RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Kompas: Verse in my inboks 16.10.2026 22:52
16 Oktober 2026: Moet poësie slegs uit ‘n boek gelees word, of kan dit op ’n ander manier lewe kry as ‘n teatervertoning? Ons praat oor ‘n insistief wat dalk by jou skool ‘n draai kan kom maak.
Kompas: Die beskerming van die verkiesing 15.10.2026 21:44
15 Oktober 2026: Ilke Davids van die Onafhanklike Verkiesingskommissie bespreek die belangrikheid daarvan om die verkiesing te beskerm.
Kompas: Johan Maarman, die stigter van Dromdoks 14.10.2026 22:53
14 Oktober 2026: Elke week sleep ons ons vullisdromme tot voor die huis in die straat. Ons dink nie twee keer daaraan nie. Wanneer laas het jy regtig in daai drom gekyk? Die stank, die wurms, die bakterieë wat daar broei? Vir die meeste van ons is dit 'n probleem wat ons ignoreer, maar vir een jong man in Lambertsbaai was dit die begin van 'n droom. Johan Maarman (20) is die stigter van Dromdoks –...
Kompas: Poësieprogramme vir matrieks 13.10.2026 22:42
13 Oktober 2026: Hazel Janse van Rensburg gesels met akteur Phillru van Achterbergh, Afrikaansonderwyser Petro Steenkamp en regisseur Frans Swart oor die poësieprogramme wat Lefra Produksies vir matrieks aanbied.
Kompas: Nasionale Studente Finansiële HulpSkema 12.10.2026 22:29
12 Oktober 2026: Wat is die doel van die Nasionale Studente Finansiële HulpSkema?
Kompas: Diplomasie as beroep 09.10.2026 23:01
9 Oktober 2026: Barrie Ferreira praat met ‘n Amerikaanse diplomaat oor diplomasie as beroep.
Kompas: Spesiale stemme 08.10.2026 20:57
Ilke Davids van die Onafhanklike Verkiesingskommissie bespreek spesiale stemme.
Kompas: Nikita staan haar vrou as treindrywer 07.10.2026 22:12
7 Oktober 2026: Nikita Maarman is 'n treindrywer. Sy vertel hoe dit is om in ’n tradisionele mansgedomineerde bedryf jou plek te vind; wat dit verg om 'n trein te bestuur; en watter raad sy vir jong Suid-Afrikaners het wat werk soek.
Kompas: Hersiening - Besigheidstudies 06.10.2026 21:14
6 Oktober 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Besigheidstudies.
Kompas: Geestesgesondheidberoepe 05.10.2026 24:13
5 Oktober 2026: Barrie Ferreira vind uit watter beroepe daar in die geestesgesondheidsveld is.
Kompas: Watter loopbane het grootste kans vir indiensneming? 02.10.2026 24:17
2 Oktober 2026: Die werkloosheidsyfer onder gegradueerdes in Suid-Afrika is ontstellend hoog. So hoe gemaak as jy ‘n graad het, maar steeds nie werk kan kry nie?
Kompas: Wetenskap Ekspo by Hoërskool Waterkloof 01.10.2026 21:54
1 Oktober 2026: Hazel Janse van Rensburg kuier by die Wetenskap Ekspo by Hoërskool Waterkloof, waar 26 skole 200 projekte uitgestal het.
Kompas: Twee teaterstukke wat jou laat dink 30.09.2026 25:03
30 September 2026: Teater het die vermoë om ons stil te maak, wakker te skud en soms selfs ongemaklik naby aan die waarheid te bring. Dit vat stories wat ons dink ons ken — stories oor identiteit, pyn, gemeenskap, geweld, trauma en oorlewing — en sit dit reg voor ons neer, onder die ligte van ’n verhoog. Ons gesels met Carlo Daniels oor Eugene, ’n rou en poëtiese teaterstuk, gegrond op Kirby van d...
Kompas: Hersiening - Engels Eerste Addisionele Taal 29.09.2026 24:14
29 September 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Engels Eerste Addisionele Taal Vraestel 1 en 2.
Kompas: Gemeenskapsonderwys- en -opleidingskolleges 28.09.2026 22:37
28 September 2026: Wat is ‘n gemeenskapsonderwys- en -opleidingskollege? Wat kan dit aan jongmense bied?
Kompas: Skuld, skaamte en pyn 25.09.2026 24:08
25 September 2026: Wat behels die emosies, skuld, skaamte en pyn, en hoe kan jy dit oorwin? Ek is nie my grootste fout nie; ek is nie iemand anders se opinie nie; ek is nie my verlede nie. Ek is ook nie my huidige pyn of die goed wat ek beleef nie. Net omdat jy gevoelens van skuld, skaamte en pyn beleef, hoef dit jou nie te definieer nie.
Kompas: Gedragskode vir kandidate en kiesers 24.09.2026 21:33
24 September 2026: Ilke Davids van die Onafhanklike Verkiesingskommissie bespreek die gedragskode vir kandidate en kiesers.
Kompas: Wat is erfenis? 23.09.2026 25:19
23 September 2026: Op 24 September vier Suid-Afrika Erfenisdag. Dis 'n dag waarop ons stilstaan by die ryk tapisserie van kulture, tradisies en stories wat die land so uniek maak. Maar wat beteken erfenis werklik? Is dit net oor die verlede, of vorm dit ook wie ons vandag is en wie ons môre sal wees?
Kompas: Hersiening - Wiskunde Vraestel 2 22.09.2026 23:49
22 September 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Wiskunde se twede vraestel.
Kompas: Werk vir die staatsdiens 21.09.2026 24:31
21 September 2026: Het jy al oorweeg om by die staatsdiens aansoek te doen vir werk? Hoe kan jy daar aansoek doen, en watter werk is beskikbaar?
Kompas: Nick Hamman oor sosiale media 18.09.2026 22:28
18 September 2026: Is alles van sosiale media sleg, of is daar ‘n positiewe kant? Barrie Ferreira praat met 5FM-omroeper, Nick Hamman, om te hoor wat hy dink.
Kompas: Skoolfokus - Laer Volkskool Heidelberg 17.09.2026 20:54
17 September 2026: Hazel Janse van Rensburg het by Laer Volkskool in Heidelberg gaan inloer om te hoor wat hulle uniek maak, en om meer oor hulle eie toepassing uit te vind.
Kompas: Onderwysers wat inspireer; Leesvaardigheid; Afrikaans 16.09.2026 24:45
16 September 2026: Ons hoe onderwysers leerders inspireer, hoekom leesvaardigheid die sleutel tot alle leer is, en waarom Afrikaans nie in 'n boks hoef te wees nie — dit is divers, veerkragtig en vir almal.
Kompas: Hersiening - Wiskundige Geletterdheid 15.09.2026 22:50
15 September 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Wiskundige Geletterdheid Vraestelle 1 en 2.
Kompas: Graad 9-vakkeuses 14.09.2026 20:14
14 September 2026: Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid? Geskiedenis of Rekeningkunde? Graad 9-vakkeuses kan uitdagend wees. Hoe moet ek dit benader?
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice