Waldo Krugell
Die ekonomie minuut
Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.
Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.ekonomieblog.me
Skapare
Waldo Krugell
Kategori
Poddens webbplats
Senaste avsnittet
22 sep 2026
Var kan du lyssna?
Poddar i appen Replaio Radio Kommer snartPoddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar
Avsnitt
Inflasie en die repo onveranderd 20.03.2025 2:56
Die inflasiekoers is onveranderd en die repokoers ongelukkig ook. Vandag wil ek gesels oor inflasie, rentekoerse en die wisselkoers. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Hoe gaan dit met die ekonomie? En die week se repokoersbesluit... 17.03.2025 4:00
Die Begroting word nou bespreek in twee parlementêre komitees en daar is baie in die nuus oor ʼn moontlike fiskale anker. Daarby is Fitch nie so optimisties oor die stabilisering van die staatskuld soos die Minister is nie. Vandag wil ek egter praat oor hoe dit met die ekonomie gaan, inflasieverwagtinge en hierdie week se repokoersbesluit. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomies...
Die Minister het toe nie die moeilike besluite geneem nie 14.03.2025 5:29
Ek het gesê dat in hierdie Begroting moet moeilike besluite gemaak word. Wat ons die week geleer het is dat dit is moeiliker om te besluit om besteding te sny as wat dit is om te besluit om belasting te verhoog. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Die opsies vir Begroting 2.0 11.03.2025 4:13
Hierdie Woensdag, 12 Maart, gaan die Minister van Finansies weer probeer om die Begrotingsrede te lewer. Dit is met drie weke uitgestel nadat daar te veel teenkanting was teen ʼn voorgestelde 2 persentasiepunt verhoging van die BTW koers in die Regering van Nasionale Eenheid. In hierdie episode wil ek gesels oor die Begroting 2.0. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Onders...
BBP groeisyfers en sakevertroue 07.03.2025 3:45
In hierdie episode gesels ek oor 2024 se ekonomiese groeisyfer en die eerste kwartaal se Sakevertroue-indekssyfer. Internasionaal is daar heelwat onsekerheid oor die impak van President Trump se tariewe. Die dollar en die olieprys is swakker. Die hersiende Begroting is aan die kabinet voorgelê maar dit is nog nie goedgekeur nie. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Aanwysers en Trump tariewe 04.03.2025 3:31
In hierdie episode gesels ek oor ABSA en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se aankopebestuurdersindeks en Naamsa se voertuigverkope data vir Februarie. President Trump het in Februarie tariewe ingestel op Meksiko en Kanada, maar die implementering met ʼn maand uitgestel. Dit is nou ʼn maand later so ek wil meer sê oor die tariewe en hulle impak. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekon...
Wat laat die goudbulle hardloop? 28.02.2025 1:50
As jy die goudprys dop hou sal dit nie nuus wees dat die goudprys die laaste jaar gestyg het vanaf $2650 per fyn ons tot $2950 aan die begin van die week. Dit het gedaal die laaste paar dae, maar goudbulle praat maklik van die $3000 merk. In ʼn tyd van gesofistikeerde beleggingsoplossings is goud weer in. Wat is die oorsaak?
Inflasie het effens gestyg in Januarie 27.02.2025 1:57
Statistieke Suid-Afrika het gister Januariemaand se verbruikersprys inflasiesyfer bekend gemaak. Die inflasiekoers het gestyg vanaf 3% in Desember tot 3,2% in Januarie. Dit is in lyn met ekonome se verwagting dat inflasiedruk effens gaan toeneem hierdie jaar, maar onder die middelpunt van die Reserwebank se teikenband sal bly.
'n Welvaartsbelasting sal ons in die voet skiet 26.02.2025 2:04
Ek wil eintlik nie oor welvaartsbelasting praat nie, maar van die verskillende idees op die tafel vir Begroting 2.0 is dit ʼn slegte een en ek voel ek moet maar iets sê. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Hierdie week se inflasiesyfers 25.02.2025 2:01
Statistieke Suid-Afrika maak more Januariemaand se verbruikersprys inflasiekoers bekend en ekonome is opgewonde vir ʼn paar redes.
Almal gee nou raad vir die Begroting 2.0 24.02.2025 2:32
Ek voel so bietjie jammer vir die Minister van Finansies en die span by Tesourie want hulle gaan tot 12 Maart moet luister na die raad van elke ou met ʼn podsending of brief in die koerant. Die groot spelers soos die IMF en Wêreldbank het reeds laat weet wat hulle dink. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.
Begroting EKON101 21.02.2025 2:30
Soos wat die stof bietjie gaan lê oor die voorgestelde twee persentasiepunt verhoging van die BTW koers en die manier hoe die Begrotingsrede uitgestel is, wys die begrotingsdokumentasie dat dit nie maklik gaan wees om ʼn nuwe Begroting voor te lê vroeg in Maart nie.
En ons het gedink President Trump is ons grootste uitdaging... 19.02.2025 2:59
Ek het gehoop die Begrotingsrede gaan ʼn voorspelbare vervelige storie wees, maar dit is toe so opwindend dat dit uitgestel moet word. Die ander partye in die regering van Nasionale Eenheid het beswaar aangeteken teen die twee persentasiepunte verhoging van die BTW koers, vanaf 15% tot 17% wat die Minister van Finansies sou voorstel. So, wat beteken dit en wat gaan die gevolge wees?
Kan vandag se Begroting help om werkloosheid te verminder? 19.02.2025 1:48
Ons het nog nie ʼn finale BBP syfer vir die vierde kwartaal van verlede jaar nie, maar ʼn aanwyser wat wys dat dit beter gegaan het met die ekonomie is die werkloosheidsyfer. Daar is 132 000 meer mense indiensgeneem in die vierde kwartaal en die werkloosheidskoers het afgeneem vanaf 32,1% na 31,9%. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Begroting 2025: verwagtinge oor belasting 18.02.2025 2:00
Die Minister van Finansies lewer Woensdag die Begrotingsrede. In die vorige episode het ek vertel oor wat aan die bestedingskant verwag word. Vandag gaan oor die belastingvoorstelle.
Begroting 2025: verwagtinge oor besteding 17.02.2025 2:15
Die Minister lewer Woensdag die Begrotingsrede en in die vorige episode het ek geargumenteer dat die belangrikste ding wat hy kan doen is om beleggersvertroue te ondersteun om so investering en ekonomiese groei te verhoog. ʼn Deel daarvan gaan oor waarop hy die staat se geld, wat eintlik die belastingbetaler se geld is, bestee. So hoe lyk die verwagtinge? Hierdie episode word ondersteun deur die Bu...
Wat moet die Minister doen om groei te dryf? 14.02.2025 2:09
Komende Woensdag lewer die Minister van Finansies die begrotingsrede en soos altyd is daar groot verwagtinge, Ek wil sê hy het net een werk en dit is om die ekonomiese groeikoers te verhoog, maar hoe moet so Begroting lyk?
Die vervaardigingsektor het ingekrimp in 2024 13.02.2025 1:55
Statistieke Suid-Afrika het hierdie week produksie- en verkopesyfers van die vervaardigingsektor vir Desembermaand bekend gemaak en die Desember en vol-jaar syfers is kommerwekkend.
Die minimumloon het komplekse gevolge 12.02.2025 2:07
Die minimumloon verhoog vanaf 1 Maart tot R28,79 per uur. Dit is ʼn 4,4% verhoging en presies die gemiddelde inflasiekoers van verlede jaar. Vir die werkers is die verhoging van die minimumloon goeie nuus want dit help om die koopkrag van hul loon te beskerm Burgerregte groepe sê die verhoging is te min en kleinsake sê dit is te veel. Maar wat sê die navorsing oor die impak van die minimumloon? Hie...
Olie, goud, en investering... alles word geraak deur onsekerheid 11.02.2025 2:13
Daar is op die oomblik baie dinge, soos tariefoorloë en uitvoerende bevele, wat onsekerheid skep. Die vraag wat mense my vra is natuurlik wat is die impak op ons ekonomie?
Hervormings op munisipale vlak 10.02.2025 2:11
Ek dink die mees interessante deel van die staatsrede het gegaan oor plaaslike owerhede. Ons weet dat in baie munisipaliteite is dienslewering ʼn ramp en hulle skuld is ʼn risiko vir Eskom en die waterrade. Plaaslike owerheid hervormings is die fokus van fase twee van operasie Vulindlela en die President het gepraat vanaf ʼn nuwe witskrif tot investering en instandhouding. Hierdie episode word onders...
Was meer mark-gerigte hervormingsgesindheid duidelik en dringend? 07.02.2025 1:45
Ek wonder of die President genoeg gesê het in gisteraand se staatsrede. Hy het lank gepraat, maar was dit ʼn Regering van Nasionale Eenheid staatsrede? Hulle almal stem saam dat wat ons nodig het is inklusiewe ekonomiese groei, maar was meer mark-gerigte hervormingsgesindheid duidelik en dringend?
Mnr die president, verduidelik asb die geleentheidskoste 06.02.2025 1:54
In die aanloop na groot toesprake soos die Staatsrede en die Begrotingsrede hoop ons almal om iets te hoor. Ons almal ken die ekonomiese uitdagings wat die land in die gesig staar en hoop dat die President of Minister die keer ʼn plan op die tafel gaan sit. Ek sou graag ʼn in-diepte powerpoint aanbieding wou sien hoe ons vorder met verskillende hervormings. Helaas is dit nie hoe staatsredes werk ni...
Wat kan ons doen om produktiwiteit te verhoog? 05.02.2025 1:51
Stadige ekonomiese groei is seker die enkele grootste uitdaging wat Suid-Afrika in die gesig staar. Sonder groei kan ons niks doen aan ons ander probleme, soos werkloosheid, armoede, of ongelykheid nie. Daar is baie maniere om te dink oor die drywers van groei en een is dat produktiwiteit tel. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Hervormingsidees vir die Staatsrede 04.02.2025 1:48
Daar gebeur nou so baie dinge gelyk dit is moeilik om te besluit waaroor om te praat. Daar is Trump dreigemente, Eskom en beurtkrag, Januarie aanwysers en die staatsrede.
Liknande poddar
Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden