RSG

Spektrum

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

News

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

12 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Spektrum: Geordin Hill-Lewis sê Kaapstad wil nié die rol van SA Polisiediens oorneem nie 04.08.2026

4 Augustus 2026: Inwoners van Westbury in Johannesburg eis optrede teen bendegeweld. Opposisiepartye sê 'n leierskapskrisis dreig in die Noord-Kaapse kabinet ná die bedanking van nog 'n LUR. 'n Formele inter-regeringsgeskil is verklaar oor die afwenteling van polisiemagte na die Kaapse Metropolisie. Die gedrag van ouers by skolesportwedstryde onder die vergrootglas.

Spektrum: 1-miljoen dosisse bek-en-klouseer-entstof reeds by boere 03.08.2026

3 Augustus 2026: Rooivleisbedryfsdienste sê ‘n miljoen entstofdosisse teen bek-en-klouseer het reeds boere bereik. Die hooggeregshof in Kaapstad hoor betoë aan oor die grondwetlikheid van die Onteieningswet. 'n Nuwe entstof bring hoop om die stryd teen TB te wen.

Spektrum: Stropery van vetplante onder vergrootglas 31.07.2026

31 Julie 2026: Vyf Suid-Afrikaanse veldwagters is die afgelope jaar dood terwyl hulle aan diens was. Op Wêreld Veldwagterdag eer ons die manne en vroue op die voorpunt teen stropery. Die stropery van vetplante is onder die vergrootglas.

Spektrum: Kommer oor sluiting van Premier Foods se aanleg op Tulbagh 30.07.2026

30 Julie 2026: Kommer oor sluiting van Premier Foods se aanleg op Tulbagh. Die DA sê die president se Nasionale Water Aksie Plan is gebrekkig. 'n Prysskok vir dieselverbruikers volgende week.

Spektrum: Wes-Kaap kry nuwe polisiekommissaris 29.07.2026

29 Julie 2026: Die Wes-Kaap kry 'n nuwe polisiekommissaris. 'n Ondersoek is gelas na die toekoms van duisende residensiële eiendomme in staatsbesit. Brandbestryders in Frankryk worstel om veldbrande onder beheer te bring te midde van 'n hittegolf.

Spektrum: Het president Trump homself in 'n hoek vasgeverf? 28.07.2026

28 Julie 2026: Ons praat met Retief Odendaal oor sy versoek vir presidensiële ingryping by die Nelson Mandelabaai Metro. Het president Trump homself in 'n hoek vasgeverf? Wêreld Natuurbewaringsdag word vandag gevier.

Spektrum: Andrea Johnson by Madlanga-kommissie ondervra oor veiligheidsklaringsprosesse by Misdaadinligting 27.07.2026

27 Julie 2026: Die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, word by die Madlanga-kommissie ondervra oor haar gevolgtrekking dat veiligheidsklaringsprosesse by Misdaadinligting gemanipuleer is. Ons praat oor die verskynsel van amptenare - soos Johnson - wat bedank voor hulle tot verantwoording geroep kan word. 'n Verdagte wat in hegtenis geneem is in ver...

Spektrum: Ramaphosa slaag met dringende aansoek om afsettingsondersoek te stop 24.07.2026

24 Julie 2026: Die hooggeregshof in Kaapstad beveel dat die werksaamhede van die parlement se afsettingskomitee tydelik gestaak word. Suid-Afrika kry saam met Amerika se grootste handelsvennote straftariewe. Die olieprys stabiliseer onder $100 per vat.

Spektrum: Gayton McKenzie sê DA se klagtes is nonsens 23.07.2026

23 Julie 2026: Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê die DA se lys klagtes teen hom is nonsens; die DA het vroeër vandag 'n dossier aan die Openbare Beskermer oorhandig. Koue sneeuweer word in die suidelike provinsies verwag. Die DRK sê die Ebola-dodetal styg tot bo 1 000, en meer as 2 500 mense is nou besmet.

Spektrum: Reaksie op moontlike sterk El Niño later vanjaar 22.07.2026

22 Julie 2026: Die Parlement se afsettingskomitee bespreek die mandaat en name van moontlike getuienisleiers. Ons praat met 'n ekonoom oor die styging in verbruikersprysinflasie. Landbou reageer op 'n moontlike sterk El Niño-weerpatroon later vanjaar.

Spektrum: SA leen R24,6 miljard by die Wêreldbank 21.07.2026

21 Julie 2026: 'n Ondersoek is gelas na klagtes van brutaliteit deur lede van Operasie Prosper teen die publiek. Advokaat Andrea Johnson reageer op bewerings dat die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie buite sy mandaat optree. Die Wêreldbank staan nog 'n reuselening aan Suid-Afrika toe.

Spektrum: Olieprys styg verder, kommer oor brandstofprys en rentekoerse 20.07.2026

20 Julie 2026: Die ombud van die Onafhanklike Direktoraat teen Korrupsie ondersoek klagtes teen verskeie senior amptenare van dié instelling. Die prys van Brent-ruolie steek die kerf van $90 per vat verby. Koejawelproduksie bly onder druk. .

Spekrum: OB sê Gauteng se beheer oor spazawinkels is ontoereikend 17.07.2026

17 Julie 2026: Die Openbare Beskermer bevind dat munisipale owerhede in Gauteng se beheer oor spazawinkels ontoereikend is - dit is nadat ses kinders in Oktober 2024 in Soweto dood is. Ons praat met 'n regskenner oor sieknotas. Die vierde beraad van die Suid-Afrika/Namibië Bi-nasionale Kommissie vind plaas.

Spektrum: Ebolavirus versprei na ander provinsies in DRK 16.07.2026

16 Julie 2026: Dit is dag twee van president Cyril Ramaphosa se hofaansoek om die Parlement se proses te keer om hom in ʼn staat van beskuldiging te plaas. Die Ebolavirus versprei na ander provinsies in die Demokratiese Republiek die Kongo. Die gereelde herroeping van motors laat moeilike vrae ontstaan.

Spektrum: Geestesgesondheid van SA-sportsterre onder vergrootglas 15.07.2026

15 Julie 2026: Die omstrede sakeman, Vusimuzi "Cat" Matlala, se getuienis voor die Madlanga-kommissie word tot September uitgestel. Die hooggeregshof in Kaapstad hoor president Cyril Ramaphosa se aansoek aan om die werksaamhede van die parlement se afsettingskomitee te staak. Die geestesgesondheid van Suid-Afrika se sportsterre is onder die vergrootglas.

Spektrum: DA hof toe om skorsing van Tshwane-stadsbestuurder om te keer 14.07.2026

14 Julie 2026: Die DA nader hof om skorsing van Tshwane-stadsbestuurder om te keer. ANC-veteraan en voormalige burgemeester van eThekwini, Zandile Gumede, loop oor na MK-party. Solidariteit se Onderwysernetwerk eis dat Gauteng se Departement van Onderwys alle uitstaande skooltoelaes onmiddellik uitbetaal.

Spektrum: Olieprys ry wipplank 13.07.2026

13 Julie 2026: Die geregtelike doodsondersoek na die dood van Anele Tembe is vir eers uitgestel. Die olieprys ry wipplank weens die hernude aanvalle tussen Amerika en Iran. Ons fokus op die nalatenskap van die oorlede Bafana Bafana-sokkerster, Jayden Adams.

Spektrum: Solidariteit dreig met regsoptrede ná skorsing van Tshwane-stadsbestuurder 10.07.2026

10 Julie 2026: Solidariteit dreig met regsoptrede ná die voorlopige skorsing van die Tshwane se stadsbestuurder, Johann Mettler. Kaapstad-metro se kontrak met die shotspotter-program beëindig. Action Society eis aanspreeklikheid van individue wat bewus was van kindermishandeling, maar versuim het om dit te rapporteer.

Spektrum: SA spioen in VSA gevonnis 09.07.2026

9 Julie 2026: 'n Suid-Afrikaanse spioen word in die VSA tot ses maande tronkstraf en 'n boete van meer as R150 000 gevonnis. Vier voormalige en bestaande werknemers van die Ekurhuleni-metro verskyn in die hof. Iran en Amerika in 'n woordetwis gewikkel.

Spektrum: Oliepryse styg ná skietstilstand tussen VSA en Iran in duie stort 08.07.2026

8 Julie 2026: Die skietstilstand tussen Amerika en Iran stort in duie - en oliepryse styg. Die Nasionale Tesourie sê die doel van die terughou van geld aan 69 munisipaliteite is om fiskale dissipline onder plaaslike owerhede te verseker. ’n Tweeling van vier maande sterf in 'n brand in Ikaneng, Potchefstroom, in Noordwes.

Spektrum: Minister moet verduidelik oor ontmoetings met Tony Leon se Resolve Communications en Starlink 07.07.2026

7 Julie 2026: Die Minister van Kommunikasie verdedig sy handelinge met Starlink en Tony Leon se firma, Resolve. Nege uit elf Gautengse munisipaliteite se finansies lyk beroerd. Puttoilette sal voortaan onmiddelik geïdentifiseer en vervang word.

Spektrum: Huisvesting van immigrante word ’n probleem 06.07.2026

6 Julie 2026: Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor hoe daar by die huis van die Daily Maverick-joernalis, Marianne Thamm, ingebreek is. Die tydelike huisvesting van immigrante word ’n probleem. Watter belastingimplikasies hou die tweepot-pensioenstelsel in?

Spektrum: Minister soek duidelikheid oor Zuma en Hoëkommissaris se ontmoeting met Guptas 03.07.2026

3 Julie 2026: Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking reageer op Jacob Zuma en SA se Hoëkommissaris se besoek aan die omstrede Gupta-broers. 'n Regter vonnis die Saunders-moordenaars lewenslank, en sê die motief bly 'n raaisel. 'n Ikoniese troostante vier haar 75ste verjaarsdag.

Spektrum: Agterstand van 250 000 DNS-monsters by polisie-laboratoriums 02.07.2026

2 Julie 2026: 'n Skokkende agterstand van 250 000 DNS-monsters by polisie-laboratoriums. Die Departement van Vervoer ondersoek 'n nuwe befondsingsmodel vir die Padongelukkefonds. 'n Rekord mielie-oes wink.

Spektrum: Politieke agenda agter betogings? 01.07.2026

1 Julie 2026: Die waarnemende minister van polisie vermoed daar is 'n politieke agenda agter drukgroepe se beplande betogings elke Donderdag. Reaksie op die kabinetskommelinge. Baie koue weer met sneeu en swaar reën op pad na die suid-ooste en sentrale dele van die land.

Ascultă podcastul Spektrum în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice