Waldo Krugell

Die ekonomie minuut

Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.ekonomieblog.me

Skapare

Waldo Krugell

Kategori

Business

Poddens webbplats

www.ekonomieblog.me

Senaste avsnittet

22 sep 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,8 iOS snart

Avsnitt

Die ekonomie hou nie van handelsoorloë of regte oorloë nie 17.06.2025

Verlede week was ʼn dol een in die markte soos wat daar gereageer is op die handelsoorlog en die regte oorloëtussen Rusland en Oekraïne en ook Israel en Iran. Dit het die rand, olieprys en goudprys geraak. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Die markte is nie die ekonomie nie 13.06.2025

Op ʼn dag tot dag ,of week tot week basis is dit moeilik om te sê hoe dit met die ekonomie gaan. Opname data is eers na ʼn lang sloering beskikbaar. Dan gebruik ons of modelle,of die markte, om die storie te vertel en die week is dit nie maklik om te lees nie. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

BTW nulkoerse debat 10.06.2025

In Begroting 3.0 het die Minister van Finansies dievoorstel om die BTW-koers te verhoog, teruggetrek, maar dit beteken ook dat hy nie die lys van nulkoers-voedselitems uitgebrei het nie. Dit gaan beslis genoem word in hierdie week se debat oor die fiskale raamwerk. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

'n Lae-groei lokval 06.06.2025

Stadige ekonomiese groei is die grootste uitdaging wat Suid-Afrika in die gesig staar. Na die syfer van 0,1% groei in die eerste kwartaal die week bekend gemaak is het ekonome op hulle tande gekners en die son het weer op gekom, maar ek dink dit is belangrik om te verduidelik hoekom lae groei saak maak. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics

Die Ekon deel van die Nasionale Dialoog 03.06.2025

Gereelde luisteraars sal weet dat praat af en toe oor ʼn stryd van idees in Suid-Afrika, spesifiek die groot vraagstuk van hoe ons die ekonomie moet laat groei. ʼn Klompie stigtings beplan ʼn groot saamtrek in Juliemaand op te praat oor die toekoms van beleid en die land en ek het ʼn nuwe blog begin vir ʼn ekonomiese perspektief op die gesprek. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomie...

Repokoers gesny en meer oor die teiken 30.05.2025

Baie ekonome het gehoop dat die Monetêre beleidskomitee die repokoers verminder maar was heimlik bekommerd oor internasionale onsekerhede en die komitee se konserwatiewe benadering. Gelukkig vir ons almal die repo toe met 25 basispunte gesny. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics. Lees ook my nuwe blog: econdialogue.blog

My argumente vir 'n repokoers vermindering 27.05.2025

Na al die opwinding van Begroting 3.0 en die Presidente se ontmoeting in die Withuis sluit ons die maand af met ʼn repokoersbesluit. Die Monetêre beleidskomitee vergader van vandag af en maak Donderdag middag die repokoersbesluit bekend. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Hoekom die staatskuld saak maak 23.05.2025

Daar is heelwat goeie kommentaar oor die Begroting en die luisteraars wat fyn lees sal sien dat daar baie geskryf word oor die sogenaamde fiscal slippage. Dit is die feit dat die Minister meer moet leen as wat die medium-termyn raamwerk en selfs die Maart Begroting voorsien het. Die staatskuld-tot-BBP verhouding is veronderstel om ʼn piek te bereik, maar dit is op die hoër vlak van 77,4%. Dit is di...

Begroting 3.0 en die Presidente by die Withuis 20.05.2025

Dit is ʼn week waarin ons asem ophou vir Begroting 3.0 en die samesprekings tussen Presidente Trump en Ramaphosa. Dit is belangrik gegewe die tekens dat die ekonomie beginmomentum verloor. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Werkloosheid, kwotas en ander krisisse 16.05.2025

Hierdie week se werkloosheidsyfer was kommerwekkend. Daar is 245 000 werksgeleenthede verlore kwartaal tot kwartaal en daar is ʼn baie hoë jeugwerkloosheidskoers. Dit is eintlik nie nuus nie, maar dit is of daar so bietjie paniek in die lug is en die debat oor indiensnemingskwotas is baie skril. Dit is wat gebeur wanneer die ekonomie nie groei nie. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analyt...

VuliNdlela 13.05.2025

Fase 2 van Operasie Vulindlela het verlede week afgeskop maar daar is bekommernis oor die taak wat hulle opgelê is. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Klere, modes, en globalisering 09.05.2025

Donald Trump sê dat hy wil weet waar sy pakke klere vandaan kom en wanneer mense terug verlang ʼn tyd van goedkoop, hoë kwaliteit klere wat in jou eie land gemaak is, is daar vinnig steun vir tariewe op invoere. Alex Tabarrok het ʼn goeie antwoord hierop geskryf op die Marginal Revolution blog. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Aanwysers en onsekerheid 06.05.2025

In vandag se episode wil ek graag gesels oor plaaslike en internasionale aanwysers en weereens, hoekom onsekerheid so sleg is vir die ekonomie. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Probeer en probeer weer, Begroting 3.0 01.05.2025

Dit is amptelik, Die Minister van Finansies gaan op 21 Mei weer probeer om die Begroting goedgekeur te kry. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Doele, glorie, en ekonomiese impak 29.04.2025

Ek gesels meestal oor makro-ekonomiese vraagstukke maar vandag wil ek graag praat oor my kollega Derick se geliefde Liverpool en hulle oorwinning in hierdie jaar se premierliga. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Daar is nog baie vrae oor fiskale beleid 25.04.2025

Verbruikers en almal wat graag sê dat hulle veg vir die armes, vier fees nadat die voorstel vir ʼn 0,5 persentasiepuntverhoging van die BTW koers geskrap is. Dit los ons met interessante vraagstukke. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Moenie aan die Fed raak nie! 22.04.2025

Ek hou nie eintlik daarvan om bangmaak episodes te maak nie. Dit is om te praat oor dinge wat baie sleg kan uitspeel, hoe wel die waarskynlikheid dat dit gebeur laag is nie. Maar deesdae weet mens nie en ek voel ek moet iets sê oor President Trump en die Fed. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Makro scenarios vir SA 18.04.2025

Met baie van die dinge in die nuus, soos President Trump se tariewe of die moontlikheid van ʼn resessie in die VSA, kan die impak op Suid-Afrika maklik genoeg verduidelik word met die logika van ekonomiese teorieë. Om iets te kan sê oor die omvang van die impak het jy egter ʼn simulasiemodel nodig. Dit is dan lekker wanneer die Reserwebank die resultate van hulle modellering van verskillende scenari...

Waar is die nuwe ewewig? 15.04.2025

Na die afgelope week se ekonomiese nuus chaos lyk dinge rustiger. Meeste markte is stadig besig om verliese op te maak, maar soos die uitdrukking sê, as jy een keer gebyt is, is jy dubbel so versigtig. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Dit is toe 'n VSA-Sjina handelsoorlog 11.04.2025

Vir die oomblik lyk dit of die krisis van President Trump se wederkerige tariewe afgeweer is. Dit lyk tog of die handelsoorlog wat tussen die VSA en Sjina gebroei het nou openlik geveg gaan word. Wat gebeur wanneer die wêreld se grootste verbruikersmark en die wêreld se grootste fabriek kwaad is vir mekaar? Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Bring vir my ook 'n kettingsaag 08.04.2025

Hierdie episode gaan nie oor President Trump se tariewe nie. Ek wil eerder gesels oor die gedagte van ʼn hersiening van owerheidsbesteding. Mense sal maklik sê ons het ook ʼn DOGE nodig. Ek wonder wat ons kan leer by Argentinië se President Milei. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Begrotingsdrama en Trump tariewe 04.04.2025

Na uitgerekte onderhandelinge en debat is die Begrotingsraamwerk goed gekeur sonder die DA se steun en President Trump stel toe daardie tariewe in. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics

Beleidsonsekerheid nou 01.04.2025

Hierdie week is ’n goeie tyd om oor beleidsonsekerheid te praat — iets waarop ekonome altyd let. Onsekerheid, in ons wêreld, beteken dat mens nie altyd weet wat die waarskynlikheid van die uitkomste van sekere besluite of gebeure is nie. En soms weet ons nie eers wat die moontlike uitkomste kan wees nie. Hierdie week stem die Suid-Afrikaanse parlement oor die nasionale begroting. Terselfdertyd is...

Wat wys die aanwysers 28.03.2025

Die einde van die eerste kwartaal beteken ongelukkig nie dat ons al veel van ʼn prentjie het van hoe die ekonomie vaar in 2025 nie, maar daar is interessante aanwysers waaroor ek graag wil gesels. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Hoe die verlies van AGOA kan uitspeel 25.03.2025

Daar is heelwat onsekerheid oor die toekoms van AGOA en Suid-Afrika se plek daarin. ʼn Verlies van ons AGOA voordele sal uitvoer laat afneem en ekonomiese groei demp. In hierdie episode wil ek verduidelik wat AGOA is, watter bedrywe geraak word en hoe handel kan lyk sonder die ooreenkoms. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Lyssna på podden Die ekonomie minuut i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden