RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Jagtersvereniging: Meer as 1 000 renosters sal vanjaar gestroop word 11.03.2013 3:53
Die SA Jagters en Bewaringsvereniging voorspel dat meer as 1 000 renosters vanjaar vir hulle horings gestroop sal word. 'n Debat heers tans by die Cites-bewaringsbyeenkoms in Bangkok oor of renosters op die skedule een bewaringslys geplaas moet word. Dit beteken onder andere dat renosters glad nie gejag mag word nie. Die minister van omgewingsake Edna Molewa het ook reeds aangedui dat Suid-Afrika...
Politieke sabbotasie vermoed in Potch se waterkrisis 28.02.2013 3:52
Die DA vermoed dat die watertekorte in Potchefstroom in Noordwes dalk 'n politieke kinkel in die kabel het. 'n Hewige magstryd woed tussen die party en die ANC ná die DA-burgemeester, prof. Annette Combrinck, vroeër die week uitgestem is. Die DA sê probleme met die munisipale waterstelsel het 'n dag voor die Tlokwestadsraad se vergadering begin. Juanita Terblanche, 'n DA-LP vir die Potchefstroom-k...
SUGAR MAN WEN OSCAR 25.02.2013 5:41
Die skrywer en joernalis Rian Malan, wat in die dokumentêre fliek SEARCHING FOR SUGAR MAN verskyn, sê die fliek vind groot byval by gehore, omdat dit lewe gee aan elke gewone mens se wildste drome. Die fliek, wat handel oor die lewe van die sanger Sixto Rodriquez en sy pad na roem in Suid-Afrika, het die Oscar vir beste dokumentêre film gewen.
OSCARS sorg vir verrassings 25.02.2013 5:26
Die Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama, het net voor sewe-uur vanoggend, Suid-Afrikaanse tyd, die Oscar-beeldjie vir die beste rolprent aan die politieke riller ARGO oorhandig. Volgens kritici was vanjaar toekenningseremonie 'n sukses, omdat dit meer verrassings en skokke as in die verlede opgelewer het.
Lady Gaga kom SA toe 18.06.2012 4:23
Die gewilde en somtyds omstrede sangeres, Lady Gaga, gaan Suid-Afrikaners later vanjaar kom vermaak. Twee konserte word in Kaapstad en in Johannesburg beplan. Kaartjies kan van moreoggend 9-uur by Computicket te koop word - en daar word verwag dat dit soos soetkoek gaan verkoop.
Shiraz-fees 01.06.2012 2:12
Shiraz-rooiwyn is 'n alombekende op baie mense se etenstafels. Hoewel die kultivar net langer as 40 jaar in Suid-Afrika gebottel word, weet min mense dat die wyn reeds 6 000 jaar voor Christus gemaak is en dus een van die oudste wynkultivars in die wêreld is. Verskeie wymeesters kom die naweek in Stellenbosch bymekaar op die Hartenberg-landgoed vir die Shiraz-fees. Carl Schultz, wynmaker van die l...
DA vs COSATU 16.05.2012 7:47
Die DA en Cosatu se gevegte gister in Johannesburg se middestad word op al wat sosiale media netwerk is bespreek en ontleed. Die DA-leier in Gauteng, John Moodey, het gewaarsku dat dit maar net die begin is en dat die koppestampery tussen Cosatu en die DA herinner aan 1976. Op sy beurt, het Cosatu se nasionale woordvoerder, Castro Ngobese, gesê die DA mag nêrens in die land 'n opmars hou nie. Om d...
Cosatu skuldig - Polisie 16.05.2012 3:26
Die skuld vir die chaos wat gister in Braamfontein in Johannesburg uitgebreek het, moet voor die deur van die vakbondfederasie Cosatu gelê word. So sê die polisie nadat verskeie mense beseer is in 'n gewelddadige konfrontasie tussen DA-betogers en Cosatu-lede buite Cosatu Huis. Die DA het vanoggend strafregtelike aanklagte aanhangig gemaak in die verband.
Insekte vir ete? 08.05.2012 3:47
Vergeet van 'n gebraaide lamtjoppie - wat van gebraaide krieke? Teen 2050 sal daar so 'n tekort aan vleis wees, dat die wêreld se bevolking wat na verwagting sowat 9 miljard sal wees, alternatiewe kossoorte sal moet benut. Insekte is jare lank reeds gewild in die Ooste, maar die meeste Westerlinge wil nog nie aan dié idee byt nie.
Kind raak elke 6 uur in SA weg. 08.05.2012 3:13
Elke ses ure raak 'n kind in Suid-Afrika weg. Dit is volgens statistiek wat Missing Children South Africa uitgereik het. Dit sluit in kinders wat slagoffers van verkragting en mensehandel is. Die hoof van ondersoek by die People Search and Rescue Unit, Sarel Steyn, sê 20-persent van die kinders wat wegraak word nooit gevind nie.
Busa-voorgestelde arbeidswetwysigings 28 Maart 2012 28.03.2012 2:43
Besigheids Eenheid Suid-Afrika (BUSA) is ongelukkig met die regering se hantering van die wysiging op arbeidswetsontwerp. BUSA sê hulle ondersteun die regering se poging om kwesbare werkers te beskerm, maar dat die aangepaste wetsontwerp aanpasbaarheid in die arbeidsmark gaan inperk.
Renostersindikaat - 28 Maart 2012 28.03.2012 2:19
'n Man, wat vermoedelik die vierde lid van 'n renoster sindikaat is, is gister vasgetrek by 'n hotel langs die OR Tambo Internasionale Lughawe toe hy 'n renonsterhoring wou koop. Die man verskyn vandag in die Kempton Park landroshof. Die inhegtenisname het gekom na 'n gesamentlike ondersoek tussen die Valke en die Suid-Afrikaanse inkomste diens.
Perlemoenstropery 28 Maart 2012 28.03.2012 2:45
Die departement van Landbou, Bosbou en Visserye het in Kaapstad beslag gelê op 'n besending onwettige perlemoen wat deur Hongkong teruggestuur is. Die perlemoen van twee-komma-ses ton se waarde word op R27 miljoen geraam. 'n Woordvoerder van die departement, Lionel Adendorf, sê wat hierdie geval so merkwaardig maak, is dat dit die eerste keer is dat 'n besending onwettig gestroopte perlemoen terug...
Absa-afleggings 28 Maart 2012 28.03.2012 5:02
Solidariteit en Absa stamp koppe oor bewerings van grootskaalse afleggings by dié bank. Solidariteit het aangekondig dat hulle met 'n veldtog genaamd Stop-Absa gaan begin met die leuse "Today, tommorow, goodbye" om mense aan te moedig om protesboodskappe aan die voorsitter van Barclays, Marcus Agius, te stuur. Absa is 'n filiaal van die Britse groep Barclays Bank plc wat in 2005 'n belang van 55,5...
Centurion-skietery opvolg 28 Maart 2012 28.03.2012 0:28
Die polisie het pas die skietvoorval omstreeks half twaalf in Centurion, Pretoria bevestig waar drie mense dood is. Volgens die polisiewoordvoerder adjutant-offisier Annabel Middleton, het die skietery tydens 'n vergadering by die prokureursfirma plaasgevind.
Suid-Afrikaanse ooggetuie in Toulose 27 Maart 2012 27.03.2012 2:15
'n Suid-Afrikaner wat in Toulousse, Frankryk woon, was deel van die aksie toe die polisie op 'n woonstelgebou oorkant hulle losgebrand het. Mohamed Merah, wat verantwoordelik was vir die dood van sewe mense, onder wie drie Joodse kinders, is na 'n beleg van 33 uur deur die polisie in sy woonstel doodgeskiet. Corné du Plooy vertel van sy ervaring toe hulle die oggend met geweerskote wakker word.
Kernberaad 27 Maart 2012 27.03.2012 3:01
Wêreldleiers is in Suid-Korea byeen by die kern-en veiligheidsberaad om lande tot die beeëindiging van kernwapenprogramme te verbind. MAAR Suid-Afrika was die eerste land ter wêreld om dit vrywilliglik te doen toe ons eie kernwapen program in die vroeë 1990's tot 'n einde gekom het. Professor André Buys wat betrokke is by die Departement Tegnologie Bestuur by die Universiteit Pretoria is 'n kenner...
Kameelperde -Spektrum 27 Maart 2012 27.03.2012 1:25
Eskom het die naweek meer as honderd kragpale in 'n natuurreservaat naby Komatipoort in Mpumalanga gelig, na 'n aantal kameelperde daarin vasgeloop en doodgeskok het. Sowat 250 werkers het 160 transformators hoër opgeskuif en stutpale ingekap om te verhoed dat die kabels weer afsak.
SA vrou praat oor tronk in Mauritius 16.03.2012 3:48
'n Suid-Afrikaanse vrou wat tien jaar in 'n tronk in Mauritius deurgebring het, is vrygelaat en het gister in die land aangekom. Die 38-jarige Anneline Mouton van Kaapstad is in Junie 2002 op die lughawe in Mauritius voorgekeer nadat sy met dwelms betrap is. Sy was twee jaar verhoorafwagtend en het haar vonnis in Junie 2004 begin uitdien. Sy sê die eerste vyf jaar in die tronk was hel, maar om te...
Riaan Cruywagen 08.03.2012 5:50
Suzanne Paxton praat met die nuusleser Riaan Cruywagen oor sy ourobiografie wat binnekort op die rakke is.
Bakkes Broers 08.03.2012 8:19
Suzanne Paxton praat met die skrywers Johan en Christiaan Bakkes.
Marita van der Vyver 08.03.2012 4:21
Die gewilde skrywer Marita van der Vyver wat die afgelope paar jaar al in Frankryk bly, het oë gewys hier by die Woordfees op Stellenbosch.
Sonstorm 08.03.2012 1:27
Die sterkste sonstorm in ses jaar tref die aarde vandag. Dit bereik vanmiddag sy hoogtepunt in Suid-Afrika. Suzanne Paxton praat hieroor met dr. Pierre Cilliers, 'n navorser by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap se ruimtewetenskappe-afdeling op Hermanus.
Antjie Krog 07.03.2012 10:22
Een van die hoogtepunte op die skrywersprogram by die Woordfees is die aanbieding deur die bekroonde en internasionaal bekende skrywer Antjie Krog. Sy het in samewerking met voordragkunstenaars van Kimberley en met die klanke van inheemse instrumente in Afrikaans en die inheemse sustertale, Kwedam, Xhosa en Sesotho voorgedra.
Dana Snyman 07.03.2012 7:06
Die skrywer Dana Snyman tree op in die produksie HIER HUIL JY NET TWEE KEER by die Woordfees. Dit is die opvolgvertoning van die suksesvolle BABY, AS EK VERBY RY. Die titel van die nuwe verhoogproduksie deur Dana Snyman en Klopjag kom uit die ou gesegde: "Hier huil jy net twee keer, die dag wat jy aankom en die dag wat jy weer moet wegry." Dit is dan ook waaroor hierdie aanbieding gaan. Dit is saa...
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos