RSG

Monitor

News AF ↓ 4391 episódios

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

2 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Monitor 02.12.2019

Een van die faktore wat deur farmaseutiese maatskappye oorweeg word wanneer nuwe middels bekendgestel word, is gesondheidsfassiliteite se vermoë om die behandeling suksesvol toe te pas en voort te sit. In ons laaste bydrae oor die verhouding tussen die beskerming van intellektuele eiendom, teenoor toegang tot lewensnoodsaaklike medikasie, het Marlinee Fouche gaan ondersoek instel na die onderstrom...

Monitor 02.12.2019

Meervoudige middelweerstandige Tuberkulose skakel pasiënte fisies en emosioneel uit vir jare lank, indien dit nie effektief behandel word nie. Op mediese vlak word daar heelwat vordering gemaak om die impak van die siekte te verminder. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie se riglyne, bepaal nou dat nuwe, mondelinge middels gebruik word, in plaas van ouderwetse inspuitings wat doofheid en blindheid ka...

Monitor 02.12.2019

Meervoudige middelweerstandige Tuberkulose skakel pasiënte fisies en emosioneel uit vir jare lank, indien dit nie effektief behandel word nie. Op mediese vlak word daar heelwat vordering gemaak om die impak van die siekte te verminder. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie se riglyne, bepaal nou dat nuwe, mondelinge middels gebruik word, in plaas van ouderwetse inspuitings wat doofheid en blindheid ka...

Monitor 29.11.2019

As deel van ons reeks oor Intellektuele eiendom en die toegang tot lewensnoodsaaklike medikasie, word die klem vanoggend op kankerbehandeling geplaas. Suid-Afrika se wetgewing oor die beskerming van intellektuele eiendom, word gewysig om onder meer toegang tot generiese produkte te vergemaklik. Intussen is daar steeds Suid-Afrikaners wat daagliks nie sekere medikasie of behandeling kan bekostig ni...

Monitor 29.11.2019

Oor die afgelope vier weke, het die Johannesburgse kopieskrywer, Deon Wiggett, in 'n reeks van vier potgooi-aflewerings onthullings gemaak dat hy en ander mans na bewering meer as 20 jaar gelede deur 'n oud-onderwyser wat daarna 'n uitvoerende beampte by die land se grootste koerantgroepe geword het, seksueel aangerand en verkrag is. Die potgooie is in samewerking met Media24 gepubliseer. Die medi...

Monitor 28.11.2019

Suid-Afrika is een van die lande in die wêreld met die strengste wetgewing wat intellektuele eiendom, veral op mediese vlak, betref. Die land is in die proses om sy wetgewing aan te pas, wat groot farmaseutiese maatskappye in uitsonderlike gevalle kan dwing om pryse te verlaag, of om toe te laat dat generiese rolspelers betrokke raak. Dit gaan egter, na verwagting, eers in 2021 in werking tree. In...

Monitor 26.11.2019

Die Federale Handelskommissie in die VSA het pas sy jongste verslag bekend gemaak, op watter terreine Amerikaners die meeste deurgeloop het onder bedrog van bemarkers. Ons wetenskap-korrespondent George Claassen het aan Metzi van der Merwe verduidelik wat die verslag se bevindings was..

Monitor 25.11.2019

Die onlangse onthullings van die Johannesburgse kopie-skrywer, Deon Wiggett dat hy na bewering meer as 20 jaar gelede deur 'n oud-onderwyser wat daarna 'n media uitvoerende beampte in die Afrikaanse drukpers geword het, seksueel aangerand en verkrag is, het skokgolwe deur die land gestuur. Wiggett het die bewerings in 'n reeks ondersoekende potgooi-aflewerings sedert die 7de November gemaak. Daar...

Monitor 21.11.2019

INTRO::::Suid-Afrika se sg. Anti-biotika "Stewardship"- program is goed op dreef nadat dit in 2012 deur mikro-bioloë geloods is. Een van die spanlede is professor Natalie Shellack van die SEFAKO MAKGATHO Universiteit vir Gesondheidswetenskappe - dis nou die ou MEDUNSA: OUTRO::::Die mikro-bioloog, dr Jennifer Coetzee van die mediese laboratorium, AMPAC.

Monitor 20.11.2019

In die tweede helfte van MONITOR fokus ons opnuut op die droogte en praat nou met die Hoof van AGRI-SA se Ramp Bestuurseenheid, Willem Symington:

Monitor 13.11.2019

LAND GIVES US LIFE. SO beskryf een boer in die boek, FOR THE LOVE OF THE LAND, sy sentiment aan Ivor Price en Kobus Louwrens. Een boer, Alfreda Mars wat grond-eise op 36 plase in die Ceres distrik het, sê eenvoudig: "When I retire, I MUST have my own land. Then this hunger of mine will be over." Ander vroue kry ook hul regmatige plek in die pas gepubliseerde boek. Lizemarie de Klerk van ONDERSTEPO...

Monitor 12.11.2019

Marinebioloë is bekommerd oor die effek van die smelting van Arktiese ys op die verspreiding van 'n spesifieke virus wat robbe en see-leeus afmaai. Dit spruit uit 'n 15-jaar lange wetenskaplike studie, wat satellietdata behels. Anita Visser het professor Nico de Bruyn, in beheer van Suid-Afrika se marinesoogdierplan op Marion-eiland, gevra of hy sy kollegas se kommer oor 'n moontlike epidemie van...

Monitor 11.11.2019

INTRO: Ons het verlede week berig oor Laerskool Louw Geldenhuys in Linden, Johannesburg wat besluit het om weg te doen met 'n leerlingraad in die skool. Prefekte, hoof-dogters en hoof-seuns, sal vanaf volgende jaar iets van die verlede wees. Die skoolhoof, Martin Bensch, het aan Monitor gesê daar is verskeie aspekte wat 'n rol gespeel het in die skool se besluit. Die kliniese sielkundige, Dr Johan...

Monitor 08.11.2019

Niemand kan vertrou word in die gewelddadige aksiedrama Black and Blue nie. Leon van Nierop vertel wat hy daarvan gedink het.

Monitor 08.11.2019

Die N1 by De Doorns in die Hexriviervallei was gedurende die nag vir verkeer gesluit na twee vragmotors gestroop is. Betogers het die pad met bourommel en brandende bande afgesper. Daar was ook voorvalle van klipgooiery. Vragmotorbestuurders het intussen hulle frustrasie op sosiale netwerke uitegespreek en se^ hulle is die teiken van misdaad. Anita Visser het met Willem Geldenhuys, die eienaar van...

Monitor 07.11.2019

Laerskool Louw Geldenhuys in Linden, Johannesburg het besluit om weg te doen met 'n leerlingraad. By die prysuitdeling eergisteraand is daar nie prefekte, 'n hoof-dogter en hoof-seun vir volgende jaar aangewys nie. Die skoolhoof, Martin Bensch, sê verskeie aspekte het 'n rol gespeel in die besluit...

Monitor 07.11.2019

'n Muur van herinnering is vir die slagoffers van die pedofiel, Gert van Rooyen en sy houvrou, Joey Haarhof, by hul huis in Capital Park in Pretoria, opgerig. Van Rooyen en Haarhof is by die verdwying van 6 meisie tussen 1988 en 1990 betrek. Die meisies is nooit gevind nie. Mond- en voetkunstenaars het blomme vir elke vermiste meisie geverf. Afdrukke van die skilderye is teen die eiendom se muur a...

Monitor 05.11.2019

Wat kan politici leer van die Springbokke se Wêreldbeker strategie, spanbou, wedersydse respek en oorwinning? Dit is die vrae wat by mens opkom, ná die Bokke se puik oorwinning teen Engeland. Ons praat nou hieroor met professor Dirk Kotze van UNISA se Departement Politieke Wetenskap, en die politieke kommentator, skrywer en veteraan-joernalis Max du Preez.

Monitor 04.11.2019

Die taai stryd tussen die Springbokke en die Rose is eintlik die voltooiing van 'n rugbywedstryd wat tydens die Anglo-Boereoorlog sou plaasvind. So sê die Departementshoof van Geskiedenis by die Nasionale Museum in Bloemfontein, Dr Hendrik Snyders. Volgens Snyders was die rugbywedstryde tussen verskillende kampe nie net vir ontspanning nie......

Monitor 04.11.2019

Verskeie grappies en boodskappe het die week die spot daarmee gedryf dat SPRINGBOKKE en die ENGELSE se titaniese stryd amper met die Anglo-Boereoorlog vergelyk kan word. Die departementshoof van Geskiedenis by die Nasionale Museum in Bloemfontein, Dr Hendrik Snyders stem saam. Hy het vir Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat die konflik belangrike sade van rugbykultuur in Suid-Afrika gesaai het......

Monitor 01.11.2019

INTRO: Die SAUK is in die spervuur, nadat 'n televisie-onderhoud uitgesaai is met die Ma van die veroordeelde verkragter, Nicholas Ninow. Die onderhoud met Chantelle Ninow - waarin sy erken dat sy in die verlede dwelms saam met haar seun gebruik het - het verontwaardiging op sosiale media veroorsaak. Chantelle Ninow is 'n herstellende dwelmverslaafde. Sy het in die onderhoud gesê haar seun, Nichol...

Monitor 01.11.2019

Groot opgewondenheid heers oor die Springbokke wat môre teen Engeland in die Wêreldbeker-eindstryd speel. Kaartjiepryse het die afgelope week die hoogte ingeskiet, veral op nie-amptelike kaartjie-verkope platforms. Este de Klerk doen verslag.

Monitor 30.10.2019

Medium Termyn Begrotingsrede Ontleding op Monitor

Monitor 30.10.2019

Die kuberkrakergroep wat hulleself die "Shadow Kill Hackers" noem sê hulle het die persoonlike data wat hulle by die Johannesburgse metro gesteel het, aan 'n derdeparty-maatskappy verkoop. Die groep het vroeer aan Spektrum gese^ hulle het sowat een teratyte se data van die metro se bedieners afgelaai na hulle die rekenaarnetwerk binnegedring het. Anita Visser het met Jacques van Heerden, 'n kuber...

Monitor 25.10.2019

Leon van Nierop met sy weeklikse fliekrubriek.

Ouça o podcast Monitor no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos