RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Monitor 25.09.2019 4:59
Die Total Shutdown beweging sê Kaapstad sal vandag tot stilstand gedwing word. Een van die organiseerders, Nadia Mayman De Grass, sê daar is nie aan een van hulle eise wat 'n jaar gelede gemaak is, voldoen nie.
Monitor 25.09.2019 2:30
Inheemse plante en kruie word deur die eeue heen deur die Khomani-San by Askham in die Noord-Kaap gebruik, om 'n gesonde leefstyl te handhaaf. Die Departement van Wetenskap en Tegnologie het 'n inheemse kweekhuis begin waar die plante en kruie gepreserveer en geoes kan word. Annelene Moses berig.
Monitor 25.09.2019 3:14
Honderde voormalige inwoners van Distrik Ses in Kaapstad was in 'n vrolike luim tydens die amptelike geleentheid waar Kaizersgracht sy oorspronklike naam, Hanoverstraat, teruggekry het. Die geleentheid op Erfenisdag is deel van 'n veldtog wat die kollig plaas op die stadige pas van grondhervorming vir diegene wat, ingevolge destyds se berugte Groepsgebiedewet, kragdadig van die grond af verskuif i...
Monitor 25.09.2019 25:54
Aardklop 2019
Monitor 24.09.2019 24:02
Regstreekse uitsending van Aardklop
Monitor 18.09.2019 11:34
Vandeesweek is nasionale testamente week. Een regsgeleerde wat hom toespits op testamente, is Dawie Coetzer. Hy sê slegs 30 persent van Suid-Afrikaners het testamente.
Monitor 18.09.2019 3:12
President Cyril Ramaphosa sê die regering sal 'n nuwe benadering bespreek vir besliste optrede teen geslagsgeweld, tydens 'n gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering. Ramaphosa vra onder meer dat meer aandag aan seuns gegee word. 'n Kriminoloog in die Departement van Maatskaplike Werk en Kriminologie aan die Universiteit van Pretoria, prof. Christiaan Bezuidenhout, sê dat albei geslagte...
Monitor 18.09.2019 2:06
SANPARKE sê hy is bekommerd oor die stroop van verskeie plantspesies in die Richtersveld in die Noord-Kaap. Die vermoede is dat 'n sindikaat met sy wortels in die Verre Ooste verantwoordelik is vir die stropery. Die jongste gestroopde vetplant is Conophytum, waarvoor duur in Europa en China betaal word. Conopyhytum is 'n beskermde plant. Reginald Witbooi het die Ricthersveld besoek.
Monitor 18.09.2019 5:06
Een van die voormalige internasionale tennisster, Bob Hewitt, se verkragtingslagoffers, Olivia Jasriel, sê ou wonde is van vooraf oopgekrap toe sy laasweek moes hoor dat Hewitt op 23 September op parool vrygelaat sou word sonder dat sy of die twee ander slagoffers deur die Departement van Korrektiewe Dienste se paroolraad gekontak is. Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola...
Monitor 18.09.2019 3:30
'n Honneursstudent aan die Universiteit van die Witwatersrand, Lauren den Besten, het op die ouderdom van 14 uitgevind dat sy aan Alopesie, oftewel haarloosheid, ly. Binne 'n kwessie van drie maande, het sy al haar hare verloor. Ons is in die middel van Alopesie bewusmakingsmaand, en Den Besten, het haar verhaal met ons gedeel...
Monitor 17.09.2019 7:35
Meer as vyf en veertig duisend besoekers het verlede jaar die eerste Comic Con Africa bygewoon. Dit is so gewild dat hulle vanjaar 'n groter lokaal gekry het om aan die aanvraag te voldoen. Strokiesprent liefhebbers, aanhangers van sogenaamde "pop culture" en superhelde gaan die naweek weer skouers skuur by die gewilde expo. Maar hoekom is die wereld van rekenaarspeletjies, strokiesprente en super...
Monitor 16.09.2019 8:52
By die Sentrum vir Siektebeheer in die VSA word een uit elke 59 kinders met outisme gediagnoseer. 'n Suid-Afrikaner wat twee outistiese seuns het, Ilana Gerschlowitz, s^e die statistiek in Suid-Afrika stem ooreen met die in Amerika. Sy deel haar reis met outisme in 'n boek "Saving my Sons", wat sy onlangs geskryf het. Tegnologie op 'n Ipad maak dit vir haar oudste seun wat nie kan praat nie moontl...
Monitor 16.09.2019 8:52
OUTISME By die Sentrum vir Siektebeheer in die VSA word een uit elke 59 kinders met outisme gediagnoseer. 'n Suid-Afrikaner wat twee outistiese seuns het, Ilana Gerschlowitz, s^e die statistiek in Suid-Afrika stem ooreen hiermee. Sy deel haar reis met outisme in 'n boek Saving my Sons, wat sy onlangs geskryf het. Tegnologie op 'n Ipad maak dit vir haar oudste seun wat nie kan praat nie moontlik om...
Monitor 12.09.2019 8:00
Verskeie regters het gereageer op bewerings dat die regbank korrup is. Die leierskap van die regbank het aangedui dat hulle, met groot kommer kennis neem van die bewerings waaroor die afgelope weke skerp in die hoofstroom- en sosiale media berig is. Este de Klerk doen verslag.
Monitor 10.09.2019 5:18
Suid-Afrikaners in Nederland het in Amsterdam vergader vir 'n optog teen geslagsgeweld in Suid-Afrika. Die beweging is deur Keö Borejszo op Facebook begin, waar Suid-Afrikaners in Nederland uitgenooi is na die betoging. Dit volg na duisende Suid-Afrikaners landwyd uitgepraat het teen die voortgesette geweld teen vroue en kinders. Annelu le Roux doen verslag.
Monitor 10.09.2019 7:31
Verskeie gedenkdienste word hierdie week vir die ontslape Springbokvleuel, Chester Williams, gehou. Williams is Vrydag op die ouderdom van 49 aan 'n hartaanval oorlede. Anita Visser het met Heindrich Wyngaardt, 'n voormalige kollega maar ook die skrywer van rugbyboeke oor Peter de Villiers, Errol Tobias en Ashwin Willemse gepraat.
Monitor 06.09.2019 13:20
Die Interregeringspaneel oor Klimaatsverandering het pas 'n beraad in Toulouse, Frankryk bygewoon, waar die nuutste inligting bspreek is sodat riglyne vir beleid geskep kan word. Professor Francois Engelbrecht van Wits Universiteit se Global Change Institute was daar en is self ook betrokke by die skryf van die dokument, met 'n spesifieke fokus op die implikasies van klimaatsverandering vir Afrika...
Monitor 05.09.2019 21:14
Suid-Afrika is die afgelope week in 'n greep van geweld. Xenofobiese aanvalle in Gauteng het wyd voorgekom, en geweld teen vroue en kinders - en vragmotorbestuurders - het opnuut opgang gemaak. Vroue-drukgroepe het selfs begin vra dat geweld teen vroue en kinders as 'n noodtoestand in die land verklaar word, en vandag en more vind verskeie optogte in solidariteit in Suid-Afrika plaas. Ons samelewi...
Monitor 04.09.2019 22:25
Ons fokusgesprek is Xenofobie. Vandeesweek het ons weereens die plundery van winkels wat aan buitelanders behoort in verskeie dele van Gauteng beleef. Die polisie moes bontstaan om oproeriges in Turfontein, Germiston, Jeppestown, Alexandra, Malvern, asook die middestad self en dan in PRETORIA, onder beheer te bring. Die afgelope naweek is vragmotors op die N3 in Ashburton en die N2 naby Port Sheps...
Monitor 28.08.2019 7:42
Navorsers aan die Universiteit van East Anglia in Brittanje waarsku dat mense met tipe twee diabetes nie Omega 3 aanvullings moet neem nie. Anita Visser het die vetsugkenner, professor Tess van der Merwe van die Universiteit van Pretoria, gevra wat die Britte se navorsing hieroor behels het.
Monitor 28.08.2019 8:11
Die afgelope paar weke word daar debat gevoer oor die regering se plan om die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan te implementeer. Die plan beloof om Suid-Afrika se gesondheidsorg fundamenteel te verander. Terwyl argumente ten gunste van die NGV fokus op die ongelykhede in die bestaande stelsel, draai die argumente daarteen om die praktiese aspekte en volhoubaarheid van die implementering. Este...
Monitor 22.08.2019 6:13
Die Gelykheidshof het die doelbewuste vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag tot haatspraak en diskriminasie teen swart mense verklaar. In sy uitspraak, het Regter Phineas Mojapelo gesê die swaai van die vlag wakker seer en kwade gevoelens aan - en dit is vernietigend van ons nie-rassige demokrasie. Maar wat is die implikasies van die uitspraak? Este de Klerk doen verslag.
Monitor 21.08.2019 5:23
Die wolbedryf in Suid-Afrika is tot stilstand geruk, weens volgehoue droogte-toestande, die uitbreek van bek- en klouseer vroeër vanjaar, en China se streng invoermaatreëls vir wol. Dit bepaal dat die wol eers vir 'n paar maande in sekere toestande geberg moet word, voordat dit uitgevoer kan word. Wolprodusente en wol-agente in Suid-Afrika staar nou ernstige kontantvloei-probleme in die gesig. Ver...
Monitor 21.08.2019 18:59
"Daar heers n verwronge beeld oor Sjina se voornemens in Afrika." SO glo Gert Grobler, gewese ambassadeur in onder meer Tokio en Madrid, wat tans aan die CHêSJANG Normal University in die stad, SJHINWHA in SUID-OOS Sjina, klas gee oor Suid-Afrikaanse buitelandse beleid: Hy is dan ook vanoggend MONITOR se ateljee gas.
Monitor 13.08.2019 3:48
'n Suid-Afrikaner in Melbourne is lid van n span rekonstruktiewe plastiese sjirurge wat 'n nuwe tegniek ontwikkel het, wat van groot nut kan wees vir kwadrupleë en mense met ernstige rugstring beserings. Dr Natasha van Zyl is verbonde aan Austin Health sentrum in Melbourne, wanwaar sy met MONITOR gepraat het:
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos