RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Spektrum 24.02.2020 4:21
'n Verklaring deur 'n groep wat hulleself "besorgde Suid-Afrikaners" noem het die lig die naweek gesien. In die veklaring herbevestig die groep die idee dat apartheid 'n misdaad teen die mensdom was. Suzanne Paxton het met die met die sameroeper van die groep, Dawie Jacobs, en ook 'n vroeëre ambassadeur en diplomaat, gepraat.
Spektrum 19.02.2020 3:39
Suid-Afrikaners probeer nog tot verhaal kom ná die debat oor die staatsrede onverwags 'n nuwe wending geneem het. Bewerings van geweld teenoor vroue is heen en weer geslinger wat tot chaos gelei het. Die prokureur, skrywer en aktivis vir vroueregte, Bettina Wyngaardt, sê in die konteks is geweld teenoor vroue bloot as 'n politieke speelbal gebruik.
Spektrum 07.02.2020 2:51
Mejuffrou Heelal 2019, Zozibini Tunzi, land môre in Suid-Afrika vir die eerste keer sedert sy verlede jaar in Las Vegas, Amerika, gekroon is. Sy gaan haar boodskap van self-aanvaarding met Suid-Afrika, en in besonder haar tuisdorp in die Oos-Kaap, deel. Marlinee Fouche het meer besonderhede.
Spektrum 06.02.2020 4:45
Die Amerikaanse rolprentster, vervaardiger, regisseur en skrywer, Kirk Douglas is dood in die ouderdom van 103. Hy is beskou as die laaste van Hollywood se oorspronklike ikone, en was deel van die sogenaamde "Hollywood Tien". Die groep het gepoog om rasse-diskriminasie in Hollywood teen te werk. Die rolprent ressensent, Leon van Nierop, het aan Marlinee Fouche gesê dis byna onmoontlik om sy suksev...
Spektrum 03.02.2020 4:16
Die voedsel- en landbou organisasie van die Verenigde Nasies waarsku dat die sprinkaanplaag in Oos-Afrika tot 'n humanitêre krisis kan lei. Lande wat hierdeur geraak word, sluit in Somalië en Suid-Sudan, waar voedselsekuriteit reeds in die weegskaal hang.
Spektrum 30.01.2020 3:05
Die Europese Parlement het die voorwaardes vir Brexit gisteraand in Brussel, goedgekeur met 'n oorweldigende meerderheid van 612 stemme, teen 49. Wanneer die Britte die EU môre verlaat, begin die oorgangsfase.
Spektrum 30.01.2020 5:07
Die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sê hy wil graag toesien dat geen motoris sy mond aan alkohol sit, voordat hy agter die stuurwiel inskuif nie. Mbalula wil wetgewing wysig om die alkoholbeperking na 0% te verlaag. Mbalula wil toesien dat wetgewing in die verband, reeds later vanjaar van krag sal wees. Die besturende direkteur van driving.co.za, Rob Handfield-Jones, twyfel egter of dit 'n w...
Spektrum 30.01.2020 4:37
Die beeldmateriaal van die vrou wat vlermuis sop eet wat nou die rondte doen, het reeds vroeg Desember gebeur. Die Chinese regering het vir meer as 'n maand oor die coronavirus wat in Wuhan kop uit gesteek het, stil gebly. Sowat 300 duisend inwoners van Wuhan het destyds uit die stad gevlug. Marietta Kruger het met 'n voormalige RSG omroeper wat tans daar skoolhou, Christelle van Tonder gepraat.
Spektrum 30.01.2020 2:08
Die Nasionale Dieregesondheidsforum sê die manier hoe Suid-Afrikaanse rooivleisprodusente handel dryf, gaan moet verander in die lig van die jongste bek-en-klouseer uitbreking. Die forum sê boere moet meer waaksaam wees, wanneer hulle handel dryf in vee. Dit volg op politieke partye se kritiek teen die regering oor die hantering van die uitbreking.
Spektrum 27.01.2020 5:16
Weens die geweldadige kultuur in Suid-Afrika begin al meer vroue hulself bewapen sê die privaat wapeneienaars organisasie van Suid-Afrika , Gosa .Dit kan later 'n probleem raak as die minister van Polisie Bheki Cele sy sin kry. Cele is besig om wetgewing te skryf wat die besit van 'n vuurwapen vir self-beskerming sal uitsluit. Gosa het intussen ook 'n hofbevel teen die minister gekry om hom te ver...
Spektrum 27.01.2020 6:08
Die ontwikkeling van 'n splinternuwe binnelandse hawe terminaal in Gauteng word vertraag deur die Gautengse departement van paaie en vervoer. Die departement weier glo al twee jaar lank om kommentaar te lewer oor die paaie infrstruktuur by die terminaal. Die sogenaamde Port of Gauteng sal 'n droee hawe wees vanwaar goedere binnelands en selfs op in Afrika versprei kan word. 'n Woordvoerder van NT5...
Spektrum 22.01.2020 5:01
Die skooljaar het nie goed afgeskop die jaar nie. Talle kinders is nog nie in skole geplaas nie in ander gevalle is daar nie behoorlike infrasruktuur by skole nie dan moet kinders huistoe gaan - en so gaan die klagtes voort. dr Francios Naude ,'n benoemde onderwyser en navorsingsvennoot aan die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Onderwyspraktyknavorsing gee sy blik op die kwessie.
Spektrum 17.01.2020 5:35
Inwoners van Van Wyksvlei in die Noord-Kaap is in 'n krisis gedompel weens 'n tekort aan water in die dorp. Van Wyksvlei is ook in die greep van droogte, maar weens swak infrastruktuur en 'n gebrek aan behoorlike dienslewering van die munisipaliteit het inwoners nie behoorlike toegang tot water nie. Spektrum het verneem dat daar boorgate is wat die dorp van water sou kon voorsien, maar weens 'n te...
Spektrum 17.01.2020 4:32
Reinette Liebenberg, 'n lid van die provinsiale wetgewer in die Noord Kaap, verduidelik waarom daar voortslepende probleme is wat waterverskaffing betref, in Van Wyksvlei in die Noord-Kaap.
Spektrum 09.01.2020 2:18
Die joernalis, JOHANNES MYBURGH, is onlangs terug uit Latyns-Amerika na 'n jaar in URUGUAY en VIER jaar in Brasilië, waar hy vir die nuusagentskap, AGENCE FRANCE PRESSE, in SAO PAULO gewerk het. In DIE proses het hy Latyns-Amerika goed leer ken, en berig oor massabetogings in verskeie lande. Myburg het egter ook van NADER op Brasilië gefokus, waar verskeie aspekte van DIE Suid-Amerikaanse reus, vi...
Spektrum 09.01.2020 2:18
Die joernalis, JOHANNES MYBURGH, is onlangs terug uit Latyns-Amerika na 'n jaar in URUGUAY en VIER jaar in Brasilië, waar hy vir die nuusagentskap, AGENCE FRANCE PRESSE, in SAO PAULO gewerk het. In DIE proses het hy Latyns-Amerika goed leer ken, en berig oor massabetogings in verskeie lande. Myburg het egter ook van NADER op Brasilië gefokus, waar verskeie aspekte van DIE Suid-Amerikaanse reus, vi...
Spektrum 20.12.2019 2:38
Dis amptelik, Durban is die groenste stad in die wêreld. Dis volgens die jongste Husqvarna Urban Green Space Indeks. Die digitale innovasie gebruik rekenaartegnologie en tegnieke op satelliet beeld om die hoeveelheid groen gebiede in 'n streek op te spoor. Durban word erken as die stad met die hoogste persentasie groen gebiede en het die grootste boomryke stadsgebied.
Spektrum 20.12.2019 2:41
Die Kaapse Klopse Karnavalvereniging het aangekondig dat volgende jaar se straatparade op 4 Januarie gehou word in plaas van die gebruiklike tweede Nuwejaar. In hierdie stadium is daar tot dusver 40 troepe wat geregistreer is om toeskouers in hulle kleurvolle kostuums met danspassies te vermaak. Annelene Moses berig.
Spektrum 13.12.2019 2:39
'n Jong vrou uit die Oos-Kaap het gister, na vele uitdagings, haar graad in maatskaplike werk ontvang, aan die Universiteit Stellenbosch. Loandri Potgieter, het trots saam met haar gidshond Casey, oor die verhoog geloop - ten spyte van vele waarskuwings dat sy eerder 'n ander graad moes aanpak.
Spektrum 09.12.2019 7:38
Boervroue in Vanwyksvlei in die Noord-Kaap, weier om hoop te verloor in die voortslepende droogte wat die gebied op sy knieë het. Minstens 12 boere, het hulle plaashekke permanent gesluit. Landbou organisasies soos AgriSA, spreek intussen toenemend kommer uit oor voorvalle van boere wat hulle eie lewens neem omdat die las te swaar word, en dit nie voel of daar uitkomkans is nie. Verskeie vroue in...
Spektrum 02.12.2019 3:38
Reënbuie sal na verwagting van vandag af verligting bring in Noordwes en die Vrystaat na hittegolftoestande. 'n Weervoorspeller by die Suid Afrikaanse weerdiens, Jacqueline Modika, sê die hittegolf sal egter nog tot môre in Gauteng, Mpumalanga en Limpopo voortduur....
Spektrum 21.11.2019 2:37
Die Dierewelsynsorganisasie, Animal Welfare Society of South Africa, het sy kommer uitgespreek oor skoolgaande kinders wat by hondegevegte in Ocean View in die Kaapse Skiereiland betrokke is. Die organisasie se kommunikasiehoof, Allan Perrins, sê 'n besorgde lid van die gemeenskap het die gevegte onder hulle aandag gebring. Perrins sê hulle benodig gemeenskappe se hulp om die wrede praktyk stop te...
Spektrum 21.11.2019 3:19
Die Vryheidsfront Plus het 'n klag by die Openbare Beskermer ingedien rakende die kantoor van die LUR vir Onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi. Die party se nasionale voorsitter, advokaat Anton Alberts, sê hulle het die O.B versoek om die doeltreffendheid van die aanlyn-registrasiestelsel asook bewerings van finansiële wanbestuur, te ondersoek.
Spektrum 21.11.2019 3:17
Twee ontploffings in sterrestelsels miljarde ligjare weg van die Aarde af, het onlangs die helderste lig in die heelal opgelewer. Wetenskaplikes het vir die eerste keer 'n gammastraal-uitbarsting van hierdie helder aard waargeneem. 'n Navorsingsgenoot by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap, Dr Pieter Kotze, sê dit is kort uitbarstings van die mees energieke vorm van lig in die heelal.
Spektrum 21.11.2019 3:20
Voornemende studente het tot volgende Saterdag kans om aansoek te doen vir befondsing van die Nasionale Finansiële Hulpskema. Die NSFAS besoek die week verskeie dorpe waar hulle voornemende aansoekers aanmoedig om aansoek te doen vir finansiële hulp. Volgens NSFAS se administrateur, Dr Randall Carolissen, is die doel om landelike en afgeleë gemeenskappe te bereik waar 'n klein aantal aansoeke ontv...
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos