RSG

Taaldinge

Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Education

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

18 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Taaldinge 07.07.2018

In Taalnavrae word daar gepraat oor die herkoms van die naam Simonsberg. Is 'n stadslegende en wolhaarstorie een en dieselfde ding? Waar kom die woord bietjie vandaan.

Taaldinge 30.06.2018

Wat is taalnorme en hoekom is dit nodig? Prof. Wannie Carstens vertel hoe die norme met verloop van tyd verander.

Taaldinge 23.06.2018

Magdaleen Krüger kyk na die verband tussen 'n spraakgebrek soos hakkel, en die goeie en vlot gebruik van 'n taal. Is 'n driedubbele moord ses moorde of drie moorde? En kan 'n bord kos beeldskoon wees?

Taaldinge 16.06.2018

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, oftewel Viva, speel 'n toenemend groter rol as bron vir en oor Afrikaans. Jana Luther praat met Ina Strydom oor van die projekte, insluitend aanlynwoordeboeke, waarmee Viva hom besig hou.

Taaldinge 10.06.2018

Magdaleen Krüger kyk na die variante en dialekte van Afrikaans.

Taaldinge 02.06.2018

Proff. Marne Minnaar en Eleanor Cornelius vertel meer van die nuwe boek, TOLKTERMINOLOGIE IN VYF TALE, wie dit kan gebruik en hoe dit gebruik kan word.

Taaldinge 26.05.2018

Die taalkenners bespreek hoeka, die kluts kwyt, asvaal met 'n naat en koloratuur.

Taaldinge 19.05.2018

Verskeie universiteite in Europa bied Afrikaans as vak aan. Prof. Wannie Carstens vertel van sy doseerperiode by die Universiteit van Leiden, en 'n blitsbesoek aan Boedapest.

Taaldinge 12.05.2018

Die taalkenners beantwoord 'n klompie taalnavrae van luisteraars. Hulle praat oor onder meer 'n stil veiling, 'n klossiegat en 'n boom operator.

Taaldinge 05.05.2018

Waar lê Afrikaans se wortels? Prof. Christo van Rensburg vertel van die invloed van Khoi-tale in die ontwikkeling van Afrikaans.

Taaldinge 28.04.2018

Wat is die verband tussen taal en denke? En tussen taal en 'n geestesongesteldheid soos depressie?

Taaldinge 21.04.2018

Wat is ortografie, en hoekom het tale unieke skryfstelsels? Ina Strydom praat met taalkundige prof. Ernst Kotze oor Afrikaans, en ander tale, se ortografie.

Taaldinge 14.04.2018

Magdaleen Krüger kyk na die aard, plasing en skryfwyse van toename in Afrikaans.

Taaldinge 07.04.2018

Hoe veg jy vir Afrikaans? Die voorsitter van die Trust vir Afrikaanse Onderwys, dr. Theuns Eloff praat oor maniere om die stryd te voer.

Taaldinge 31.03.2018

Die voorsitter van Prolingua, dr. Marietjie du Plessis vertel meer oor die organisasie en prof. Marne Pienaar van die department Tale, Kultuurstudies en Toegepaste Linguistiek aan die Universiteit van Johannesburg verduidelik wat homonimie is.

Die tale wat ons praat 24.03.2018

Is appelasyn werklik 'n wondergeneesmiddel? Kan diere reën voorspel? Waar kom die klippe en diamante aan die Kaapse Weskus vandaan? En het die Oranjerivier vroeër verder suid in die see geloop?

Die tale wat ons praat 17.03.2018

Martelize Brink en die taalfoendies gesels oor onder meer die betekenis van koloratuur, die gedurige verwarring met is en was, wat 'n stilveiling is, en wat die oorsprong van die woord hoeka is.

Die tale wat ons praat 10.03.2018

Die Afrikaans-Engels taalbrousel wat dikwels gehoor word, is dalk een van die grootste bedreigings vir Afrikaans. Ina Strydom praat met Tom McLachlan oor idiomatiese Afrikaans, en hoe die integriteit van gesproke Afrikaans herstel kan word.

Die tale wat ons praat 04.03.2018

Die tekort aan gekwalifiseerde en bekwame Onderwysers wat in Afrikaans kan skoolhou – is dit #fake news of is dit # werklikheid. Wat is dan die oorsake as dit tog so is en wat moet gedoen word om dit reg te stel. Deelnemers is Miranda Jonas, skool-kurrikulumkenner, Johan Anker, onderwysersopleiding en Mvula Yoyo, vanuit 'n gemeenskapsperspek.

Die tale wat ons praat 24.02.2018

In taalnavrae word gepraat oor die betekenis en herkoms van woorde soos skrapnel, mombakkies en skerpskutter.

Die tale wat ons praat 17.02.2018

Hoe kan die integriteit van Afrikaans as gesproke taal herstel word? Ina Strydom praat met Tom McLachlan oor taalverandering, mengtaal en idiomatiese Afrikaans.

Die tale wat ons praat 11.02.2018

Die staatsubsidie vir die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, die WAT, is die afgelope 10 jaar drasties ingekort. Waar dit voorheen twee tot drie jaar geneem het om een deel (1 letter) te voltooi, neem dit deesdae vier-en-'n-half jaar per letter. Teen hierdie tempo sal dit na beraming 20 jaar neem om die WAT tot die letter Z te voltooi. 'n Tienjaarplan is nou opgestel vir die voltooing van die WAT...

Die tale wat ons praat 03.02.2018

Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, Conrad Steenkamp, praat met Ina Strydom oor die implikasies van die Hoërskool Overvaal-gebeure, en die noodsaaklikheid van 'n oortuigingstaak vir Afrikaans.

Die tale wat ons praat 27.01.2018

Ina Strydom en prof. Wannie Carstens van die NWU sit die gesprek oor taalfunksies, en waar Afrikaans hom bevind, voort.

Die tale wat ons praat 20.01.2018

Wat laat tale groei of kwyn? Ina Strydom praat met prof. Wannie Carstens van die NWU oor die rol van taalfunksies en die stand van Afrikaans.

Ascultă podcastul Taaldinge în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice