RSG

Monitor

News AF ↓ 4396 episódios

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

9 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Monitor 26.11.2015

November is bewustheidsmaand vir mense wat leef met gestremdhede. Een van die groot kwessies, spesifiek vir mense wat met fisiese gestremdhede leef, handel oor die toeganklikheid tot openbare plekke en geboue. Nie almal is bewus wat regulasies en wetgewing hieroor sê nie, en vir die wat wel is, val dit gereeld op dowe ore. Joan-Marie Vehoef het gaan ondersoek instel.

Monitor 26.11.2015

Wetenskaplikes het vir die eerste keer bevestig en waargeneem hoe 'n ster deur 'n gravitasiekolk (black hole) ingesluk en verorber word. Ivor Price praat hieroor met ons wetenskapkorrespondent George Claassen.

Monitor 25.11.2015

Die groot stryd in Suid-Afrika is tussen sy wit- en blouboordjiewerkers. Só sê die arbeidsbemiddelaar, Chris Jacobs, en die arbeidskenner, prof. Andries Bezuidenhout. Hulle praat oor Cosatu se twaalfde kongres wat tans in Midrand, Gauteng, aan die gang is.

Monitor 24.11.2015

'n Groep wetenskaplikes versoek in 'n sterk-bewoorde verklaring dat epidemies soos Ebola beter hanteer moet word. Anita Visser praat hieroor met ons wetenskapkorrespondent George Claasen.

Monitor 24.11.2015

'n Woefkardoes, beter bekend as 'n doggy bag, kry 'n heel ander betekenis by 'n restaurant op Ballito aan die KwaZulu-Natalse kus. Die mede-eienaar van die restaurant het met Hanri Wondergem gepraat oor 'n spyskaart, spesiaal vir honde.

Monitor 20.11.2015

Krisjan Fourie het 'n satiriese blik op die afgelope week se hoofnuus.

Monitor 19.11.2015

Die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsgroep (SADAG) sê die Gautengse Departement van Gesondheid gaan vier hospitale teen Maart 2016 sluit. Dit sa meer as 2,000 mense met geestessiektes sonder sorg laat.

Monitor 19.11.2015

'n Bekende Moslemteoloog verwerp die idee dat die Islamitiese Staat-groep deur die internasionale Moslem-gemeenskap uitgeroei moet word. Prof. Farid Esack, wat aan die Universiteit van Johannesburg verbonde is, is boonop vies oor die Bid vir Parys-veldtog, wat die naweek op sosiale media begin het. Hy sê dis opvallend dat mense nie dieselfde simpatie toon met terreuraanvalle in Asië of Afrika nie.

Monitor 19.11.2015

Dis nou byna 'n week nadat 129 mense dood is in Parys tydens drie afsonderlike terreuraanvalle. Tog weier inwoners van die stad om in vrees te leef. Marlinee Fouche het met 'n sangeres gepraat oor haar ervaring van die noodlottige aand en hoe Parysenaars nou voel.

Monitor 18.11.2015

Die Internasionale Strafhof het lidlande gemaan om nie sy geregtelike onafhanklikheid te bedreig nie. Dit volg te midde van 'n poging deur Kenia om sekere reëls in Den Haag te verander, wat uiteindelik kan lei tot die kwytskelding van sy adjunkpresident, William Ruto. Ruto word daarvan aangekla dat hy grootskaalse etniese geweld in sy land opgestook het. Daar word wyd bespiegel dat Kenia se veldto...

Monitor 18.11.2015

Hier is 'n eerste: jong mans en vroue van townships en nedersettings in Suidelike Afrika, wat opgelei is om Amerikaanse kos soos mac & cheese, burgers, wafels en disco-skyfies te maak, in Johannesburg se middestad, in 'n restaurant wat lyk of dit eerder in die diep Amerikaanse suide sal inpas. Darren Taylor het gaan proe.

Monitor 18.11.2015

Die legendariese All Blacks rugbyspeler, Jonah Lomu, is gisteraand oorlede. Hy was 40 jaar oud. Volgens die All Blacks se voormalige spandokter, John Mayhew, is Lomu onverwags in Auckland oorlede. Hy het gewag op 'n tweede nieroorplanting en was op dialise. Die voormalige Springbokspeler, Pieter Hendricks, het in sy loopbaan 'n hele paar keer kragte met Lomu gemeet.

Monitor 16.11.2015

Vandeesweek plaas die Verenigde Nasies die misbruik van antibiotika in die kollig. Wêreldwyd sal kenners hulle landgenote inlig oor die gevare van die misbruik van hierdie wondermiddel. Die VN het verlede jaar 'n kongres gehou om die bedreiging wat antibiotika-weerstandigheid vir die wêreld inhou, te bespreek en om 'n strategie te beplan wat oral toegepas kan word. Suid-Afrika het sy volle steun d...

Monitor 16.11.2015

'n Nigeriese Suid-Afrikaner, wat haar doktorsgraad in politieke wetenskappe doen, Lovelyn Nwadeyi, verwelkom die Universiteit van Stellenbosch se planne om moontlik van volgende jaar af sy klasse hoofsaaklik in Engels aan te bied. Sy is nie 'n lid van die Open Stellenbosch-drukgroep nie, en meen dat die Afrikaanse media nie die situasie feitelik korrek weerspieel nie.

Monitor 16.11.2015

'n Bekende onderwysaktivis, dr. Louise van Rhyn, beskryf die Universiteit van Stellenbosch se voorstel om Engels die primêre onderrigtaal by die instelling te maak, as 'n stap in die regte rigting. Dit kom te midde van 'n koor van protes dat Maties eerder sy bestaande taalbeleid, met Afrikaans as hoof- akademiese en administratiewe taal, moet behou. Maar Van Rhyn, wat self 'n oud-Matie is, en dees...

Monitor 16.11.2015

Te midde van vrese dat Afrikaans 'n knou weg het by universiteite, leef die taal suksesvol voort in die filmbedryf. Die produksiemaatskappy, Black Sheep, se eerste plaaslike rolprent word binnekort vrygestel - in Afrikaans.

Monitor 13.11.2015

Krisjan Fourie het 'n satiriese blik op die afgelope week se hoofnuus.

Monitor 12.11.2015

Inwoners van die Bo-Kaap in Kaapstad sê die woonbuurt kan 'n slagoffer word van die proses bekend as gentrifikasie. Dit is waar welgestelde mense huise in vervalle buurte koop en dan verbeter. Die gebied met sy helderkleurige huise word deur die Amerikaanse Wêreld Monumentefonds erken, weens die woonbuurt se kenmerkende spreektaal, argitektuur en Moslemkultuur. Berenice Moss berig dat die gemeensk...

Monitor 12.11.2015

Die parlement se portefeuljekomitee op polisie het bevind dat die polisie se topbestuur die parlement mislei het. Polisiegeneraals moes aan die komitee verduidelik hoe dit gebeur het dat hulle twee mediaverklarings ter ondersteuning van die geskorste nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, uitgereik het. Dit was kort nadat die Farlam-kommissie van ondersoek aanbeveel het dat haar bevoegdheid v...

Monitor 12.11.2015

Die minister van Polisie, Nathi Nhleko, sê 'n ministeriële verwysingsgroep het aanbeveel dat 'n raad van ondersoek gehou word om die geskorste kommissaris van polisie, Riah Phiyega, te ondersoek. Die groep het sedert Julie verlede jaar deur die land gereis om klagtes teen Phiyega te ondersoek. Zalene Merrington berig dat senior polisielede onder andere uit hulle poste as adjunknasionalekommissaris...

Monitor 11.11.2015

Rusland kan moontlik uit volgende jaar se Olimpiese Spele in Rio de Janeiro geskors word. Só sê die hoof van Wêreldatletiek, Sebastien Coe, ná die skokonthulling dat die atletieksupermoondheid verbode middels aan sy atlete verskaf. Die Russiese atletiekfederasie, Araf, moet teen Vrydag op die bewerings reageer, anders sal hy beslis geskors word. Ivor Price praat hieroor met die atletiekstatistikus...

Monitor 06.11.2015

Die Minister van Sport, Fikile Mbalula, is tevrede met die pas waarteen transformasie in Suid-Afrikaanse rugby geskied. Die kwessie van transformasie in die nasionale rugbyspan is onder die loep nadat slegs agt spelers van kleur by die Springbokgroep vir die Wêreldbeker ingesluit is.

Monitor 06.11.2015

'n Gesprek oor witheid het gister in Johannesburg in 'n fel woordestryd tussen verskillende belangegroepe ontaard. Die woordestryd het ontstaan in reaksie op die voorleggings van Afriforum en Solidariteit. Izak du Plessis berig dat die meerderheid van die gehoor en sprekers skerp kritiek op die twee voorleggings gelewer het.

Monitor 06.11.2015

Krisjan Fourie kyk na sake soos die droogte en die Fees Must Fall-veldtog.

Monitor 05.11.2015

Enige debat oor wit-wees lei die aandag af van die groter probleme waarmee die regering worstel. Só glo die adjunkhoof van Afriforum, Ernste Roets. Ivor Price en Anita Visser praat met hom hieroor.

Ouça o podcast Monitor no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos