RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Gesondheid 7 Desember 2022 07.12.2022 26:44
Die jongste gesondheidsgier is om ’n vitamienkroeg te besoek om ’n mengsel van vitamiene, anti-oksidante of aminosure binne-aars te ontvang. Hou dit voordele vir jou gesondheid in? Wat moet jy weet voordat jy toelaat dat iemand ’n mengsel regstreeks in jou bloedstroom indrup? Marí Hudson praat hieroor met ’n endokrinoloog van Pretoria.
Gesondheid 30 November 2022 30.11.2022 26:23
Baie mans ouer as 50 ondervind erektiele disfunksie. Dis nie iets waaroor mans wil praat nie. Daar is natuurlik die blou pilletjie, maar daar is ook baie méér hulp as dié pil.
Gesondheid 23 November 2022 23.11.2022 25:42
Daar is oral swendelaars – diegene wat mense oortuig om hulle geld in piramiedeskemas of sakkies diamante te belê, of die karakters in Steinheist, of die liefdeswendelaars wat vroue oortuig om duisende rande in sy rekening in te betaal. Is daar tipiese slagoffers? Hoe lyk die profiel van ’n swendelaar wat maklik lieg en bedrieg? ’n Psigiater vertel meer.
Gesondheid 16 November 2022 16.11.2022 24:06
Het jy geweet die insekdoder, DDT, en afvalprodukte van sekere plastiek dra by tot testikulêre kanker by jong mans? Of dat selfs verspreide testikulêre kanker genees kan word? Of dat nuwer (maar baie duur) middels beskikbaar is om prostaatkanker te behandel? Marí Hudson gesels met ‘n uroloog van Pretoria.
Gesondheid 9 November 2022 09.11.2022 25:58
’n Onkoloog beantwoord luisteraarsvrae oor warmgloede, biologiese middels, borskanker wat versprei het, en nuwe middels.
Gesondheid 2 November 2022 02.11.2022 28:09
‘n Kankerchirurg beantwoord luisteraarsvrae oor ’n dubbele mastektomie, limfdreinering, mammogramme en meer.
Gesondheid 26 Oktober 2022 26.10.2022 23:35
“My reis met borskanker was nie altyd maklik of sonder pyn nie, maar dit was goed.” Só gesels Lana Ehlers oor haar belewenis met borskanker. Sy vertel eerlik van die skok van die diagnose, hoe dinge aan haar en binne haar verander het. ‘n Onkoloog dui ook aan of jaarlikse opvolg pet- of CT-skanderings ’n goeie ding is of nie.
Gesondheid 19 Oktober 2022 19.10.2022 25:43
Dit is van groot belang dat pasiënte wat met borskanker gediagnoseer word, diep asemhaal en nie in ’n radikale mastektomie injaag nie. Goeie en deeglike ondersoeke en toetse kan die soort borskanker, die stadium en die behandeling bepaal, jou moontlik chemoterapie spaar, en jou kans op 10 jaar oorlewing verbeter. Maar alles begin met gereelde mammogramme, want een uit agt vroue sal borskanker ontw...
Gesondheid 12 Oktober 2022 12.10.2022 23:46
Die dae van haastige en verminkende mastektomieë is verby. As jou kankerspan nie vir jou die opsie aanbied om in een operasie die kanker te verwyder en die bors dan te rekonstrueer nie, soek ’n ander span kankerdokters. Marí Hudson gesels met ‘n kankerchirurg oor die chirurgiese deel van die behandeling.
Gesondheid 5 Oktober 2022 05.10.2022 26:23
Die Whipple-operasie is een van die groot operasies wat gedoen word om ’n deel van die pankreas weg te sny, meestal in die geval van pankreaskanker. ’n Chirurg verduidelik hoe die operasie gedoen word, en waarom dele van ander organe ook weggesny moet word.
Gesondheid 28 September 2022 28.09.2022 26:51
Het jy geweet dat selfs aggressiewe klierkanker (limfoom) nou met nuwe middels goed behandel kan word, mits dit vroeg gediagnoseer word? Of dat die kliergeswel van limfoom dikwels met tuberkulose verwar word? Of dat limfoom eintlik net met ’n biopsie gediagnoseer kan word? Mari Hudson praat met ’n kliniese hematoloog oor hierdie soort bloedkanker.
Gesondheid 21 September 2022 21.09.2022 22:16
Het jy geweet dat as ’n weerligstraal jou tref, of jy aan ‘n hoogspanningskabel raak, die straal eers binne-in jou lyf rondbons en skade veroorsaak voordat dit jou lyf verlaat? In ons gesprek oor ernstige brandwonde kyk ons na die klassifikasie van brandwonde, hoekom dit so pynlik is, veloorplantings, velkwekings, longskade en besef ons ook dat nie alle pasiënte gered word nie. Mari Hudson gesels...
Gesondheid 14 September 2022 14.09.2022 26:40
Verstommende vooruitgang is gemaak in die behandeling van miëloom, een van die drie vorms van bloedkanker. Danksy die nuwe middels het die oorlewingsyfer van vroeggediagnoseerde miëloom, wat beskryf kan word as bloedplasma-kanker, die afgelope 15 jaar verbeter van sowat 2 jaar tot 10 jaar plus. Mari Hudson gesels met ’n kliniese hematoloog.
Gesondheid 7 September 2022 07.09.2022 23:22
Ons fokus in Bloedkanker-bewustheidsmaand op leukemie, een van die drie soorte bloedkanker. Leukemie se behandeling verg dikwels stamsel-oorplantings. Mari Hudson praat met ’n kliniese hematoloog hieroor.
Gesondheid 31 Augustus 2022 31.08.2022 24:58
Dit is goed en wel om klinies oor ’n chroniese siekte soos Tipe 1 Diabetes te gesels, maar hoe navigeer ’n tiener of jongmens sy of haar pad deur al die emosies van adollesensie, hindernisse, versoekings en andersheid? Mari Hudson gesels met ’n jong vrou wat op 10-jarige ouderdom met Tipe 1 Diabetes gediagnoseer is, en ook laagtepunte beleef het.
Gesondheid 24 Augustus 2022 24.08.2022 24:48
Een van die groot probleme van kinders wat orgaanoorplantings ondergaan het, is risikogedrag van tieners wat hulle noodsaaklike daaglikse medikasie staak, met tragiese gevolge. Mense se frontale breinlobbe is eers teen 25 goed genoeg ontwikkel om sulke verantwoordelike besluite te neem. Hoe gemaak? Mari Hudson praat met die hoof van die Nier- en orgaanoorplantingseenheid by Rooikruis Kinderhospita...
Gesondheid 17 Augustus 2022 17.08.2022 27:13
Het jy geweet ’n tweede ligte stamp teen die kop kort ná ’n eerste stamp en harsingskudding, kan tot die dood lei? Of dat geen teken van harsingskudding met ’n breinskandering gesien kan word nie, maar dat die brein wel toksiese stowwe afskei wat gemeet kan word? Mari Hudson praat met een van die beste wêreldkenners op die gebied van harsingskudding in rugby, dr. Pierre Viviers.
Gesondheid 10 Augustus 2022 10.08.2022 26:05
Hoe ernstig is harsingskudding? Kan dit tot latere breinskade lei? Ons vertel aan die hand van Faf de Klerk se beseringsvideo hoe om dit onmiddellik op die rugbyveld uit te ken. Mari Hudson gesels met een van die beste wêreldkenners op die gebied van harsingskudding in rugby, dr. Pierre Viviers.
Gesondheid 3 Augustus 2022 03.08.2022 27:11
Endometriose veroorsaak rou skaafmerke in jou bekken en kan teen en in jou derms, nierpype, eierstokke en ander weefsel groei. Endometriose-chirurgie is ingewikkeld, maar die endometriose weefsel moet in een korrekte operasie verwyder word, en nie elke jaar gebrand word nie. Mari Hudson praat met een van die land se voorste endometriose chirurge.
Gesondheid 27 Julie 2022 27.07.2022 26:16
Hoekom kom ’n pasiënt van Kanada na Suid-Afrika vir ’n operasie? Hoe word heupdisplasie herstel sonder ’n heupvervanging? Waarop stuur ons dokters- en verpleegtekorte af? Is daar lewe vir ’n eens besig dokter ná aftrede?
Gesondheid 20 Julie 2022 20.07.2022 25:13
Kan ons staatmaak op kommersiële DNS-toetse vir voeding? Hoekom is vesel so belangrik? Bou proteïenskommels spiere? Hoe werk kankerpasiënte se eetplanne? Mari Hudson praat hieroor met ’n dieetkundige.
Gesondheid 13 Julie 2022 13.07.2022 23:37
Dit is moontlik om ’n eetplan te volg wat jou help om spesifiek vet te verloor en nie ander weefsel nie. Vetselle het ’n geheue, en wil hulle vet vashou, maar hulle kan gefnuik word. Mari Hudson praat met ’n dieetkundige en biochemikus oor die tegniek van termo-genese, oftewel hitte-skepping.
Gesondheid 6 Julie 2022 06.07.2022 25:34
Waarop op moet ’n versorger van bejaardes bedag wees? Wat kan skeef loop? Is versorgers goed opgelei? Waar staan ons met verpleegopleiding as daar meer as 10 000 vakante verpleegposte by staatshospitale is? Mari Hudson gesels met ’n spesialis in verpleeg- en kwaliteitsbestuur oor dié kwessies.
Gesondheid 29 Junie 2022 29.06.2022 23:52
Hoe werk bloedstolling? Waar pas bloedplaatjies, kollageen en vitamien K in die hele proses in? Hoeveel bloed kan jy verloor, en nog lewe?
Gesondheid 22 Junie 2022 22.06.2022 24:54
Moet mens besorg wees oor skeelheid? Wanneer moet ’n baba se skeel ogies by ’n oogarts kom? Hoe werk operasies om skeelheid te herstel? Kan ’n mens dieptepersepsie ontwikkel as jy slegs met een oog kan sien? Mari Hudson praat hieroor met ’n oogarts.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice