RSG

Monitor

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

News

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

12 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Monitor: Matrieks begin met hulle finale eksamen 12.10.2026

12 Oktober 2026: Meer as 'n miljoen matrikulante sal van vandeesweek af in die finale eksamen pen op papier sit. Asielaansoeke deur buitelanders sal na verwagting van 10 November af weer verwerk word. Spanning laai op binne die Regering van Nasionale Eenheid oor die ANC se hantering van betrekkinge met Amerika.

Monitor: Gewelddadige onluste teen migrante in talle stede 09.10.2026

9 Oktober 2026: Gewelddadige onluste teen migrante breek uit in Durban, Gqeberha en Soweto in Johannesburg. Druk uit talle oorde vir 'n brandstofprysverliging - ons praat met 'n ekonoom oor wat die regering kan doen. In Geestesgesondheidsmaand val die fokus vandag op aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom.

Monitor: Ian Cameron gaan identiteit van seksuele oortreders bekendmaak 08.10.2026

8 Oktober 2026: Die voorsitter van die polisieportefeuje-komitee, Ian Cameron, gaan sélf die identiteite van seksuele oortreders bekendmaak. Volgens 'n Konstitusionele hof-beslissing mag niemand weggewys word wat om asiel wil aansoek doen nie, maar hoe strook dit met ongedokumenteerde buitelanders wat die land moet verlaat? 'n Nuwe webportaal maak dit moontlik om alle ongebruikte staatsgrond en -e...

Monitor: Plaasmoord in Noordwes wyd veroordeel 07.10.2026

7 Oktober 2026: 'n Plaasmoord naby Ottosdal in Noordwes word wyd veroordeel. Die Dierebeskermingsvereniging lê misdaadklagte teen polisiebeamptes betrokke by die dood van die polisiehond, Sky. Hoe baat die onwettige brandstofbedryf by die hoë brandstofprys? Ons praat met 'n kenner oor brandstofskelms se foefies.

Monitor: Pleidooie vir brandstofprysverligting 06.10.2026

6 Oktober 2026: Met hemelhoë brandstofprysverhogings vanaf middernag, rig politieke partye en vakbonde 'n dringende versoek vir prysverligting. Kommer oor 'n ten-alle-koste-wen mentaliteit in skolesport. 'n Groot internasionale toekenning vir die Suid-Afrikaanse kunstenaar Zanele Muholi.

Monitor: Die Weermag bestee miljarde aan private huurvlugte 05.10.2026

5 Oktober 2026: Die Weermag bestee bykans R4,2 miljard aan private huurvlugte. Iran sê die Straat van Hormoes bly gesluit tot die VSA aan sewe voorwaardes voldoen. ’n Herrie dreig oor die Minister van Polisie en sy voorganger se jaarlikse gesamentlike salaris.

Monitor: Herrie oor skildery van Krotoa 02.10.2026

2 Oktober 2026: Die uittredende polisieombud van die Wes-Kaap, Oswald Reddy, sê die kaping van die polisiediens deur bendes bly 'n reuse uitdaging. Die MRK reageer op die onlangse massaskietvoorvalle. ‘n Herrie is los oor 'n skildery, wat die stammoeder Krotoa uitbeeld.

Monitor: Brondstofprysskok wag op motoriste 01.10.2026

1 Oktober 2026: 'n Yslike brandstof-skok wag op motoriste. Operasie Shanela neem in 'n week meer as 14 000 verdagtes in hegtenis, maar daar is kommer oor die uiteindelike skuldigbevindings. Is die jongste onderonsie tussen die regering en die Amerikaanse ambassadeur die AGOA-doodskoot vir Suid-Afrika?

Monitor: Werkloosheid neem toe in tweede kwartaal van 2026 30.09.2026

30 September 2026: President Ramaphosa sê 50 000 gevalle van geslagsgeweld en vrouemoord en meer as 36 000 gevalle van verkragting is in die 2025/26 boekjaar aangemeld. Massa-skietvoorvalle by tavernes plaas opnuut die kollig op die bedrywighede van dié drankplekke. Minder mense het werk gehad in die tweede kwartaal van 2026.

Monitor: R6 miljard vloei onwettig uit SA weens swak regulasies en beheermaatreëls 29.09.2026

29 September 2026: Politieke partye is diep bekommerd oor die voortgesette massaskietvoorvalle. Ons verduidelik hoe die kandidatelys-fiasko die ANC duur te staan kan kom in die Mangaung-metro. 'n Beraamde R6 miljard vloei onwettig uit Suid Afrika weens swak finansiële regulasies en beheermaatreëls oor veral sake-ondernemings in die sogenaamde townshipekonomie.

Monitor: 27 Dood in naweek van ongebreidelde misdaad 28.09.2026

28 September 2026: 'n Naweek van ongebreidelde misdaad landwyd eis minstens 27 lewens. 'n Nuwe databasis van sowat vier miljoen slawe in voormalige Britse kolonies - ook Suid-Afrika - word aanlyn bekendgestel. Action SA stel sy verkiesingsmanifes bekend.

Monitor: Bek-en-klouseer steek kop uit in Namibië 25.09.2026

25 September 2026: 164 Suid-Afrikaners is reeds vanjaar in 38 voorvalle van massaskietery dood. Die One Billion Rising South Africa-organisasie betoog teen vrouemoorde in Kaapstad. Bek-en-klouseer steek kop uit in die Kharas-streek in Namibië.

Monitor: Trump oorweeg verbod op Amerikaanse dieseluitvoere 24.09.2026

24 September 2026: Die Reserwebank sê sy besluit om die repokoers met 25 basispunte te verhoog, is 'n voorsorgmaatreël teen prysskokke. Die polisie in KwaZulu-Natal sal met inwoners van die Ziko-gebied praat om die skuldiges in die moord op elf mense by 'n partytjie op te spoor. Ons bekyk ons erfenis as Suid-Afrikaners van verskillende kante.

Monitor: Styging in rentekoerse in die vooruitsig 23.09.2026

23 September 2026: 'n Verhoging in die repokoers blyk onafwendbaar te wees. Bela-Bela se inwoners stig 'n politieke party vir die plaaslike verkiesing. 'n Kaapse prokureur vra vir 'n nasionale kode vir skolerugbywerwing.

Monitor: 'n Algehele verbod op drink en bestuur dalk binnekort werklikheid 22.09.2026

22 September 2026: Die departement van vervoer is vasberade om 'n algehele verbod op dronkbestuur in te stel. Meer gegoede skole in Gauteng sukkel om kop bo water te hou nadat leerlingsubsidies aansienlik besnoei is. Die Oos-Kaapse hooggeregshof las dat Intercape wel passasiers by die Ncgobo Polisiestasie mag op- en aflaai.

Monitor: Drie ondervra oor Oos-Rand-moorde 21.09.2026

21 September 2026: Drie mense word ondervra in verband met die moord op nege vroue aan die Oos-Rand. Die uitbreking van a-pokke plaas die kollig weer op die belangrikheid van inentings. President Donald Trump straf mediahuise, wat volgens hom, fopnuus versprei.

Monitor: Verskerpte optrede ná negende liggaam aan Oos-Rand gevind is 18.09.2026

18 September 2026: Verskerpte optrede van die polisie nadat 'n negende liggaam van 'n vrou aan die Oos-Rand gevind is. Reaksie op die VSA se jongste visumbeperkings en dreigemente van verdere sanksies deur die Amerikaanse ambassadeur. 'n Vlak 6-waarskuwing vir swaar, ontwrigtende reën langs die KwaZulu-Natalse kus en aangrensende binneland.

Monitor: Meer as 5 000 plaaslike regering-verkiesingskandidate gediskwalifiseer 17.09.2026

17 September 2026: Die OVK sê meer as 5 000 kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesings is gediskwalifiseer. Mense word gewaarsku om nie vals inligting oor 'n sogenaamde Kemptonpark-reeksmoordenaar te versprei nie. Die Nasionale Skuilingsbeweging sê hulle kan nie slagoffers van geslagsgeweld en vrouemoord help sonder die nodige befondsing, infrastruktuur en ondersteuning nie.

Monitor: Beloning van R400 00 uitgeloof vir inligting oor Oos-Rand-moorde 16.09.2026

16 September 2026: Kenners sê die polisie moes beter kommunikeer nadat die eerste liggame aan die Oos-Rand gevind is. Uitspraak waarskynlik vanoggend gelewer in die ANC se saak teen die OVK. Ondanks 'n mediaverklaring, wonder Suid-Afrikaners hoekom adjunkpresident Paul Mashatile so lank uit die openbare oog is.

Monitor: Kommer dat reeksmoordenaar aan Oos-Rand bedrywig is 15.09.2026

15 September 2026: 'n Saak van strafbare manslag geopen ná die grubotsing in die Sentraal Karoo waarin 21 mense dood is. Kommer dat 'n reeksmoordenaar aan Gauteng se Oos-Rand bedrywig is, nadat die liggaam van 'n vyfde vrou gevind is. Die sluiting van nóg 'n diamantmyn in die Noord-Kaap dompel sake-eienaars in finansiële nood.

Monitor: Polisie ondersoek moord op vier vroue in Kemptonpark afgelope twee maande 14.09.2026

14 September 2026: Die polisie ondersoek 'n moontlike verband tussen die moord op vier vroue van Kemptonpark die afgelope twee maande. Minister Pemmy Majodina word by die parlement se etiekkomitee verkla weens haar gevloekery by 'n gemeenskapsvergadering. BRICS pleit vir kalmte en selfbeheersing te midde die oorlog in die Midde-Ooste.

Monitor: W-Kaap regering gryp in om watertoevoer in Beaufort-Wes te herstel 11.09.2026

11 September 2026: Die Wes-Kaapse regering gryp in om watertoevoer in Beaufort-Wes te herstel. Minister Pemmy Majodina is in die sop oor haar kru taal by 'n gemeenskapsvergadering in Kouga in die Oos-Kaap. Navorsers van die Universiteit van die Vrystaat sê die waarskuwingsligte het etlike jare geflikker voor die Jagersfontein-ramp vier jaar gelede.

Monitor: Klopjagte by skole in Gauteng het verbode items aan die lig gebring 10.09.2026

10 September 2026: Verskeie instansies word gevra om die dood van die polisiehond, Sky, te ondersoek. Gauteng se owerhede voer klopjagte op skole uit om dwelms, bendebedrywighede en vuurwapens te teiken. Swak dienslewering kan dorpe wat op toerisme staatmaak, benadeel.

Monitor: Rooivleisbedryf kry toegang tot Egiptiese mark 09.09.2026

9 September 2026: Die ontsnapping van 'n gevangene uit die Rooigrond-tronk in Noordwes maak opslae. Die rooivleisbedryf kry toegang tot die Egiptiese mark. Die ANC verduidelik hoekom hy die Verkiesingskommissie oor kandidaatlyste hof toe neem.

Monitor: Beaufort-Wes maak staat op watertenks nadat hoofwaterpyplyn beskadig is in fratsvloed 08.09.2026

8 September 2026: Boere is versigtig optimisties oor skorsing van Onderstepoort Biologiese Produkte se waarnemende uitvoerende hoof. Beaufort-Wes in die Sentraal Karoo het steeds waterprobleme, nadat die dorp se hoofwaterpyplyn tydens 'n fratsoorstroming beskadig is. Die polisie in die Vrystaat waarsku mense om nie vals KI-foto's te versprei nie.

Ascultă podcastul Monitor în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice