RSG

Gesondheid

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Health

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

7 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Gesondheid 20 Januarie 2021 20.01.2021

Dit is geen geheim dat gesondheidswerkers onder groot duk werk weens die Covid-gevalle in hospitale. Hoe hanteer gesondheidswerkers hierdie druk, veral jong dokters wat toegang het tot medikasie wat verslawend kan wees? Hoe ken mens die gevaartekens uit waaraan aandag geskenk moet word? Marí Hudson praat hieroor met dr. Eugene Allers, ‘n psigiater.

Gesondheid 13 Januarie 2021 13.01.2021

Daar is baie vrae oor die Covid-entstof en die uitrol daarvan in Suid-Afrika: Presies hoe werk dié entstof? Hoe veilig en effektief is die entstof, selfs teen die nuwe variante? Sal dit jou DNS verander? Wat van al die samesweringsteorieë? Marí Hudson praat met prof. Glenda Gray van die Mediese Navorsingsraad oor Covid-entstowwe.

Gesondheid 6 Januarie 2021 06.01.2021

Die land gons tans oor die anti-parasitiese middel, Ivermectin, wat moontlik voorkomend en as behandeling teen Covid doeltreffend is. Hoe werk die middel? Waarom kan die middel nie net vir alle Covid-gevalle ingespan word nie? Wat is die grens tussen oorversigtigheid en nalatigheid van owerheidskant? Hoe vinnig kan standpunte verander? Marí Hudson praat met ’n farmakoloog oor dié aspekte.

Gesondheid 30 Desember 2020 30.12.2020

Hoe verskil die tweede Covid-golf van die eerste een, en wanneer kan ons die pieke in die verskillende streke verwag? Hoe lyk die algemeenste gesig van Covid nou? Is die virus nou gevaarliker as voorheen? Marí Hudson praat met ’n data-ontleder oor die syfers, en met ‘n infeksiebeheerspesialis oor die jongste wat dokters in hospitale teëkom.

Gesondheid 23 Desember 2020 23.12.2020

Wat het slaapapnee en snork met jou hart te doen? Baie meer as wat jy ooit kon droom. As jy of jou maat snags ophou asemhaal en dan weer skielik na asem snak, MOET jy hierna luister. Marí Hudson praat met ’n hartspesialis oor die jongste feite oor slaapapnee en hartprobleme.

Gesondheid 16 Desember 2020 16.12.2020

Die fokus is op tiener-selfdood na aanleiding van heelwat tienersterftes die afgelope maande. Word die druk op Graad 11's onderskat? Speel die ontwrigte jaar ‘n rol? Waarop moet ouers bedag wees? Dr. Eugene Allers, 'n psigiater verbonde aan SASOP, gee inligting en raad.

Gesondheid 9 Desember 2020 09.12.2020

Covid is steeds besig om die wêreld onderstebo te keer. Terwyl die Britte begin met die eerste vaksinerings, neem die aantal Covid-gevalle in die Oos- en Wes-Kaap toe, en in die VSA praat hulle van ’n vierde golf. Waar staan ons, en wat hou die toekoms in? Marí Hudson praat hieroor met prof. Glenda Gray van die Mediese Navorsingsraad.

Gesondheid 2 Desember 2020 02.12.2020

Is sekere mense meer vatbaar vir osteoporose as ander? Kan mans dit ook kry? Hoe diagnoseer dokters dit? Wat is die nuutste behandeling? Marí Hudson praat met ’n endokrinoloog oor die jongste feite aangaande osteoporose.

Gesondheid 25 November 2020 25.11.2020

Drie farmaseutiese maatskappye het aangekondig dat Covid-vaksiene op pad is. Hoe werk dié vaksiene? Hoe werk virusvaksiene in die algemeen? Hoe effektief beloof dit om te wees? Kan dit gevaarlik wees? Hoe lank sal dit effektief wees? Marí Hudson gesels met ’n infeksiebeheer-spesialis om meer uit te vind oor die Covid-vaksiene, en of daar ’n lewe ná Covid is of mét  Covid.

Gesondheid 18 November 2020 18.11.2020

Daar is steeds baie verwarring oor Covid-toetse. Wat beteken vals positiewe of vals negatiewe toetse? Beteken dit jy kan Covid hê, maar jy toets negatief, of dat jy gesond is, maar jy toets positief? Kan die toets positief wees vir influenza-virusse? Marí Hudson praat met ’n viroloog om die verwarring op te klaar.

Gesondheid 11 November 2020 11.11.2020

Die fokus is op diabetes. Eerstens omdat dit op 14 November Wêreld Diabetesdag is. Tweedens omdat die verband tussen diabetes en Covid-sterftes groot is. Derdens omdat die Covid-pandemie groot tekortkominge in diabetessorg blootgelê het. Vierdens omdat die meeste mense met hartsiektes, diabete is. En, vyfdens omdat baie mense nie besef waarom dit lewensbelangrik is om diabetes goed te beheer nie.

Gesondheid 4 November 2020 04.11.2020

Dit is baie belangrik om ná ’n knie- of heupvervanging die regte dinge op die regte manier te doen om seker te maak dat jou herstel so goed moontlik verloop. Marí Hudson praat met ’n ortopeed oor dié operasies, en veral die nasorg. Hy gee praktiese raad.

Gesondheid 28 Oktober 2020 28.10.2020

Is ons besig om ‘n tweede Covid-golf te beleef? Wat kan ons aflei uit gebeure in Europa? Styg die sterftesyfer ook? Wat kan Suid-Afrika verder verwag? Is ’n verdere inperking die oplossing, of is dit oordadig? Waarom maan die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) nou teen inperkings? Marí Hudson praat hieroor met ’n data-ontleder.

Gesondheid 21 Oktober 2020 21.10.2020

Oorgewig mense (en dit is byna die helfte van alle volwassenes in Suid-Afrika) gryp dikwels na kitsoplossings om gewig te verloor. Daar is baie maermaak-planne, dikwels baie duur, wat deur desperate mense aangegryp word. Is dit foefies, of werk dit? En as dit help, op grond van watter wetenskaplike beginsels? Hoe moet ’n mens weet wat werk? Marí Hudson praat hieroor met prof. Tess van der Merwe, '...

Gesondheid 14 Oktober 2020 14.10.2020

Het kompulsiewe kiembewuste handewassers nog meer kompulsief geword in die tyd van Covid? Is Rafael Nadal se kompulsie om sy waterbottels in 'n netjiese ry te plaas, 'n teken van obsessief-kompulsiewe gedrag? Wanneer is obsessief-kompulsiewe gedrag 'n steurnis? Kan dit behandel word? Amore Bekker praat met dr. Christine Lochner oor obsessies en kompulsies.

Gesondheid 7 Oktober 2020 07.10.2020

Groot vooruitgang is die afgelope 20 jaar gemaak in die ontrafeling van borskanker. Dit het tot akkurater diagnosering en behandeling gelei. Wat is die belangrikste en jongste feite wat elke vrou moet weet oor die siekte, wat een uit elke nege vroue kan tref? Marí Hudson praat met dr. Rika Pienaar, 'n onkoloog, oor borskanker in Borskankerbewustheidsmaand.

Gesondheid 30 September 2020 30.09.2020

Sal 'n tweede Covid-golf Suid-Afrika tref? Wanneer? Wat kan ons verwag na aanleiding van die tweede golf wat nou in Europa en die res van wêreld gebeur? Marí Hudson gesels met 'n lid van die span van Pandemic Data Analytics (PANDA) om deur die ontleding van beskikbare data 'n idee te kry wat op ons wag.

Gesondheid 23 September 2020 23.09.2020

Is die sluipmoord op 'n Gautengse narkotiseur, selfs nadat 'n nadoodse verslag hom van enige blaam aan die dood van 'n kind onthef het, 'n aanduiding van wat op 'n dokter wag wat 'n pasiënt verloor? Is dokters Cowboys wat mekaar beskerm? Is hulle oorlaai? Is alle 'onverwagse” pasiëntsterftes die dokter se skuld? Waarom is die Gesondheidsberoepsraad so disfunksioneel? Wat is die gevolge van die slu...

Gesondheid 16 September 2020 16.09.2020

Met die Tour de France, een van die gewildste fietswedrenne in die wêreld, tans aan die gang, gesels Marí Hudson met 'n sportwetenskaplike oor die wetenskap van mededingende fietstoere. Wat is die eienskappe van 'n ideale toerwenner om tydrenne te wen, maar ook die berge aan te pak? Is die wentye swakker as in die tyd van Lance Armstrong? Indien nie, is verbode middels dan steeds 'n deel van sulke...

Gesondheid 9 September 2020 09.09.2020

'n Beenmurg-oorplanting kan iemand met 'n sekere soort bloedkanker (leukemie) se lewe red. Hoe werk dit? Vir watter pasiënte kan dit help? Waarom word beenmurg gebruik om kanker van bloedselle te behandel? Wanneer word skenker-beenmurg gebruik en wanneer die pasiënt se eie beenmurg? Marí Hudson praat met prof. Vernon Louw, hoof van kliniese hematologie van die Universiteit van Kaapstad, oor beenmu...

Gesondheid 2 September 2020 02.09.2020

Akteur Hykie Berg se onlangse uitlatings oor Ritalin het 'n storm ontketen en saai groot verwarring onder ouers met kinders met ADHD, wat met Ritalin of soortgelyke middels behandel word. Hoe werk Ritalin? Waar pas dit in in die behandeling van ADHD? En is Hykie se uitlatings wild? Wat is die waarheid? Marí Hudson praat met 'n psigiater wat gereeld kinders en volwassenes met ADHD behandel, oor Rit...

Gesondheid 26 Augustus 2020 26.08.2020

Kan enige dokter netso, sonder enige amptelike mediese of ander ondersoeke, in hegtenis geneem word as 'n pasiënt sterf. Kan 'n dokter sonder enige uitslag van 'n na-doodse ondersoek, enige ondersoek na die kliniese omstandighede, gearresteer en in boeie in 'n vangwa na polisieselle geneem word? Word dokters in Suid-Afrika gekriminaliseer? Is enige pasiënte se dood dan moontlik strafbare manslag?...

Gesondheid 19 Augustus 2020 19.08.2020

Augustus is Orgaanskenkingsmaand, maar orgaanskenking het weens die COVID-inperkings in die hek geduik, en pasiënte wag dringend op hart-, nier, lewer- en ander oorplantings. Wat is die situasie nou? Hoe sal die programme, wat só afhanklik is van die publiek se samewerking, weer aan die gang kom? Marí Hudson gesels met dr. Susan Vosloo, 'n Kaapstadse hartchirurg, oor die kwessies.

Gesondheid 12 Augustus 2020 12.08.2020

Immunisering, vaksinering, inenting – verskillende benoemings vir die toedien van 'n entstof om te keer dat die ontvanger 'n siekte opdoen. Het vaksiene werklik 'n verskil gemaak aan siektes en sterftes? Is dit veilig? Wat sal gebeur as jy níe jou kind laat vaksineer nie? En wat van die gebrek aan vaksinering tydens die Covid-inperkings? Marí Hudson gesels met 'n pediater oor die kwessies.

Gesondheid 5 Augustus 2020 05.08.2020

Waar staan ons met Covid in Suid-Afrika? In watter provinsies het dit reeds die kruin bereik, en hoe weet ons dit? Het die inperkings die kruine in die provinsies verlaag? Wat kan Suid-Afrika verwag met 'n tweede golf? Steur die regering hulle enigsins aan die meer akkurate voorspellings deur PANDA? Marí Hudson praat met een van die lede van PANDA oor die voorspellings en modelle. PANDA (Pandemic...

Ascultă podcastul Gesondheid în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice