RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Selfone dink dansers is in motorongelukke 16.06.2025 1:39
Die Britse polisie het gewaarsku teen rockfeesgangers wie se selfone dink hulle is in motorongelukke, oor die manier hoe daar gedans word. Vorige jare is daar oor die rockfeestyd tot 700 meer noodoproepe gemaak as gewoonlik.
Dié kleikafee voed kreatiwiteit 13.06.2025 8:25
Haidee Muller-Isaacs kuier by ’n kleikafee, waar oud en jonk kreatief kan raak. Sy vind toe uit die mense wat hulle kinders bring, is meer ernstig oor die verfstorie as hulle kroos.
360 Speseryroete - Deel 85 13.06.2025 6:15
Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor swart knoffel.
Amerikaanse vlagvoetbal 13.06.2025 7:19
Armin van As vertel van Amerikaanse vlagvoetbal, wat ‘n nuwe sport by die 2028 Olimpiese Spele is.
Sopnat in Namibië 13.06.2025 1:10
Duitse toeriste het Dinsdag ‘n sopnat ontvangs op die lughawe in Windhoek gekry toe ‘n brandslang handuitgeruk het.
Die plant wat alles verander het 12.06.2025 7:20
’n Gebed en ses smeerwortelplantjies 24 jaar gelede, het Sanet Mey van Patensie op ’n plantheelkundige trajek gesit waarvan sy nie kon droom nie. Mariska Spoormaker het by haar gaan kuier.
Motortegnologie wat help in die reën 12.06.2025 7:02
Motorjoernalis Marnus Hattingh vertel van motortegnologie wat help om die reën- en sneeuweer te hanteer. Hy gee ook bestuurswenke.
Jonk 12 Junie 2025 12.06.2025 5:55
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor onderbroke vas, en wie dit liewer nie moet doen nie.
Polisiejaagtog teen stapspoed 12.06.2025 1:28
’n Laespoed-jaagtog het Sondagoggend in die VSA afgespeel. Verskeie polisievoertuie kon nie die graafmasjien stop wat soms so vinnig as 4,8 km per uur in die hoofstraat af gekruie het nie!
Take Four Klavierkwartet by Gamka Klassiek 11.06.2025 8:56
Hulle het pas teruggekeer van die eiland Malta in die Middelandse See. Hulle tree gereeld individueel of met wereldklasorkeste op in stede soos New York, Londen, Parys en Berlyn. Maar hulle is stewig gegrond in Suid-Afrika waar hulle in die mooi plattelandse dorpie, Prins Albert, tydens Gamka Klassiek opgetree het. Johan Rademan het met die ensemblekunstenaars van die Take Four Klavierkwartet gese...
Houtvesel in klere 11.06.2025 7:38
Madelaine Fourie praat die gebruik van houtvesel in onder andere viskoseproduksie waarmee klere gemaak word.
Hoe lank is jou liefie? 11.06.2025 1:30
Maatsoektoepassing Tinder het nou die opsie om lengte as maatstaf te stel om moontlike pasmaats te kry.
Êrens oorsee 10 Junie 2025 10.06.2025 14:58
Magdaleen Mouton vertel vir Martelize Brink dat Ghana altyd warm is. Sy woon in Kumasi, die land se tweede grootste stad. Jy kan nie daar finansiering vir ‘n motor kry nie. Jy moet kontant koop.
Renosterveld in voorstedelike park 10.06.2025 9:57
Haidee Muller-Isaacs stap saam met botanis Rupert Koopman deur ‘n voorstedelike park wat met renosterveld beplant is. Hy vertel hoe plaaslike inheemse plantegroei aangewend word op ‘n manier wat goed is vir sowel die mens as die natuur.
Minder lig in die see 10.06.2025 7:08
Maryke Musson praat oor die impak op seelewe met besoedeling wat veroorsaak dat daar minder lig in die oseane is.
100 Katte as bruidskat 10.06.2025 1:16
‘n Bruid in Viëtnam het 100 sivetkatte as deel van haar bruidskat ontvang. Dié katte word gebruik in die maak van die wêreld se duurste koffie, Kopi Luwak.
Kleinflaminke by Kamfersdam 09.06.2025 10:44
Ester van der Westhuizen-Coetzer praat oor kleinflaminke en die situasie by die Kamfersdam, waar besoedeling veroorsaak dat hulle nie tans daar broei nie.
Alex die draakvrug, Alex die mens 09.06.2025 7:34
Dit is ‘n eksotiese vrug, maar dit is ook ’n mens. Die naam is Alex, draakvrug van die Gamtoosriviervallei, maar ook die werker wat dié spesie gevind het. Mariska Spoormaker het gaan kuier by die plaas Ferndale, en wou eers by Jackye Riddle, Suid-Afrika se eerste draakvrugboer, weet hoe sy 18 jaar gelede met draakvrug begin boer het.
Hoe het julle ontmoet 9 Junie 2025 09.06.2025 6:58
Gayle Britz-Williams vertel vir Martelize Brink Hoe sy Mary-Jane aanlyn gesien het, mekaar die volgende dag ontmoet het, en vyf dae later voorgestel het hulle trou.
Hondeverbod in Iran 09.06.2025 1:34
In verskeie stede in Iran is daar ‘n verbod op honde as troeteldiere. Jy word in hegtenis as jy met ‘n hond gaan stap, of selfs een in ‘n voertuig het.
Die sonpaneel wat lig gebring het 06.06.2025 7:31
Carel en Rentia Nel het in 2024 ‘n 16 000 km draai deur Afrika gegooi. In die Noord-Ooste van Kenia het Rentia ‘n kameelherder met ‘n sonpaneel en selfoon gesien. Mariska Spoormaker het gehoor dié prentjie het ‘n jaar later ‘n baie interessante verwikkeling tot gevolg gehad.
360 Speseryroete - Deel 84 06.06.2025 6:29
Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die gebruik van verouderde eiergeel om kos te geur, en verskeie tegnieke om eiers te preserveer.
Berg Etna bars uit 06.06.2025 7:45
Prof. Frederick Roelofse vertel van die mees onlangse uitbarsting van Berg Etna, Europa se aktiefste vulkaan. Hierdie keer was die impak gelukkig nie so erg nie.
Op 51 in die nasionale sokkerspan, op papier 06.06.2025 1:32
Die bestuurder van Finland se nasionale vrouesokkerspan het per ongeluk ‘n 51-jarige oudspeler aangekondig as lid van die span, wat vandeesweek teen Serwië gespeel het. Sy het bedoel om ‘n 23-jarige met dieselfde van in te sluit. Die fout is op so ‘n laat stadium gemaak dat dit nie reggestel kon word nie.
Inheemse name vir paddas en reptiele 05.06.2025 13:37
Prof. Louis du Preez praat oor die belangrikheid van inheemse name vir paddas en reptiele vir inklusiewe bewaring.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice