RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Monitor 11.12.2015 7:12
Krisjan Fourie het 'n satiriese blik op die afgelope week se hoofnuus.
Monitor 10.12.2015 6:48
Anderkant Namakwaland se jaarlikse blommeprag en sy unieke mense gaan die streek gebuk onder talle maatskaplike probleme. Drankmisbruik, armoede, werkloosheid en talle ander probleme het veral kop uitgesteek toe die koper- en diamantmyne in die streek toegemaak het. Izak du Plessis het die streek besoek en ons luister na die laaste deel van sy verslag oor hierdie landstreek.
Monitor 10.12.2015 19:02
Die Rand het gesteier ná president Jacob Zuma se skokaankondiging dat hy die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, die trekpas gegee het. Hy word vervang deur die ANC LP, David van Rooyen. Anita Visser en Ivor Price praat hieroor met prof Amanda Gouws van die Unversiteit Stellenboach en die joernalis en ontleder Max du Preez.
Monitor 09.12.2015 2:46
'n Somber atmosfeer heers oor die Lotters se familie-plaashuis buite Modimolle, Limpopo waar die bejaarde egpaar die naweek vermoor is. Die 69 jarige Robbie Lotters se liggaam is Sondagaand ontdek en sy vrou, die 64 jarige Ina Lotters se liggaam is Maandag in hul afgebrande huis gevind. Joan-Marie Verhoef berig van die egpaar se besittings is gesteel en later by die Phagameng township opgespoor.
Monitor 09.12.2015 6:39
Die gevolge van die Russiese vegvliegtuig wat verlede maand deur Turkye afgeskiet is, kring steeds uit met die twee magtige buurlande wat mekaar op verskeie gebiede probeer straf. Monitor het die Turkse ambassadeur, Kahn Essener en sy kollega, die Russiese ambassadeur, Mikhail Petrakov, gevra om hul kante van die saak met RSG se luisteraars te deel. Ambassadeur Essener van Turkye was eerste aan di...
Monitor 09.12.2015 7:19
Die departement van Minerale Hulpbronne het verlede week 'n opleidingsprojek van R 96-miljoen vir Namakwaland bekendgemaak. Die projek is daarop gemik om jongmense as ambagslui op te lei. Namakwaland gaan gebuk onder werkloosheid en talle ander ernstige maatskaplike probleme. Izak du Plessis het die streek besoek en ons luister nou na die tweede deel van sy verslag.
Monitor 09.12.2015 3:50
'n Jong vrou in Johannesburg het internasionaal bekend geword oor haar persoonlike veldtog teen korrupsie. Die 23 jarige Kavisha Pillay, wat vir die organisasie Corruption Watch werk, is besig om duisende mense wêreldwyd te werf om korrupsie te bekamp. Sy beskryf die misdaad as een van Suid-Afrika, en die wêreld, se grootste uitdagings. Darren Taylor doen verslag.
Monitor 08.12.2015 3:19
Die brein agter die Krion ponzi-skema in Vanderbijlpark, Marietjie Prinsloo en vyf familielede gaan uiteindelik ná 17 jaar tronk toe vir die ellende van armoede waarin hulle talle slagoffers gedompel het. Goedgelowiges het tussen 1998 en 2002 altesaam R1,5 miljard in die skema betaal met die hoop om gou ryk te word. Die Krion-skema is in 2002 gelikwideer. Shirley Hyland van die Sentrum vir Finansi...
Monitor 08.12.2015 7:01
Die departement van Minerale Hulpbronne het 'n opleidingsprojek van R96-miljoen vir Namakwaland bekendgemaak. Dit bly egter 'n groot vraag of die hulp wel tot die opheffing van die streek sal bydra. Namakwaland gaan gebuk onder werkloosheid en talle ander ernstige maatskaplike probleme. Izak du Plessis het die deel van die land besoek.
Monitor 08.12.2015 3:27
Daar is skynbaar al hoe meer steun vir verregse party in sommige gebiede in Europa, soos gesien met die onlangse streeksverkiesings in Frankryk. Voorlopige uitslae wys dat die verregse party, Front National, alreeds in ses van die 13 streke voorloop. Dit is die eerste verkiesing na die Parys-aanvalle, waarin 130 mense gesterf het. 'n Dosent in politieke wetenskap op die Vaaldriehoekkampus van die...
Monitor 08.12.2015 4:12
Ernstige kommer heers oor die uitwerking van die voortslepende droogte in die Vrystaat. 'n Paar weke gelede het boere nog gehoop reën sal hulle oes kon red, maar behalwe vir 'n paar druppels wat hier en daar geval het, het deurdringende reën nooit gekom nie. Die hoofbestuurder van Vrystaat Landbou, Henk Vermeulen, het aan Dianke Nel gesê die droogte het ook 'n sielkundige-en emosionele invloed op...
Monitor 07.12.2015 3:06
Die minister van Kommunikasie, Faith Muthambi, het Vrydag 'n wet ter tafel gelê wat die regering beheer oor die openbare uitsaaier, die SAUK, sal gee. Die Uitsaai-wysigingswetsontwerp sal die Parlement se rol in die aanstelling van die SAUK se nieuitvoerende raadslede verwyder. Die president sal dan verantwoordelik wees vir die aanstelling van die raadslede met behulp van die minister se raad. Dia...
Monitor 07.12.2015 2:33
Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy is gereed om die hof te nader vir 'n vonnis van 15 jaar tronkstraf vir Oscar Pistorius. Die saak sal na verwagting voor die einde van die week in die hof draai. Die NVG sê Pistorius moet dringend in die hof verskyn, sodat die regsproses vir vonnisoplegging kan begin.
Monitor 07.12.2015 3:53
Die leiers van China en Afrika het ingestem om die pas van handel en belegging oor die volgende drie jaar te versnel. Dit het uit die naweek se China/Afrika-beraad in Sandton in Johannesburg voortgevloei. China het onderneem om sowat R860-miljard in 'n verskeidenheid infrastruktuur-ontwikkelingsprojekte regoor die vasteland te belê.
Monitor 07.12.2015 2:15
Afrika se reaksie op die aankondiging van China dat hy 60-miljard dollar in verskeie vorme in die vasteland gaan belê, is teleurstellend. So sê die besturende direkteur vir onluikende markte en Afrika by Frontier Advisory DeLoitte, dr. Martyn Davies. Hy wil weet waar die maatskappye uit Afrika is wat sake in China kan doen.
Monitor 04.12.2015 2:29
Die Appèlhof in Bloemfontein het eenparig beslis dat die paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, skuldig is aan die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp. Die appèlhof het sy vorige skuldigbevind van strafbare manslag ter syde gestel. Pistorius het Reeva op Valentynsdag in 2013 doodgeskiet. Jean Esterhuizen berig dat die saak terug verwys is na die Hooggeregshof in Pretoria vir vonnisoplegging.
Monitor 04.12.2015 4:22
Die paralimpiese atleet, Oscar Pistorius gaan weer in die Hooggeregshof in Pretoria moet verskyn vir vonnisoplegging nadat die Appelhof beslis het dat hy skuldig is aan moord. Dit volg nadat die staat vroeër geappelleer het teen die uitspraak van regter Matsipa dat Pistorius skuldig is aan strafbare manslag nadat hy sy vriendin Reeva Steenkamp in 2013 doodgeskiet het. Die regskenner dr. Llewellyn...
Monitor 04.12.2015 2:13
June Steenkamp sê in reaksie op die Appelhof beslissing oor die skuldigbevinding van Oscar Pistorius dat haar familie dankbaar is en nou voortgaan met hulle lewens. Oscar is skuldig bevind aan moord op Reeva Steenkamp en nie strafbare manslag nie.
Monitor 04.12.2015 5:41
Krisjan Fourie het 'n satiriese blik op die afgelope week se hoofnuus.
Monitor 04.12.2015 3:58
Die polisie het gistermiddag 'n 39-jarige man in Vanderbijlpark inhegtenis geneem vir die moord op sy vrou en twee kinders. Die man het aanvanklik die polisie daarvan probeer oortuig dat sy gesin tydens 'n huisroof vermoor is terwyl hy omstreeks vieruur in die oggend doenig was in die motorhuis. Maar sowat tien uur later het die polisie twee pistole in die dak van die motorhuis gevind waar hy dit...
Monitor 04.12.2015 4:05
Die publiek het op sosiale media Heynecke Meyer se bedanking met honderde tweets en facebook komentaar verwelkom. Meyer se kontrak as Springbok afrigter sou eers op 31 Desember verstryk maar SARU het dit hersien en Meyer het besluit om te bedank. Oud-Springbok kaptein Wynand Claasen het met Vincent Mofokeng gepraat oor wie volgens hom Meyer se opvolger kan wees.
Monitor 02.12.2015 7:52
'n Kliniese sielkundige, en direkteur by die Nasionale Verantwoordelike Dobbelprogram, dr. Adiel Pretorius, sê behoorlike regulering kan die leed wat dobbelary aan individue en gesinne doen, verminder.
Monitor 27.11.2015 6:53
Krisjan Fourie het 'n satiriese blik op die afgelope week se hoofnuus.
Monitor 27.11.2015 3:57
Ons waarsku sensitiewe persone dat die volgende insetsel ontstellend kan wees: Baie mense se nekhare rys oor die 16 Dae Van Aktivisme Teen Geweld Teen Vroue en Kinders. Een so 'n organisasie, Matrix Men, sê dat die mishandeling van mans en seuns dikwels met spot en minagting begroet word. Volgens die organisasie moet meer aandag aan mans gegee word. Marlinee Fouche het met die voorsitter, Martin P...
Monitor 26.11.2015 14:55
Die Islamitiese Staat is aktief besig om Suid-Afrikaanse tieners vir terreurbedrywighede te werf. Om die waarheid te sê, minstens drie plaaslike tieners ontvang tans behandeling om vreedsaamheid bó 'n ideologie van terreur te kies. Só waarsku die Afrikadirekteur by die Konsortium vir Terreurnavorsing en -ontleding, Jasmine Opperman. Ivor Price en Anita Visser praat met haar hieroor.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos