RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Monitor 22 September 2023 22.09.2023 45:53
Die hof beveel die minister van landbou om alle inligting rakende grondeise bekend te maak. Die Reserwebank het die repokoers onverandered gelaat. Daar is steeds 'n groot tekort aan bloedvoorraad in die Wes-Kaap. Kommer oor 'n groot aantal hartpasiënte wat nie hulle medikasie drink nie.
Monitor 21 September 2023 21.09.2023 46:52
Sal die Reserwebank vandag aan die rentekoers torring? Suid-Afrika sal steeds as gasheer optree vir die AGOA-forum in November. Ruan Pienaar bespreek die Bokke se strategie teen Ierland.
Monitor 20 September 2023 20.09.2023 46:00
President Cyril Ramaphosa vra die Verenigde Nasies om vredesinisiatiewe in Oekraïne te versnel. Die implementering van die Zondo-kommissie se voorstelle oor staatskaping vorder teen 'n slakkepas. Solidariteit besoek die VSA oor AGOA en Suid-Afrika se buitelandse beleid.
Monitor 19 September 2023 19.09.2023 47:56
Die jongste oor die brande in Noordwes. Afrikalande sluit 'n veiligheidsooreenkoms. Vir die eerste keer in 'n jaar is daar weer 'n Afrikaanse rolprent op die silwerdoek.
Monitor 18 September 2023 18.09.2023 47:04
Die Weerburo waarsku oor voortgesette onstuimige seetoestande in die Suid-Kaap. Wat is die stand van ons demokrasie in 'n wêreld waar dit toenemend met outokrasie vervang word? President Cyril Ramaphosa vlieg na New York waar die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering vandeesweek sit.
Monitor 15 September 2023 15.09.2023 44:40
Minstens die helfte van kankergevalle onder kinders in Suid-Afrika word nooit gediagnoseer nie. Kommer oor die lae vervolgingskoers van plaasaanvalle- en moordsake. Opposisiepartye in Noordwes beplan om 'n mosie van wantroue in die Premier in te dien. Die Tshwane-metro sê die munisipale staking en gepaardgaande geweld is 'n poging om die stad onregeerbaar te maak.
Monitor 14 September 2023 14.09.2023 48:49
Die raad van ondersoek na die brand in Marshalltown, Johannesburg, kry skerp tande om sy taak te verrig. Die DA maak sy premierskandidaat in Gauteng bekend. Ons praat oor gerugte dat Vlak 7-beurtkrag dalk geïmplementeer gaan word.
Monitor 13 September 2023 13.09.2023 50:51
Meer as 2 300 mense dood en 10 000 steeds vermis ná oorstromings in Libië. Eiertekorte weens voëlgriep. Voormalige Springbokkapteins die josie in oor die Bokke se peperment-tandepasta truie.
Monitor 12 September 2023 12.09.2023 50:08
'n Wedloop teen tyd om oorlewendes uit die puin van die aardbewing in Marokko te grawe. Die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sal miljoene verloor as sy in 'n staat van beskuldiging geplaas word, ten gunste waarvan die parlement met 'n oorweldigende meerderheid gestem het. Ideologiese verskille kniehalter die NEDLAC-forum.
Monitor 11 September 2023 11.09.2023 49:16
Ons bespreek Mangosuthu Buthelezi se nalatenskap. Die dodetal in die Marokko-aardbewing styg skerp. Ons ontleed die G20-beraad.
Monitor 8 September 2023 08.09.2023 50:20
Die Parlement gee die Nasionale Finansiële Hulpskema vir studente twee weke om uitdagings in sy huidige finansieringsmodel op te los. Navorsing wys 'n toename in Suid-Afrikaners se lewenstevredenheid, ondanks 'n vertrouensbreuk tussen landsburgers en die regering. Owerhede in Johannesburg slaan toe op gekaapte geboue in die middestad.
Monitor 7 September 2023 07.09.2023 50:22
Eskom bestee miljarde aan diesel vir turbines om noodkrag op te wek. 'n Studie wys gelduitleners gebruik slenters om skuld van leners se salarisse te verhaal. Sakevertroue styg effens in die derde kwartaal. Vroue in Mexiko het nou die reg op aborsie.
Monitor 6 September 2023 06.09.2023 46:54
'n Rekordverhoging in brandstofpryse. Noord-Korea beplan om wapens aan Moskou te verskaf. Ons skakel oor na Pretoria, waar die span by TLU-SA se jaarkongres uitsaai.
Monitor 5 September 2023 05.09.2023 48:28
Die Appèlhof beslis die ANC moet sy kaderontplooiingsrekords aan die DA oorhandig. Die Gautengse onderwysdepartement begin met die plasing van leerlinge vir die 2024 skooljaar. Politieke partye reageer op die verslag oor die Russiese vragskip, Lady R. 'n Studie bevind dat die bedryfsprobleme by Transnet die land se ekonomie daagliks R1 miljard kos.
Monitor 4 September 2023 04.09.2023 50:40
'n Onafhanklike paneel bevind dat geen wapens op die Russiese skip Lady R gelaai is nie. Brande woed in die Vrystaat. Die Kill the Boer-saak sal vandag in die Appèlhof aangehoor word.
Monitor 1 September 2023 01.09.2023 50:05
Die Wes-Kaapse owerheid sluit 'n ooreenkoms met die taxibedryf. Julle het jullle plig versuim, sê oudburgemeester Herman Mashaba oor gister se brand in Johannesburg se middestad. 'n Nuwe algoritme is suksesvol om asteroïedes op te spoor wat die aarde bedreig.
Monitor 31 Augustus 2023 31.08.2023 47:34
Die omstrede Ace Magashule stig 'n nuwe party. Die Tshwane-metro beplan streng optrede teen stakers. 'n Egpaar wat lewens wil red, reis met 'n omgeboude trok om die aarde met olie van vis-en-skyfie winkels.
Monitor 30 Augustus 2023 30.08.2023 50:10
Kholeka Gcaleka is benoem om die nuwe Openbare Beskermer te wees, maar nie almal stem daarmee saam nie. Die Menseregtekommissie ondersoek die rioolprobleme in Kimberley. Kommer oor riool wat in die Seekoeivlei-natuurreservaat in die Vrystaat vloei. Wysigings aan die Kieswet word in die Konstitusionele Hof betwis.
Monitor 29 Augustus 2023 29.08.2023 50:02
'n Kritieke tekort aan bloed in die Wes-Kaap. Kommer oor Johannesburg se vuil lug. 'n Huldeblyk aan die akteur, Bradley Olivier.
Monitor 28 Augustus 2023 28.08.2023 47:19
Die DA wil hê die raad van die Johannesburg Metro moet ontbind word. Boere bereken die skade ná veldbrande in die Vrystaat. Alan Winde staan vir 'n tweede termyn as premier van die Wes-Kaap. Die opposisie in Zimbabwe weier om die verkiesingsuitslag te aanvaar.
Monitor 25 Augustus 2023 25.08.2023 43:16
'n Tshwane-metro vergadering oor stakende werkers stort in duie. Dwaalkoeëls teister inwoners in die omgewing van die Wespark-begraafplaas in Johannesburg, waar bendeleiers en politieke figure dikwels met die skiet van vuurwapens begrawe word. Een van die slagoffers van die sogenaamde Springs Monster praat oor sy ervaring.
Monitor 24 Augustus 2023 24.08.2023 48:17
Russiese lugvaart-owerhede bevestig dat die Wagner-hoof op 'n vliegtuig was wat neergestort het. Indië maak geskiedenis met 'n maanlanding. Ons praat met 'n politieke wetenskaplike en 'n ekonoom oor die BRICS-beraad.
Monitor 23 Augustus 2023 23.08.2023 47:12
Onderhoude word vandag gevoer met kandidate vir die amp van Openbare Beskermer. Die ondersoekende joernalis, Derek Watts, sterf. Stewige groei in die inkomste van restaurante en koffiewinkels. Zimbabwiërs trek vandag kruisies in die algemene verkiesing.
Monitor 22 Augustus 2023 22.08.2023 46:02
Twee-en-dertig vlieëniers van die Lugmag kon die afgelope twee jaar nie vlieg nie. Opposisiepartye grom oor die Reserwebank se Phala-Phala bevindings. Die Silwerskerm-fees skud sy vere reg.
Monitor 21 Augustus 2023 21.08.2023 49:56
Kommer oor die groot toename in moorde op polisielede. Meer as 20 lande het aansoek gedoen om by BRICS aan te sluit. Die UDF vier sy 40e bestaansjaar.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice