Agenda - ons praat met 'n parlementslid wat toesig moet hou oor die uitvoering van dié plan.
Monitor: SASKOK ondersoek Swem SA/Tatjana Smith-petalje 18.11.2026 49:32
18 November 2026: SASKOK word beveel om die debakel tussen Swem SA en Tatjana Smith te ondersoek. Die DA stel beginsels vir sy moontlike koalisieregerings bekend. Amerika verloor sy maselvrye-status.
Monitor: Waterbeperkings dalk weer in Wes-Kaap ingestel 17.11.2026 47:23
17 November 2026: Waterbeperkings is binnekort weer Wes-Kapenaars se voorland. MTN probeer weer om Telkom oor te neem, vier jaar ná 'n mislukte poging. China wil teen 2030 KI-geletterdheid onder alle skoolkinders vestig.
Monitor: Daling in petrolprys voorspel 16.11.2026 47:10
16 November 2026: 'n Daling in die petrolprys word voorspel. Die ANC stel 'n nasionale koalisie-onderhandelingspan aan onder leiding van sy sekretaris-generaal. Negentig persent van die land se kudde is reeds teen bek-en-klouseer ingeënt.
Monitor: ANC gee terugvoer oor koalisies 13.11.2026 47:18
13 November 2026: Die ANC gee terugvoer oor koalisies: Klop die syfers om rade te vorm? Ons praat met 'n navorser. Die Amerikaanse Demokraat, Scott Colom, word verkies as Mississippi se eerste swart Senator. Boere word gemaan om betyds gereed te wees vir El Niño se hoogtepunt.
Monitor: Waar staan dinge met koalisie-onderhandelinge? 12.11.2026 48:37
12 November 2026: Die Helen Suzman-stigting sê Julius Malema het die afgelope sewe jaar volgehoue aanvalle op die regbank gedoen en kan dus nie op die Regterlike Dienskommissie dien nie. Waar staan dinge tans met onderhandelinge om koalisies te vorm. Hoe sal Republikeine, met twee jaar van president Trump se ampstermyn oor, hom benader? Swartvrydag-winskope het reeds afgeskop - 'n kenner waarsku t...
Monitor: Werkloosheidskrisis verdiep 11.11.2026 51:04
11 November 2026: Suid-Afrika se werkloosheidskrisis verdiep. Soos sake nou staan, sal brandstofpryse aanstaande maand daal. Ons vra 'n kenner hoekom meer as 14 miljoen geregistreerde kiesers nie gaan stem het nie.
Monitor: Kommer oor verhoging in skoolfooie 10.11.2026 49:02
10 November 2026: Die saak teen die 10 mense wat stembriewe in Douglas opgeskeur het, gaan vandag voort. Erge kommer oor die meeste skole wat hulle fooie bó die inflasiekoers verhoog. Ons fokus op Postmasburg in die Noord-Kaap, waar 'n nuwe gemeenskapsparty koning kraai.
Monitor: Action SA oor hulle sukses en koalisieplanne 09.11.2026 49:26
9 November 2026: Ná die verkiesing is die uitslag in 137 rade steeds onbeslis - ons bespreek die opsies en moontlikhede van hoe jy op plaaslike regeringsvlak regeer sal word. Action SA praat oor hulle sukses en koalisieplanne. Wat sê die afgelope verkiesing vir ons oor die verdieping van die Suid-Afrikaanse demokrasie?
Monitor: Koalisieregerings vir Gauteng se drie groot metro’s 06.11.2026 48:50
6 November 2026: Die ANC se steun hou aan om te kwyn; koalisieregerings blyk die voorland te wees vir Gauteng se drie groot metro’s. Ons praat met Hellen Zille, die DA se burgemeesterskandidaat vir die Goudstad. Action SA maak geskiedenis in die Karoo.
Monitor: Die verkiesings in SA en die VSA is verby - wat nou? 05.11.2026 48:42
5 November 2026: Ons hoor by die OVK hoe die verkiesing verloop het en hoe die tellery vorder. Wat sal nou in Amerika gebeur ná die Demokrate se geskiedkundige oorwinning in die middeltermyn-verkiesing.
Monitor: Dit is stemdag 04.11.2026 48:53
4 November 2026: Stembusse maak oor minder as 'n uur oop in die plaaslike regeringsverkiesing. Kommer oor werksverliese in die landbousektor nadat Suid-Afrika uit AGOA geskop is. Dit lyk of die Demokrate die Huis van Verteenwoordigers van die Republikeine in die middeltermynverkiesing in Amerika kan wegrokkel. 'n Fliek vir die eerste keer sedert 2013 in Suid-Afrika verban.
Monitor: SA uit AGOA geskop 03.11.2026 49:33
3 November 2026: Amerika se weglating van Suid-Afrika uit die AGOA-handelsprogram, ontlok wye reaksie. Meer as 200 stemlokale in Kaapstad het gister laat geopen. Die Menseregtekommissie maak sy verslag oor die waterkrisis in Johannesburg bekend.
Monitor: Vyf verdagtes môre in hof oor Donovan Marx-plaasaanval 02.11.2026 48:28
2 November 2026: Vyf verdagtes sal na verwagting môre in die hof verskyn in verband met die Donovan Marx-plaasaanval. Sowat 2,6 miljoen mense kan vandag en môre spesiale stemme uitbring. 'n Honderd jaar gelede is die aktivis Emily Hobhouse met 'n staatsbegafnis in Bloemfontein vereer.
Monitor: Kaapstad verskerp veldtog teen taxigeweld 30.10.2026 46:22
30 Oktober 2026: Die polisie en die Kaapstad-metro verskerp hulle veldtog teen taxigeweld. Parlementslede eis deursigtigheid oor die Iran-vlootherrie. 'n Back-A-Buddy-veldtog om die 53-jarige Sydney Hill wat 'n motorkaper in KwaZulu-Natal geskiet het, te ondersteun, staan op meer as R425 000.
Monitor: Suid-Afrikaners reis minder plaaslik, maar spandeer meer 29.10.2026 42:57
29 Oktober 2026: Suid-Afrikaners reis minder binne die landsgrense, maar spandeer meer op hulle reise. Meiringspoort sal betyds oop wees vir motoriste wat dié feestyd kuswaarts reis. Betree Suid-Afrika 'n nuwe era van vroueleierskap? Ons bespreek drie prominente vrouepolitici met ontleders.
Monitor: Tesourie beplan om brandstofheffings permanent te skrap 28.10.2026 44:43
28 Oktober 2026: 'n Nuwe varsproduktemark in Mpumalanga wil 150 000 kleinskaalse en opkomende boere direkte toegang tot formele handelsmarkte gee. Duduzile Zuma-Sambudla gaan aansoek om ontslag doen, nadat die staat sy onrus-saak in Durbanse Hooggeregshof sluit. Die jongste oor Israel se verkiesing.
Monitor: Gevalle van maagdermontsteking in Bronkhorstspruit neem toe 27.10.2026 47:31
27 Oktober 2026: Die aantal maagdermontsteking-gevalle in Bronkhorstspruit styg tot 833. Die voormalige Vlakplaas-bevelvoeder sê die NVG het versuim om sy werk te doen. Wat lok swart kiesers na die Vryheidsfront Plus? Ons praat met die party se leier en 'n ontleder.
Monitor: Parlement eis optrede oor waterkrisis in Tshwane 26.10.2026 46:15
26 Oktober 2026: Die polisie loof 'n beloning uit ná 'n skietvoorval in Lavender Hill op die Kaapse Vlakte. Die parlement eis optrede oor die waterkrisis in die Tshwane-metro. Boere in Limpopo lei groot finansiële verliese weens die uiters swak toestand van die R572-pad.
Liknande poddar
Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden