RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Gesondheid 29 Oktober 2025 29.10.2025 21:39
‘n Kankerknoppie in die bors kan nou in sommige gevalle in ‘n radioloog se spreekkamer deur koue-ablasie vernietig word. Watter vroue en watter soorte borskanker kan met dié minder ingrypende metode behandel word, en hoe werk dit?
Gesondheid 22 Oktober 2025 22.10.2025 21:28
Wat sien ‘n radioloog op ‘n breinskandering wat aandui dat die pasiënt ‘n breinbloeding het, en nie ‘n gewas nie? Hoe lyk lintwurmeiers in die brein anders as malkoeisiekte? ‘n Neuro-radioloog verduidelik hoe hy ontleed wat ‘n breinskandering verklap.
Gesondheid 15 Oktober 2025 15.10.2025 22:06
Die meeste vroue wat borskanker kry, is ouer as 50 jaar. Vroue in hulle twintigs en dertigs kan ook borskanker kry, en dikwels een van die aggressiewe vorms van borskanker. Wat kan ‘n jonger vrou doen om te verseker dat borskanker vroeg by haar opgespoor word?
Gesondheid 8 Oktober 2025 08.10.2025 22:50
In die derde aflewering in ons reeks oor Tik, fokus ons op rehabilitasie, en op waarnemings wat tydens die ondersoek aan die lig gekom het.
Gesondheid 1 Oktober 2025 01.10.2025 22:27
Met Tik-gebruik word massas dopamien in die brein vrygestel en die senuselle beskadig. Dit lei tot paranoïese skisofrenie, wat tydelik of permanent kan wees. Ons kyk na dieTik-probleem van beide kante: die straatstorie en die mediese storie. Hierdie is die tweede episode in ‘n kort reeks oor Tik.
Gesondheid 24 September 2025 24.09.2025 21:10
Die gebruik van Tik is ‘n allemintige en groeiende probleem in Suid-Afrika. Ons kyk na die probleem van beide kante: die straatstorie en die mediese storie. Wat gebeur met iemand wat Tik gebruik, en wat gebeur in sy brein? Tik maak die gebruiker letterlik ‘mal’. Hierdie episode is die eerste in ‘n kort reeks oor Tik.
Gesondheid 17 September 2025 17.09.2025 22:59
‘n Ortopeed van die Paarl was een van die eerstes in Suid-Afrika en die wêreld om met ‘n nuwe tweesleutelgat-prosedure rugoperasies soos fusies te doen. Al meer ortopede leer nou dié tegniek aan. Dit behels ‘n kwaai leerkurwe. Hoe weet die pasiënt of die ortopeed al vaardig genoeg is om dié prosedure op lewende mense uit te voer?
Gesondheid 10 September 2025 10.09.2025 18:06
Watter soort pasaangeër is die beste vir watter pasiënt? Wat is die verband tussen goeie mondgesondheid en hartprobleme? In die derde en laaste program in die reeks oor hartversaking, praat ons oor hierdie en ander aspekte.
Gesondheid 3 September 2025 03.09.2025 22:44
Hoekom en hoe bou vog in die longe op met hartversaking? Hoe kan ‘n middel soos Ozempic help in die behandeling van hartversaking? Hoe klink hartversaking? In die tweede program in die reeks oor hartversaking, praat ons oor hierdie en ander aspekte.
Gesondheid 27 Augustus 2025 27.08.2025 23:14
Een uit ses mense sal later hartversaking ontwikkel. Kan dit voorkom word? Wat is die oorsake, en hoe word dit behandel?
Gesondheid 20 Augustus 2025 20.08.2025 24:24
Hoe verskil ADHD in meisies en vroue teenoor dié in seuns en mans? Vir watter simptome moet mens uitkyk? Hoe steek meisies die simptome weg? Wat is die verband tussen ADHD en angstigheid, of depressie en post-natale depressie?
Gesondheid 13 Augustus 2025 13.08.2025 21:56
Vir die eerste keer is ‘n middel om Alzheimer-siekte te behandel, en selfs om te keer, in die vooruitsig. ‘n Neuroloog praat oor Alzheimer-siekte en ander voms van demensie.
Gesondheid 6 Augustus 2025 06.08.2025 21:23
Sekere artritismidels kan gebruik word in die behandeling van akute Covid. Hoe werk dit? Ons sluit die reeks oor artritis af, en begin die gesprek oor demensie.
Gesondheid 30 Julie 2025 30.07.2025 24:07
Kan natuurlike middels help teen artritissiektes? Kan ‘n virus ‘n outo-immuunsiekte aanskakel? Is daar ‘n verband tussen artritis en Crohn-siekte? Prof. Helmuth Reuter beantwoord dié en ander luisteraarsvrae oor artritissiektes.
Gesondheid 23 Julie 2025 23.07.2025 20:18
Hipertensie, of hoë bloeddruk, is ‘n stil siekte sonder simptome. Iemand met onbehandelde hipertensie, of ‘n hipertensielyer wat self voorskrifmedikasie staak, kan met ernstige en lewensbedreigende komplikasies soos beroerte, ‘n hartaanval of nierversaking in ‘n waaksorgeenheid beland.
Gesondheid 16 Julie 2025 16.07.2025 24:28
Mediese studente het die land se eerste Lifepod-waaksorgbed vir potensiële orgaanskenkers, wat ná ‘n ongeluk in die hospitaal breindood verklaar word, by die Tygerberg Hospitaal ingerig. Wat is breindood? En hoekom benodig ‘n breindood persoon spesiale sorg om sy organe aan die gang te hou vir skenking?
Gesondheid 9 Julie 2025 09.07.2025 22:52
Eerstens kyk ons na die kortisoonbehandeling van polimialgie. Tweedens kyk ons na die tipiese eienskappe van ‘n bedrieër of swendelaar, wat ook die eienskappe van ‘n psigopaat, sosiopaat en narsis is.
Gesondheid 2 Julie 2025 02.07.2025 20:58
Tydens harsingskudding rek van die neurone in jou brein so erg dat dit tot biochemiese veranderings in jou brein lei, wat minstens 28 dae neem om te herstel. Studies bewys dat herhaalde harsingskudding tot ‘n groter risiko vir vroëe demensie, Parkinson-siekte, Motorneuronsiekte en ander neurologiese probleme lei.
Gesondheid 25 Junie 2025 25.06.2025 21:34
Hoe word chroniese jig behandel? En wat is Polimialgie Reumatica, wat erge spierpyne veroorsaak (erger as die spierpyne met griep), en selfs skade aan ‘n slagaar in jou slape kan aanrig?
Gesondheid 18 Junie 2025 18.06.2025 24:31
Jig is een van die mees algemene soort artritissiekte wat ‘n mens kan tref. Sommige bloeddrukmiddels kan die risiko vir uriensuurkristalle in die gewrigte verhoog, en alkohol, vleiskosse en fruktosevrugtedranke ook.
Gesondheid 11 Junie 2025 11.06.2025 20:09
Moenie dat die damprookgeure jou flous nie - aarbei, vanielje en die ander partytjiegeure bevat uiters toksiese stowwe wat onomkeerbare veranderings aan ‘n jongmens se brein kan veroorsaak. Dit kan tot depressie lei, asook swak konsentrasie, impulsiewe gedrag en swak besluitneming, wat blywend is.
Gesondheid 4 Junie 2025 04.06.2025 21:42
Wat is die tekens in jou gesig en mond wat ‘n tandarts kan laat dink dat jy aan obstruktiewe slaapapnee ly? En hoekom moet ouers nie sommer instem dat ‘n kind se tande getrek word om sogenaamd plek te maak vir sy ‘groot’ tande nie?
Gesondheid 28 Mei 2025 28.05.2025 23:35
Slaapapnee is ‘n baie groter risikofaktor vir hartstilstand en dood as wat dokters aanvanklik gedink het. Dit moet gediagnoseer en behandel word met dieselfde erns as hoë bloeddruk, diabetes, vetsug, lewervervetting en ander siektes wat tot hartaanvalle en beroerte kan lei.
Gesondheid 21 Mei 2025 21.05.2025 22:45
Hou op om jou afspraak vir ‘n kolonoskopie uit te stel. Dit kan jou lewe red. Danksy bewuste sedasie onthou jy niks daarvan nie, en kan poliepe wat tot kanker kan lei, verwyder word.
Gesondheid 14 Mei 2025 14.05.2025 23:48
Weet navorsers wat die oorsake van outisme is? Of wat in die kind se brein anders verloop? Of in watter stadium van breinontwikkeling dit gebeur? Ons kyk ook na endometriose en eierbevriesing se suksessyfers.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice