RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Society

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

30 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Wêreld se grootste boom 25.06.2025

Boomkundige Riaan van Zyl praat oor die wêreld se grootste boom en swaarste lewende organisme.

Wagter se stappie kos Brittanje £23-miljoen per jaar 25.06.2025

‘n Studie wys die algemeenste hondestapbeserings gebreekte vingers is, hoewel gebreekte polse ‘n groter impak op die slagoffer se produktiwiteit het.

Êrens oorsee 24 Junie 2025 24.06.2025

Sumien van Zyl vertel vir Martelize Brink van haar verblyf op die Kaaimaneilande, waar dit altyd warm is.

Gerrit se trekkers 24.06.2025

Gerrit Schenke versamel die afgelope tien jaar trekkers, nie om staan en mooi te lyk nie. Hy ry hulle sommer al die pad Tankwa toe. Haidee Muller-Isaacs het bym gaan gaan inloer.

Studente se koskennis 24.06.2025

Koskonsultant Heleen Meyer vertel van ‘n studie wat wys op studente se ongesonde koskeuses. Onkunde speel groot ‘n rol.

Vuilbek papegaai soek huis 24.06.2025

In die VSA soek ‘n diereskuiling ‘n huis vir ‘n pappegaai, maar daar word gewaarsku dat die voël verskriklik vloek.

Honde, katte en pyn 23.06.2025

Veearts dr. Ingrid de Wet praat die behandeling van sowel akute- as chroniese pyn by honde en katte.

Frikkie Kaalvoet wéér gevind 23.06.2025

Op ’n kerkbasaar van alle dinge het Mariska Spoormaker weer vir Frikkie Kaalvoet (sy van is Van Niekerk, boorling van Pretoria) in die Oos-Kaap se Kougaberge raakgeloop. Agt jaar gelede het sy met hom gepraat oor sy kaalvoetloop op die Baviaans Camino. Kort daarna is hy weer buiteland toe en het selfs lank kaalvoet geloop in Amerika.

Hoe het julle ontmoet 23 Junie 2025 23.06.2025

Kobus du Toit vertel vir Martelize Brink hoe die lewe hom en Hestertjie aanmekaar bymekaar laat uitkom het.

Vals(tand)arts 23.06.2025

‘n Pa, ma en hulle 22-jarige seun is in Tsjeggië vasgekeer nadat hulle ‘n onwettige tandheelkundige praktyk bedryf het.

Oor pienk en V8-veteraantrekkers 20.06.2025

Wie het al gehoor van ‘n pienk trekker, en gedigte oor veteraantrekkers? En wie het al gehoor van My Enjin Storie? Binnekort kom dié storievertellery weer aan die beurt, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy by die Bloemskou na die veteraantrekkers gaan kyk het. Eric Mouton van die Sentraal Vrystaat Veteraanklub,Trekkers en Enjins, het haar onder meer van die Vaaljapie vertel.

360 Speseryroete - Deel 86 20.06.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor koljander waarvan die blare, sade en selfs die wortels gebruik word.

Borsvoed-marathon 20.06.2025

Stephanie Case het, ten spyte daarvan dat sy tydens ‘n 100 km ultramarathon drie keer gestop het om haar sesmaande oue dogter te borsvoed, steeds die vroueafdeling gewen!

Haidee en die alpacas 19.06.2025

Haidee Muller-Isaacs besoek die Alpaca Loom-plaas buite Paarl. Sy vind by Dietmar Keil meer uit oor hierdie besonderse diere.

Jonk 19 Junie 2025 19.06.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die bloedgroepdieet. Hoewel dit gewild is, kan wetenskap nie die voordele van dié dieet bewys nie.

Spanje se reddingspoedel 19.06.2025

In Spanje is ‘n poedel genaamd Nilo, ’n vlak 1-reddingshond, wat die lewensredders bystaan op die strand. Die ander honde is almal labradors.

Adam se vye in die Karoo 18.06.2025

Liezl de Klerk van Weltevrede Vyeplaas vertel van die Adamsvy waarmee hulle die afgelope drie dekades voltyds boer in die Prins Albert-kontrei. Johan Rademan het met haar gesels teen die hange van die Swartberge oor wat jy alles met ’n vy kan doen.

Sellulose uit hout vir klere tot tablette 18.06.2025

Madelaine Fourie praat oor veeldoelige sellulose uit hout, wat in klere, skoonheidsprodukte, waspoeier en tablette gebruik word.

R111 500 vir parkering! 18.06.2025

‘n Vrou in Engeland was onder die indruk dat £4.50 vir twee ure se parkering sou betaal, toe is dit al die tyd £4 586!

Êrens oorsee 17 Junie 2025 17.06.2025

Jani van Wyk vertel vir Martelize Brink van die lewe in Sjanghai in China. So hoor ons selfs van klein tamatietjies op koeke!

Ernst Swart, die publisiteitsghoeroe 17.06.2025

Ernst Swart wou homself aanvanklik in die advertensiewêreld begewe, maar het bitter gou uitgevind dit laat nie sy hart vinniger klop nie. Toe beland hy per toeval in die media en toe ook in die TV-bedryf. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe hy 'n werk waaroor hy gaande was in Johannesburg by 'n gewilde sepie, gelos het om sy suster tydens haar kankerreis in die Moederstad te gaan ondersteun. Op...

'n 14de Eeuse moordverhaal 17.06.2025

Medieval Murder Maps, ‘n Projek wat met digitale hulpbronne na moord en verdagte sterftes in 14de eeuse Londen, Oxford en York kyk, sit nou die stukkies van die legkaart uit verskillende bronne aanmekaar om insigte te kry oor die maniere waarop mense geweld uitgevoer het, en die maniere waarop mense hulle daaroor bekommer het. Só kom fassinerende feite en karakters na vore.

Night, polisiehond van staal! 16.06.2025

Aan watter eienskappe moet ’n hond voldoen om ’n polisiepatrolliehond te kan wees? Mariska Spoormaker het dit met adjudantoffisier Damian Theron van die polisie se honde-eenheid in Gqeberha bespreek, nadat sy patrolliehond, Night, wat in April vanjaar ernstige steekwonde opgedoen het met die vastrek van ’n verdagte, weer aan diens is, en reeds ’n verdagte help aankeer het.

Twee Kaapse leerders in SA-toutrekspan 16.06.2025

Martelize Brink gesels met Alita Basson van HTS Drostdy en Anja van Jaarsveld van Melkbosstrand Hoërskool oor die opwindende sport van toutrek, en wat dit so uniek maak. Hierdie twee talentvolle jong sportvroue is op pad om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Wêreldkampioenskappe in Engeland. Anja is lid van die 480 kg o/19 dogters Protea-toutrekspan, en Alita is onderkaptein van die 520 kg o/19...

Hoe het julle ontmoet? 16 Junie 2025 16.06.2025

Francis Marais vertel vir Martelize Brink sy was nog op hoërskool toe sy en Ivan mekaar op ‘n blinde afspraak by ‘n garagepartytjie ontmoet het.

Ascultă podcastul Driesestig în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice