RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Gesondheid 21.02.2018 23:13
Het jy geweet dat die mens kan lewe met te veel geslagschromosome, en selfs ook met te min? Dat daar vroue is met een, drie of selfs vyf X-chromosome pleks van twee, en mans met n ekstra X-chromosoom, en dat die vroue en mans met die ekstra X-chromosoom nie noodwendig onvrrugbaar is nie.
Gesondheid 14.02.2018 25:30
Het jy geweet dat ooroefening in 'n kind se vinnige beengroeifase (in puberteit) tot ernstige skade aan die heupgewrig, en tot 'n vroeë heupvervanging kan lei, maar ook maklik voorkom kan word? En dat 'groeipyne' in die knie of bobeen 'n teken kan wees van heupprobleme. Marí Hudson praat met 'n ortopeed oor heupprobleme in tieners en babas.
Gesondheid 07.02.2018 23:11
Wat is serebrale malaria, wat onlangs die lewe van 'n Potch-student geëis het? Neem die risiko vir malaria in Suid-Afrika toe? Kan mens dit werklik voorkom? Hoe doeltreffend is die behandeling werklik?
Gesondheid 31.01.2018 21:27
Mens sien al meer mense met tattoeëermerke, en dikwels nie net n klein skoenlappertjie of kruisie nie, maar ie hele lyf vol. Justin Bieber, Ed Sheeran en Adam Levine lyk of hulle permanent gekleurde lyfpakke dra. Wat gebeur met die ink onder jou vel? Is dit onskadelik, of kan dit skadelik wees?
Gesondheid 24.01.2018 13:04
Is magnesium-aanvullers 'n wondermiddel? Kan kollageen-pille jou vel verjong? Is Immunpro werklik 'n toets vir allergieë? Is Garcinia veilig? Dít is enkele luisteraarsvrae wat deur 'n mediese spesialis beantwoord word.
Gesondheid 24.01.2018 24:50
Is magnesium-aanvullers 'n wondermiddel? Kan kollageen-pille jou vel verjong? Is Immunpro werklik 'n toets vir allergieë? Is Garcinia veilig? Dít is enkele luisteraarsvrae wat deur 'n mediese spesialis beantwoord word.
Gesondheid 10.01.2018 22:57
'n Mens sien al hoe meer mense wat e-sigarette rook, of vape. Is e-sigarette veiliger as gewone sigarette? Bevat dit enige kankerwekkende stowwe? Kan dit gebruik word in jou poging om op te hou rook? Marí Hudson praat met 'n longspesialis oor die kwessies.
Gesondheid 03.01.2018 21:04
Die ondersoek na die Life Esidimeni-tragedie het die belangrikheid van professionele psigiatriese sorg onder die publiek se aandag gebring. Die 143 sterftes is die sigbare gevolg van verskeie dinge wat onder die oppervlakte is, naamlik die tekort aan psigiaters, die gebrek aan en opleiding in goeie psigiatriese verpleegsorg, en besluitnemers aan owerheidskant se gebrek aan insig om die belang en w...
Gesondheid 27.12.2017 25:37
Meer as 500 gevalle en 30 sterftes van listeriose, 'n soort voedselvergiftiging, is die afgelope jaar aangemeld. Waar kom die kiem vandaan? Watter kossoort is die bron van die uitbreking? Waarom sterf sommige mense? Marí Hudson gesels met 'n spesialis oor die siekte, en sy herhaal inligting oor die nuwe soort middels om tipe 2 diabetes te behandel ná baie luisteraarsnavrae.
Gesondheid 20.12.2017 23:52
Waarom vererger vars water die brandpyn van 'n bloublasie? Of waarom hoef jy nie slang-teengif in te pak as jy in die somer in die berg gaan stap nie? Waarom moet jy nie 'n kind laat braak of melk injaag as hy 'n gifstof ingeneem het nie? Hoe giftig is giftige plante en spinnekopbyte werklik?
Gesondheid 13.12.2017 18:59
Marí Hudson vind uit of die krisis weens die tekort aan internposte in hospitale opgelos is, en of byna 300 nuwe dokters sonder poste sal wees. Sy fokus ook op enkele sleutel-gesondheidsboodskappe wat die afgelope jaar na vore gekom het.
Gesondheid 06.12.2017 18:48
Ons het al almal gehoor van ouer mense wat katarakte ontwikkel en dan lensinplantings kry. Maar wat is katarakte en waarom ontwikkel dit? En hoe presies word lensinplantings gedoen? Mari Hudson gesels met 'n oogarts oor katarakte en die behandeling daarvan.
Gesondheid 29.11.2017 21:31
Hoe weet 'n mens of 'n allergietoets, of enige ander 'mediese' toets, werk of nie? Of 'n masjien werklik siektes kan diagnoseer? Of die middel wat jy gebruik al die stowwe bevat wat op die etiket aangedui is? Of die aansprake in gesondheidsadvertensies korrek is? Word jy mislei? Waarop moet jy bedag wees? Marí Hudson praat met 'n kundige oor pseudowetenskap en kwakkery.
Gesondheid 22.11.2017 27:07
As jy nog nie in jou lewe sinusprobleme ondervind het nie, is jy beslis deel van 'n rare groep mense. Wat is die doel van die sinusholtes in jou kop? Hoe werk sinusprobleme en waarom is sinusoonsteking so hardnekkig?
Gesondheid 15.11.2017 25:37
Hoe kan 'n middel wat op jou niere werk, jou bloedglukose-vlakke verlaag? Waarom is dokters opgewonde oor die nuwe anti-diabetes-middels? Waarom is te lae bloed-glukose-vlakke lewensgevaarlik? Marí Hudson gesels tydens diabetes-bewustheidsmaand met 'n internis oor die jongste inligting oor die bedrieglike siekte, wat aan die toeneem is.
Gesondheid 08.11.2017 25:17
Tipe 2 diabetes kan jou oë en niere aantas, maar die effek van tipe 2 diabetes as oorsaak van hartaanvalle en beroerte is jare lank onderskat. Binnekort sal twee nuwe bekostigbare anti-diabetes-middels ook in Suid-Afrika beskikbaar wees, wat wel diabete se risiko vir hartvatsiektes kan verlaag. In die eerste van 'n reeks van twee programme oor tipe 2 diabetes, gesels Marí Hudson met 'n internis oo...
Gesondheid 01.11.2017 25:50
Baie babas se ogies kyk oormekaar wanneer hulle klein is, maar hoe weet ouers wanneer die skeelheid tot blindheid in een ogie kan lei? Hoe word 'n lui ogie behandel, en skeelheid reggestel? Wat is driedimensionele visie en myasthenia gravis, oftewel hang-ooglid? Marí Hudson gesels met 'n oogarts oor die diagnosering en behandeling van die probleme.
Gesondheid 25.10.2017 22:26
Kanker en ander ernstige siektes van, of beserings aan die kop en nek, is besig om toe neem. Waarom? Word die probleme vroeg genoeg opgespoor? En hoe maak spesialiste wanneer omvattende chirurgie nodig is? Marí Hudson gesels met 'n oor-, neus- en keelspesialis oor die behandeling van die ernstige probleme.
Gesondheid 18.10.2017 21:28
Hoe maak 'n oor-, neus- en keelspesialis 'n gat in die oordrom reg? Wanneer het 'n kind grommets nodig? Wie se mangels moet verwyder word? Hoe behandel mens sinus-ontsteking?
Gesondheid 11.10.2017 24:24
Gloukoom is 'n siekte wat jou ongesiens kan bekruip en tot blindheid kan lei. As dit betyds opgespoor word, dikwels sonder dat jy enige simptome het, kan dit met druppels of chirurgie behandel word.
Gesondheid 04.10.2017 26:12
Die hondsdolheid-virus kan oorgedra word as 'n hondsdol dier jou byt of selfs net lek, en beweeg met die senuweeselle langs tot in die brein. Dit kan behandel word voordat die virus die brein bereik, maar nie daarna nie. Marí Hudson gesels met 'n spesialis oor hondsdolheid. en oor longontsteking, wat ook dodelik kan wees.
Gesondheid 27.09.2017 24:34
Het jy geweet dat sommige histerektomies onnodig gedoen word, of dat baie vroue jare lank verkeerdelik met antibiotika behandel word vir urienweg-infeksies terwyl hulle eintlik aan pynlike blaas-sindroom ly? Het jy geweet dat jou blaas goeie bakterieë bevat wat die binnelagie beskerm en sonder die mikrobioom kan sake pynlik skeefloop? Marí Hudson gesels met 'n uro-ginekoloog oor die oorsake van ch...
Gesondheid 20.09.2017 24:56
Het jy geweet dat babas tydens die geboorteproses met die menslike papiloomvirus kan aansteek, en dat die virus die baba se lugpyp só kan vernou dat hy kan sukkel om asem te kry? Ons gesels oor hierdie probleem, 'n nuwe program vir kogleêre inplantings by die Universiteit van Kaapstad, en oor vier verskilllende herpesvirusse, waarvan een klierkoors veroorsaak en waarom die klierkoorsvirus die soen...
Gesondheid 13.09.2017 25:20
Wat beteken die dekriminalisering van dagga? Wat is die implikasies van die wettiging van dagga in Suid-Afrika? Sal dit tot meer gevalle van psigoses lei? Het ons land voldoende gesondheidsdienste om meer mense te behandel vir psigoses, en te rehabiliteer? Marí Hudson gesels met 'n psigiater oor die kwessies.
Gesondheid 06.09.2017 25:19
Baie kinders wat vroeg gebore word, het ondersteuning met asemhaling nodig met 'n buis in die lugpyp. Dít kan tot vernouing van die lugpyp lei, en tot 'n tracheostomie. Nou help 'n jong oor-, neus- en keelspesialis by die Rooikruis Kinderhospitaal om te verhoed dat sommige jong pasiënte 'n tracheostomie nodig het, en om tracheostomie-openinge netjies te herstel.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice