RSG

Spektrum

News AF ↓ 2531 episódios

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

30 de set de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Spektrum 20.11.2019

Die burgerregtegroep, Afriforum, eis die afdanking van die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi. Afriforum se bestuurder van onderwys, Carien Bloem, sê dit gaan nie net oor die moeisame aanlynregistrasiestelsel vir graad-een en graad-agt-leerlinge nie, maar ook oor verskeie probleme wat aanhoudend opduik by die onderwysdepartement.

Spektrum 20.11.2019

Die Departement van Hoër Onderwys het twee onwettige opleidingskolleges in Mbombela in Mpumalanga se deure gesluit. Die departement het 'n klopjag uitgevoer om meer bewustheid rakende ongeregistreerde kolleges te kweek. Die London-opleidingskollege en die Valambya onderrig- en opleidingsentrum sal nie meer funksioneer nie. Annelene Moses doen verslag.

Spektrum 13.11.2019

Kollega en Spektrum-aanbieder, Suzanne Paxton het gisteraand die gesogte SAB Enviromental Media 2019 toekenning vir 'n lang-formaat storie gewen. Suzanne fokus veral op omgewingskwessies. Die storie was 'n opsomming van beriggewing oor ongewingskwessies van 2018. Die toekenning word jaarlikse gemaak, en sy voeg die toekenning nou ook by haar Kudu - toekenning vir die beste omgewingsjoernalis wat j...

Spektrum 01.11.2019

Die MSC Orchestra, wat meer as 92 000 ton weeg en langer as 293 meter is sal hierdie maand vir die eerste keer in Suid-Afrikaanse water in vaar. Dit is ook die skip waarop die RSG kunstefees in April 2020 gaan plaasvind. Die bestuurshoof van MSC Suid-Afrika, Ross Volk sê nie net is die skip ingerig om 'n kunstefees op die water te hou nie - sy is ook ingerig om so min as moontlik impak op die omge...

Spektrum 30.10.2019

Die minister van Finansies Tito Mboweni het die Medium Termyn Begrotingsrede in die parliment gelewer. Hier is ide ontleding gedoen deur Dr Chris Harmse van Rebalance Fonds -bestuuders.

Spektrum 30.10.2019

Die departement van Omgewingsake, Bosbou en Visserye het 'n beroep op rolspelers gedoen om met planne vorendag te kom om die Brulpikkewyn van uitsterwing te red. Navorsing tans toon dat die pikkewyn teen 2026 uitgesterf sal wees. Die aangepaste voorgestelde Biodiversiteit bestuursplan vir die Brulpikkewyn is pas in die staatskoerant gepubliseer vir kommentaar. Met die plan beoog die departement om...

Spektrum 10.10.2019

As deel van Maritieme -bewaringsweek is haaie in die kollig. Tydens 'n haai en rog simposium wat die week by die Twee Oseane Akwarium gehou is, het dit aan die lig gekom dat 11 000 haaie per uur na raming dood gemaak word. Dit is duidelik dat meeste haai spesies hoogs -bedreig is en meer bewaring nodig het...

Spektrum 07.10.2019

Verskeie bewaringsgroepe in die Wes-Kaap vra opnuut dat die regering en owerhede ingryp teen die meedoënlose stroop van Perlemoen. Dit volg op foto's van honderde stropers wat oop en bloot oor 'n strand in die Overberg-gebied loop NA 'n stroop-sessie, sonder om eers hulle gesigte weg te steek. 'n Lid van die Gemeenskap teen Perlemoenstropery, beter bekend as CAAP, Danie Keet, het aan Marlinee Fouc...

Spektrum 07.10.2019

Die voormalige adjunk skadu- minister van visserye, Pieter van Dalen sê dit is 'n gebrek aan politieke wil om die blatante perlemoenstropery te stop, wat lei tot die onbeheerste gestropery. Van Dalen het in sy persoonlike kapasiteit gesê die stroper-bendes maak nes hulle wil, terwyl die owerhede, staan en toekyk. Van Dalen sê dit is 'n kwessie van tyd voor 'n lid van die publiek in die spervuur be...

Spektrum 04.10.2019

Die adjunk-president, David Mabuza, besoek vandag die Noord-Kaap, waar boere op die randjie van die afgrond staan te midde van 'n voortslepende, verwoestende droogte. Hy het ook deelgeneem aan 'n vraag- en antwoord sessie met die relevante rolspelers. Kort voor die sessie, het een van Gift of the Givers se droogtehulp koördineers in die provinsie, Hester Obermeyer, aan Marlinee Fouche gesê hulle i...

Spektrum 03.10.2019

Die organisasie Save the Sheep, sê boere en plaaswerkers in die Noord-Kaap, trek nou swaarder as ooit tevore, aan die kortste end van 'n voortslepende droogte. Marlinee Fouche berig dat minstens 200 plaaswerkers in die Sutherland-omgewing alleen reeds hulle werk verloor het, en dat daar hoegenaamd geen meer natuurlike weiding vir skape is nie...

Spektrum 02.10.2019

Los verkleurmannetjies net daar waar jy hulle kry. Moenie hulle in jou huis invat en op die gordyn los om motte te vang nie. Dit is die waarskuwing van Trevor O"Donoghue, 'n ekoloog by die 10de Oppenheimer Navorsings Konferensie wat in Midrand gehou word. Die konferensie bring jaarliks omgewingskenners en wetenskaplikes van reg oor die wêreld byeen om oor omgewingskwessies te debateer en hulle nav...

Spektrum 25.09.2019

Aardklop 2019

Spektrum 24.09.2019

Aardklop 2019

Spektrum 05.09.2019

Almal moet help om veiligheid en sekuriteit in hulle direkte omgewing te bewerkstellig. Dit is die boodskap van verskeie rolspelers in die landboubedryf by die Nasie in gesprek-reeks by Kaap Nampo wat tans aan die gang is. 'n Landlike veiligheids-spesialis Uys van der Westhuizen sê die ander groot probleem is die implementeering van goeie planne om veiligheid op plase en landelike gebied te verbet...

Spektrum 29.08.2019

Daar is 'n nuwe neiging onder Suid-Afrikaners om alkoholvrye drankies te drink. Dit is aldus die Navorsingsraad vir die Geesteswetenskappe. Sake ondernemings maak ook meer geld omdat hulle die tendens volg. Ons Noord-Kaapse korrespondent, Reginald Witbooi, het meer besonderhede....

Spektrum 29.08.2019

Nog geen grootwithaaie is die afgelope 18 maande by Valsbaai in die Kaapse Skiereiland waargeneem nie. Verlede jaar het die aantal roofvisse van 205 tussen 2010 en 2016, na slegs 50 gedaal, volgens data van die waarnemersprogram, Shark Spotter. Annelene Moses berig

Spektrum 28.08.2019

Werksaamhede by die Universiteit van Limpopo is vandag gestaak weens studentebetogings oor veiligheid, en 'n kursus wat na bewering nie ge-akkrediteer is nie. Spektrum het verneem dat studente, kantoorpersoneel en dosente vyf minunte gegee is om die kampus te verlaat. Die Universiteit self, en die departement van hoër onderwys kon nog nie vir kommentaar bereik word nie, maar ons het by studente ve...

Spektrum 27.08.2019

Die veteraan akteur Tobie Cronje is vereer vir sy lewenslange bydrae wat hy tot die Suid-Afrikaanse silwerdoek gelewer het. Rolprentmaker Katinka Heyns het die “legende”-toekenning by die Silwerskermfees in Kampsbaai aan hom oorhandig. Sy sê Cronje is 'n langerige, skralerige man met 'n langerige skralerige ken wat met toneelspel toor. In sy repliek het hy weer die draak gesteek met die manier waa...

Spektrum 26.08.2019

SANPARKE het hierdie maand vir die eerste keer ooit 'n langtafel vir vroue in bewaring, toerisme en boerdery gehou. Omdat Augustus vrouemaand is het SANPARKE gevoel dit is 'n goeie tyd om in gesprek te tree met vroue oor kwessies wat hulle raak in die sektore. Baie mense hoor die stories oor renoster stropery gevalle in ons parke en op privaat renosters eienaars se persele. Maar wat is die impak o...

Spektrum 22.08.2019

Die Kaapstad Metroraad het regulasies voorgestel wat bepaal dat onbetaamlike gedrag soos vloekery op strande ontoelaatbaar is. Die burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike beplanning en omgewing, Marian Nieuwoudt sê die regulasie word nog opgestel en is oop vir openbare insae. Sy sê die doel is om kusgebiede te beskerm en openbare toegang en gedrag op strande te bestuur. Nieuwoudt sê dit is nodig vi...

Spektrum 22.08.2019

Die renosterteler John Hume, besit minstens1 700 wit-renosters. Sy broeipare sorg vir 200 kalfies per jaar. Dit kos hom egter sowat R60 miljoen 'n jaar om hulle teen stropers te beskerm, en sy finansiële bronne is weereens byna opgedroog. Hy't aan Marlinee Fouche gesê hy gaan nou 'n reuse stuk grond naby die Kruger Wildtuin opveil, in 'n desperate poging om sy diere te kan beskerm.

Spektrum 22.08.2019

Die toekoms van 300 mense hang in die weegskaal nadat hulle van 'n plaas in Kraaifontein buite Kaapstad afgesit is. Hulle het tent opgeslaan langs 'n besige pad aangrensend tot die plaas. Dit volg na 'n hofbevel waarna die Kaapse Metro alternatiewe verblyf aangebied het. Annelene Moses doen verslag.

Spektrum 22.08.2019

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is besig om homself van die algemene publiek en media te vervreem deur sy vyandige optrede en is heeltemal te gemaklik met die politieke leiers in die land. Dit is die waarskuwing van verskeie militere kenners wat deelgeneem het aan 'n debat deur die parlementêre komitee van verdediging en militêre veterane. Prof Abel Esterhyse van die militêre akademie van di...

Spektrum 14.08.2019

Dit is nog nie duidelik wat die aanklagte is teen die 23-jarige Chloe Collins van Kraaifontein wat in die Midde-Ooste aangehou word nie. Sy is reeds meer as drie maande lank in aanhouding in Oman. 'n Prokureur en woordvoerder van die Collins-gesin, Simone **Carolissen, sê dit is 'n onmoontlike situasie en dat hulle nie genoeg ondersteuning van die regering kry nie. Annelene Moses berig.

Ouça o podcast Spektrum no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos