RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Monitor 25.10.2019 5:16
Die navorsings-professor in die eenheid Onderwys en Menseregte in Diversiteit aan die Noordwes Universiteit, Professor Elda de Waal, sê daar is 'n oordrewe klem op matriekresultate, terwyl baie nie eers veilig is, terwyl hulle skryf nie. Dit behalwe dat moontlike beurtkrag ook 'n baie belangrike mylpaal in hulle lewe negatief kan beinvloed. Volgens haar is die twee elemente uiters belangrik en ont...
Monitor 25.10.2019 4:23
Die oorskot van 'n San-vrou wat Madawas gedoop is, is onlangs in die Tankwa-Karoo Nasionale Park herbegrawe. Volgens navorsing het die vrou tussen die tydperk van 1436 tot 1622 geleef. Die bestuurder van die park, Kenneth Makondo, sê die beendere is in 2007 ontdek en na deeglike navorsing is Madawas die afgelope naweek seremonieel te ruste gelê.
Monitor 25.10.2019 5:13
Daar heers groot opgewondenheid onder sterrekundiges oor die ontdekking van n nuwe melkweg. Die ontdekking was toevallig - onder meer weens die feit dat die nuwe stelsel verskuil was agter n kosmiese stofwolk. Monitor het dr Pieter Kotze, Navorsingsgenoot by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte Agentskap, SANSAT op Hermanus uitgevra oor die besonderhede van die ontdekking.
Monitor 25.10.2019 12:02
Die meningspeiler, IPSOS, het n seminaar vir vandeesweek gereël met die titel: THE AGE OF CRISIS - COMMUNICATION IN CRISIS. Monitor het met n direkteur by die maatskappy, Mari Harris gepraat, oor die huidige krisisse in ons politiek.
Monitor 25.10.2019 2:02
"Siesa, hier kom Desember se kakkerlakke" lui 'n opskrif vandeesweek in Die Burger. Dr. Willem Botha, die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal bespreek die woorde: kakkerlakke, kokkerotte en ander goggas en siesa.
Monitor 25.10.2019 6:18
Die voormalige DA-leier, Mmusi Maimane het gister sy bedanking van die party en uit die Parlement aangekondig, skaars 24-uur nadat hy die tuig as die amptelike opposisie se leier neergelê het. Die verrassende wendings het gekom nadat Helen Zille die naweek as die Voorsitter van die DA se Federale Raad verkies is. Wat voorspel al hierdie wendings vir die DA, en wat voorspel hierdie politieke skomme...
Monitor 23.10.2019 4:02
Wetenskaplikes aan die Universiteit van Cambridge glo dat tipe twee diabete wat 'n gewigsverlies van tien persent kan toon in die eerste vyf jaar na diagnose, in remissie kan gaan. Hul aanvanklike bevindings is gebasseer op die noukeurige bestudering van data tot hul beskikking vanuit verskeie studies. Monitor het gister gepraat met Dr Hajira Dambha-Miller van Cambridge Universiteit se Departement...
Monitor 23.10.2019 4:08
Die Bloodhound supersoniese motor gaan vandag poog om sy hoë snelheidstoets van 8-honderd kilometer per uur op Hakskeenpan in die Noord-Kaap af te lê. Dit word gedoen voor die voertuig volgende jaar sal poog om 'n landspoed-rekord van 1-duisend 6-honderd kilometer op te stel. Die voertuig is amptelik Maandag bekendgestel. Ons Noord-Kaapse korrespondent Reginald Witbooi is op Hakskeenpan en het hie...
Monitor 23.10.2019 3:34
Die waternood is so groot in Barberton dat opposisie-lede die ANC-Stadsraad gevra het om aansoek te doen om die dorp tot 'n rampgebied te verklaar. Monitor kon nie die woordvoerder van die Stadsraad op Barberton, Joseph Ngala, opspoor nie, maar die DA-Raadslid, Phillip Minnaar sê die Lomatie dam is tans 20% vol.
Monitor 23.10.2019 3:28
Monitor het 'n nuusverklaring van die Stadsraad onder oë gehad. Daarin word voorgestel dat die Mbombela munisipaliteit die Umjindi gebied tot 'n rampgebied verklaar, en dat die Departement Water en Sanitasie genader word vir dringende bystand. Maar 'n besproeingsboer in die gebied, Alwyn van Graan, het bygevoeg dat die probleem jare lank reeds bestaan.
Monitor 23.10.2019 3:45
Bonteheuwel in Kaapstad wil nie meer bekend staan as 'n township nie, maar wil herklassifiseer word as 'n voorstad. Raadslede van die gebied het 'n mosie aan die Kaapstad Metroraad gerig om sy status te verander. Die DA-raadslid, Angus McKenzie, sê die woonbuurt verskil min van ander woonbuurte.
Monitor 23.10.2019 7:00
INTRO: Die Onafhanklike Kragverskaffers dra nie by tot Eskom se finansiële krisis nie. So sê die Dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch en kenner van hernubare kragbronne, Prof Wikus van Niekerk. Dit volg na die woordvoerder van die vakbond Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, eergister in 'n onderhoud gesê het dat die onafhanklike kragverskaffers Eskom geld kos.
Monitor 18.10.2019 5:43
Leon van Nierop se jongste fliekrubriek..
Monitor 18.10.2019 5:51
Die Dros-verkragter, Nicholas Ninow, is gister lewenslank tronk toe gestuur vir die verkragting van 'n 7-jarige meisie verlede jaar. Hy is gister gevonnis nadat die hof die afgelope twee dae getuienis ter versagting en verswaring aangehoor het. Ninow, en sy Ouma, Pauline Gerecke, het by die hof gepleit om hom genadig te wees, maar ook besonderhede onthul van Ninow se kinderdae en die verwaarlosing...
Monitor 17.10.2019 2:15
Tannie Poppie, die land se "Roosterbrood Koningin", is na twee weke terug by die huis en nog meer gemotiveerd as ooit. Sy verkoop roosterbrood langs die N1 by Laingsburg in die Karoo en is onlangs na Italië genooi om haar roosterbrood vir honderde mense by 'n fietsry-geleentheid in Gaiole voor te berei. Carmel Loggenberg Roberts het Tannie Poppie op die lughawe in Kaapstad terugverwelkom.....
Monitor 14.10.2019 7:16
Miljoene Suid-Afrikaners neem aan hengel deel, wat dit 'n gewilde tydverdryf maak. Een van die hengel fasette wat die vinnigste groei is spesie-hengel vir karp, 'n vis wat landwyd in varswater voorkom. In karp-spesie hengel, gebruik vissermanne en vroue spesiale metodes om slegs groot karpe te teiken . Alle rassegroepe het vir dekades al aan karphengel deelgeneem, behalwe swart Suid-Afrikaners. Ma...
Monitor 11.10.2019 9:56
Emily Hobhouse, Vera Brittain en Edith Dickenson: drie kampvegters vir vroue-regte met een ding in gemeen - die Anglo-Boereoorlog. Die stryd, wat ook as die Suid-Afrikaanse oorlog bekend staan, het vandag 120 jaar gelede uitgebreek. Terwyl Boeregeneraals soos De Wet en De La Rey tradisioneel as die helde van die oorlog beskou is, voel historici die tyd het nou aangebreek om vroue se rol in die oor...
Monitor 09.10.2019 13:32
Die Sweedse aktivis, Greta Thunberg is vir die Nobel-prys vir Vrede benoem na 'n merkwaardige jaar waarin die 16-jarige tiener se veldtog om skoolkinders te mobiliseer vir omgewings-aktivisme tot wêreldwye prominensie gegroei het. Sy word uit sekere oorde geloof, maar uit ander skerp gekritiseer vir haar reguit boodskappe aan regerings en wêreldleiers om op te tree teen die klimaat-krisis. Este de...
Monitor 07.10.2019 14:27
Verskeie organisasies, soos die Vryheidsfront Plus en die Afrikanerbond het die Menseregtekommissie van vooroordeel in die rassismesaak teen Eben Etzebeth beskuldig. Etzebeth toer op die oomblik saam met die Springbokke in Japan vir die Wereldbekertoernooi. Die Menseregtekommissie het Vrydag 'n klag by die gelykheidshof ingedien na inwoners van Langebaan Etzebeth van rassisme beskuldig het. Anita...
Monitor 02.10.2019 17:28
'n Knellende droogte het boere van die Oos-Kaap op hul knieë. Lamtyd het aangebreek, maar die voerskure is leeg. En volgens die Oos-Kaapse departement van water en sanitasie sê die Nqwebadam by Graaff-Reinet is 1,23 persent vol. Ons praat nou hieroor met Corene Conradie van die waterkrisiskomitee op Graaff-Reinet.
Monitor 01.10.2019 9:39
Die Ndlovu-jeugkoor het met hulle deelname aan America's Got Talent die land se verbeelding en harte aangegryp. Hulle het nou wel nie met die eerste prys weggestap nie, maar is beloon met 'n kontrak van Simon Cowell, een van die vervaardigers van die program en self 'n musiekvervaardiger. Izak du Plessis het met die Ndlovu-jeugkoor se koorleier, Ralf Smitt, gepraat.
Monitor 30.09.2019 10:07
Koerante het gister beweer dat die leier van die DA, Mmusi Maimane, vir maande met 'n Toyota Fortuner wat deur die gewese baas van Steinhof, Markus Jooste geskenk is, rondgery het - selfs ná Steinhof se dramatiese ineenstorting. Maimane word ook binne sy party gedruk om te verklaar wie 'n huur-huis in Kaapstad vir hom betaal. Dit het intussen bekend geword dat die huis aan 'n Kwazulu-Natalse Sakem...
Monitor 30.09.2019 8:25
Gister 50 jaar gelede het 'n kragtige aardbewing in die Boland die dorpe Tulbagh, Ceres en Wolseley byna verwoes. Elf mense is dood en talle wonings en historiese geboue is vernietig. Die aardbewing in 1969, wat 6,3 op die Richterskaal gemeet het, het destyds die gemeenskap verbysterd gelaat. Dit is die sterkste aardbewing in menseheugenis wat Suid-Afrika getref het. Este de Klerk het die verslag...
Monitor 30.09.2019 6:10
James Bond-aanhangers vier hierdie week die historiese herdenking van toe die eerste James Bond-rolprent, "Dr No", in 1962 vrygestel is. 'n Dosent in Film en Kommunikasiekunde by die Vanderbiljlpark-kampus van Noordwes Universiteit, Phil Pretorius, sê die span agter die rolprente het 'n suksesresep beet waarby gehore wêreldwyd aanklank vind.
Monitor 25.09.2019 4:34
Die gevolge van klimaatsverandering verhoog hooikoors en allergieë wêreldwyd. Die verwagting is dat stuifmeelvlakke in die atmosfeer teen 2050 kan vervierdubbel en die mens se gesondheid negatief kan beïnvloed. Dit is hoekom die hoof van die Allergie-eenheid by die Longinstituut aan die Universiteit van Kaapstad, Prof Jonny Peter, wat verantwoordelik is vir die monitering van stuifmeel in Suid-Afr...
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos