RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Verbod op alkoholadvertensies nadelig vir SA 12.06.2013 2:56
Wenkbroue word gelig oor 'n verslag wat bekendgestel is oor die ekonomiese impak wat 'n verbod op advertensies van alkoholprodukte sal hê. Nie net sal Suid-Afrika se ekononomie 'n knou kry en werksverliese tot gevolg hê nie, maar die SAUK sal ook benadeel word aldus die ekonomiese navorsingsmaatskappy, Econometrix. Hulle het die verslag saamgestel nadat hulle na navorsing in die buiteland gekyk he...
Zuma oor stakings 30.05.2013 2:33
President Jacob Zuma sê die regering staan neutraal in arbeidsgeskille, maar sal nie toelaat dat dit die land destabiliseer nie. Zuma het by 'n buitengewone mediakonferensie gesê stabiliteit in spesifiek die mynbousektor moet dringend herstel word.
Plagiaat by UJ 30.05.2013 3:11
Die Universiteit Johannesburg stel ondersoek in na bewerings in verband met wydverspreide plagiaat in doktorale verhandelings van die fakulteit wysbegeerte. Volgens 'n interne brief van die waarnemende vise-kanselier, prof. Angina Parekh, is daar bewerings dat verhandelings deur die senaat se komitee vir hoër grade goedgekeur word ten spyte van groot gedeeltes plagiaat daarin.
Jongste oor SA egpaar in Jemen 30.05.2013 1:49
Die twee Suid-Afrikaners wat in Jemen ontvoer is, woon glo al vier jaar in daardie land. Die egpaar se identiteit is aan Spektrum bekend, maar word weerhou op versoek van die polisie. Onderhandelings vir hulle vrylating is steeds aan die gang.
Kabinet sit oor Diepsloot-geweld 30.05.2013 2:11
Die kabinet het `n beroep op gemeenskappe gedoen om te waak teen `n herlewing van zenofobiese aanvalle op buitelandse burgers. Dit volg op die geweld en plundering van winkels vandeesweek in Diepsloot, Johannesburg. Die geweld het opgevlam nadat `n Somaliër na bewering twee Zimbabwiese burgers doodgeskiet het. Samesprekings om oplossings vir die geweld te soek, word vandag in Diepsloot gehou.
Nuwe hoop vir mense met beenbeserings 29.05.2013 2:50
'n Jong polisievrou van Mpumalanga is in haar noppies nadat 'n innoverende ortopediese sjirurg, dr. Franz Birkholz, daarin geslaag het om haar been te red. Ná 'n motorongeluk in 2007, is Anschua Botha se linkerbeen so erg beseer dat menige dokter dit wou afsit. Die been wat meer as twee sentimeter korter is as haar regterbeen, word nou geleidelik gerek met behulp van 'n eksterne magneet. Die prose...
Nie almal ontevrede met openbare vervoer 29.05.2013 1:13
'n RSG-luisteraar, Kootjie Serfontein van Brandfort in die Vrystaat, sê hy is bang dat negatiewe berigte rondom Vervoerminster, Ben Martin, se begrotingsrede ander mense dalk van openbare vervoer sal afskrik. Serfontein sê die regering het al heelwat gedoen om trein-vervoer toeganklik te maak.
Vervoeroudit gevra om openbare vervoer te verbeter 29.05.2013 2:36
Die Vryheidsfront Plus waarsku dat 'n behoorlike oudit van die land se vervoerbehoeftes gedoen moet word vóór duur vervoerprojekte aangepak word. Advokaat Anton Alberts, die party se parlementêre woordvoerder oor vervoer, sê projekte soos Gauteng se e-tol stelsel dwing al hoe meer mense tot openbare vervoer, wat in elk geval gebrekkig is.
Kerkstraatbom herdenking 20.05.2013 3:34
Die Kerkstraatbom was een van die grootste terreuraanvalle in Suid-Afrika se geskiedenis. Op Vrydagmiddag 20 Mei 1983, 30 jaar gelede, is 19 mense dood en meer as 200 beseer toe 'n motorbom met sowat 40kg plofstof voor die Lugmaghoofkwartier in Kerkstraat, Pretoria, ontplof het. Een van die slagoffers, ds. Chris Barnardo, was destyds 'n luitenant in die lugmag en het sy sig weens die ontploffing v...
Willem Botha by Eurovision 16.05.2013 2:31
Botha is deel van die span van Belarus wat Saterdag in Malmo, Swede aan die finaal deelneem. Vandag is die eerste afdag vir Botha sedert sy vertrek uit Suid-Afrika op 23 April.
Zwartkopslugskou 06.05.2013 3:52
Die aantal lugskoue in Suid-Afrika het die afgelope paar jaar weggekwyn, met enkele klein skoue wat landwyd aangebied word. Die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum hou egter nog elke jaar hulle eie lugskou om die museum te bemark en 'n loopbaan in lugvaart onder die jongklomp aan te wakker. Eerskomende Saterdag sal sowat 120 vliegtuie in Gauteng by die Zwartkopslugmagbasis aan die lugskou deelneem. Om di...
Gupta-sage wys hoe belangrik media is 03.05.2013 4:09
Die belangrike rol van die media om die publiek in te lig wanneer inligting weerhou word, het die afgelope dae met die Gupta-sage baie duidelik op die voorgrond getree. Vandag is Wêreld Persvryheidsdag en die oudjoernalis Max du Preez sê diegene wat nog getwyfel het oor of die media gemuilband moet word deur die nuwe inligtingswet, behoort nou twee keer te dink.
Wanbestuur kos SA R1-miljard elke jaar 02.05.2013 3:49
'n Verdoemende verslag wys daar is 'n groot toename in die voorkoms van finansiële wanbestuur in die staatsdiens. Die verslag is vrygestel deur die regsfirma, Edward Nathan Sonnenbergs, en toon 'n 170% styging in die verlies van staatsfondse as gevolg van finansiële wanbestuur in die verskillende staatsdepartemente. Die verslag is gebaseer op 'n studie wat deur die Staatsdienskommissie gedoen is e...
Oorgrenspark nie oorsaak van renosterstropery 02.05.2013 2:09
Dit is nie noodwendig die grensdrade wat laat sak is tussen Suid-Afrika en Mosambiek om die Limpopo-oorgrenspark te vorm, wat die skuld moet dra vir renosterstropery nie. Die is die mening van prof. Willem van Riet wat betrokke was by die beplanning en daarstelling van die oorgrenspark. Hy sê daar is 'n gebrek aan beheer en bestuur omdat die betrokke lande nie destyds belang gestel het om gesprekk...
Gupta-gaste deur SARS ondersoek 02.05.2013 2:08
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens oorweeg stappe teen die gaste van die Gupta-bruilof. Na wat berig word, was daar geen doeanebeamptes van die Inkomstediens by die Waterklooflugmagbasis teenwoordig om die gaste se bagasie te ondersoek nie. Gevolglik het die gaste glo duisende rande se trougeskenke die land ingebring, sonder om belasting daarop te betaal. Spektrum het navraag gedoen by die woordvoe...
Regering breek stilswye oor Gupta-debakel 02.05.2013 4:17
Die vliegtuig wat trougaste van die omstrede Gupta-familie uit Indië na Suid-Afrika gebring het, is van die Waterkloof Lugmagbasis verwyder ná 'n opdrag deur die minister van verdediging vanoggend. Die owerhede in Suid-Afrika skarrel vandag om antwoorde te verskaf oor die beweerde misbruik van staatshulpbronne om die invloedryke Guptas te akkommodeer. Minstens een hoëprofiel amptenaar se kop het a...
Gupta-debakel 'n klad op SA se naam 02.05.2013 2:41
Prof. Rudolph Zinn van die Departement Polisiepraktyk by Unisa sê die misbruik van staatsinstansies is 'n klad op Suid-Afrika se naam. Zinn sê dit is kommerwekkend dat daar klaarblyklik nie enige generaals in die polisie is wat wou standpunt inneem oor die misbruik van polisielede om gaste na 'n troue te begelei en op te pas nie. Na bewering is verskeie polisielede en voertuie gebruik om gaste, wa...
Waar het Internasionale Werkersdag sy ontstaan? 01.05.2013 2:07
Die Spektrumspan werk vandag, maar die meeste Suid-Afrikaners ontspan op Werkersdag. Internasionale Werkersdag word wêreldwyd op 1 Mei gevier. Lande soos die VSA en Kanada vier dit egter eers later in die jaar. Die dag herdenk die opstand van die werkers in Chicago in die laat 1800's, wat aangedring het op 'n agt-uur werksdag.
Vryheidsdag 26 April 2013 26.04.2013 4:08
Vryheidsdag word more gevier. Vir baie mense is dit egter net nog 'n verskoning om te drink. Dr. Leon Wessels, 'n navorsinggenoot by die instituut vir versoening en sosiale geregtigheid by die Universiteit Vrystaat, en ook voorheen van die Menseregtekommissie, sê die dag het egter 'n groter belang vir mense as wat hulle dink.
ANC en die DA sit weer vas oor apartheid 18.04.2013 2:23
Die ANC in die Wes-Kaap beskuldig die DA daarvan dat hulle die publiek doelbewus mislei oor die rol wat dié party in die stryd teen apartheid gespeel het. Dit volg nadat die DA plakkate versprei het waarop oudpresident Nelson Mandela en die politieke aktivis Helen Suzman uitgebeeld word waar hulle mekaar omhels, met die boodskap dat die ANC nie op eie houtjie teen apartheid baklei het nie.
SA klimmer van Everest afgevlieg 18.04.2013 1:44
'n Lid van die groep Suid-Afrikaanse vroue wat Berg Everest uitklim as deel van 'n veldtog teen mensehandel en hedendaagse slawerny moes met 'n helikopter van die berg afgevlieg word. Die spandokter, Ilse Joubert, sê die vrou het gister begin duiselig voel en haar bloeddruk was hoog. Vanoggend het die simptome vererger en hulle het besluit dat sy nie verder kan klim nie. Die spanlede wat ook nog n...
Renosterstropery 17.04.2013 2:43
Die land wag in spanning vir die jongste statistiek rakende die aantal renosters wat die afgelope week gestroop is. Die woordvoerder van SANPARKE, William Mabasa, het verlede week tydens 'n mediabesoek aan die Nasionale Kruger Wildtuin gewaarsku dat as daar nie nou iets daadwerkliks gedoen word om die stropery stop te sit nie, die renoster sal uitsterf. 'n Groep joernaliste het verlede week saam m...
FB verloor gebruikers, maar dit is nie sy einde 09.04.2013 2:37
Net minder as eenmiljoen Suid-Afrikaanse Facebook-gebruikers het die afgelope ses maande nie op hulle profiele aangeteken nie. Die sosiale media moniteringsmaatskappy, SocialBaker, het aangedui dat volgens hulle navorsing, meer ouer mense Facebook begin gebruik, terwyl jong mense eerder op ander sosiale netwerke wil rondspeel. Die hoof van die Departement Rekenaarwetenskappe aan die Nelson Mandela...
Twee vas vir Ventersdorp-moord, verkragting 19.03.2013 3:31
Twee mans verskyn môre in die hof vir die moord op die 67-jarige Johan Stighling. Johan en sy vrou, Cora, is Sondag op hulle plaas naby Ventersdorp in Noordwes aangeval, vermoedelik met bofbalkolwe. Die polisie het ook bevestig dat Cora verkrag is.
Wat is satanisme? 19.03.2013 3:41
Die Gautengse onderwysdepartement het oorlog teen satanisme en die okkulte in skole verklaar. Dit volg na gewelddadige voorvalle by verskeie skole in die provinsie. Kundiges en godsdiensleiers waarsku egter dat daar nie sonder meer gevolgtrekkings gemaak moet word oor sekere religieuse praktyke en geweld nie. Sefu Winters wat al meer as vyf jaar betrokke is by satanisme, sê die voorvalle waaroor d...
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos