RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Monitor 27 Oktober 2023 27.10.2023 48:55
Inwoners en die polisie in die Oos-kaap en Limpopo slaan toe op buitelanders se winkels. Die DA en die joernalis, Adriaan Basson, is haaks oor sy standpunt dat die party dalk ná die verkiesing 'n koalisie met die ANC sal vorm. Rugbykoors - of dalk eerder 'n soort senuweeagtigheid - pak Suid-Afrikaners op die vooraand van die rugbywêreldbeker-eindstryd.
Monitor 26 Oktober 2023 26.10.2023 46:35
Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys sal vandag voor die Nasionale Vergadering dien. Die ANC hersien sy koalisievennootskap met die EFF. Daar word voorgestel dat buitelanders nie meer vergoeding van die Padongelukkefonds kan eis nie. Die Ampie Bosman Kultuurhistoriese Museum in Lichtenburg is in 'n brand verwoes.
Monitor 25 Oktober 2023 25.10.2023 48:26
Aanstaande jaar se verkiesing amptelik bekendgestel. Die vervolgingsproses teen twee regters moenie langer vertraag word nie. Hamas pleit by Arabiese lande om die aanvalle in Gaza te help stop.
Monitor 24 Oktober 2023 24.10.2023 49:22
Die konflik in Gaza word deur 'n skerp propagandaoorlog gekenmerk. 'n Boer sterf in 'n veldbrand in die Vrystaat. Laerskool Elarduspark in Pretoria blink uit in die Rapportryers se Bybelvasvrakompetisie.
Monitor 23 Oktober 2023 23.10.2023 49:15
Verskeie beskadigde strande langs die Tuinroete behou hulle Blouvlag-status. Die sangeres, Jodi Jantjies, vertel hoe sy met hakkel saamleef. Die Springbok-kaptein loof sy spanmaats se deursettingsvermoë teen die Rose.
Monitor 20 Oktober 2023 20.10.2023 51:32
Die Nasionale Vergadering beveel aan dat Kholeka Gcaleka as Openbare Beskermer aangestel word. Vrystaat Landbou sê veldbrande het tot gevolg dat landbouers op kleiner skaal boer. Die DA sê die stand van die Lugmag is 'n nasionale krisis. 'n Versoek vir nasionale ingryping in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Noordwes.
Monitor 19 Oktober 2023 19.10.2023 49:38
Koppe moet rol, sê Nehawu ná 'n verslag oor die brand in die parlement die vinger na die parlementêre beskermingsdiens wys. Amerika veto 'n tweede humanitêre resolusie oor Gaza in die Verenigde Nasies se veiligheidsraad. Op Mediavryheiddag wil ons weet: Vertrou jy die hoofstroom-media?
Monitor 18 Oktober 2023 18.10.2023 49:53
Daar is oor-en-weer beskuldigings oor wie vir die hospitaalaanval in Gaza verantwoordelik is, wat honderde lewens eis. Geen groot hoendertekorte word weens voëlgriep verwag nie. Eskom spog dat beurtkrag moontlik verby is, maar 'n kenner is skepties.
Monitor 17 Oktober 2023 17.10.2023 48:13
Polisiebeamptes in die Wes-Kaap se verlof is gekanselleer, en dis nou stewels op straatvlak om bendegeweld te bekamp. President Cyril Ramaphosa glo groen waterstof kan die land se ekonomie betekenisvol laat groei. Die oorlog tussen Israel en Hamas versprei dalk na Libanon.
Monitor 16 Oktober 2023 16.10.2023 49:23
Agri SA se nuwe bestuurshoof praat oor sy uitdagings. Israel beplan 'n volgende fase van die oorlog. Ons praat met Peter de Villiers oor die Bokke se vertoning teen Frankryk.
Monitor 13 Oktober 2023 13.10.2023 52:27
Ons praat met 'n voormalige diplomaat oor sy bemiddelings tussen Israel en Palestina. 'n Boek ontlok 'n debat oor die gebruik van ‘n term soos bruin om ‘n groep mense te beskryf wat deur die Apartheidsregering geklassifiseer is as Kleurling. Ons maak die wenner van die WAT Nuutskeppingskompetisie bekend.
Monitor 12 Oktober 2023 12.10.2023 49:14
Kgosi Kwena Mangope is Action SA se premierskandidaat vir Noordwes. Daar is toenemende druk op die Departement van Openbare Ondernemings om Transnet reg te ruk. Meer as twee miljard mense wêreldwyd ervaar probleme met hulle sig. Voedselsekerheid is in die kollig by Agri SA se nasionale kongres.
Monitor 11 Oktober 2023 11.10.2023 48:30
Ons praat met 'n kenner oor die metode van oorlogvoering in Gaza. Maties se viserektor verduidelik hoe die Khampephe-verslag op die kampus geïmplimenteer word. Ons praat oor 'n dokumentêre film wat oor die verskuiwing van Bruinmense in Stellenbosch handel.
Monitor 10 Oktober 2023 10.10.2023 50:32
Vroueskuilings sukkel om kop bo water te hou met min befondsing deur die regering. Graad R sal binnekort verpligtend vir alle kinders wees wanneer die Bela-wetgewing goedgekeur word. Die prys van Brent-ruolie styg weens die konflik tussen Israel en Hamas. Kan inheemse kennis ons help om die aard van die heelal te verstaan? Dít en ander kwessies kom onder die loep in die dokumentêre rolprente, AITS...
Monitor 9 Oktober 2023 09.10.2023 47:16
Ons praat met militêre en politieke ontleders, en 'n Suid-Afrikaner in die hart van die bloedvergieting in Israel. Saartjie Botha praat oor vanjaar se Woordfees-hoogtepunte.
Monitor 6 Oktober 2023 06.10.2023 47:11
Die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, ontken dat ondersoeke na die Nasionale Finansiële Hulpskema vir studente weggesteek word. Verskeie munisipaliteite in die Vrystaat sukkel om geld in te vorder, wat dienslewering tot 'n stilstand laat kners. Elektrisiteitsopwekking daal met meer as 6% in Augustus.
Monitor 5 Oktober 2023 05.10.2023 47:45
Polisiebeamptes wat op die Kaapse Vlakte ontplooi word, word na hulle dood gestuur. 'n Ondersoek na sogenaamde vreemde gedrag onder skoolkinders word. 'n Multimiljoen rand waterpypleiding bring verligting aan Oudtshoorn in die Klein Karoo.
Monitor 4 Oktober 2023 04.10.2023 48:28
Duisende hektaar weidingsveld is reeds deur veldbrande in Limpopo en die Vrystaat verwoes. Meer polisielede word in Gugulethu op die Kaapse Vlakte ontplooi. Afriforum maak kapsie teen die nuwe voorgestelde regulasies oor watergebruik vir ontspanningsdoeleindes. En, 'n eerste in Amerikaanse geskiedenis...
Monitor 3 Oktober 2023 03.10.2023 48:38
Die minister van polisie, Bheki Cele, word beveel om verskoning te vra vir sy uitbarsting teenoor die gemeenskapsaktivis, Ian Cameron. Twee wetenskaplikes ontvang die Nobelprys vir Geneeskunde vir die ontwikkeling van die mRNS-enstof teen Covid. Die rolprentmaker, Pierre de Villiers, sê daar is ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Soedan.
Monitor 2 Oktober 2023 02.10.2023 48:57
Motoriste moet hulle staal om in Oktober weer meer vir brandstof te betaal. Reaksie op die bedanking van die bestuurshoof van Transnet. Vrystaat Landbou sê die beleid oor die invoer en private vervaardiging van entstowwe teen dieresiektes moet hersien word. Kommer oor die vervalle toestand van die Noordwes Landboumuseum.
Monitor 29 September 2023 29.09.2023 47:05
Eskom hoop om beurtkrag in die somer tot fase vier te beperk. Ons kry die jongste nuus uit die Tshwane-metro, waar dienslewering stilstaan weens die voortslepende onwettige munisipale staking. Inwoners van Kariega in die Oos-Kaap sê daar is 'n toename in pogings van ontvoering van tienermeisies.
Monitor 28 September 2023 28.09.2023 46:57
Wes-Kaapse boere doen skadebepalings ná die naweek se swaar reën en oorstromings. Die H7-stam van voëlgriep kom nou in minstens vyf provinsies voor. 'n Waternavorsingspesialis sê swak bestuur en instandhouding van waterinfrastruktuur dra grootliks by tot die watertekorte in Gauteng.
Monitor 27 September 2023 27.09.2023 48:50
Sommige paaie in die Wes-Kaap is weer begaanbaar nadat storms die provinsie vroeër vandeesweek getref het. Suid-Afrika staan bekend as die proteshoofstad van die wêreld. Die laaste groep Working on Fire-brandbestryders, wat vroeër vanjaar na Kanada ontplooi is, is terug in die land.
Monitor 26 September 2023 26.09.2023 45:48
Swaar reën en oorstromings in die Wes-Kaap rig groot skade aan. Boere het reeds 'n miljard rand se vee en weidingsveld verloor weens die verwoestende brande. Chris Pappas is die DA se premierskandidaat in KwaZulu-Natal. Die nuwe transmissie-maatskappy van Eskom wil teen November begin handel dryf.
Monitor 25 September 2023 25.09.2023 46:32
Action Society loof die vinnige optrede van die polisie en Hoedspruit Plaaswag om transitorowers vas te trek. Suid-Afrikaners vier Erfenisdag. 'n Onvoltooide multimiljoenrand waterbehandeling- en rioolaanleg by Kampersrus in Hoedspruit, Limpopo, is gestaak.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice