RSG

Monitor

News AF ↓ 4391 episódios

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

2 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Monitor 13.08.2019

Terug na gister se uitspraak in die Pretoriase Hoog geregshof, waar 'n tussentydse interdik toegestaan is aan President Ramaphosa oor aanbevelings vervat in die Openbare Beskermer se verslag oor skenkings aan sy 2017 verkiesings veldtog. Mkhwebane het vroeër bevind dat Ramaphosa die Parlement DOELBEWUS mislei het. Die aanbevelings in die O.B. se verslag is dus opgeskort, totdat 'n GEREGTELIKE hers...

Monitor 09.08.2019

Borskanker is die algemeenste kanker onder vroue wêreldwyd. Dit is veral aan die toeneem in ontwikkelende lande, waar die meerderheid gevalle in 'n reeds gevorderde stadium gediagnoseer word. Kenners waarsku ook dat meer en meer jonger vroue, asook mans, met die kanker gediagnoseer word. Este de Klerk doen verslag.

Monitor 07.08.2019

Die ANC sê hy neem kennis van eposboodskappe wat skynbaar aan die media uitgelek is en wat besonderhede gee van president Cyril Ramaphosa se veldtog om die leierskap van die ANC in 2017. Maar die party sê hy is nie bewus van enige onwettige optrede met Ramaphosa se veldtog of die van enige ander kandidaat nie. Suzanne Paxton het met 'n politieke ontleder van Unisa se departement politieke studies,...

Monitor 07.08.2019

Die burgerregte-organisasie, Afriforum, het gister strafregtelike aanklagtes van korrupsie en geldwassery teen die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, aanhangig gemaak. Die aanklagtes is gegrond op bevindinge van die Openbare Beskermer in 2018 dat 'n sportprodukteverskaffer, Sedgars Sport, Mbalula se gesinsvakansie na Dubai in 2016 gefinansier het. Mbalula was toe die Minister van Sport. Este de...

Monitor 07.08.2019

'n Video van die Rustenburg Hoërskool wat Bohemian Rhapsody van Queen opvoer, het sosiale media gaande. Die skool het Maandag die video op hulle Facebook-blad gedeel en teen Woensdag is die video al 600 000 keer gekyk. Boonop is die brein agter die inisiatief niemand anders nie as Ralf Schmitt, dieselfde man wat verantwoordelik is vir die Ndlovu jeugkoor se vertonings op America's Got Talent. Moni...

Monitor 02.08.2019

Fliekrubriek met Leon van Nierop

Monitor 01.08.2019

Amnestie Internasionaal het met die #SignTheSmileOff-veldtog begin om druk op die regering uit te oefen om die onderwysstelsel reg te ruk. Die glimlag moet van oud-Eerste Minister Hendrik Verwoerd se gesig gevee word omdat die stelsel swak resultate lewer. Die lede van die veldtog eis dat die Suid-Afrikaanse regering dringend gehalte basiese onderwys aan Suid-Afrikaanse kinders bied soos wat die g...

Monitor 01.08.2019

Anita Visser het ook met dr Francois Naude, van die Instituut vir Kinderonderrig by die Universiteit van Johannesburg, gepraat.

Monitor 01.08.2019

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is tevrede met die eerste maand van die belastingseisoen. Die diens sê in 'n verklaring dat meer as 'n miljoen opgawes reeds via elektroniese platforms ingedien is. Teen Maandag is sowat vyf-komma-vyf miljard rand reeds aan belastingbetalers terugbetaal, met 'n gemiddelde wagtyd van net sewe dae. Belastingbetalers kan van vandag af ook by die SAID se takke hulle o...

Monitor 29.07.2019

Die voormalige premier van die Wes-Kaap en tussen 2007 en 2015, leier van die D.A, Helen Zille, is by die Instituut vir Rasse aangeleenthede aangestel as 'n senior BELEIDS ontleder. Vir meer hieroor, praat ons met die uitvoerende Hoof van die Instituut VIR RASSE AANGELEENTHEDE, FRANS CRONJE:

Monitor 29.07.2019

Ons het vroeër in die program berig oor die Adviespaneel, oor grondhervorming en landbou se aanbevelings, wat pas bekend gemaak is. Agri SA, die DA en die Vryheidsfront Plus, is ongelukkig oor die aanbevelings oor grond-onteiening sonder vergoeding en veral dat Artikel 25 van die Grondwet verander moet word. Die Advies- paneel sê egter daar moet streng gehou word, by die sperdatums vir die inwerki...

Monitor 25.07.2019

Die Distrik Ses-werkskomitee wag in spanning dat die Grondeisehof volgende maand beslis oor die regering se hantering van duisende eisers wat op restitusie hoop. Die komitee het die Ministerie van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling hof toe gesleep omdat die departement versuim het om 'n behoorlike plan vir restitusie teen die gegewe spertyd op te stel. Die voorsitter van die komite...

Monitor 25.07.2019

Bestaan die Stellenbosch se mafia? Dis die antwoord wat die joernalis, Pieter du Toit, loop soek het met die skryf van sy boek, "The Stellenbosch Mafia - Inside the Billionaires Club". Pieter is dan ook ons ateljee gas vandag op te praat oor die dorp, wat hy beskryf as n kruis tussen Silicon Valley en die Hamptons - 'n dorp wat 90 residensiele eiendomme het wat meer as 20 miljoen elk werd is, 'n d...

Monitor 25.07.2019

Onwettige delwers is nie 'n nuutjie in Namakwaland nie. Die afgelope jaar het dit egter erg toegeneem. Dit het die gemeenskap van Kleinzee in die Noord-Kaap in verskillende kampe geplaas, elkeen met sy eie behoeftes en verwagtinge. Izak du Plessis het met 'n paar van die delwers gepraat tydens 'n besoek aan Kleinzee.

Monitor 24.07.2019

Die toerismebedryf wil sy koolstof voetspoor verklein deur vyfduisend Spekbome te plant. Die inisiatief is die breinkind van SA Toerisme en die Suider-Afrikaanse Toerisme Diensvereniging, oftewel SATSA. Die bedryfshoof van SATSA, Hannelie Du Toit, sê hulle wil die effek van koolstof-vrystelling deur passasiersvliegtuie teenwerk.

Monitor 23.07.2019

Kleinsee aan die Noord-Kaapse Weskus loop deur onder onwettige delwers. So sê die inwoners van die dorpie wat voorheen aan die diamantmaatskappy De Beers behoort het. Dit het so erg geword dat duisende delwers verlede jaar op die dorp toegesak het. Izak du Plessis het die dorp besoek en die verslag saamgestel.

Monitor 22.07.2019

President Cyril Ramaphosa sê hy gaan dringend die howe nader om die bevindings van die Openbare Beskermer se verslag oor hom, te hersien. Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het bevind dat Ramaphosa die parlement doelbewus mislei en sy uitvoerende etiek geskend het toe hy 'n vraag oor 'n skenking van 500-duisend rand van Bosasa vir sy 2017 presidensiële veldtog, beantwoord het. Sy het ook...

Monitor 19.07.2019

Leon van Nierop se weeklikse fliekrubriek..

Monitor 19.07.2019

Die Spaanse tennisspeler, Roberto Agut, het sy ramparty gereël tydens die halfeindstryd op Wimbledon - maar toe moes hy self in een van die halfeindstryde speel! Die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha praat daarom oor ramparty en ander ram-woorde.

Monitor 19.07.2019

More is die vyftigste herdenking van die maan landing. Trouens, die wêreld se oe was op 16 JULIE 1969 al gerig op die John F Kennedy lanserings platform 39 A, in Florida, waar die Saturnus 5 vuurpyl, die moederskip, COLUMBIA, die lug in sou stuur. Die EERSTE fase van Apollo 11 se maan reis het begin. MONITOR het met die hulp van Ntokozo Khanyile van die SAUK se klank argief, Monica van Deventer va...

Monitor 19.07.2019

Ons bly by die MAAN landing, wat more 50 jaar gelede plaas gevind het, toe Neil Armstrong die EERSTE mens geword het om op die maan te loop. 20 minute na Armstrong, het Buzz Aldrin DIESELFDE gedoen. Wat MIN Suid-Afrikaners egter weet, is dat PLAASLIKE ingenieurs op n manier betrokke was by die Amerikaanse ruimte agentskap, NASA, se VOORBEREIDINGS om op die maan te land. Wyle George oftewel MONTY P...

Monitor 19.07.2019

Steeds by môre se historiese maanlanding - ons sluit aan by MONITOR se vorige storie oor Pratley stopverf. Die Munt gaan die Suid-Afrikaanse konneksie met NASA herdenk en vir meer daaroor, praat ons nou met Richard Stone, produk bestuurder by die MUNT:

Monitor 17.07.2019

Die mense wat hom en sy span te nagekom het, gaan aan die pen ry. So sê die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, generaal Johan Booysen. Booysen en sy eenheid van Cato Manor is sewe jaar gelede aangekla van rampokkery en 'n rits ander aanklagte. Die aanklagte was die gevolg van politieke inmenging. Die aanklagte word vandag teruggetrek en ander word terugverwys vir ondersoek. Dit bring...

Monitor 15.07.2019

Oud-president Jacob Zuma kry hierdie week die geleentheid om op bewerings van korrupsie te reageer wat teen hom by die Zondo Kommissie van Ondersoek na Staatskaping gemaak is. Volgens sy regspan ontken Zuma al die bewerings, en beskou dit as 'n poging om hom te verneder. Anita Visser het met die strafregkenner, professor Llewellyn Curlewis van die Universiteit van Pretoria, gepraat.

Monitor 11.07.2019

Die SAUK sal binne die volgende tien dae tussentydse verligting van die regering ontvang, en sal die balans binne 45 dae kry. Dit is deur die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Stella Ndabeni-Abrahams, aangekondig toe sy haar begrotingsrede gedoen het. Die platsak openbare uitsaaier sukkel steeds om 'n regeringswaarborg te kry, wat sal toelaat dat hy geld van kommersiële banke kan l...

Ouça o podcast Monitor no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos