RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Spektrum: Waarnemende bestuurshoof van Onderstepoort Biologiese Produkte geskors 07.09.2026 50:56
7 September 2026: Die geregtelike ondersoek na die dood van Anele Tembe word in die Kaapstad-landdroshof voortgesit. Die waarnemende bestuurshoof van Onderstepoort Biologiese Produkte geskors, hangende 'n ondersoek. Sommige skole verbied matrieks wat hulle wangedra, om hulle matriekafskeid by te woon.
Spektrum: AGOA tot 2028 verleng 04.09.2026 50:44
4 September 2026: Die AGOA-ooreenkoms word tot 2028 verleng. Aansoeke vir skoolplasings in Gauteng vir graad een en agt leerlinge in 2027, sluit vandag. Die Vryheidsfront Plus wys Franco De Lange as sy burgemeesterskandidaat in Johannesburg aan.
Spektrum: Tongaat Hulett sukkel om produsente betyds te betaal 03.09.2026 46:05
3 September 2026: Die minister van basiese onderwys skort die implementering van 'n nuwe handboekkatalogus vir die grondslagfase tydelik op. Tongaat Hulett sukkel om suikerrietprodusente betyds te betaal. Die jaarlange nasionale ingryping in die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes is onder die vergrootglas.
Spektrum: El Niño kan lei tot bo-normale temperature in die lente 02.09.2026 48:15
2 September 2026: Operasie Prosper gaan voortaan bendeleiers teiken. Die Weerdiens waarsku dat 'n sterk El Niño-verskynsel bo-normale temperature hierdie lente kan veroorsaak. Die Verkiesingskommissie ontken dat hy die ANC toegelaat het om kandidatelyste ná die registrasiesperdatum in te dien.
Spektrum: Waarskuwing oor Rotavirus 01.09.2026 47:42
1 September 2026: Wie is Leonard Lekgetho, die nuwe hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid? 'n Waarskuwing oor die voorkoms van die Rotavirus by kinders jonger as vyf jaar. Dis Lentedag, maar koue en reën is op pad na groot dele van die land.
Spektrum: Kommer oor koringoes in die Swartland 31.08.2026 49:38
31 Augustus 2026: Twee oudpresidente se Konstitusionele Hof-aansoek van die hand gewys. Kommer oor die droogte se impak op die koringoes in die Swartland. Rassie maak die Bok-span vir Saterdag bekend.
Spektrum: Gift of the Givers gereed om hulp in Nepal te verskaf 28.08.2026 46:48
28 Augustus 2026: Gift of the Givers is gereed om in Nepal hulp te verskaf. 'n Ma van een van die vermiste Suid-Afrikaners het steeds hoop. Politieke partye het tot vyfuur vanmiddag kans om hulle kandidatelyste by die OVK in te dien.
Spektrum: Weermag oorskrei sy begroting met R3,3 miljard 27.08.2026 45:44
27 Augustus 2026: 'n Geoloog verduidelik die Nepal-ramp. Die weermag se begroting reeds met R3,3 miljard oorskrei, terwyl tweederdes aan salarisse spandeer word. Suid-Afrika versterk handelsbande met Brasilië.
Spektrum: Kriktiek op polisie se hantering van 10111-oproep 26.08.2026 50:17
26 Augustus 2026: Ondersoekbeamptes is steeds op die toneel waar 'n 50-jarige polisiekaptein vanoggend doodgeskiet is. Die polisie word weens hulle hantering van 'n 10111-oproep gekritiseer. 'n Mosie van wantroue in die Speaker in die parlement, Thoko Didiza, word vanmiddag aangehoor.
Spektrum: Motoronderdelebedryf bloei 25.08.2026 50:18
25 Augustus 2026: Die motoronderdelebedryf bloei duisende poste in drie jaar. Die voormalige Vryheidsfront Plus koukusleier in die Tshwane Metro, Grandi Theunissen, stap oor na die DA. Suid-Afrika kry dalk twee nuwe private universiteite.
Spektrum: ANC oorweeg voorstel om Gauteng se drie metro's saam te smelt 24.08.2026 52:09
24 Augustus 2026: Die ANC oorweeg 'n voorstel om Gauteng se drie metro's saam te smelt. Duisende onderwysposte is steeds nie gevul nie. Die Springbok-breier maak veranderinge aan die span vir die tweede toets teen die All Blacks in Kaapstad.
Spektrum: Al hoe meer mense steek hulle spaargeld onder die matras weg 21.08.2026 49:18
21 Augustus 2026: Politieke moorde in Knysna in die Wes-Kaap is onder die vergrootglas, nadat nóg twee ANC-lede vermoor is. Action SA nader die hof oor die polisiediens se tugproses teen generaal-majoor Wally Rhoode, wat hom van wangedrag vrygespreek het. Die ANC lê strafregtelike klagte teen ‘n maatskappy, wat deur die DA-LP dr. Mark Burke gestig is. Al hoe meer mense steek hulle spaargeld onder...
Spektrum: Moontlikheid van hoër brandstofpryse in September 20.08.2026 47:41
20 Augustus 2026: Die Amerikaanse Nasionale Instituut vir Gesondheid hef sy verbod op die toestaan van navorsingsubsidies op. Hoe diepgewortel lê die probleem van bendeverwante misdaad? Soos sake nou staan, sal brandstofpryse in September styg.
Spektrum: DA se Mark Burke reageer op aantygings 19.08.2026 52:28
19 Augustus 2026: Die DA se woordvoerder oor finansies, Mark Burke, reageer op die aantygings teen hom. Pas op vir vervalste gewisverliesmedikasie - jy kan tronk toe gaan! Afriforum en March and March gaan saamwerk.
Spektrum: Sal jy mediese produkte gebruik waarvan die inhoud onseker is? 18.08.2026 4:26
Suid-Afrika se gesondheidsreguleerder waarsku burgers om versigtig te wees nadat 'n toename in die verkoop van onwettige medisyne aangemeld is. Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Regulerende Owerheid (SAHPRA) sê die produkte word veral op sosiale media verkoop, maar is ook by gimnasiums en skoonheidswinkels beskikbaar. Corlea Kruger, 'n mediese beheerbeampte by SAHPRA, verduidelik...
Spektrum: Tiener van Malmesbury in hof oor kinderuitbuitingsnetwerke 18.08.2026 52:23
18 Augustus 2026: 'n Tiener van Malmesbury in die Wes-Kaap verskyn in die hof in verband met ekstremistiese aanlyn-kinderuitbuitingsnetwerke. Strafregkenners gaan by polisiestasies ontplooi word om polisiebeamptes by te staan. Suid-Afrika se gesondheidsreguleerder waarsku mense om versigtig te wees vir onwettige medisyne.
Spektrum: Johannesburg wil straaturineerders vasvat 17.08.2026 49:50
17 Augustus 2026: Die dodetal in Saterdagaand se bendeskietery in Newclare in Johannesburg styg tot vier. Die drukgroep teen ongedokumenteerde buitelanders, March and March, trek saam by die SAOG-beraad in Durban, op die dag wat die beraad migrasie bespreek. Johannesburgse beoog streng optrede teen mense wat op straat urineer.
Spektrum: Solidariteit sê hy hou Media24 se herskikkingsplan fyn dop 14.08.2026 50:25
14 Augustus 2026: Die Spesiale Ondersoekeenheid gaan byna R4 miljard se kontrakte tussen Khumzi Investments en die Oos-Kaapse Departement van Onderwys ondersoek. Solidariteit sê hy sal Media24 se sakeplan fyn bestudeer om vas te stel wat die maatskappy se rede vir sy herskikkingsplan is. Daar is kommer dat vroue steeds met stereotipes, kritiek en strukturele hindernisse te kampe het.
Spektrum: Graan SA ongelukkig oor JSE se sojaboonprysmodel 13.08.2026 51:13
13 Augustus 2026: Graan SA betoog teen die JSE se sojaboonprysmodel. 'n Beloning uitgeloof ná 'n beweerde brandstigtingsvoorval by die Bloedrivier-erfenisterrein. Zambiërs trek vandag hulle kruisies in dié land se algemene verkiesing.
Spektrum: Hoe lank is ysige weer nog SA se voorland? 12.08.2026 50:44
12 Augustus 2026: Uitspraak verwag in die saak teen die man, wat na bewering verantwoordelik is vir die brand by die Usindiso-gebou. Ysige weer tref groot dele van die land, maar vir hoe lank? Die gemeenskapspolisiëringsforum in Reiger Park sê meer mans moet betrokke raak in die stryd teen bendegeweld.
Spektrum: 14 vermeende onwettige mynwerkers in Noordwes dood 11.08.2026 51:28
11 Augustus 2026: Ons praat met ons verslaggewer op die toneel waar 14 mynerwerkers dood is. Die jongste oor watter passe oop en watter toe is weens sneeu. Die tweede kwartaal se indiensnemingstatistiek is pas bekend.
Spektrum: Waar gaan nóg sneeu val? 10.08.2026 54:39
10 Augustus 2026: Versoeke dat misdaadintelligensie-operasies versterk word in bendegeteisterde gebiede soos Reigerpark. 'n Weerkundige verduidelik waar nóg sneeu gaan val. Arrive Alive waarsku dat sneeu- en ystoestande uiters versigtig aangepak moet word.
Spektrum: Bibberweer, sneeu en reën vir SA 07.08.2026 52:44
7 Augustus 2026: Kiesers kan nog tot middernag aanlyn registreer. Ons praat met die OVK oor die proklamasie van die verkiesingsdatum. Kommer oor e-taxis se veiligheid nadat 'n vrou ontvoer is. Reën en sneeu van Sondag af oor groot dele van die land.
Spektrum: Ebola-gevalle in DRK styg tot meer as 1 800 06.08.2026 53:40
6 Augustus 2026: Vier mense wat by die Madlanga-kommissie geïmpliseer is, word vir misdaadondersoek verwys. Die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, en vier ander is in Brakpan se landdroshof in verband met die moord op Emmanuel Mbense in 2022. Die aantal gevalle van Ebola in die Kongo styg tot meer as 1 800.
Spektrum: SA teken grootste mielieoes ooit aan 05.08.2026 53:21
5 Augustus 2026: President Cyril Ramaphosa mag glo voor die afsettingskomitee gedaag word om te getuig. Die Departement van Binnelandse Sake kan nie meer weier om die geboorte van 'n kind in Suid-Afrika te registreer nie bloot omdat die ouers nie geldige immigrasiedokumente het nie. Suid-Afrika teken die grootste mielieoes ooit aan.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice