RSG

RSG Landbou

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Society

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

17 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

RSG Landbou: Veediefstal, predasie en biosekuriteit 17.10.2026

17 Oktober 2026: Louis Wessels is die afgelope agt jaar bestuurder van regsdienste en administrasie by Agri Wes-Kaap. Hy gee raad aan boere oor veediefstal, predasie en biosekuriteit.

RSG Landbou: Intelekt Solutions-dag; Jack Human Bewaringslandbouweek 16.10.2026

16 Oktober 2026: Die jaarlikse Intelekt Solutions-dag is vanjaar deur 201 produsente bygewoon tydens die 92ste Swartland-skou op Moorreesburg. Een van die sprekers by dié dag was dr. Karen Truter, ‘n landboukundige in plantvoeding by by InteliGro, wat ook vroeër vanjaar haar PhD in Agronomie verwerf het met ’n fokus op datagedrewe oplossings en plaasvlak-eksperimentering vir veldgewasse. Die Jack...

RSG Landbou: Navorsingsprioriteite in die wynbedryf; Immuniteit en inentings 15.10.2026

15 Oktober 2026: Het jy al gewonder hoe navorsingsprioriteite in die wynbedryf bepaal word, en hoe navorsing in Suid-Afrika met die res van die wêreld se wynproduserende lande vergelyk? Dr. Adriaan Oelofse van South Africa Wine beantwoord hierdie vrae. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk was een van die sprekers by die onlangse LRF Veeskool, en ons het daar met hom oor immuniteit en inentings g...

RSG Landbou: Sojabone en bloubessies 14.10.2026

14 Oktober 2026: Inokulering by sojabone is krities vir stikstofbinding volgens Corné Lourens van Nutrico. Hy verduidelik ook hoe 'n voorspelde droë seisoen die oorlewing van rhizobium-bakterieë beïnvloed. Het jy geweet daar is omtrent 3 000 hektaar bloubessies wat in Suid-Afrika geproduseer word? Die meeste hiervan word per hand gepluk. Ons het onlangs ‘n inligtingsdag by Fall Creek in die Paarl...

RSG Landbou: Vastetermynkontrakte vir tydelike werkers; Wes-Kaapse Byevereniging 13.10.2026

13 Oktober 2026: Dis daardie tyd van die jaar wanneer vrugteprodusente oes, en groot hoeveelhede tydelike arbeid gebruik. ‘n Vastetermynkontrak tussen die werkgewer en werknemer is hier van toepassing, maar het jy geweet dié kontrak is net vir drie maande geldig? Arbeidspesialis, André Bloem, gesels met ons hieroor. Die Wes-Kaapse Byevereniging bied jaarliks werkswinkels aan wat aspekte soos byesi...

RSG Landbou: Elektroniese identifikasie en data-insameling; Naspeurbaarheid 12.10.2026

12 Oktober 2026: Hoe dra elektroniese identifikasie en data-insameling tot die kleinveeprodusent se insig oor veeprestasie by? Roelfie van der Merwe, ‘n Angora-produsent van Aberdeen, en Okkie Nel, ‘n boerbokprodusent van Karoo Livestock Exports, verduidelik hoe hierdie inligting met beter seleksiebesluite help. Schalk van Niekerk van Datamars praat oor naspeurbaarheid. Die Simmentaler-beestelerge...

RSG Landbou: Jongboer van die Jaar - Richard Hutton-Squire 10.10.2026

10 Oktober 2026: Richard Hutton-Squire is aangewys as die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar vir 2026. Hy boer in die Elgin-Grabouw-omgewing met appels en pere. Volgens hom is dit van groot waarde om soveel moontlik van Suid-Afrika se amptelike tale magtig te wees.

RSG Landbou: Minister Willie Aucamp vertel van sy eie landboupraktyke 09.10.2026

9 Oktober 2026: Marisah Nieuwoudt, ‘n wyntoerismebestuurder by South Africa Wine, sê nuwe ontwikkelings en buitelandse beleggers tans op die voorgrond. Odette Weir van die Wes-Kaap se Museumdiens verduidelik hoe buite-tentoonstellings soos by die afgelope Nampo Kaap, van groot waarde vir tieners is. Stefan van Dyk van InteliGro praat oor rentmeesterskap. Die minister van landbou, Willie Aucamp, ve...

RSG Landbou: Die Truter-familie van Riebeek-Kasteel 08.10.2026

8 Oktober 2026: ‘n Boerdery, twee voerkrale, ‘n abattoir, ‘n slaghuis en ‘n deli. Die Truter-familie van Riebeek-Kasteel en hulle uitgebreide besigheid het waarskynlik geen bekendstelling nodig nie. Ons gesels met Pieter en Hendri Truter. Maize Valley Brangus hou op 16 Oktober by Hoopstad veiling. Johan van den Berg is terug met die weervooruitsigte, en Chris Derksen vertel wat hierdie week met vl...

RSG Landbou: Royalskou; Patogene in voedsel 07.10.2026

7 Oktober 2026: Dis tyd vir die gewilde Royalskou, wat vir die eerste keer by die nuwe skougronde by Tweedie Hall naby Howick plaasvind. Wayne Muller vertel meer oor die skou wat van 7 tot 11 Oktober plaasvind. Het jy geweet daar is twee soorte listeriose wat deur patogene in voedsel veroorsaak word, waarvan veral een baie skadelik is? ‘n Mikrobioloog, prof. Lucia Anelich, praat oor die werk wat s...

RSG Landbou: Wat verg dit ’n bottel wyn op die rak te kry? 06.10.2026

6 Oktober 2026: Om ‘n bottel Suid-Afrikaanse wyn op 'n rak te kry – of daardie rak in Kaapstad, Londen of Sjanghai is – behels veel meer as net die maak van goeie wyn. Agter die skerms word heelwat gewoel en gewerskaf. Jordyn Goeieman van South Africa Wine vertel ons meer. Die Limpopo Boran-klub bied op 17 Oktober hulle prestige-veiling by die Warmbad Veemark aan. Bye moet gesien word as deel van...

RSG Landbou: Groei vir Goud-opbrengskompetisie 05.10.2026

5 Oktober 2026: Graan SA se Groei vir Goud-nasionale opbrengskompetisie het vanjaar ‘n hele paar nuwe rekords behaal. Garsprodusente kon ook vanjaar vir die eerste keer meeding. Hoe berei ‘n landbou-opleidingsinstansie studente voor vir die arbeidsmark en die praktyk van moderne boerdery? Shaun Welmans van Agri Skills Transfer beantwoord hierdie vraag.

RSG Landbou: Tulbagh 03.10.2026

3 Oktober 2026: Shurien van Niekerk is ‘n museumbeampte by die Oude Kerk Volksmuseum in Tulbagh in die Wes-Kaap. Sedert die destydse aarbewing word alle aktiewe foutlyne in Suid-Afrika daar gemonitor. Vroeër bekend as Roodezand, is dit in 1804 vernoem na Ryk Tulbagh, wat goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop was. Die vallei is in 1658 vir die eerste keer deur Pieter Potter verken, en setlaars het...

RSG Landbou: Rekord-uitvoere van rooibos 02.10.2026

2 Oktober 2026: Rooibos spog op die oomblik met rekord-uitvoere. ‘n Baanbreker toegang- en voordele-ooreenkoms is ook onlangs gesluit wat tot groot voordeel vir talle Suid-Afrikaners sal wees. Lindie-Alet van Staden is in 2024 aangewys as die Wes-Kaap se algehele wenner van die provinsie se Prestige Agriwerker van die Jaar-kompetisie. Sy boer tans op die plaas Sterrekopje buite Franschhoek. Sy gee...

RSG Landbou: Veilige gebruik van bek-en-klouseer-entstof 01.10.2026

1 Oktober 2026: Kuddeveearts dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk werk saam met veeartse, boere en produsente-organisasies om die veilige gebruik van bek-en-klouseer-entstof in kommersiële melk- en vleisbeeskuddes te evalueer. Voerkrale en selfs kommunale kuddes is by die gestruktureerde veldmoniteringsprogram ingesluit. Hy vetrel van hulle waarnemings. Ons hoor ook wat Chris Derksen oor hierdie...

RSG Landbou: Nuwe appelkultivar; Kondisie en reproduksie 30.09.2026

30 September 2026: ‘n Gesogte internasionale appelkultivar het sy buiging op winkelrakke gemaak. Waarom nóg ‘n appelsoort? Calla du Toit van Tru Cape Vrugtebemarking verduidelik. Ons gesels met Johan Mouton van Molatek oor hoe ‘n dier se kondisie haar reproduksie beïnvloed. Hy verduidelik ook hoe kondisie gemeet word. Ons maandelikse internasionale landbounuus kom aan die beurt. Ons hoor onder mee...

RSG Landbou: Wat is verskil tussen eienaarskap van vuurwapen en besit en gebruik daarvan? 29.09.2026

29 September 2026: Wat is die praktiese verskil tussen eienaarskap van ‘n vuurwapen en die wettige besit en gebruik daarvan? ‘n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof gee nou groter regsekerheid oor die hantering van vuurwapens waarvan lisensies verval het, asook vuurwapens wat deel van bestorwe boedels vorm. Dr. Herman Els van Natshoot praat met ons hieroor. Die plant van ‘n pampoen vir die jaa...

RSG Landbou: Nasionale Karkaskompetisie; Knoffelkwekers onder druk 28.09.2026

28 September 2026: Die toekenningsfunksie van die 29ste Samic Nasionale Karkaskompetisie het vanjaar weer die gehalte van die karkasse wat Suid-Afrikaanse veeprodusente lewer, in die kollig geplaas. Ons het daar met ‘n paar van die wenners gesels. Tom Westphal van Samic vertel van hulle toekomsplanne. Lubbe Jacobs van die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging praat oor die waarde van hulle...

RSG Landbou: Die gevare van snelveranderende weersomstandighede 26.09.2026

26 September 2026: Ons praat met die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, en die nasionale minister van landbou, Willie Aucamp, oor die snelveranderende weersomstandighede en die gevare wat dit inhou.

RSG Landbou: ‘Beplan vir El Niño’ 25.09.2026

25 September 2026: Reinard Geldenhuys, die bestuurder van nooddienste in die Overberg-distriksmunisipaliteit, sê mense moet beplan vir El Niño. Dr. Jack Bloom is onlangs aangestel as adjunkminister van water en sanitasie. Tydens sy besoek aan Nampo Kaap het hy gepraat oor die sanitasie-ekonomie. Outonome rovers en hommeltuie van verskillende groottes verrig uiteenlopende funksies. Hugo le Roux, di...

RSG Landbou: Droëland-kanolakultivars nou beskikbaar 24.09.2026

24 September 2026: Dit is ‘n bekende feit dat kanolaverbouing in Suid-Afrika ‘n blink toekoms het. Die ander goeie nuus is dat droëland-kanolakultivars ook nou beskikbaar is. Ons het tydens Nampo Kaap met Piet Lombard van die Wes-Kaapse Departement van Landbou hieroor gesels. Ntaba Nyoni se Ankole en Vriende-veiling vind op 3 Oktober plaas. Johan van den Berg is terug met die jongste weervooruitsi...

RSG Landbou: BKB lewer sterk finansiële resultate; Bertus Joubert - TLU SA Jongboer van die Jaar 23.09.2026

23 September 2026: Die BKB Groep se jongste finansiële resultate is op 9 September bekendgemaak. Volgens Jannie van Niekerk is die kontantvloei wat hulle kon genereer beslis die hoogtepunt. Hy vertel hoe dié groep sy sterkste finansiële prestasie nóg bereik het. ‘n Boer van Hartbeesfontein in Noordwes, Bertus Joubert, is die wenner van die 2026 TLU SA Jongboer van die Jaar-kompetisie. Hy het na ti...

RSG Landbou: Inkbessievergiftiging; Wyntoerisme 22.09.2026

22 September 2026: Veeprodusente word gewaarsku dat inkbessievergiftiging aan die toeneem is. Het jy geweet daar is twee soorte inkbessies wat in Suid-Afrika voorkom, en dat net een giftig is? Die beste voorkoming is om dié probleemplant uit te roei. Prof. Charlie Reinhardt gee raad. Wyntoerisme lewer ‘n noemenswaardige bydrae tot die voortbestaan van wynplase. Ons gesels met South Africa Wine om...

RSG Landbou: Die stand van die varkvleisbedyf in SA 21.09.2026

21 September 2026: Het jy geweet dat 17 kommersiële varkplase in Suid-Afrika hierdie jaar bek-en-klouseer in hulle kuddes gehad het? Dr. Marlene Louw van die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie praat oor die stand van dié bedryf, biosekuriteit en innoverende maniere om varkvleis meer aantreklik vir die verbruiker te maak. Die Vereniging van Veevoervervaardigers het onlangs hulle bekend...

RSG Landbou: Twee landbouministers 19.09.2026

19 September 2026: Ons praat met die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, en nasionale minister van landbou, Willie Aucamp. Hulle praat oor tariefonderhandelings en die stand van sake met bek-en-klouseer.

Ascultă podcastul RSG Landbou în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice