RSG

Spektrum

News AF ↓ 2535 episódios

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

6 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Dana Snyman 07.03.2012

Die skrywer Dana Snyman tree op in die produksie HIER HUIL JY NET TWEE KEER by die Woordfees. Dit is die opvolgvertoning van die suksesvolle BABY, AS EK VERBY RY. Die titel van die nuwe verhoogproduksie deur Dana Snyman en Klopjag kom uit die ou gesegde: "Hier huil jy net twee keer, die dag wat jy aankom en die dag wat jy weer moet wegry." Dit is dan ook waaroor hierdie aanbieding gaan. Dit is saa...

Marie Heese 07.03.2012

Die Universiteit Stellenbosch Woordfees bring vanjaar hulde aan die gevierde skrywer, Marie Heese, wat vanjaar 70 word. Sy het diep spore in die onderwys getrap en het aan verskeie tersiêre instellings gedoseer. As woordkunstenaar is sy ewe tuis in Afrikaans en Engels en haar eerste roman AS DIE UURWERK KANTEL het klassieke status bereik. Ná haar aftrede by Unisa het sy na Stilbaai verhuis waar sy...

Waarskuwing uitgereik oor Tropiese Storm Irina 02.03.2012

Swaar reën word verwag oor die noord-oostelike dele van die land met die koms van die tropiese storm Irina wat in die Mosambiekkanaal afbeweeg. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat die storm na verwagtig tot 'n tropiese sikloon sal versterk. Jacques Benade van Mpumalanga Rampbestuur, sê voorsorgmaatreëls is in plek.

Nuwe verslag wys voordele van hidroliese breking 02.03.2012

Sewehonderdduisend werksgeleethede oor 25 jaar is van die ekonomiese voordele indien die ontginning van skaliegas in die Karoo sou voortgaan. Die ekonoom Tony Twine het in 'n verslag wat vanoggend deur Econometrix bekend gemaak is, uitgebrei oor die groot potensiële ekonomiese voordele verbonde aan hidroliese breking.

Omstrede debat oor gestremde babas 02.03.2012

'n Hewige debat het in bio-etiese kringe los gebars oor of dokters pasgebore babas mag dood maak wat die ma nie wil hê nie, nie voor kan sorg nie en of wat gestremd is. 'n Filosoof Francesca Minerva wat verbonde is aan die Oxford Universiteit in Amerika is van mening dat dokters die keuse moet hê of pasgebore babas doodgemaak moet word as hulle gestremd is, die ouers hulle nie sal kan onderhou nie...

Renoster DNS-databasis 01.03.2012

Die SA Jagtersvereniging sê hulle is steeds van mening dat die wettige handeldryf met renosterhoring die stropings sal stopsit. Dr. Herman Els van die Verening sê egter al manier hoe mens dit suksesvol sal kan doen is om te verseker dat die renoster-DNS in 'n databasis opgeneem word en daarom het hulle nou 'n bedrag van R100 000 aan die Veterinêre Genetiese Laboratorium by die Veaartsenykundige Fa...

GM betaal apartheidslagoffers 29.02.2012

Die General Motors moedermaatskappy in Amerika het sonder 'n hofbevel besluit om vergoeding aan apartheidslagoffers te betaal. Hierdie ongewone optrede het gister aan die lig gekom. Khulumani, die organisasie wat die slagoffers verteenwoordig, sê hulle hoop dit skep 'n voorbeeld vir ander maatskappye om te volg.

Besoedeling neem toe in Vaalrivier 23.01.2012

'n Luisteraar het via Monitor en Spektrum se Facebookblad laat weet dat waar sy teenaan die Vaalrivier bly, tussen Vanderbijlpark en Parys, daar 'n groen, poeierige stof in die water is. Ná reaksie van nog ander lede op haar skrywe, is besluit om ondersoek in te stel. 'n Plantkenner van die Noordwes Universiteit, dr. Sanet Janse van Vuuren, sê hulle studies toon dat daar die afgelope paar jaar daa...

Doris Brasch oorlede 18.01.2012

Die sopraan Doris Brasch wat vir haar kinderliedjies soos DIE LAPPOP en DAPPER MUIS bekend is, is verlede week op 82 aan kanker oorlede. Brasch is ook bekend vir haar operarolle in onder meer DIE TOWERFLUIT en Gustav Mahler se tweede simfonie DIE OPSTANDINGSIMFONIE, en het verskeie kere saam met die simfonie-orkeste van Johannesburg, Kaapstad en Durban opgetree. Sy word oorleef deur haar dogter en...

Eerste skooldag in Mpumalanga 18.01.2012

Sommige skole in Mpumalanga se Nkomazi en Hazyview gebiede het vanoggend bietjie later as gewoonlik begin as gevolg van die aanhoudende reën die afgelope paar dae. By ander skole waar die reën nie so 'n groot invloed gehad het nie, is daar sommer vroeg vroeg al met klasse begin. Veral die graad eentjies van Laerskool Laeveld in Nelspruit het sommer op hulle eerste skooldag al hard begin werk. Aman...

Ouça o podcast Spektrum no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos